Bestanddele:
1 Butternut
1 pakkie bruin uiesop
500ml room
Metode:
Sny butternut in ringe of fingers nes jy verkies.
Pak butternut in oondvaste bak
Meng sommer die room en sop en gooi dan oor butternut.
Maak toe met foelie (blink kant na onder) en bak in oond teen 180 grade vir half uur. Verwyder foelie en bak verder totdat room dik en bruinerig is. Voel of butternut gaar is (sag)
Bedien op en pasop vir jou vingers.
Ek kon nog nie besluit of dit poeding of net n bygereg moet wees nie.
Jy kan die resep aanpas nes jy wil met knoffel,kaas ens.
Butternut
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: Butternut
Klinl lekker
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Groete
Jaco Stander
Groete
Jaco Stander