6mm Musgrave studiegroep
-
Fano
- Sr. Member

- Posts: 250
- Joined: Tue Nov 15, 2011 2:20 pm
6mm Musgrave studiegroep
Vriende
Soos julle kan aflei uit die onderwerp is ek een van die eienaars van 'n 6 mm Musgrave. Ek het al 'n paar posts gesien op die forum van ander eienaars en gehoop ons kan op hierdie post 'n aanduiding kry van wie almal so 'n roer besit. Noem die maar 'n "support groep" as julle wil.
Aanvanklik was die akkuraatheid middelmatig aanvaarbaar met gekoopte ammunisie, maar ek het gevind dat die resultate baie wisselvallig kan wees afhangend van die lot no. Die ammo is ook besig om nogal duur te word en terwyl ek in elk geval herlaai vir ander kalibers is die logiese oplossing om self te laai.
Ek probeer nou al vir meer as 'n jaar om die laaiery vir hom uit te sorteer, maar resultate bly wispelturig. Ek het al 'n paar keer baie aanvaarbare resultate gekry, maar sukkel om dit konstant te herhaal. Ek het ook al 'n idee begin kry dat daar iewers in die laaste jaar of twee iets "verkeerd" gegaan het my die geweer maar kan nie my vinger daarop le nie. Myne is gebou op 'n ou Lee Enfield aksie en die loop is al gefloat, het 'n Thor sneller op en het laasjaar die aksie oor laat pak.
Ek wil graag leer by van die ervare manne op die forum oor fyner tips vir die laaiery of wat ek kan nagaan op die geweer. Ek het 'n post gesien van 'n 6mm wat nie wou groepeer nie wat verbeter het na die loop geskrop is. Hoewel ek die geweer altyd skoonmaak na 'n skiet sessie is ek nou besig om die loop goed te week met 'n koper oplosmiddel om seker te maak daar het nie met verloop van tyd 'n pakking opgebou nie.
Ek sal later kom by doppe wat nie lekker in die aksie pas nie, maar gee eers die ander manne 'n kans.
Groete.

- baboonstalker
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm
Re: 6mm Musgrave studiegroep
Fano,
Ek is nie 'n 6mm musgrave eienaar nie, maar om akuraatheid uit hom te kry sal jy moet kyk na neck sizing dies.
RCBS kan custom neck dies sny vir die geweer, maar ek het onlangs vir 'n vriend gehelp om so 'n die te bewerkstellig.
Redding type S match bushing die vir 303 waarvan die bushing met 'n geskikte 6mm bushing vervang is. As jy die expander steeds wil gebruik moet jy die stammetjie waarop die decapping pin en expander button sit ook met 'n 6mmm vervang en 'n nuwe "thumbscrew" maak waar die kan inskroef aangesien die 6mm en die 303 nie dieselfde draad op die stammetjie het nie.
Nou kan al jou headspace probleme uitskakel en vorentoe werk na 'n akurate geweer.
(as daar van julle manne is wat die pad wil gaan kan ek vir julle die thumbscrews maak, en verkieslik dan as 'n groep bestelling)
Enfields is v?r van die ideale akurate platvorm, maar as alles anders reg gedoen is kan jy steeds 'n akurate geweer op een h

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 6mm Musgrave studiegroep
'n Vriend van my het ondervind dat die fabrieksammunisie goeie akkuraatheid gegee het. Met herlaai het die doppe begin afskeur al het hy slegs die nek teruggedruk. Die probleem is 'n ovaalvormige kamer a.g.v. stomp reamers en swak snywerk.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Frikjordaan
- Full Member

- Posts: 217
- Joined: Wed May 11, 2011 9:35 pm
Re: 6mm Musgrave studiegroep
Forum lede
Ek wag ook vir lisensie vir 6mm Musgrave gebou op P14 aksie.
het al verskeie van vriende gehelp met herlaai en moet s? kry gewoonlik op die ou end redelik aanvare resultate.
Gevind dat sekere koeelpunte beter resultate gee, maak die doppies eers sag voordat ek hulle herlaai, en soek veral doppies mooi uit.
Wil graag betrokke wees by gesels oor 6 mm Musgrave
Mooi loop
Frik

Karasberge Namibi
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: 6mm Musgrave studiegroep
Fano, het jy al na die post gekyk? daar is dalk info wat jy kan gebruik: http://jaracal.com/index.php/topic,7186 ... #msg101317
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- GERT vd M
- Hero Member

- Posts: 650
- Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm
Re: 6mm Musgrave studiegroep
Jy kry doppe met verskillende volumes. Party doppe het n groef net bokant die "rim" aan die buitekant en ander nie en as jy die doppe se binnekant bekyk dan is die een groep se "web" dikker as die ander. Meng jy die twee dan skiet jy bont. Ek dink ook al die 6mm doppe word ge nek down van 303 doppe en die annealing is nie baie goed gedoen nie want ek kry baie nek splits na ongeveer 3de keer gelaai.
GROETNIS
GERT
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 6mm Musgrave studiegroep
Die vriend van my wat nou deur 'n hele proses is met sy 6mm het aangebied om te help met raad. Sy gevoel is dat baie van die 6mm's gemaak deur Musgrave is met 'n foutiewe reamer gesny. Dit maak die kamers nie simmetries nie en veroorsaak die probleme wanneer herlaai word. Sy voorstel is dat die kamer uitgeboor word, 'n insetsel ingeskroef word en die kamer oorgesny word met 'n behoorlike reamer. Julle is welkom om hom op die onderstaande e-pos adres te kontak.
Wessel Koekemoer [wlkprojects@gmail.com]
Wessel Koekemoer [wlkprojects@gmail.com]
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- stephensonsknives
- Sr. Member

- Posts: 305
- Joined: Tue Dec 08, 2009 3:50 pm
Re: 6mm Musgrave studiegroep
ek het ook n 6 mm musgrave vir my versameling bekom ,sit net vir lisensie en wag
ek soek n die set en waar kan ek doppe kry

Bewarings Beampte Baviaanspoort
www.stephensonsknives.com
www.stephensonsknives.com
-
Fano
- Sr. Member

- Posts: 250
- Joined: Tue Nov 15, 2011 2:20 pm
Re: 6mm Musgrave studiegroep
Ek kon wel 'n Lee die set in die hande kry 'n paar jaat gelede. HUlle staan sekelik nie op baie rakke rond nie, maar 'n goeie handelaar behoort te kan bestel. Doppe is ook beskikbaar, maar nogal duur in verhouding met ander kalibers. PMP ~R450/50.
Dink ons ervare lede dit sal 'n verskil maak as ek dalk ligter punte probeer? So ver was al my pogings met 100gr (PMP, Hornady, Sierra). Enige voorstelle van 'n gewig om voor te gaan en miskien 'n lading om daarby te pas?

404Jeff
- Full Member

- Posts: 147
- Joined: Tue Feb 07, 2012 10:03 am
Re: 6mm Musgrave studiegroep
Manne ek het my 6mm 1981 gekry baie gedoen met ou kruit! later hom weer gebruik met nuwe kruite, die probleem le met doppies, gooi daai PMP doppe weg en gebruik net Norma, Winchester en Rem doppe! dit maak groot verskil! Sal moremy ladings gee met die doppe! Dis 303 doppe af genek! Dan kan jy die geweer se regtige potensiaal sien! 243 se moer!
223
303Epps
404Jeff
450 straight
303Epps
404Jeff
450 straight
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: 6mm Musgrave studiegroep
404Jeff wrote: 243 se moer!
Oe la la...
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
-
Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Re: 6mm Musgrave studiegroep
Hein M
Ek dink dit was 'n vinger glips op die key bord. Hy het seker bedoel .243 is DIE roer
en nou lees dit m

Last edited by Vlakvark on Thu Feb 23, 2012 1:22 am, edited 1 time in total.

-
Fano
- Sr. Member

- Posts: 250
- Joined: Tue Nov 15, 2011 2:20 pm
Re: 6mm Musgrave studiegroep
Kerels
Ek was bietjie skepties oor die idee om 303 af te nek na 6mm (nog nooit gedoen), kon gisteraand my hande op 2 PMP 303 doppe le en het probeer. Het vol lengte ge-resize en lengte effe teruggesny tot standaard. Die grendel maak egter nie toe op die twee nie. Het in ander forum gelees dat mens die skoen van die die-set bietjie kan terugsny sodat die dop dieper in die die ingaan - dink julle dit kan 'n verskil maak hier? Of is PMP doppe net te hard om beduidend te size as mens nie eers anneal nie? Kan dit die moontlike headspace probleem aanspreek soos genoem deur Baboonstalker?
Wag steeds op 'n antwoord ivm ligter as 100gr punte om akkuraatheid te verbeter.

Fano, al my doppe was Norma of Winchester 303 doppe' ek het hulle net so afgenek. Die mense in Yankeeland het my aangeraai om hulle eers met 7x57 dei te part nek en dan met 6mm dei. Ek dink die PMP brass is te dik en jy sal moet nek ream.
Van my ladings daardie tyd was:
80grn Speer 38grn S341 3150fps
90grn Speer 39grn S341 3250fps
105grn Speer 37grn S341 2950fps
90grn Speer 43grn S365 3200fps
my geweer was P14 met musgrave loop lengte was 24dm
Ek beklemtoon weer dit was Norma en Win doppe ek kon dit nie met PMP doppe doen!
Maar as jy 7x57 dei het nek hulle eers met hom af, stel hom net dat hy size tot 6mm lengte.
Sterkte, ek is weer op soek na 6mm Mus!
Van my ladings daardie tyd was:
80grn Speer 38grn S341 3150fps
90grn Speer 39grn S341 3250fps
105grn Speer 37grn S341 2950fps
90grn Speer 43grn S365 3200fps
my geweer was P14 met musgrave loop lengte was 24dm
Ek beklemtoon weer dit was Norma en Win doppe ek kon dit nie met PMP doppe doen!
Maar as jy 7x57 dei het nek hulle eers met hom af, stel hom net dat hy size tot 6mm lengte.
Sterkte, ek is weer op soek na 6mm Mus!
223
303Epps
404Jeff
450 straight
303Epps
404Jeff
450 straight
-
404Jeff
- Full Member

- Posts: 147
- Joined: Tue Feb 07, 2012 10:03 am
Re: 6mm Musgrave studiegroep
Fano, moet by se my dei is RCBS ek het dit 1981 by G F Perrins gekoop die prys daarop is nog R21.00!
Jou Lee dei kan dalk kort wees dis hoekom jy sukkel met kamer passing?
Mooi dag!
Jou Lee dei kan dalk kort wees dis hoekom jy sukkel met kamer passing?
Mooi dag!
223
303Epps
404Jeff
450 straight
303Epps
404Jeff
450 straight
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: 6mm Musgrave studiegroep
VVVlakvark wrote: Hein M
Ek dink dit was 'n vinger glips op die key bord. Hy het seker bedoel .243 is DIE roer
en nou lees dit m![]()
![]()
![]()
Ja, ek sien die manne raak meegevoer
Nee, dit bly 'n Musgrave en hy loop soos stroop!
Mooiloop!
Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 6mm Musgrave studiegroep
Het vanmiddag gekyk en daar is twee stelle Lee matryse by Champions Gun Shop in Vereeniging te kry teen R478-00. Hul nommer is 016 455 4202 as jy belangstel.stephensonsknives wrote: ek het ook n 6 mm musgrave vir my versameling bekom ,sit net vir lisensie en wag
ek soek n die set en waar kan ek doppe kry
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: 6mm Musgrave studiegroep
Ek dink om by daai 243 se m@#$@ stelling uit te kom moet jy half met helse aanhalings tekens beklemtoon dat dit op P14 aksie is, jy gaan nie met Lee Enfield se kind daai spoed jaag nie.404Jeff wrote: Fano, al my doppe was Norma of Winchester 303 doppe' ek het hulle net so afgenek. Die mense in Yankeeland het my aangeraai om hulle eers met 7x57 dei te part nek en dan met 6mm dei. Ek dink die PMP brass is te dik en jy sal moet nek ream.
Van my ladings daardie tyd was:
80grn Speer 38grn S341 3150fps
90grn Speer 39grn S341 3250fps
105grn Speer 37grn S341 2950fps
90grn Speer 43grn S365 3200fps
my geweer was P14 met musgrave loop lengte was 24dm
Ek beklemtoon weer dit was Norma en Win doppe ek kon dit nie met PMP doppe doen!
Maar as jy 7x57 dei het nek hulle eers met hom af, stel hom net dat hy size tot 6mm lengte.
Sterkte, ek is weer op soek na 6mm Mus!
Ek sou voorstel as jy kan en betroubare smid het wat die regte reamer het en jou geweerloop se nokke dit toelaat om die kamer goed terug te sny en oor te ream en die headspace baie positief te maak. Laat die ou die kamer baie stadig oor sny.
Gebruik 'n pmp dop vir die go gauge en die gewone go gauge as die no go.
Winchester doppe werk lekker in die kaliber want hulle shape maklik.
Fireform jou doppe deur met die eerste skoot 8mm diameter 1mm dikte O-ring agter teen die rim te sit,
Dit maak dat die dop nou so shape en dan teen die skouer en die rim headspace
merk die dop dat jy die dopelke keer in dieselfde posisie kamer, gewoonlik klein merkie op die rim werk goed wat na bo wys.
nek size soos BS ges? het.
As die geweer dan nie konstant aanvaarbaar skiet nie moet jy maar die loop vervang en goeie kamer laat sny
NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]

- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1540
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: 6mm Musgrave studiegroep
Ek weet hierdie is 'n baie ou draad, maar ek soek raad, wat die draad weer kan herleef.
Ek het 'n P14 wat se loop gedaan is. Ek het 'n 30-06 en 270win en wil nie groter gaan nie. Nou begin ek kyk na 'n 6mm Musgrave, maar dit ook dalk Epps. Het iemand ervaring van so iets? As ek kan wat sal 'n geskikte twist wees, 10, 9, 9,5?

'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2139
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: 6mm Musgrave studiegroep
Giepie, wil jy regtig by die 303-basis bly? Ek vra want die 303-doppe is al moeiliker bekombaar; en 6mm Musgrave basies glad nie. Sou dit nie eerder raadsaam wees om n 243 Ackley te laat bou nie?
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13524
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 6mm Musgrave studiegroep
Verkoop die P14 aksie en koop n 243 HowaGiepie wrote: Tue Sep 26, 2023 10:29 pm Ek weet hierdie is 'n baie ou draad, maar ek soek raad, wat die draad weer kan herleef.
Ek het 'n P14 wat se loop gedaan is. Ek het 'n 30-06 en 270win en wil nie groter gaan nie. Nou begin ek kyk na 'n 6mm Musgrave, maar dit ook dalk Epps. Het iemand ervaring van so iets? As ek kan wat sal 'n geskikte twist wees, 10, 9, 9,5?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.