Springbok pryse
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: Springbok pryse
Wlm
Baie geldige punte!
Ons springbokke loop in 'n kamp wat seker so 450-480ha is. Saam die vee wat daarin ook nog moet loop laat ons nooit toe dat die bokke meer as so 80 raak nie.
Ek skiet by 2 boere reg deur die jaar springbokke. Skiet vir 'n slaghuis op Hartenbos en skiet soos wat daar orders is. Ek en my broer neem permit uit en skiet met die spotlight 20 bokke op 'n keer, Vinnig en effektief. Ek betaal die boer se geld in en die slaghuis betaal my weer.
Dis vir beide van die partye makliker en vinniger. Die bokke raak nie wild nie en dis nie 'n heeeeele dag se werk nie. Daar is wel boere wat 'cater' vir die biltongjagter, maar normaalweg is hulle ook ingerig daarvoor. Ons het nie 'n lapa/jaghuis nie, so kan nie jagters akkomodeer nie, daarom skiet ons self die oortollige bokke uit en die boerdery kan weer aangaan.
Groetnis

22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
-
henti
- Full Member

- Posts: 105
- Joined: Mon May 10, 2010 9:59 pm
Re: Springbok pryse
Goeie dag
Baie goeie insette op die topic ons gaan jag springbok vir 350 per bok ons dag fooie word gekoppel aan die werkers se lone vir die dag/dae die oom by wie ons jag het n vriend geraak n paar jaar terug. Sy hoofdoel in die boerdery is skape en beeste en jag is slegs vir vriende en kennise die oom het my een jaar meegedeel dat n springbok n derde minder kos eet as n voelgroeide ooi en dis hoe hy sy prys bepaal op die springbokke.op die rooribokke betaal ons R400 en Rooibokke slegs ramme R 750
Groete en baie goeie topic

.22 Voere , .22 Hornet Brno , Sako 308 , Baikal 12ga , 1838 hollace and sons voorlaaier , Glock 19 , Winchester 1300
- tokjak
- Sr. Member

- Posts: 331
- Joined: Mon Apr 11, 2011 12:45 pm
Re: Springbok pryse
hello henti ,
onthou diere wrd gemeet aan eenhede . so is n droe merino ooi 1 kleinvee eenheid . angoras is [ek dink 0.7] eenhede . n springbok is omtrent gelyk aan n angora ooi ,maar eet meestal op die grond . hy is ook n baie selektiewe eter en jy sal gou merk dat in n kamp waar jy n nuwe lot bokke aflaai ,seker plante baie gou ,baie kort gevreet word ,ook na goeie reen word sekere plante se uitloopsels dadelik afgevreet .
ons moet ook onthou n dorperlam loop 5 maande en vir hom kry ek R900 .n mooi springbokram van 20kg moet ten minste 3-4 jaar oud wees .vir hom kry ek dan net R400.so ,ja as iemand dit kan bekostig om vriende vir minimaal te laat skiet,dan werk dit mos so ,maar indien jy dit volhoubaar winsgewend wil maak ,moet jy dit as n beigheid bestuur.
kamdeboo meat proc. betaal op die oomblik R22/kg in die vel +vat hulle kan tot 200 op een nag skiet .so vir my om die bokke eerder met biltongjagters te skiet ,moet my pryse so wees dat dit vir my die moeite werd is om dit so te doen .so paar jaar terug toe die uitvoer mark oop was ,het hulle tot R26/kg betaal .ek stem saam dis te veel vir n biltongjagter ,maar dis die realiteit .hier by ons het baie ouens groot troppe bokke laat uitskiet agv die prys wat so geval het asook n 4 jaar droogte .
henti ,is jy van die kaap?
groete

- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3137
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Springbok pryse
Ek kan nie verstaan waarom daar 'n verskil moet wees tussen die bok wat aangebied word met verwysing na vel aan, binnegoed uit, kop aan, ens. nie. Dit is tog van geen waarde en kan nie benut word nie. Vir my is dit boereverneukery.
Prys per bok werk ook nie- almal probeer dan die groter bokke skiet om die beste waarde vir geld te kry.
Kaal karkas teen x rand per kilogram is al wat werk. Al skiet jy dan 'n bok van 14kg kaal aan die haak, betaal jy net daarvoor.
Dagfooie is vir elkeen om te besluit wat vir hom werk.

- Dirkie
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Oct 25, 2011 7:50 am
Re: Springbok pryse
vat net daai afval van al die bokke en gaan verkoop dit dan sien jy hoeveel geld jy kry! Jy sal die bok op die plaas los en net die afval verkoop...Chevvy SS wrote: Ek kan nie verstaan waarom daar 'n verskil moet wees tussen die bok wat aangebied word met verwysing na vel aan, binnegoed uit, kop aan, ens. nie. Dit is tog van geen waarde en kan nie benut word nie. Vir my is dit boereverneukery.
Prys per bok werk ook nie- almal probeer dan die groter bokke skiet om die beste waarde vir geld te kry.
Kaal karkas teen x rand per kilogram is al wat werk. Al skiet jy dan 'n bok van 14kg kaal aan die haak, betaal jy net daarvoor.
Dagfooie is vir elkeen om te besluit wat vir hom werk.
Dirkie
Ou honde loop laat...
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3137
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Springbok pryse
Ek hoor jou Dirkie.Dirkie wrote:vat net daai afval van al die bokke en gaan verkoop dit dan sien jy hoeveel geld jy kry! Jy sal die bok op die plaas los en net die afval verkoop...Chevvy SS wrote: Ek kan nie verstaan waarom daar 'n verskil moet wees tussen die bok wat aangebied word met verwysing na vel aan, binnegoed uit, kop aan, ens. nie. Dit is tog van geen waarde en kan nie benut word nie. Vir my is dit boereverneukery.
Prys per bok werk ook nie- almal probeer dan die groter bokke skiet om die beste waarde vir geld te kry.
Kaal karkas teen x rand per kilogram is al wat werk. Al skiet jy dan 'n bok van 14kg kaal aan die haak, betaal jy net daarvoor.
Dagfooie is vir elkeen om te besluit wat vir hom werk.
Dirkie
Ek het dit nog altyd beskou as deel van die plaasmense se vergoeding vir hul opoffering om in die koue te slag, ens. Ek wil ook nie 7-800 km ry met dit in my bakkie nie. Ek bring net skoon vleis huistoe.
- Dirkie
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Oct 25, 2011 7:50 am
-
the kid
- Sr. Member

- Posts: 283
- Joined: Sun Nov 27, 2011 10:29 pm
Re: Springbok pryse
Ek het 'n neef wat met skape boer, elke jaar word ek genooi om so paar bokkies te kom skiet. Hulle eet self nie regtig wildsvleis, met die dat hulle genoeg skaap het
, So na die kuier kry ek al die bokke wat geskiet is om terug see toe te vat. Hy glo nie daaraan om my te laat betaal vir die bokke nie, So elke jaar luister ek maar uit wat dit is wat hy nodig het en dan koop ek dit en "leen" dit permanent vir hom. Hierdie jaar kry hy 'n foxpro spitfire.
Glock 19, Ruger m77 mkii ss 30-06, BSA .22, 12g ss, Lee Enfield.303, Ruger m77 mkii VT 25-06, Savage LRP .260 rem, Krico.222, Beretta 12g semi auto, Sako 6mm PPC, Zoli 20 GA.
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: Springbok pryse
Mooi vir jou KID!!!!!

-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 826
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Springbok pryse
Chevvy
Jy moet onthou baie manne wat Sbok gaan jag ry v?r afstande en n bok "hou" baie langer as hy in sy vel vervoer word, baie min biltong jagter het n koelwa, hul ry bokke in die Ventertjie huistoe. So die vel word in baie gevalle aangelos. As die vel afgetrek word gaan die prys per kilo maar net ho?r wees. Ek dink ook dat maak nie saak van die prys nie n man moet per kilogram betaal.
Groete
Jy moet onthou baie manne wat Sbok gaan jag ry v?r afstande en n bok "hou" baie langer as hy in sy vel vervoer word, baie min biltong jagter het n koelwa, hul ry bokke in die Ventertjie huistoe. So die vel word in baie gevalle aangelos. As die vel afgetrek word gaan die prys per kilo maar net ho?r wees. Ek dink ook dat maak nie saak van die prys nie n man moet per kilogram betaal.
Groete
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3137
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Springbok pryse
Lamtjop, het jy al 'n lekker gemarineerde springbokrugtjop gebraai?
Stem oor in die vel ry.
Maklikste is om dan die gemiddelde gewig van 'n vel te bepaal, dit af te trek, en dan per kilo te betaal.

Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Springbok pryse
Dags?
Toe ek nog PH was, het ek op 'n keer vryskutwerk vir 'n boer gedoen. Hy het ook die springbokke met vel en kop aan verkoop (soos baie doen). By die slagplek is die bokke dadelik skoon gewas waar hulle aan die haak hang en dan dadelik geweeg. Die vangplek hier is dat die water nie uit die hare gepers word nie, dit word in gelaat want dit maak die bok swaarder. Jy sal verbaas wees om te sien hoeveel water so in die hare vasgevang bly. Die verskil in prys is klein per bok, maar laat skiet nou 100 of 150 bokke deur die seisoen en jy sal sien dat die watertjies sorg vir 'n gawe bonus.
Mooi loop

chevvy, die vel het ook dam n prys ...R25 vir n 1ste graad vel .ek het eers per kg laat skiet ,maar manne kom hier aan wat vir n slaghuis wil skiet, dan laat waai hulle voor die voet. ek hou nie regtig daarvan nie en glo die bok moet dam een keer teel in sy lewe .persoonlik laat ek so 150 bokke skiet per jaar. indien ek sien my ramme raak minder as wat ek wil he , drop ek my ooi pryse ,dan is dit juis groot ,ou ,langhoring ooie wat ek wil geskiet he .en n man gaan mos juis dan die groot bokke skiet.doen jy dit nie, gaan jy n droogte binne met ou bokke sonder n tand in hul bek .dan vrek hulle en hul bokkies.daar is pros en cons met altwee maniere ,kg of per bok .
groete
groete
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3137
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Springbok pryse
Dankie vir die waarheid Koos.
Tokjak, jy praat nie dalk van beesvelle nie? Op Upington en Aroab is die prys R2 per vel.
Tokjak, jy praat nie dalk van beesvelle nie? Op Upington en Aroab is die prys R2 per vel.
- tokjak
- Sr. Member

- Posts: 331
- Joined: Mon Apr 11, 2011 12:45 pm
Re: Springbok pryse
NEEEE ,HULLE ROOF JULLE !!
1STE GRAAD [KOPSKOOT] ---R25
2DE GRAAD[2 KLEIN GATE AAN ONDERKANT[BLAD] -- R12
EK SAL AL JOU 1STE GRAAD VELLE VAT TEEN R4 [DIS MOS BESIGHEID !!]
GROETE

- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: Springbok pryse
Tokjak
Ek het ook die pryse soos jy inteendeel ek kry R32 vir kop en nek en R 22 vir bladskote, maar droog en dan word dit by my opgetel.
Groete
Jaco

Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Groete
Jaco Stander
Groete
Jaco Stander
- tokjak
- Sr. Member

- Posts: 331
- Joined: Mon Apr 11, 2011 12:45 pm
Re: Springbok pryse
dis baie goeie pryse daai ,