Wat is billike pryse

Post Reply
wingover
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 86
Joined: Mon Feb 06, 2012 8:30 am

Wat is billike pryse

Post by wingover »

Ek wil graag n klip inibos gooi en hoor wat dink my mede forum kollegas is billike pryse vir Rooibokke, ramme en ooie. Koedoes bulle en koeie Vlakvarke beere en sogge Blowwildebees  bulle en koeie geen R.W. kom ons s? in n 200 km. Radius van JHB af. Wat sal julle ook bereid wees om te betaal vir basiese verblyf kostes met basiese geriewe soos n lapa met hout en al die kook en eet geriewe warm water en n hout huis of steen grasdak om in te slaap. Koekamer geriewe ingesluit?
KILLITGRILLIT
Lanber 12Ga.o/u Brn ZKK 602 375 H&H De Lux 30.378 Wby Cust. Pre 64 300 H&H  Rem. BDL700 .308 Win. .270 Mus. Mod. 80 6.5x57 Maus. .243 Cust. Win. Brn De Lux .22 Gammo CF-30 .177   Uberti 357 mag. C96 7.63 Maus.Broomhandle CZ 75  para. .22 Ruger 6" Bull Barrel NA .22
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Wat is billike pryse

Post by Marc »

Hier's wat ek bereid sal wees om op te dok{as biltong jagter}, neem in ag  dat dit die maksimum sal wees en gewoonlik kry ons plekke wat bietjie goedkooper is.
                          Manlik              Vroulik
Rooibok              R850                R700
Koedoe              R3500              R2200
BWB                    R3000              R2500
Varke                  R500 per vark of R12/kg. Ek wil nie die oudste, taaiste, stinkste vark op die plaas h? nie.

Dagfooi van R350 sal redelik alles moet insluit. Vervoer, slag, koel, verblyf, gids, ens. Ek gaan nie heeldag agter op die trokkie rongery wil word nie en ek kan darem die pens self uithaal en my bokkie naby die pad los vir bietjie v?rder jag en later kom haal. As ek iets wil kuip kan jy my ekstra vra, as ek elke aand vragte houd wil opbrand, mag jy ekstra vra, maar wees darem redelik met eerste hopie, ons wil darem gesellig wees ook.

Dit is dan ook vir my en my tiepe vriende, ander gaan opdaag en jou 'n magdom geld kos en net alles kom verwilder en plunder. Hulle mag jy sekerlik harder wil stamp met die groet slag. Jammer hoe "hulle" dinge vir "ons" moeilik maak.

Groetnis
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Wat is billike pryse

Post by BLOK »

Daai lyk goeie pryse Marc, maar sien deesdae baie manne adverteer hom so met die fynskrif onderaan BTW uitgesluit.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Dippies
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Fri Aug 12, 2011 2:11 pm

Re: Wat is billike pryse

Post by Dippies »

Daai pryse sal ek ok betaal met my hard verdiende sente.
Ek dink albei partye wen uit die bedrae.

Blok daai wyn skrif het my amper gebyt toe ek bespreking maak toe se dier my jy moet weet da moet nog tax bykom. Toe se ek vir hom mooi jy verloor sopas n jag booking van 24000.

Hy wou toe aanbied om tot vergelyking te kom toe se ek dis reg sal man ondersteun wat besigheid wil doen op ordentlike manier

groete dippies
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Wat is billike pryse

Post by Marc »

Blok

Mens moet mooi uitvind oor daai klein woordtjies voor jy by die huis ry, gelukkig het ek ook al klaar skoolgeld betaal  ;D Baie adverteer ook spot goedkoop soos R2500 vir gemsbok en R1000 vir 'n springbok. Kom jy daar met gesluipte tande en vind mens toe mos nou uit dat daar net een Gemsbok per groep gejag mag word en die ander manne moet maar inl? onder daai "gold plated" springbokkies  ???

Dippies

Ek stem saam, alhoewel ek dit nie adverteer nie. Hy sal wel sy fout agterkom, want ons vier of ses manne het gekom om te jag. Ons spandeer gemiddeld so tussen 25k en 30k per langweek op jou plaas. {As jy bokke het op jou plaas en hulle is nie brandsiek maer nie  :o} want dit het ons ook al getref  ;)

Wingover

Sorry ek hijack so bietjie die post en ek weet dit was op ander plekke bespreek, maar voel dit ook maar weer genoem kan word. As ons eerlik is met mekaar gaan almal wen  ;)

Mmmmm dalk moet iemand dink aan iets soos skiet drie en kry een verniet  ??? Daar is manne wat meer as een bok wil skiet  ;)

Groetnis
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
ablm468

Re: Wat is billike pryse

Post by ablm468 »

Manne

Wil ook graag klip innie bos gooi, ek wil graag opkom vir die boere ook. Die Btw ding is altyd 'n seer toontjie en niemand van ons hou daarvan om dit te betaal as ons gaan jag nie, die feit is egter dat net soos almal van ons, die boer ook aan die einde van die jaar 'n belastingopgawe moet indien, maw hy moet ook verklaar waar sy inkomste vandaan kom. Ek weet daar is baie besighede waar manne kontant vat en geen Btw verhaal nie, ongelukkig haal dit mens in, jy kan dit net tot op 'n sekere punt doen, as jy vir die ontvanger wys jy verdien net R100000 pj maar jou lewens styl regverdig baie meer, kan die ontvanger 'n leefstyl oudit op jou doen.

'n Leefstyl oudit is 'n "in diepte" vraelys oor alle finansiele aspekte van jou lewe, indien dit daaruit sou voortspruit dat jou leefstyl aansienlik ho?r is as die inkomste wat jy verklaar kan hulle jou belas op die inkomste waarop hulle bereken jy nodig het om jou leefstyl te handhaaf.

My advies is, stry oor die prys maar betaal maar die Btw, dring ook aan op 'n kwitansie na betaling waarop die bokke se prys verskyn sowel as die btw, nie een van ons wil met Sars in 'n stoeigeveg betrokke raak nie, hulle is soos die mafia, hulle verloor nooit nie.  :police: :police:
User avatar
Frikkie die Rot
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 254
Joined: Sun Dec 11, 2011 9:39 pm

Re: Wat is billike pryse

Post by Frikkie die Rot »

Dagse manne,

Ek het lank en hard gesoek om dievolgende pryse te kry:
Koedoe R3000 bul R2200 koei
Blesbok R 750
Wit blesbok R850
Rooibok groot ramme R 750
Rooibok ooie en penkoppe R550
Bosbok R2000
Rietbok R 2000
Rooihartebees R 2800
Vlakvark R650 - hopeloos te styf vir my
Bosvark R400
Njala R7500 Glo nie een van hulle gaan val nie!

Dag fooi R 300
Gids R 80

Hierdie het my redelik geprikkel en ek gaan die jaar daar gaan probeer om 'n paar goedjies plat te trek.

Ons groepie spandeer ook so rondom die 35-40K per jag, so ek glo die boer sal sy sente waardeer.

Groetnis,
Frik
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Wat is billike pryse

Post by LUAN »

R3500 vir n Koedoe no way dan moet hy n rekord trofee wees. Dis snaaks hoe ouens se idees van n goeie prys verskil. By my jagklub se een ou so R2500 is goed n ander se hy skiet hulle vir R1500 ;D Dis nou nie trofees maar hierdies met 2 draai horings. Eks gelukkig met dit, wil net n lekker vleisie en biltong he
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Wat is billike pryse

Post by BLOK »

Hansman

Ek stem heeltemal saam met jou oor betaal dit, wat pla is as jy n jag boek en dit is die pryse wat gegee is en eers na die tyd kom Btw by, so met n doel om jou te misly. As die man op sy pryse vooraf mooi adverteer en bysit dat pryse uitgesluit is geen probleem ek betaal hom. Maar moet nie my probeer vang met vynskrif nie dit is pleinweg skelm geit.

Frik daai pryse loop mooi.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Zack Benade

Re: Wat is billike pryse

Post by Zack Benade »

Stem saam met jou Blok. 
As die jag geboek is aanvaar ek dat alles aanvaar is soos ooreengekom. Dis die DEAL.
Ek as jagter aanvaar die pryslys, voorwaardes en reels.
Die boer aanvaar ek sal my jagtydperk eerbiedig.  Hy het egter 'n deposito gevra as ek nie sou opdaag nie.  Hy aanvaar my deur my toetelaat op sy plaas.

Dit maak die jag iets wat jy vinnig wil vergeet want die betaling is die laaste stap.  Jy en die boer moet gelukkig wees. Fynskrif is iets wat ek ook as skelm sien.  >:( >:(

Alles in die ooreenkoms moet duidelik wees vir beide partye. 

Ek aanvaar nie woorde soos:
Maar,
Fynskrif,
Jy moet mos geweet het,
Dis die norme,

Ek jag vir die plesier en genot daarvan.  Ek wil graag vriende wees met die boer as ek daar wegry.  Elke party moet voel hy het gewen. 
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Wat is billike pryse

Post by Marc »

BLOK wrote: Hansman

Ek stem heeltemal saam met jou oor betaal dit, wat pla is as jy n jag boek en dit is die pryse wat gegee is en eers na die tyd kom Btw by, so met n doel om jou te misly. As die man op sy pryse vooraf mooi adverteer en bysit dat pryse uitgesluit is geen probleem ek betaal hom. Maar moet nie my probeer vang met vynskrif nie dit is pleinweg skelm geit.
Dooie rus daar Blok  ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
axe942
Full Member
Full Member
Posts: 152
Joined: Mon Sep 12, 2011 6:11 pm

Re: Wat is billike pryse

Post by axe942 »

Solank die boer die BTW in sy prys adverteer, alles ingesluit. Maar na jy dit uitvind nadat jy kontak gemaak het is ek sommer afgesit.

Daai pryse van Frikkie klink vir my reg !
Hannes

9mm Vektor SP1, 12Br Beretta A300, .22 Anschutz, .243 Tikka, .308 Israeli Mauser, 8x57 Mauser
User avatar
Boogjagter
Full Member
Full Member
Posts: 113
Joined: Sat Jan 14, 2012 2:56 pm

Re: Wat is billike pryse

Post by Boogjagter »

Frikkie, daai pryse lyk baie goed, selfs die nyalas. Ongelukkig het ek al by twee verskillende plase gaan jag met sulke goeie pryse, net om agter te kom daar is amper geen wild op die plase nie - die boer maak net geld uit daggeld en paar varke (gelukkig kan hul van die bure af inkruip) wat elke groep skiet. As die pryse te goed lyk om waar te wees, dan is dit gewoonlik te goed om waar te wees.

Gelukkig het ek nou so drie of vier plekke waar pryse billik (baie soos die wat Marc wys) is en diens goed, wat ek elke jaar na toe teruggaan. Dis soos Zack noem, jy wil 'n vriend van die boer wees.
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Wat is billike pryse

Post by Hilux01 »

Daai is geoei pryse Frikkie.
Watter provinsie en area?
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
Frikkie die Rot
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 254
Joined: Sun Dec 11, 2011 9:39 pm

Re: Wat is billike pryse

Post by Frikkie die Rot »

Boog
Ek sal maar moet gaan en kyk of die man vir my 'n rat voor die ooge wil draai! Hoop egter jy is verkeerd. het met manne gepraat wat al daar gejag het en hulle was/is baie tevrede. Hoop net nie die goed het intussen uitgevrek of iets dergliks nie ;D

Sal terugvoering gee sodra ek daarvandaan terugkeer, hopelik met 'n ;D en nie 'n :'(

Hilux, dit is in natal, weenen se wereld. ken julle die wereld daar? Het self nog nie in natal gejag nie, is te bederf hier in die Noordkaap!!

Groetnis,
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Wat is billike pryse

Post by Hilux01 »

Frikkie

Nee ken nie daai wereld nie.
Jy moet hom geniet ek brand om in die veld te kom met my ou betroubaar
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Wat is billike pryse

Post by Marc »

Frikkie die Rot wrote: Dagse manne,

Ek het lank en hard gesoek om dievolgende pryse te kry:
Koedoe R3000 bul R2200 koei
Blesbok R 750
Wit blesbok R850
Rooibok groot ramme R 750
Rooibok ooie en penkoppe R550
Bosbok R2000
Rietbok R 2000
Rooihartebees R 2800
Vlakvark R650 - hopeloos te styf vir my
Bosvark R400
Njala R7500 Glo nie een van hulle gaan val nie!

Dag fooi R 300
Gids R 80

Hierdie het my redelik geprikkel en ek gaan die jaar daar gaan probeer om 'n paar goedjies plat te trek.

Ons groepie spandeer ook so rondom die 35-40K per jag, so ek glo die boer sal sy sente waardeer.

Groetnis,
Frik
Goeie pryse die Frikkie  ;)

Probleem is dat mens nie soveel manne wil inlig dat daar nie volgende jaar vir jouself plek is om te bespreek nie  ;D

Ons groepie loop ook nou en dan nuwe gelukkies raak, maar oor die algemeen sal mens van die opregte goedkoop plase, wat inderdaad bied wat jy verlang in alle opsigte, op forums soos die raaklees of 'n vriend of familielid gaan jou soontoe verwys. Die tiepie mense soek nie "juppies" op hul grond nie, hul kyk mens selfs skeef aan as hulle die jaar nuwe gesigte sien aankom oor die werf  ;D Dan paai mens maar eers en beloftes word weer be-edig.

'n Ou raak vriende met hulle, soos daar na regte verwys is hier bo deur baie ander, en dit bou bande wat geld nie kan koop nie. Die tipie eienaars is ook nie in jag as 'n besigheid nie, ons help hulle maar net om van die aanteel bietjie weg te maak elke jaar. Die vertroue in mekaar is 'n groot plus punt, want daar word nie eens meer pryslyste gefax nie, ons maak net getalle en datums vas, dan kuier ons weer lekker saam.

Ons jag nog blesbokke teen R500, Rooibokke R600, SWB R1400, BWB R1800, kudu koeie R1600 en Springbokkies en Vaalribokke mag 'n man nou en dan verniet kom kry as jy net asseblief bietjie sal handbysit met kees wat so pla  ;) Dagfooie hang maar af van hoe baie daar gery moet word, so tussen R150-R250/dag afhangend by wie ons gaan kuier.

'n Man kan ongelukkig nie van 'n eienaar wat besigheid wil dryf met wild, verwag om te oorleef op hierdie terme nie. Dit is twee totaal ander w?relde.

Dog net ek las 'n stertjie aan, die pryse wat ek eers genoem het is wat ek sal betaal om 'n man te help aan die lewe hou.

Groetnis
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
wingover
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 86
Joined: Mon Feb 06, 2012 8:30 am

Re: Wat is billike pryse

Post by wingover »

Manne baie dankie vir julle terugvoer. Ek het self so stelletjie afgtrap met BTW wat na die tyd eweskielik bygekom het, daar was ander probleme ook soos die generator wat opgepak agv daarvan het die druk pomp nie gewerk nie ens. Dit gebeur ek het eerste handse ondervinding daarvan. Om terug tekom na die BTW kwessie dit het my amper in n groot verleentheid gebring omrede ek my dinge so uit werk dat n ou nie met teveel oortollige kontant rondloop nie. Gelukkig het die weer versleg en ons kon nie verder jag nie, met die gevolg ek het gelukkig nie als geskiet wat ek wou nie, so ek kon darem die BTW oorbetaal. Tenspyte van die ongerief van die generator ens het die ou ons nie eers n sent afslag gegee nie. Hy het  in 2003 R300 p.p.pn. gevra om in n ou dilapedated plaas huis te bly!! As my generator sou op pak of daar probleme met die boorgat pomp wees en die manne verduur ongerief is dit ons plig as eienaar om die manne afslag te gee ek dink dis die regte ding om te doen! Ek wil net graag dit onder van die manne se aandag bring dat die pryse in n 200km raduis van Gauteng is. Jy kannie n Ooskaap Koedoe met ons bosveld koedoes vergelyk nie!!! Daarse moerse verskil in gewig.
KILLITGRILLIT
Lanber 12Ga.o/u Brn ZKK 602 375 H&H De Lux 30.378 Wby Cust. Pre 64 300 H&H  Rem. BDL700 .308 Win. .270 Mus. Mod. 80 6.5x57 Maus. .243 Cust. Win. Brn De Lux .22 Gammo CF-30 .177   Uberti 357 mag. C96 7.63 Maus.Broomhandle CZ 75  para. .22 Ruger 6" Bull Barrel NA .22
Sarelss
Full Member
Full Member
Posts: 223
Joined: Wed Jan 05, 2011 10:18 am

Re: Wat is billike pryse

Post by Sarelss »

Marc,

Maar jy is 'n gelukkige man om teen daardie pryse te jag! Waar in die land is dit?
Daai pelle moet mens maar soos goud oppas soos jy tereg s?,
ss
.22 Brno
.22 Krico
223 Howa
308 Sako
300 H&H Magnum FN
303 Lee Metford
7x64 Steyr
375 FN
12B Merkel
12B Baikal
9mm P CZ75
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Wat is billike pryse

Post by Marc »

SS

Dis maar bietjie hier bietjie daar,

Heilbron, Oranjeville, Vrede en Rouxville vir spring, bles, swb oor die algemeen.

Baltimore area, Pongola en Rouxville het Kudu's en BWB.

Ribboke val uit in Vrede, Barkley Oos en ook Rouxville.

Daars is ou in Vrede wat my verniet takbokke gee elke jaar, "trekbokke".

Sorry dis fyn "brag" maar jy het gevra  ;) en ek sal ongelukkig nie die name bekend kan maak nie, want die manne hou net aan vir eie gebruik en het nie genoeg om te begin adverteer nie  :'(

Punt is, hou jou ore oop, ek jag nou amptelik so vanaf 1998 en het heel paar plekkies "perongeluk" ontdek. Ek hou daarvan om jag te praat oor die algemeen, nie net met manne wat jag nie, maar ook met die wat grond het iewers in Afrika, mens weet nooit  :D

Groetnis
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Wat is billike pryse

Post by Jakkalsgat »

Marc

Jy praat waar, sulke manne moet jy oppas, al reel ek jagte is daar tog plekke waar net ek met 'n uitgesoekte paar pelle elke jaar gaan jag. Ek skiet eerder dit wat daar is om te skiet en verkoop dit vir dieselfde pryse aan ander verbruikers as wat ek die plekke deel met ander mense. Mens moet net jou oor op die grond hou en van jou voorstoep afkom dan loop mens maar hierdie plekkies raak.

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
Sarelss
Full Member
Full Member
Posts: 223
Joined: Wed Jan 05, 2011 10:18 am

Re: Wat is billike pryse

Post by Sarelss »

Marc en Jaco,

Ek stem saam met julle. Jamer julle is aan die ander kant van die wereld anders het ons mekaar ook dalk raakgekuier..

SS
.22 Brno
.22 Krico
223 Howa
308 Sako
300 H&H Magnum FN
303 Lee Metford
7x64 Steyr
375 FN
12B Merkel
12B Baikal
9mm P CZ75
Post Reply