Baboonstalker Tromprem - Arnold se ondervinding
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Saterdag 21 Januarie 2012 was ?n lang dag. Ek het met Baboonstalker gere?l dat ek die oggend deurkom na sy plek toe sodat hy vir my een van sy trompremme sal pas op my 260 Rem AI. Die reling was dat ek so 08:00 se kant by hom sal wees en dan sal die werkie geskiet.
http://dl.dropbox.com/u/37019857/Geweer%20fotos/260AI/260RemAI_MB/260Rem_1.jpg
http://dl.dropbox.com/u/37019857/Geweer%20fotos/260AI/260RemAI_MB/260Rem_2.jpg
http://dl.dropbox.com/u/37019857/Geweer%20fotos/260AI/260AI%20130gr%20BergerVLD%2042.5grS355%203000fps%20308W%20W-W%20case%20BR2%20primer%2071.5mm%20COL_small-1.jpg
My 260 Rem AI met 'n tipiese 5 skoot groepering op 100m voor die tromprem opgesit is.
Die rit na Pieter toe was bietjie korter as wat ek gedink het en ek het gevolglik nie baie vining gery nie. Dit het my ook darem so effense kansie gegee om die pragtige landskap te geniet. Van my huis af moet ek deur die Hugenote tonnel ry of dan die alternatiewe roete oor die berg. Aangesien niemand my gejaag het nie, en dit so mooi oggend was, kies ek toe die pad oor die berg en stop sommer so bo-op die pas om terug te kyk na die kaap, die mooi groen wingerde en stoppel lande van ge-oeste koring: ?n kaapse somer lappies kombers.
Nader aan Pieter se woning ry mens dan ook op ?n kronkel pad wat jou deur die wingerde van bekende kelders vat wat mens sommer lusmaak om te stop en eers ?n paar wyne te gaan vat. Dit is ook seker maar ?n kaapse ding of dalk is dit net ek wat lus raak vir ?n glasie geurige wit op so kraak vars oggend.
Nou ja genoeg oor die landskap, opgedaag by Pieter nooi hy my in na sy werkswinkel waar hy reeds besig is om my tromprem te finaliseer op sy draai bank. So tussen deur die koffie bespreek ons toe gou watter skroefdraad gesny moet word en wat die finale buite diameter van die tromprem moet wees.
Ek sien toe dat hy gou besig is om senter gat uit te sny met ?n bytel. Blykbaar, volgens hierdie spesialis, is ?n boor se gat nie heeltemal rond nie en dit gaan die akuraatheid beinvloed. Die buite diameter is to gedraai na 26mm waarna die tromprem gekroon is. Elke snit ?n bietjie fyner tot op die finale dimensie, wat deurentyd met die vernier bevestig word. Hierna word die tromprem, wat steeds deel is van die groter stuk vlekvrye staal af gesny en omgedraai in die draaibank om met die voorbereiding vir die draadsny te begin. Weereens word hierdie proses nie in rekord tyd afgehandel nie maar uiterste aandag aan detail word wel gegee. Elke snit is doelgerig en beplan en ek kan sien hoe Pieter die laaste paar duisendes van ?n duim aftel. Nou is die tromprem mos klaar so hy word uitgehaal en eenkant gesit. Intussen is ons al bedien met koeldrank, deur sy vrou en seuns, en nou kom daar nog koeldrank en broodjies aan.
Na ?n vinnige handewas en hap is Pieter weer aan die werk maar hierdie keer doen hy iets wat my bekommer. My pragtige 260 Rem AI word professioneel uitmekaar gehaal tot op die punt waar die loop gereed is om in die draaibank te gaan. Daar word versigtig stukkies aluminium pyp aan alby kante gesit waar die loop vasgegryp word deur die ?4-jaw chuck? aan die voorkant en ?n ?spider? aan die agter kant. Nou begin die proses en Pieter lyn die kamer van die loop op sodat dit konsentries draai tot op so ?n mate dat daai ?dial-indicator? nie meer roer nie. Dieselfde proses word aan die voorkant gevolg om seker te maak dat die skroefdraad wat gesny word haaks is met die boor van die loop. Nou word die voorbereidings snitte op die loop gedoen waarna die skroefdraad gesny sal word.
Deur die hele proses word daar gesels oor kalibers, laai en meet metodes en selfs skiet kompetiesies en die invloed wat vorige swak geplaasde skote het op jou opvolgende skote. Dan is daar die ingenieur in my wat ook presies wil weet wat presies hy gaan doen, hoe hy dit gaan doen en hoe hy dan gaan weet of hy dit reg gedoen het. Pieter beantwoord geduldig al my vrae met klein tussen poses as hy gou weer moet dink hoeveel dieper sy volgende snit moet wees. En eweskielik is die draad op die loop klaar gesny, of so het ek gedink.
Nou word die tromprem nader gebring en saggies gepas op die loop, nee hy pas nie. Waar het die fout ingesluip, dink ek hardop en Pieter verduidelik dat die loop se draad groter as spesifikasie gesny is en nou stadig gesny word tot daar ?n goeie passing tussen tromprem en loop is. Nou is dit sny en pas, sny en pas en dan vertel Pieter my hoe vlekvrye staal op mekaar bind en dit is hoekom hy elke keer ?n bietjie ?copperslip? posit voor hy die tromprem pas en dan weer van die loop af was voor hy die volgende snit maak. Uiteindelik is die passing mooi styf en Pieter is tevrede dat daar geen speling is nie maar dat die tromprem steeds gemaklik opdraai.
http://dl.dropbox.com/u/37019857/Geweer%20fotos/260AI/260RemAI_MB/260Rem_6.jpg
http://dl.dropbox.com/u/37019857/Geweer%20fotos/260AI/260RemAI_MB/260Rem_4.jpg
http://dl.dropbox.com/u/37019857/Geweer%20fotos/260AI/260RemAI_MB/260Rem_11.jpg
Pieter se hande werk en aandag aan detail is verstommend.
Hierna word die skouer van die groefdraad asook die rand van die kroon op die loop gesny sodat die tromprem vas skroef sonder dat enige nate wys. Nou word die tromprem se agterkant gesny sodat dit lyk of die tromprem ?n uitvloeiing van die loop is. ?n Vinnige blinkvryf waarna die loop oor gekroon word en dan ook ?n blinkvryf ontvang.
Tyd stap vinning aan en teen die tyd het ek al so een of twee oproepe van ?n bekommerde vrou ontvang wat wil weet hoekom ek nog nie by die huis is nie en of sy maar solank kan vleis uithaal vir vanaand se braai. Pieter sit gou die geweer aanmekaar en ek laat spaander om die vuur te gaan aansteek in die kaap.
Nou moet ek op ?n skietbaan uitkom om te voel hoe die ding skiet. Gedruk deur tyd glip ek gou een Saterdag oggend weg skietbaan toe om die geweer te zero en te sien of hy darem nog reguit skiet. Met die instel was dit net nodig om die scope 4 clicks regs te stel vir my gewone lading van 130 gr Berger VLD koe?ls teen 3000 fps. Daarna skiet ek gou ?n paar groepe met verskillende ladings om die 140gr Nosler Custom Competion koe?ls te probeer. Met 42 gr S365 (lot 63) kry ek toe maklik 5 skote binne ?n half duim op 100m, spoed skat ek op so 2830 fps en daar wees geen onverduidelikbare dwaal skote nie. Heel gelukkig dat die tromprem geensins ?n invloed het op akkuraatheid nie pak ek my goedjies en skiet terug huis toe.
Hierna sit ek ek met die dilemma dat ek nie regtig weet hoe goed die tromprem die terugskop van die geweer rem nie aangesien ek nie die geweer met en sonder die tromprem geskiet het nie. Die volgende naweek is daar ?n beplande wildevark jag en ek vat toe die 260 saam om hopelik ?n skoot of twee in te pas met en sonder die demper. Ek kan met ?n skoon gewete s? dat die tromprem werk! Ek het ?n paar ander ouens ook laat skiet met en sonder die rem en almal se opienie was eenders. Dit is mos maar moeilik om so iets te kwantifiseer en ek skiet toe gou ?n paar skote met Pieter se 243 Win. Sonder die knaldemper is die terugskop van die 260 definitief meer as die 243 en met die tromprem is dit aansienlik minder. Die terugskop van die 260 word egter nie tot so mate gerem dat mens presies op teiken kan bly as ?n skoot gevat word nie. Daar is ?n mate van skuif en dit was net genoeg dat ek nie presies kon sien of ek die kolgans, op die rand van die damwater, hoog of regs gemis het nie. Ek kon die water sien spat maar teen die tyd wat ek weer terug was op teiken het die gansie al gevlieg.
http://dl.dropbox.com/u/37019857/Geweer%20fotos/260AI/260RemAI_MB/260Rem_3.jpg
Nou is die roer weer gereed om sy ding te doen met minder terugskop as 'n standaard 234 Win.
Ongelukkig het ek nognie kompetiesie ondervinding met die tromprem nie en ek sal moet sien hoe hierdie aanhangsel my punte beinvloed. Wat ek wel kan s? is dat ek al ?n beter score geskiet het met met my 223 op ?n Chasa baanskiet as met my 308 en ek kan net dink dat te doen is aan die minder recoil en die tyd wat dit jou gee om weer terug op teiken te kom en weer konsentrasie te herwin. Om hierdie rede sien ek baie uit na die volgende kompetiesie geleentheid.
Ek wil net baie dankie s? vir die stukkie kunswerk van Pieter en dat hy dit goed gedink het dat ek een van hierdie outjies kan toets.

Last edited by Arnold on Wed Feb 22, 2012 12:16 pm, edited 1 time in total.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Baboonstalker Tromprem - Arnold se ondervinding
Jammer vir al die gebabbel, vir die wat nie als wil lees nie hier is 'n opsomming: Pieter maak 'n kwaliteit produk wat werk!
- baboonstalker
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm
Re: Baboonstalker Tromprem - Arnold se ondervinding
Ludwig,
Dit klink amper soos iets wat ons "gou" een Saterdag oggend moet bespreek.
My tromprem is 'n variasie op die vias ontwerp wat 'n beproefde ontwerp is. Ek het 'n paar plekke gevind waar ek daarop kan verbeter (my opinie) en dit is basies wat Arnold, Piet en SJ, MJK en John nou mee skiet.
Die tromprem kan nog meer effektief gemaak word deur die groote van die poorte te vergroot, maar dan eindig jy weer met die tipe G6 trompremme wat nie welkom is tussen mense nie.
Om bloot die tromprem langer te maak en meer poorte in te sit sal minder efek h? aangesien die gasdruk agter die projektiel baie vinnig val soos dit by elke stel gate verby beweeg. Die gasdruk/ momentum is mos maar wat die terugskop demp en die efek van elke volgende stel gate is maar 'n fraksie van die vorige stel.

Ek wil net weer kom update en se dat die tromprem werk. So naweek of twee terug het ek weer groepe met so duim vertikale verspreiding op 300m geskiet. Dit was vanaf 'n bipod en die geweertjie verbaas my net elke keer as ek met hom skiet.
Die lading wat gebruik was was die 140gr Nosler CC teen 2850 fps en hy het definitief minder wind invloed getoon as die 155gr Nosler CC wat ek met my 308 teen 2860 fps geskiet het. Die 308 het ook 'n 5 skoot groep op 300m binne 'n duim vertikale verspreiding gesit.
Almal wat die tromprem op my geweer sien lewer komentaar oor die vakmanskap!

- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3140
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Baboonstalker Tromprem - Arnold se ondervinding
Hierdie is werklik 'n pragtige stukkie werk!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Baboonstalker Tromprem - Arnold se ondervinding
Hallo Arnold
Baie dankie vir in diepte terugvoer! Pieter jou produk lyk fatasties op Arnold se geweer en die passing is van die hoogste gehalte! Dit lyk soos een stuk staal. As ek na die energie en kundigheid kyk waarmee dit gedoen word oorweeg ek dit nou sterk om af te vlieg en deur jou te laat doen.
Arnold het jy enigsins n muzzle-blast toets kon doen vir die skut sowel as die omstanders? Ek is nie gepla oor die omstanders nie maar wel oor die skut. Is daar n groot verskil? Ons almal weet muzzle breaks word nie gelykstaande vevaardig en ontwerp nie.
Ek raak nou terwyl ek hier skryf sommer van voor af de hel in vir die regering en hulle onbekwame personeel wat veroorsaak dat my 6.5 Creedmore na ver meer as n jaar, nog nie hier is nie!
Geniet die aanwendsel en mag hy vir jou n wisseltrofee/trofee of tien besorg! Pieter weereens dankie vir die geleentheid wat vir n paar van ons gegee het met die toets van jou produk. Mag jy net groot sukses beleef met die onderneming!
Groetnis
Wout

Last edited by Wouter Roets on Thu Mar 29, 2012 1:27 pm, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Baboonstalker Tromprem - Arnold se ondervinding
Wouter ek het nognie spesifiek die muzzle-blast aspek getoets nie. Ek kan wel se ek kom nie die verskil (blast en geraas) agter as ek ruil tussen my 308 en 260 in terme van muzzle blast nie {die 308 skop nou net bietjie meer}.
Ek sal bietjie die omstanders volgende keer vra hoe hulle dit ondervind. Die terugvoer van die vias en Baboon se vorige ontwerp is egter dat die medeskuts lnag jou nie 'n probleem daarmee het nie.
Ek oorweeg dit nou sterk om een op my 308 ook te laat sit!

- MJK
- Sr. Member

- Posts: 466
- Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm
Re: Baboonstalker Tromprem - Arnold se ondervinding
Wouter
Ek het nou al 2 kompitiesies geskiet in dieselfde aflosse as mede skuts en het nerens eens opmerking of aanmerking gehoor nie. Na pertinente vrae aan hulle was opmerking gewees " Nee het nie gepla nie". Die ouens met die vais en ander mb's kry jy dat almal knorrig is en hulle skiet na die ander skuts.
Moenie vir my vra hoekom nie - dalk sal Pieter kan verklaar. Ek dink dat die ho? druk gas baie goed afgebloei word met daardie V in die mb veroorsaak dat die gas oor baie groter area versprei word as die normale mb.
Ook dink ek die effek dat die ho? druk gas wat ontstaan net nadat die koeel die loop verlaat afgebloei word en oor groter "lugarea" versprei nie vermeng word met die laer druk wat deur die normale MB gate gaan nie het ook effek gaan h?. By normale mb word al die gas onverdun geblast by die eerste gate uit. dit is die klank/ skok effek wat mede skuts pla.
My baie beskeie 1/2 sent...
Daai MB van my is van die beste beleggings op my 308 plank.

- henried
- Hero Member

- Posts: 2347
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Baboonstalker Tromprem - Arnold se ondervinding
Ek weet te min van wat julle manne hier praat 
Maar dit lyk na 'n meester-stuk.
Maar dit lyk na 'n meester-stuk.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa
"Deo Valente "
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa
"Deo Valente "
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Baboonstalker Tromprem - Arnold se ondervinding
MJK
Jou 1/2 sent verduideliking maak baie mooi sin en die resultate waarvan jy praat is baie bemoedigend. Ja hierdie lyk defnetief na n wenresep!
Groetnis
Wouter
Jou 1/2 sent verduideliking maak baie mooi sin en die resultate waarvan jy praat is baie bemoedigend. Ja hierdie lyk defnetief na n wenresep!
Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Baboonstalker Tromprem - Arnold se ondervinding
Gou 'n vragie.
Ek het 'n KD op my 22-250. Ek weet dat die POI laer is met hom as sonder hom, 16 clicks om presies te wees. Nou is ek aan die top en wonder as ek 'n tromprem of 'n blanktromprem laat maak van dieselfde gewig ( lengte sal sekerlik korter wees ) kan ek verhoed dat die POI skuif as ek die 2 omruil met mekaar. Dit sal die lewe vreeslik makliker maak omdat die KD nie altyd nodig is nie.

Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Baboonstalker Tromprem - Arnold se ondervinding
Nog in rede is dat die geweer nou met die KD eintlik lekkerder balanseer vir my as sonder hom.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Baboonstalker Tromprem - Arnold se ondervinding
Hmmm, ja
Arnold se verslag hoort eintlik in 'n vooraanstaande geweertydskrif - maar dit laat 'n mens weer besef hoe waardevol ons eie forum is - en dit is boonop pasella...
Dankie pel vir puik terugvoering oor die tromprem - en oor Pieter se vakmanskap. Ons Bolanders is gelukkig om 'n ghoeroe hier in ons midde te h?.
Mooiloop!
Hein

Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Baboonstalker Tromprem - Arnold se ondervinding
[img width=327 height=480]http://db.tt/jdaDNlOc[/img]
Vandag het ek my eerste kompetiesie met hierdie tromprem geskiet. Gou op die 200m inskiet baan wou ek net sekermaak of als reg is.
Ek skiet toe gou 5 skote op 200m met my 100m zero, toe 3 drie skote een click links op my 200m zero.
Als reg om te begin met die Boland Ope en ek verloor sommer klaar 10 punte op my eerste baan (staan by wigwam). Dit is altyd vir my die ongemaklikste skiet posisie omdat ek dit nog nooit geoefen het nie. Klaar voel ek die voordeel wat die tromprem my bied en alhoewel ek van teiken af geskop word is die vermindering in recoil so dat ek vinniger weer terug is op teiken en die volgende skoot loop elke keer met meer selfvertroue.
Toe loop die volgende gong baan af sonder misverstande maar die daaropvolgende trek toe my briek op toe ek n relatiewe maklike gong mis op so 280m.
Teen die tyd besef my brein dat die geweer nie recoil nie en ekself besluit dat ek elkgeval nie meer die kompetiesie kan wen nie en dat ek nou maar die dag kan geniet en konsentreer op wat die geweer doen.
Volgende bane was blesbokke op 200m uit die sit posisie, daarna vlakvarke op +-45m uit die staan houding sonder rus en laaste skiet ons springbokke op so 250m uit enige posiesie waar jy n tipe driepoot kan gebruik soos jy wil. Al vyftien skote vind toe mooi die kop tel areas en tel as v-kolle.
So vandag het hierdie roer, kaliber en tromprem kombinasie gesorg dat ek heel tevrede huis toe kon gaan.
My 260 is n relatiewe ligte geweertjie en die tromprem verminder die terugskop so dat ek baie gemaklik skiet, vinnig herstel na n skoot en oor die algemeen met meer selfvertroue n skoot benader en deurvoor.
Hierdie toestelletjie gee jou n definitiewe kompetetende voorsprong alhoewel die invloed gaan verskil van persoon tot persoon en kaliber tot kaliber.

Last edited by Arnold on Mon May 28, 2012 7:56 pm, edited 1 time in total.
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5134
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Baboonstalker Tromprem - Arnold se ondervinding
Arnold daai geweer van jou met die tromprem laat man se bek lekker kwyl

Mooi geweer en puik werk van Pieter se kant af.
Peet

Work to live, don"t live to work
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Baboonstalker Tromprem - Arnold se ondervinding
More
Ek het een van die trompremme gesien op my vriend Johan se geweer. Die werk is MOOI.
Frikkie

Cradock
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Baboonstalker Tromprem - Arnold se ondervinding
Arnold
Mooi gedoen man! As jy nou bietjie werk aan die gedeeltes waar jy geskukkel het is jy een van die dae diep in die pryse! Ek weet die tyd knyp maar met die kleingoed maar dit raak ook weer makliker in die toekoms.
Groetnis
Wout
Mooi gedoen man! As jy nou bietjie werk aan die gedeeltes waar jy geskukkel het is jy een van die dae diep in die pryse! Ek weet die tyd knyp maar met die kleingoed maar dit raak ook weer makliker in die toekoms.
Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Baboonstalker Tromprem - Arnold se ondervinding
Dankie Wouter. Met die kleingoed is dit moeilik en ek kry min tyd vir skiet. Soos jy s? gaan dit makliker word en een van die dae skiet my twee seuns saam 
-
Rasmus
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm
Re: Baboonstalker Tromprem - Arnold se ondervinding
Nee Arnold een van die dae gaan pa saam as die seuns skietArnold wrote: Soos jy s? gaan dit makliker word en een van die dae skiet my twee seuns saam![]()
As my knapie die dag saam gaan moet ek mooi verduidelik pa skiet eers en dan kan boetman met die .22 skiet. Al die gewere in die kluis is ook kwansuis syne
Maar ai dit bly darem lekker om dit met die kinders te kan deel.
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner, 12 Br Beretta Semi auto A 301.
THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner, 12 Br Beretta Semi auto A 301.
THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Baboonstalker Tromprem - Arnold se ondervinding
Hier is die video van my broer waar hy my 260 skiet ... http://db.tt/xhPshh0U
Dit is 140gr koeels teen 2850 fps. Ek sal eendag 'n video maak van met en sonder die briek op sodat mens mooi kan sien.

Last edited by Arnold on Tue Sep 25, 2012 3:41 pm, edited 1 time in total.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Re: Baboonstalker Tromprem - Arnold se ondervinding
Baie netjies Arnold en goeie werk Pieter!
Jis maar daai aksie lyk seepglad!
Jis maar daai aksie lyk seepglad!
Jannie Welman