Was die naweek op 'n plaas naby Marken en dit het my herinner aan die skiet van 'n jakkals vroegoggend 2 jaar gelede toe ons gaan bokjag het. Ek, 'n vriend en sy seun het gestap toe ons 'n trop rooibokke gewaar. Ek het bly staan en hulle twee het bekruip. Na 'n hele ruk sien ek 'n jakkals wat noordwaarts wegdraf en my toe nie 'n skoot gee nie.
Die rooibokke gewaar die twee jagters en begin blaas. Die volgende sien ek die einste jakkals op die terugtog en wat in die rigting van die bokke kyk. My skoot was weg van die ander jagters maar mis. Hy het tot sy nadeel weer gaan staan en 'n 200gr Impala uit my 375 het hom kisboude gelaat.
My rede vir die post is dat ek nie weet wat al jul geluide is wat julle gebruik nie. As dit is wat die effek van die blaasgeluid van 'n rooibok het dan dink ek dit kan handig ingepas word. Dit is geluide wat natuurlik in SA voorkom.
Geluide wat jakkalse lok
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Geluide wat jakkalse lok
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- iceman1982
- Hero Member

- Posts: 538
- Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm
Re: Geluide wat jakkalse lok
Ek dink dit is miskien n kwessie dat die jakkals gekyk het watse gevaar die Rooibokke gewaar het. Soos dit vir my klink het die jakkals net gestop en gekyk nadat die rooibokke geblaas het, eerder as om gelok te wees.
Die jakkals het miskien in die eerste plek nie vir jagters gevlug nie. So, toe die rooibokke blaas, dat hy uit neskuurigheid gestop het.
Dis maar my raaiskoot.
Die jakkals het miskien in die eerste plek nie vir jagters gevlug nie. So, toe die rooibokke blaas, dat hy uit neskuurigheid gestop het.
Dis maar my raaiskoot.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Geluide wat jakkalse lok
Sy reaksie was om terug te beweeg met 50-100m en sy houding was die van uiterste belangstelling. Dit was nie net 'n stop in sy normale gang nie. Onthou dat rooibokke baie deur luiperds gevang word en dat daar dan 'n moontlike kans op aas is. Die trop raas en blaas ook baie as daar 'n vangs plaasvind.iceman1982 wrote: Ek dink dit is miskien n kwessie dat die jakkals gekyk het watse gevaar die Rooibokke gewaar het. Soos dit vir my klink het die jakkals net gestop en gekyk nadat die rooibokke geblaas het, eerder as om gelok te wees.