7mm rem mag reloading
-
James
7mm rem mag reloading
Kan iemand dalk akkurate besonderhede gee omtrent die volgende:
7mm rem mag
385 kruit
154 punte en 162 punte Hornady.
154 63 grein en 162 56 grein?
Het iemand dalk voorstelle vir beter ladings?
Baie dankie.

DSBW
- Sr. Member

- Posts: 344
- Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm
Re: 7mm rem mag reloading
James
154gr punte kan jy maar bietjie aanhits, ek sou s? so 64 grein is nog veilig, maar jou beste akkuraatheidsal waarskynlik ?rens tussen 63 en 64 l?. Ek skiet slegs die 175gr SMK, 180gr Berger en die 168gr Berger. Eersgenoemde twee gebruik ek 61.5gr S385, laasgenoemde 62.5gr S385.
Hoop dit help.
Dawie

- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: 7mm rem mag reloading
James
My boetie skiet een, sal more vir jou data post
Mooi loop
Francois

- tau
- Hero Member

- Posts: 3946
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: 7mm rem mag reloading
Hi DawieFox Driver wrote: James
154gr punte kan jy maar bietjie aanhits, ek sou s? so 64 grein is nog veilig, maar jou beste akkuraatheidsal waarskynlik ?rens tussen 63 en 64 l?. Ek skiet slegs die 175gr SMK, 180gr Berger en die 168gr Berger. Eersgenoemde twee gebruik ek 61.5gr S385, laasgenoemde 62.5gr S385.
Hoop dit help.
Dawie
Waarom gebruik jy 385 ?
Ek gebruik 365 want my 243 gebruik selfde so dis maklik.
Ek herlaai doppe tot 4 keer nou al met 58 gr 365 en 150 punte. Ek het nou al menigte manne hoor se die 164gr punte is die beste ongelukkig is ek nou eers klaar ammo ontwikkel. Dit kan duur raak as jy perfeksie soek..
My 7mm rem mag is nou al so mooi ek skiet baie soos in vrek baie beter groperings as met my 243 win. Ek besef dat as ek net so baie effort met my 243 gaan insit hy dan seker beter sal raak.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
DSBW
- Sr. Member

- Posts: 344
- Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm
Re: 7mm rem mag reloading
James
S385 is tipies ontwikkel vir jou groter doppe met kleiner kaliber verhoudings ( 7mm RM, 300 Win Mag, .264 Win Mag ens.). Die rede is dat die ontbranding snelheid outomaties verhoog wanneer jy meer kruit deur die kleiner kaliber forseer, daarom gee jou kruit met 'n laer ontbranding snelheid gewoonlik beter resultate (kompenseer beter vir die verhoogde druk).
Vir dieselfde rede werk S365 so goed in die .243, met swaarder punte werk S385 ook goed in die .243.
Ek het vir lank S365 gebruik in die RM, werk goed, soos jy self ondervind, aangesien dit ook 'n relatiewe stadiger kruit is. Jy sal egter sien dat dit makliker is met die swaar punte om goeie spoed/akkuraatheid te kry met S385 teenoor S365, vir redes soos hierbo genoem.
Wanneer jy ligter punte gebruik (korter "bearing surface", minder druk) werk S365 gewoonlik net so goed of selfs beter, maar ek skiet slegs die swaarder punte, daarom S385.
As jy begin vergelykings tref sal jy sien dat die Rem Mag eintlik baie oneffektief is met die ligter punte, jy kan met 'n kleiner dop (.284 Winchester bv.) dieselfde spoed kry met heelwat minder kruit, maar wanneer dit by die swaarder punte kom het die Rem Mag met sy groot kapasiteit wel 'n voordeel bo die kleiner doppe.
Hoe dit ookal sy, as jy 'n lading/punt kombinasie het wat so goed werk soos jy self s?, hou by hom, vergeet van alle ander moontlikhede, raak gewoond aan daardie kombinasie se trajek, dit gaan vir jou die beste resultate in die jagveld gee.
Lekker Skiet!!

dankie dawie het hom.
Ek vind dat my 175 gr hornady,s baie naby my 150 gr noslers op 100m gropeer.
My pa het ook 7mm rem mag toe skiet ons op 2 teikens met dieselfde ammunisie. Terwyl sy roer duidelik hoer en laer geskiet het met die verskillende ammunisie het my wapen met die drie verskulende rondte,s baie naby aanmekaar geskiet so naby dat ek veilig voel omte jag met die swaarder ammunisie al is my wapen inhestel op die 150 gr nosler.
Ek moet wel se die 175 gr is ook nes my 150 nie te warm gelaai nie aangesien ek my doppe probeer spaar.
Ek vind dat my 175 gr hornady,s baie naby my 150 gr noslers op 100m gropeer.
My pa het ook 7mm rem mag toe skiet ons op 2 teikens met dieselfde ammunisie. Terwyl sy roer duidelik hoer en laer geskiet het met die verskillende ammunisie het my wapen met die drie verskulende rondte,s baie naby aanmekaar geskiet so naby dat ek veilig voel omte jag met die swaarder ammunisie al is my wapen inhestel op die 150 gr nosler.
Ek moet wel se die 175 gr is ook nes my 150 nie te warm gelaai nie aangesien ek my doppe probeer spaar.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Taylor
- Full Member

- Posts: 125
- Joined: Tue Nov 17, 2009 1:35 pm
Re: 7mm rem mag reloading
Dag se aan almal hier
Ek is redelik nuut hier, maar het nou al baie van julle pos gelees, nou wonder ek oor n nuwe 7mm RM wat ek vir my gekoop het. Ek wil graag 139gr punte skiet met s365. Is da iemand wat my kan raad gee asb.
En dan ook vir n 30-06 met 180gr en s365.
Dankie

Gooi daai lood reguit !!!!
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: 7mm rem mag reloading
Taylor.
Een vandie 7'swaarmee ek werk skiet die 139gr Hornady Interbonds soos 'n droom (net oor die 3300fps), hygroepeer fantasties en die punt hou bemekaar.
Dieselfde geweer verseg egter on die 139gr Interlocks te skiet! Moes sewe en 'n halwe pakkies 139gr's weer van die hand sit - die geweer verseg net eenvoudig om m et die Interlocks te skiet.
As jy die geweer op die baan wil gebruik kan jy gerus ook kyk na die 130gr Sierra MK's - hulle vlieg ook mooi. Ons het oorgeskuif na die 168gr Bergers omrede hulle amper dieselfde kos as die 130's en hulle vlieg net 'n fraksiestadiger as die 130's.
Die 30-06 lading wat PMP hierdie jaar in hul ammo gooiis baie akkuraat, Douw van Sittert van Upington het al by meer as een PMP Groeperings dag 4-5mm groeperings geskiet. Bedel 'n 30-06 patroon by 'n ryk ou wat nie nodig het om te herlaai nie en trek die punt dan weeg jy die lading.
Mooi loop.
Jaco

Dont tell me, show me......
- Taylor
- Full Member

- Posts: 125
- Joined: Tue Nov 17, 2009 1:35 pm
Re: 7mm rem mag reloading
Jaco
Baie dankie vir jou raad. Ek dink wat ek moet doen is maar om eers n paar ouens te soek wat 7mm skiet, en reel dat ek maar n paar punte, van verskilende gr van hulle af koop en dan maar begin speel met ladings en punte. Dit sal n fortein kos as ek 10 of meer verkillende soort punte en gr moet koop om n lekke lading te toets.
Ek het ook n paar pakies 30-06 ammo, en sal daar n punt trek, maar word hulle noodwendig met 365 gelaai? weet iemand.
Dankie, Taylor
Baie dankie vir jou raad. Ek dink wat ek moet doen is maar om eers n paar ouens te soek wat 7mm skiet, en reel dat ek maar n paar punte, van verskilende gr van hulle af koop en dan maar begin speel met ladings en punte. Dit sal n fortein kos as ek 10 of meer verkillende soort punte en gr moet koop om n lekke lading te toets.
Ek het ook n paar pakies 30-06 ammo, en sal daar n punt trek, maar word hulle noodwendig met 365 gelaai? weet iemand.
Dankie, Taylor
Gooi daai lood reguit !!!!
- tau
- Hero Member

- Posts: 3946
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: 7mm rem mag reloading
na baie lees vrae en www, het ek besef die berger 168gr is seker beste punt as hy in jou wapen skiet.......net jammer hulle verkoop so gou uit. Ek gaan hopenlik bergers vir my v kry. Het klaar 88grners vir .243 gelaai in b verskillende ladings, moet nog net gaan toets
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
DSBW
- Sr. Member

- Posts: 344
- Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm
Re: 7mm rem mag reloading
Tau, Taylor
Jy het nou by die regte gevoltrekking gekom. Ek skiet nou 14 jaar 7mm RM, is al deur 1 loop, en het in die tyd al alles probeer en beproef. My gevolgtrekking: Jy mors tyd, geld en loop leeftyd met 'n 7mm RM as jy enige iets anders as 168 - 180gr punte skiet. Daar is enkele uitsonderings, by name die 162 Hornady A-max, en die 150gr SMK, vir die res moet jy hou by die swaarder punte. Spesifiek die 168gr Berger, is by v?rre die beste punt wat jy in die kaliber kan gebruik. My lading, wat ek al hoeveel keer probeer verander het, net om terug te kom na hom toe, is 62.5gr S385, 168gr Berger wat 0.005" in die" lands" "seated" is.
Die meeste standaard RM's kom in elk geval met 'n "twist" wat die swaarder punte beter stabiliseer. Verder glo ek jy kan vir jou 'n 7-08, 7x57,7x64,284Win, 280 Remington koop as jy die ligte 7mm punte wil skiet, jy gaan hulle net so vinnig skiet soos uit die RM, met baie minder kruit. Die RM se voordeel l? in sy vermo? om swaar punte vinnig te skiet.
Net nog iets, my ondervinding het my geleer dat jy liefs nie S365 skiet in die RM nie. Alhoewel dit werk, werk dit nie so goed soos S385 met die swaarder punte nie, dis hoekom die kruit in die eerste plek ontwikkel is.
Terloops, ek skiet ook die 88gr Bergers op die 6mm, hulle werk vir my die beste as ek hulle nie so baie vinnig skiet nie (3400 fps maks), en ek "seat" hulle net ne buite die groewe.
Dis maar net my eie ondervinding, ander ouens het dalk beter idees.
Groete

Tau
Ek stem totaal en al saammet Dawie.
Meeste roere skiet beter as jy die punte laat LOOP!
Hoor, Hoor Dawie!
My lading op die 88gr Bergers
Aandryfmiddel: S365
Lading: 41.7
TPL: 72.25 - net-net af van die lands af
Spoed: 3290fps
Baie akkuraat.
Ek kyk tans na die 69gr Bergers - hul BC is nie te sleg nie en ek weet hulle val nie so kwaai soos die 88 greiners nie.
As ek kompitissie skiet waar die afstande bekend is skiet ek 88gn, maar wanneer ek nie die afstande ken nie skiet ek liewer die 69 grein Bergers of 70 gn Nozlers, hulle skiet pla en hulle laat loop oor die aarde.
Groete.

Last edited by Guest on Mon Apr 26, 2010 8:37 am, edited 1 time in total.
Dont tell me, show me......
- Taylor
- Full Member

- Posts: 125
- Joined: Tue Nov 17, 2009 1:35 pm
Re: 7mm rem mag reloading
Dawie en Jaco
Ek het nou julle pos gelees, en sien dat ek seke my geld gemors het met die 139gr Horn v-max punte wat ek gekoop het, ma sal defnitief ook na 168gr en swaarder gaan. Ek sal laat weet wat my toetse en proewe gedoen het.
Dankie vir julle raad en gesels.
Ek het nou julle pos gelees, en sien dat ek seke my geld gemors het met die 139gr Horn v-max punte wat ek gekoop het, ma sal defnitief ook na 168gr en swaarder gaan. Ek sal laat weet wat my toetse en proewe gedoen het.
Dankie vir julle raad en gesels.
Gooi daai lood reguit !!!!
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: 7mm rem mag reloading
Middag Taylor.
Sou nie s? jy het jou geld gemors nie - die 7mm rem waarmee ons skiet smaak die 139gr Interbonds, maar hy haat die 139gn interlocks met 'n passie!
Geniet daai roer - bestel net solank jou volgende loop.
Groete.
Jaco
Sou nie s? jy het jou geld gemors nie - die 7mm rem waarmee ons skiet smaak die 139gr Interbonds, maar hy haat die 139gn interlocks met 'n passie!
Geniet daai roer - bestel net solank jou volgende loop.
Groete.
Jaco
Dont tell me, show me......
- Taylor
- Full Member

- Posts: 125
- Joined: Tue Nov 17, 2009 1:35 pm
Re: 7mm rem mag reloading
More Jaco
Ek is baie opgewonde oor my 7mm en weet nie hoekom ek met die ligter punte wil neek nie, ek het n 243 wat ek gebruik, en soek iets wat ek bietjie meer lood kan laat fluit oor die vlaktes teen n hoor spoed. Ek dink ek moet daai 139 gr gaan teruggee, en vir iets swaarder ruil.
Hoekom se jy ek moet solank n ander loop bestel, is hulle so erg op loope, en wat is die lewens tyd ongeveer?
Taylor

johannel
Re: 7mm rem mag reloading
GOEIE NAAND almal ek sukkel met my 7mm hy hou nie van ligte punte nie alwee die 9.5 twist.My loop is 24" is daar van julle wat ook 9.5 twists het as wel so gee asb vir my raad ek kan weer help met ladings vir .243
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: 7mm rem mag reloading
Johan
Man ek is nie op hoogte met die 7mm RM nie, Fox Driver kan help, hy skiet een. Weet net dat die optimale punt gewig vir die 7mm 168gr is.
Die twist ding werk so, n vinnige twist, soos jou 1-9.5, sal swaar en ligte punte ewe goed (stabiliseer) groeppeer, maar n stadige twist, se ma 1-14 sal nie die swaarder punte stabiliseer nie, dus sal jou geweer dan nie groeppeer nie, en kan hy by sekere gevalle die punt sommer dwars op jou teiken skiet.
Hoop ek maak sin, se maar as ek nog moet verduidelik.
Mooi loop
Francois
Man ek is nie op hoogte met die 7mm RM nie, Fox Driver kan help, hy skiet een. Weet net dat die optimale punt gewig vir die 7mm 168gr is.
Die twist ding werk so, n vinnige twist, soos jou 1-9.5, sal swaar en ligte punte ewe goed (stabiliseer) groeppeer, maar n stadige twist, se ma 1-14 sal nie die swaarder punte stabiliseer nie, dus sal jou geweer dan nie groeppeer nie, en kan hy by sekere gevalle die punt sommer dwars op jou teiken skiet.
Hoop ek maak sin, se maar as ek nog moet verduidelik.
Mooi loop
Francois
- Taylor
- Full Member

- Posts: 125
- Joined: Tue Nov 17, 2009 1:35 pm
Re: 7mm rem mag reloading
More almal
Francois, Kan jy my dalk se hoe ek as leek my eie geweer se twist kan bepaal, Ek het gehoor n mens gebruik jou ramrod, maar weet nie om dit akuraat te doen nie. Hoop nie dit is reeds bespreek op n ander plek bespreek, dat ek julle tyd mors nie.
Taylor
Francois, Kan jy my dalk se hoe ek as leek my eie geweer se twist kan bepaal, Ek het gehoor n mens gebruik jou ramrod, maar weet nie om dit akuraat te doen nie. Hoop nie dit is reeds bespreek op n ander plek bespreek, dat ek julle tyd mors nie.
Taylor
Gooi daai lood reguit !!!!
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: 7mm rem mag reloading
Taylor
Dink dit is al genoem, weet egter nie waar nie..........
Kry n lappie op jou skoonmaakstok wat lekker styp inni loop pas, druk die stok so driekwart inni loop in, maak nu n merk op die stok gelyk met die agterkant van die slot huls, of enige plek wat as n vatepunt verwysing kan dien, maak ook n merk presies bo-op jou stok, 12 uur posisie, trek nu die stok stadig uit, die merk bo-op die stok gaan in die rondte beginne draai, trek die stok uit todat die merk presies weer 12 uur oppi stok is. Meet nu die afstand vanaf die merk wat jy teenoor die vaste punt gemaak het tot by die vaste punt, in duime, of in millimeters en deel deur 25.4, om duime te kry. Hierdie afstand is dan jou loop se twist rate, 1-10, of 1-12 of 1-14 of whatever.
Hoop dit help.
Mooi loop
Francois
Dink dit is al genoem, weet egter nie waar nie..........
Kry n lappie op jou skoonmaakstok wat lekker styp inni loop pas, druk die stok so driekwart inni loop in, maak nu n merk op die stok gelyk met die agterkant van die slot huls, of enige plek wat as n vatepunt verwysing kan dien, maak ook n merk presies bo-op jou stok, 12 uur posisie, trek nu die stok stadig uit, die merk bo-op die stok gaan in die rondte beginne draai, trek die stok uit todat die merk presies weer 12 uur oppi stok is. Meet nu die afstand vanaf die merk wat jy teenoor die vaste punt gemaak het tot by die vaste punt, in duime, of in millimeters en deel deur 25.4, om duime te kry. Hierdie afstand is dan jou loop se twist rate, 1-10, of 1-12 of 1-14 of whatever.
Hoop dit help.
Mooi loop
Francois
- Taylor
- Full Member

- Posts: 125
- Joined: Tue Nov 17, 2009 1:35 pm
Re: 7mm rem mag reloading
FM
Dankie, die dinge maak nou baie meer sin, en dis verstaanbaar. Ek gaan defnitief bietjie loer wat daar in daai lope van my aangaan.
Julle moet leke naweek hou
Taylor
Dankie, die dinge maak nou baie meer sin, en dis verstaanbaar. Ek gaan defnitief bietjie loer wat daar in daai lope van my aangaan.
Julle moet leke naweek hou
Taylor
Gooi daai lood reguit !!!!
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: 7mm rem mag reloading
Naand Taylor.
Wat FM jou verduidelik het omtrend die twist van jou 7mm is heeltemal reg. Die stuk omtrent die 168 greiners is ook waar - die eienaar van die swart SAKO 7mm Rem het besluit om te standaardiseer op 168 grein Bergers. Terwyl die Mauzer 7mm se baas weer besluit het op 162 grein Sierra's.
Die Bergers se spoed is redelik goed en ons het geredeneer - hoekom 'n ligter punt skiet wat marginaal vinniger vlieg en na 300m baie vinnig sy gh? verloor as ons 'n swaar punt met 'n baie ho?r BC kan skiet? Ek moet darem bys? dat ons nou so bietjie in die "langafstand ding in is".
Albei wapens skiet fantasties met die swaarder punte - ons het net geredeneer dat die 7mm Rem gebou is om 'n swaar punt VER, sommer BAIE ver te gooi en hulle met hope energie tot daar te gooi.
Skenk gerus die 139 greieners vir een van jou maters wat 'n 7x57 skiet - hy sal jou ewig dankbaar wees.
Plaas bietjie foto's van jou 7, asb man.
Groete.
Jaco.

Hallo Taylor
Eerstens rondom die Rem Mag se loop leeftyd: Hy is swaarder op 'n loop as bv. 'n 7x57, vir al die redes wat ons almal verstaan. Hy is egter nie "onredelik" swaar nie, daarmee bedoel ek 'n RM waarmee net gejag word, waarvan die loop nooit warm geskiet word nie (nie meer as 3 skote vinnig agter mekaar nie) en wat gereeld skoon gemaak word gaan jou 1500 skote en dalk meer gee van top akkuraatheid. Akkuraatheid is 'n subjektiewe maatstaf, maar jy sal tot 1500 skote .5 MOA kan skiet, as dit is wat die geweer van nuuts af gedoen het.
My eerste RM was 'n Sendero met Chrome Molly loop, waarna ek nie goed gekyk het nie (meesal ook 150gr Barnes geskiet, min skoon gemaak), ek het 1300 skote gekry, toe "crash" hy totaal, maar sy akkuraatheid het al van so 1000 skote af begin afgaan. Tweede loop nou op 400 skote (stainless), kyk so elke 50 skote met "borescope" deur hom, hy is nog so goed soos nuut, maar hierdie keer hou ek by die reels (geen hitte, gereelde skoonmaak).
Soos reeds verduidelik deur almal hierbo, om ligte punte met 'n RM te skiet is oneffektief, omdat jy met minder kruit in verskeie ander kleiner 7mm kalibers net so goed kan doen, selfs beter.Meer belangrik: Die RM het groot dop kapasiteit, wat jy op jou beste gebruik met swaar punte. As jy 'n standaard loop op het, is die kanse goed dat jou twist 1-10 of vinniger is, nommerpas vir jou 162gr A-max, 168gr SMK of Berger, 175gr SMK of GK ensovoorts.
Na baie jare se lading toetse (en 1 loop) is die volgende ladings in my ondervinding die beste vir die RM;
1) 62.5gr SS385, 168gr Berger, "seated 0.002" in the lands"
2) 62.5 gr S385, 175gr SMK, nie teen die "lands" nie.
3) 61.5 gr S385, 180 gr Berger, 0.002" teen die "lands"
Ek het lanklaas die 162gr Hornadies geskiet, bloot omdat ek nie kry nie, maar ek het destyds dieselfde lading vir hulle gebruik. Die A-max is 'n baie onderskatte punt in die 7mm kaliber, beskik oor 'n baie goeie BC, en weeg net so goed soos die duurder punte.
Hierdie is my waarnemings oor die RM, hoop dit help!

Thanks virri help......
Mooi loop
Francois
Thanks virri help......
Mooi loop
Francois