Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Deon,
Sodra die sonnetjie lekker begin skyn, beweeg hulle. Soek hulle naby water, en by dele wat gebrand het, en weer groen uitloop.
O ja, skiet hom RRRRAAAAAAAKKKKKKK! Die wielneuse het 'n neiging om moeilik dood te gaan.
Maak jou maar reg, as jy gaan loop en bekruip, om hom om enige draai raak te loop. Hy het my al lekker onverwags gevang op meer as een geleentheid
Die outjie het laasjaar amper my waterbottel langs my gesteel, dit terwyl ek onder 'n boom gesit en rus het. Weetie wie het die grootste geskrik nie, ek of hy Wens julle kon sy gesig sien toe hy besef ek sit aan die anderkant van die stam {Seker hy wens julle kon my gesig sien toe hy snork hier skuins agter my blad }
dwb
if you dont mind sitting sit at the water between 10.00 and 2.30 or if there is lands walk around them for most of the day
check my post on kliente se varke most of them were shot at water or in the lands
DWB wrote:
Marc!
Daai is nou 'n pragvark en 'n besonderse foto!
Dis die tipe ot waarvan ek droom!
Hoe lank was sy tande?
Moet nou nie kwaad wees nie, maar ek het hulle nie eens gemeet nie. Hulle het oppie plaas agtergebly. Dit was eintlik maar 'n mooi gemiddelde varkie van so 35-40kg {karkas}. Die kamera man kan toor
Die tande is vir my 'n bysaak, die storie gaan nog lank by my afspeel elke keer as ek my maak sit teen 'n boom Daar loop monsters innie bos rond, met groooot tande, hulle vleis is net nie lekker nie, so ek hou verby. 'n Man soos jy sal sekerlik nie omgee om die vleisies aan die volk te skenk in ruil vir so stel tande nie
Man jy moet jou gaan geniet daar innie bos, verlang ek nou terug
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Nee weet jy ek soek juis nie so massiewe stel krultande nie.
Ek vra maar oor ek nog leer uit onkunde. Hehehe en dan klim die prys ook natuurlik as hy hier by 9" kom. Ek sal daarvan hou om 'n groot swaar vark met gemiddelde tande te kan skiet.
Elke dier wat ek jag is vir my 'n trofee op sy eie manier, en ek kan in elk geval nie al die vleis self opeet nie.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Alle sterkte met jou jag.....Noord Natal bly een van my gunsteling jag areas in ons land. Daar loop regtig mooi varke rond daar, so as n beer met mooi tande jou pad kruis, moenie terug hou nie!!
My goeie maat Benand Els is die trofee-jag ghoeroe by African Outfitter Tydskrif. In die Augustus 2008 uitgawe is daar n puik artikel oor vlakvark jag. As jy wil, pm my jou e-pos adres dan "scan en e-mail" ek vir jou die artikel.Groete
DWB
Ek jag dikwels baie naby Magudu op 'n plek genaamd Zeekoepan. Dis lekker bosveld maar neem gerus iets soos Bayticol saam vir bosluise. Die klein "pepper ticks" is woelig in die area. Spuit jou klere goed met Bayticol en ook jou skoene en rondom jou enkels op jou kouse. Soms is jy gelukkig en kom redelik skotvry daarvan af, ander kere vreet die bosluise jou behoorlik op. Die klein pepper ticks se byte is soos muskiete s'n en juk vreeslik. Waar ek jag is daar baie varke. Dis maar 'n geval van loop stadig hou jou o? oop. Doen soos Geno ges? het. Vlakvarke drink baie male so tussen 11-uur soggens en 3-uur in die middag.
Mooi loop
Bayticol is n moet.Daardie goed werk baie goed. My grootste vark het ek naby Marble Hall geskiet.Dit was n meneer met massiewe tande en n baie groot lyf.Groot varke se vleis ruik vir my te sterk.My hande het die volgende dag nog na vark geruik.Klein en jong varkies is egter baie lekker.Geniet die vark jag.
Groete.
Dwb, waarmee gaan jy skiet? ek hou nie van spoed nie, maar ek glo spoed maak n vark dood. ek skiet sedert Nov 2011 110grn v-max uit my 308 @ 3025f/s. as ek my logbook reg bygehou het het ek sedertdien 23 varke getref en 23 varke opgetel. ek het ook nog 3 met my 300mag geskiet Hornady interlock 180grn @ 3084f/s, op 160m lyk dit of die vark oopbars. weet net een ding van n vlak vark as jy hom geskiet het en hy le en skop baie, dan gly sy clutch maar net vir n oomblik, hy gaan nou sy ratte vang en dan is hy weg. as jy twyfel skiet nog n skoot.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Die goeie nuus is ook dat ek 'n taxidermis gekry het wat moontlik my bosvark sal kan red nadat 'n slim oubaas met sy knipmes homself nie kon keer nie.
Dit was so onvergeetlike ervaring ek sal daarvan hou om die knaap te kan vereer.
Dit is nogals interresant, maar die manne sny 'n vark van die middel van die onderlip af reg deur tot agter as hulle hom gaan stop vir 'n shoulder mount.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
DWB wrote:
Dit is nogals interresant, maar die manne sny 'n vark van die middel van die onderlip af reg deur tot agter as hulle hom gaan stop vir 'n shoulder mount.
Deon, wie vertel vir jou sulke snert? Jy sny hom agter, nes 'n bok. Die kopbeen word dan deur die bek uitgehaal as die tande groot is. Jy moet die kake uithaal, en eers die een kaak, en dan die ander uithaal. As 'n vark onder sy keel gesny word, is daar te veel putty- en verfwerk wat aangesit moet word om die sny weg te steek. Dit laat die vark dan plastiek-n en onrealisties lyk. Dit is ook pleinweg lui en sleg van 'n slagter om 'n vark aan die onderkant te sny.
Jong dit is die taxidermis self wat dit vir my ges? het en jy is reg, hulle doen putty werk. Maar ek sal wag tot ek van hulle werk sien, die "groot" manne hier gebruik almal die ouens.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Ek sal more vir jou 2 varke se fotos opsit, dan kyk jy die verskil.
Toe ek nog ge-guide het, en 'n slagter sny 'n vark onder sy keel, sou ek hom net daar en dan teen die grond geklap het.
Groot of te not, daai taksidermis is besig om vir jou stories te vertel.
'n Trofee moet lewendig lyk, en mens moet nie die snye kan sien aan hom nie. Selfde rede hoekom klein bokspesies se nek soos 'n kous afgehaal moet word.
Ek kan net n +1 op al die bogenoemde.
Vark jag bly een van my gunsteling uitstappies
Henk van der Walt
.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75