Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat
Wouter
Ek stem heel hartig met jou saam.Maar soos wat ek dit nou verstaan en gaan kyk op die web van Sa gun owners sal jy sien daar is voorgestelde veranderings aan die wet.Ek dink die voorstelle is van SA jagters en Gun owners maar ek kan heeltemaal verkeerd wees.Daar het ek een van die veranderings wat iemand voorstel gelees dat die vereeniging nou betrokke kan wees met die uitrieking van bevoegdheid sertifikate.Ek hoop ek het dit reg gelees en verstaan.Sover ek ook weet kan die SAPS nie n wet verander sonder die goedkeuring van die parlement nie.So kan hulle dan net die tydsverloop verander ek weet nie.

- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat
Naads? julle,
Al wat ek kan s? is dankie tog ek het wapens in al die kategorie?.
As die ding so gaan afspeel sien ek swaar tye vir die wat nie wapens het in al hul bevoegdhede nie. Dit gaan net NOG 'n lekker geldmaak besig word.
Dankie vir al die terugvoer manne.
Groetnis
Marc

" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat
Marc
Dit is al reeds so kyk maar net mooi wat kos dit jou maak gerus die somme
.
Dit is al reeds so kyk maar net mooi wat kos dit jou maak gerus die somme
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat
Naads?,
Dankie Baretta , ek WAS van plan om lekker rustig te gaan l? vanaand

Dankie Baretta , ek WAS van plan om lekker rustig te gaan l? vanaand
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
Biltongjagter
Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat
Die heel belangrikste aspek met die bevoegdheidsertifikaat in die jaggeweer kategorie, is die volgende:
1. Almal wat 'n aanvanklike (eerste uitreiking) plastiese kaart bevoegdheidsertifikaat ontvang het, met 'n vervaldatum van 5 jaar later daarop, MOET 90 dae voor die vervaldatum aangetoon daarop, aansoek doen om hernuwing van sy/haar bevoegdheidsertifikaat, in die jaggeweer kategorie.
2. Word jou tweede bevoegdheidsertifikaat uitgereik, soos ons dit deesdae sien gebeur, is dit bloot 'n A4 formaat drukstuk SONDER enige vervaldatum wat daarop aangedui word.
3. Dus bly hierdie tweede bevoegdheidsertifikaat geldig totdat jou laaste vuurwapensilsensie vir daardie betrokke kategorie hernu moet word - ook weer 90 dae voor di? lisensie se vervaldatum.
Daarmee saam mo?t blykbaar jou bevoegdheidsertifikaat vir die betrokke kategorie, ook weer hernu word.
Bogenoemde strook ook heeltemal met die fynskrif op die nuwe A4 formaat drukstuk van jou bevoegheidsertifikaat wat soos volg opgesom kan word:
"Daar is in fynskrif 'n paragraaf wat stipuleer dat die sertifikaat sal geldig wees todat die laaste lisensie vir die betrokke bevoegdheid verval."
Dus is daar geen sprake van 'n wettige lisensie in jou besit te h?, sonder dat jy daarvoor bevoeg is nie.
Hierdie kursief gedrukte gedeelte hierbo is waaroor daar geen klinkklare duidelikheid onder verskillende DFO's bestaan nie, vandaar dan ook al die Babelse verwarring wat onder vuurwapen eienaars heers.
Groete,
Koos.

Naands? Koos,
Dankie vir die terugvoer
Groetnis
Marc
Dankie vir die terugvoer
Groetnis
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat
Hallo Koos
Ek sit met die skrywe van die SAP by my kantoor. Ek het dit in my vorige skrywe kortliks opgesom. Na 10 Januarie 2011 bly jou bevoegdheid geldig in die kategorie totdat jou LAASTE vuurwapen in daai katogorie verval. Jy moet dan 90 dae alvorens daai laaste lesensie in die kategorie verval aansoek doen vir bevoegdheid sowel as hernuwing van daai lesensie. Ek is doodseker hiervan.

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Biltongjagter
Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat
Net soos jy daar s?, Wouter3. Dus bly hierdie tweede bevoegdheidsertifikaat geldig totdat jou laaste vuurwapensilsensie vir daardie betrokke kategorie hernu moet word - ook weer 90 dae voor di? lisensie se vervaldatum.
Daarmee saam mo?t blykbaar jou bevoegdheidsertifikaat vir die betrokke kategorie, ook weer hernu word.
Ek het dit ook so en glo dit is nie net sinvol nie, maar heeltemal korrek ook. Meen te s?, hoekom bevoegdheid hernu as jy kort voor di? se vervaldatum weer 'n nuwe lisensie in dieselfde kategorie bekom, waar die SAPD mos alles in elk geval weer oorweeg omtrent jou as persoon en alles nog wat, voordat hulle die nuwe lisensie aansoek goedkeur en uitreik?
Geen nuwe lisensie aansoek nie, dan moet jou bevoegdheid asook LAASTE lisensie 90 dae voor di? se vervaldatum hernu word.
Ek het die gedeelte in aanhaling hierbo bloot kursief gedruk omdat dit is waarmee verskillende DFO's spartel en almal daarmee saam verwar.
Wouter, klink my ons het uiteindelik so 'n stukkie sinvolle logika in hierdie vervlakste nuwe vuurwapenwet by gekry.
Groete,
Koos.
-
SmitH
- Sr. Member

- Posts: 453
- Joined: Tue Feb 16, 2010 11:36 am
Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat
More almal
Was gister by my wapenlisensie afdeling om uitevind oor my bevoegdheid sertifikaat en toe se die man vir my hoef hom eers te hernu wanneer my eerste lisensie verval wat my handwapen is
Groete

SmitH,
Is dit 'n plastiese kaart bevoegdheidsertifikaat met 'n vervaldatum daarop?
Indien wel, lees hierdie en do?n dit!!!!!!!!!!!

Dit geld vir alle kategori? bevoegdhede.1. Almal wat 'n aanvanklike (eerste uitreiking) plastiese kaart bevoegdheidsertifikaat ontvang het, met 'n vervaldatum van 5 jaar later daarop, MOET 90 dae voor die vervaldatum aangetoon daarop, aansoek doen om hernuwing van sy/haar bevoegdheidsertifikaat, in die jaggeweer kategorie.
Groete,
Koos.
-
SmitH
- Sr. Member

- Posts: 453
- Joined: Tue Feb 16, 2010 11:36 am
Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat
Koos
Het nou net weer met die ou by die vuurwapen afdeling gepraat en se al het ek die plastiese kaart moet ek eers hernu wanneer my eerste wapen lisensie verval dit wil se my bevoegdheid verval hierdie jaar en my handwapen eers volgende jaar so ek hoef eers voldende jaar my bevoegdheid te hernu saam met die handwapen

K?rels, ek kan nie met julle hieroor stry nie, veral omdat volgens julle meer as een DFO julle hieroor ingelig het.
Die DFO by Witbank polisiestasie het my hernuwingsaansoek aanvaar vir my BV sert. (plastiese kaart) wat einde Februarie 2012 verval en ek het selfs daarna 'n SMS vanaf SAPD ontvang wat s? dat my BV hernuwingsaansoek geniet aandag.
Nog nie weer by SAPD navraag gedoen nie - sal punt daarvan maak om so gou moontlik navraag te gaan doen - maar sal weer hier rapporteer.
My siening is, dat enige lisensie, bevoegheid of watter ander dokument ookal, wat 'n vervaldatum op het, is n? daardie vervaldatum van nul en gener waarde.
Ek is nie bereid om daardie risiko met my jaggewere te loop nie - daardie ysters is myne en geen siel gun ek enige rede om met my eienaarskap daarvan te kom inmeng, as ek enigsins iets daaraan kan doen om dit te verhoed nie.
En amper s? ek iets by
So, maak julle soos julle se DFO's julle vertel, maar ek maak soos my DFO gelukkig mee is en waarmee my denke heelhartig saam stem.
DFO? Wat is die korrekte Afrikaans daarvoor? Aangewese Vuurwapen Beampte = AVB?

Was toe vanoggend by SAPD Witbank se vuurwapen lisensie afdeling en die volgende is toe daar beskikbaar:
1. My vrou se BV Sert. (sy het verlede jaar al haar nuwe lisensie ontvang - aansoek gedoen in 2006) waarvoor sy ook reeds in 2006 aansoek gedoen het, is toe uitgereik in A4 formaat - sy het dus nooit 'n plastiese BV Sert. gehad nie - en die uitreikingsdatum vir hierdie A4 formaat BV. Sert., word nogal aangegee as 19/08/2008 !!!
Wat 'n grap en 'n verdraaiing van die ware feite.
Nogtans, sy het nou 'n BV Sert. sonder vervaldatum daarop, in haar besit.
2. My eie nuwe A4 formaat BV. Sert. is toe ook daar!!!
As ek reg onthou het ek ? 10 Oktober 2011 aansoek gedoen om my plastiese BV Sert., wat 8 Februarie 2012 verval, te hernu.
Uitreikingsdatum word aangedui as 12/12/2011.
Twee maande - lekker vinnig!
Wat nou interessant is op die nuwe A4 formaat BV. Sert., is die tweede en ook laaste paragraaf op die dokument, sonder vervaldatum daarop:
So wil dit dus voorkom of die A4 formaat BV.Sert. geldig sal wees tot en met die vervaldatum van jou laaste lisensie in die betrokke kategorie - uitsluitend nou enige voortydige kansellasie daarvan deur die owerhede.
Die volgende gedeelte
Nogtans sou dit tot ons almal se voordeel wees as iemand "The Firearms Control Amendment Act, no. 28 of 2006" se gedeelte wat betrekking het op BV. Sert., hier op die forum kan plaas om deeglik ontleed te kan word. Ek sien di? nie op die SAPD se webwerf nie.
Die AVB by die Witbank SAPD was nie vanoggend beskikbaar nie, so weet ek steeds nie met sekerheid wat die wet s? oor die hernuwing van 'n BV.Sert. met 'n vervaldatum daarop nie.
Nie dat dit my nou enigsins meer kan raak nie, maar ter wille van talle ander vuurwapen eienaars wat in die duister daaroor is, sal dit goed wees as iemand klarigheid daaroor kan lewer.

Die deurgehaalde woord 'the' in rooi hierbo klink nie reg in die betrokke paragraaf nie, vandaar my deurhaling daarvan.The Firearms Control Amendment Act, no. 28 of 2006 stipulates that the Competency Certificate remains valid for the same period of validity as the period determined in the Act in the respect of the licence to which the Competency Certificate relates, unless the Competency Certificate is terminated or renewed in accordance to the provisions of the Act.
So wil dit dus voorkom of die A4 formaat BV.Sert. geldig sal wees tot en met die vervaldatum van jou laaste lisensie in die betrokke kategorie - uitsluitend nou enige voortydige kansellasie daarvan deur die owerhede.
Die volgende gedeelte
beteken seker die hernuwing van jou A4 formaat BV. Sert. tesame met die hernuwing van jou lisensie wat laaste verval in die betrokke kategorie ter sprake...... or renewed in accordance to the provisions of the Act
Nogtans sou dit tot ons almal se voordeel wees as iemand "The Firearms Control Amendment Act, no. 28 of 2006" se gedeelte wat betrekking het op BV. Sert., hier op die forum kan plaas om deeglik ontleed te kan word. Ek sien di? nie op die SAPD se webwerf nie.
Die AVB by die Witbank SAPD was nie vanoggend beskikbaar nie, so weet ek steeds nie met sekerheid wat die wet s? oor die hernuwing van 'n BV.Sert. met 'n vervaldatum daarop nie.
Nie dat dit my nou enigsins meer kan raak nie, maar ter wille van talle ander vuurwapen eienaars wat in die duister daaroor is, sal dit goed wees as iemand klarigheid daaroor kan lewer.
Groete,
Koos.
-
Biltongjagter
Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat
Self het ook twee BV Sert. -
Een vir handwapen - plasties met vervaldatum 17/12/2015.
Handwapen lisensie wat hierby betrokke is, verval 23/04/2016.
Dan A4 formaat vir jaggewere - waarvan die laaste se lisensie verval op 23/04/2021.
Maar 'n bontspul, nie waar nie?
Groete,
Koos.
Een vir handwapen - plasties met vervaldatum 17/12/2015.
Handwapen lisensie wat hierby betrokke is, verval 23/04/2016.
Dan A4 formaat vir jaggewere - waarvan die laaste se lisensie verval op 23/04/2021.
Maar 'n bontspul, nie waar nie?
Groete,
Koos.
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat
Piet skiet
Ek dink nie hy sal wegval as jy nie n geweer het nie.Hernu hom ook so as jy die dag een koop dan het jy hom
Beretta
Ek dink nie hy sal wegval as jy nie n geweer het nie.Hernu hom ook so as jy die dag een koop dan het jy hom
Beretta
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat
Hallo Manne
Jou plastiek bevoegdheid sertifikaat met vervaldatum is geldig totdat jou laaste lesensie verval in die katogorie waarvoor hy uitgereik is. Indien jy vir n paar kategorie bevoeg is op daai bevoegheidskaartjie moet jy net aansoek doen vir die kategorie wat verval. As jy bv twee handwapens het met die een vir selfverdediging en die ander vir jag bly hy geldig totdat jou laaste lesensie verval, in hierdie geval die een vir jag.
Koos hierdie is baie duidelik gestel in die brief in my besit so ek hoop dit gooi nou n duidelike lig op hierdie saak!
Piet daai bevoegdheid bly geldig vir 10 jaar volgens die skrywe by my, dit is nou as jy die lesensie aansoek onder jaggeweer doen maar as jy n lesensie onder selfverdediging vir die haelgeweer doen dan is hy net geldig vir 5 jaar.
Groetnis
Wouter
Jou plastiek bevoegdheid sertifikaat met vervaldatum is geldig totdat jou laaste lesensie verval in die katogorie waarvoor hy uitgereik is. Indien jy vir n paar kategorie bevoeg is op daai bevoegheidskaartjie moet jy net aansoek doen vir die kategorie wat verval. As jy bv twee handwapens het met die een vir selfverdediging en die ander vir jag bly hy geldig totdat jou laaste lesensie verval, in hierdie geval die een vir jag.
Koos hierdie is baie duidelik gestel in die brief in my besit so ek hoop dit gooi nou n duidelike lig op hierdie saak!
Piet daai bevoegdheid bly geldig vir 10 jaar volgens die skrywe by my, dit is nou as jy die lesensie aansoek onder jaggeweer doen maar as jy n lesensie onder selfverdediging vir die haelgeweer doen dan is hy net geldig vir 5 jaar.
Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Biltongjagter
Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat
Dankie Wouter, dit klink na goeie nuus!Wouter Roets wrote: Hallo Manne
Jou plastiek bevoegdheid sertifikaat met vervaldatum is geldig totdat jou laaste lesensie verval in die katogorie waarvoor hy uitgereik is. .....................
Koos hierdie is baie duidelik gestel in die brief in my besit so ek hoop dit gooi nou n duidelike lig op hierdie saak!
Groetnis
Wouter
Kan jy daardie brief in jou besit wat dit duidelik uitspel, as dokument hier op die forum plaas?
Alternatiewelik, sal ek dit waardeer as jy dit aan my kan e-pos of selfs faks by 086 614 2555.
By voorbaat dankie.
Groete,
Koos.
-
Biltongjagter
Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat
Siende dat dit wil blyk dat Wouter sy 'brief' iewers verl? het, het ek gaan soek na wat die wet s? oor die plastiese kaart BV Sert. wat 'n vervaldatum op het.
Let daarop dat dele in vet letters gedruk tussen vierkantige hakies [] dui aan dat die woorde uit die wet weggelaat word en onderstreepte gedeeltes dui op die invoegings in die wet.
Hiervolgens blyk dit wel so te wees dat die plastiese BV Sert., met vervaldatum en al daarop, nogtans geldig is tot en met die verval van die laaste geweer lisensie waarop dit van toepassing is.
Dit stem dan ook ooreen met die nuwe A4 formaat BV Sert. sonder vervaldatum daarop, asook die laaste paragraaf daarop wat presies lees soos die ingevoegde deel (onderstreep) hierbo in die wetswysiging.
Nogtans, ek hernu liewer daardie BV Sert. met verval datum op, aangesien daar buite net dalk 'n oningeligte SAPD beampte is wat nie hiervan bewus is nie. Dit kan net moeilikheid vir jou as jagter spel.
Groete,
Koos.
Met verwysing na punt 2 hierbo -Amendment of section 10 of Act 60 of 2000
9. Section 10 of the principal Act is hereby amended?
(a) by the insertion in subsection (l)(a) after subparagraph (i) of the following
subparagraphs:
"(iA) possess a muzzle loading firearm;
(iB) possess a firearm as a private collector in such specific category
as may be prescribed;"
(b) by the substitution for subsection (2) of the following subsection:
"(2) A competency certificate [lapses after five years from its date of
issue] contemplated in subsection (l)(a)(i), (ii), (iii) and (iv), remains
valid for the same period of validity as the period determined in this Act
in respect of the licence to which the competency certificate relates,
unless the competency certificate is terminated or renewed in accordance
with the provisions of this Act."
Let daarop dat dele in vet letters gedruk tussen vierkantige hakies [] dui aan dat die woorde uit die wet weggelaat word en onderstreepte gedeeltes dui op die invoegings in die wet.
Hiervolgens blyk dit wel so te wees dat die plastiese BV Sert., met vervaldatum en al daarop, nogtans geldig is tot en met die verval van die laaste geweer lisensie waarop dit van toepassing is.
Dit stem dan ook ooreen met die nuwe A4 formaat BV Sert. sonder vervaldatum daarop, asook die laaste paragraaf daarop wat presies lees soos die ingevoegde deel (onderstreep) hierbo in die wetswysiging.
Nogtans, ek hernu liewer daardie BV Sert. met verval datum op, aangesien daar buite net dalk 'n oningeligte SAPD beampte is wat nie hiervan bewus is nie. Dit kan net moeilikheid vir jou as jagter spel.
Groete,
Koos.
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat
Koos
Baie dankie vir die inligting
Baie dankie vir die inligting
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- visstok
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat
Manne, ek wil nou net seker maak want eks nou redelik deurmekaar. My bevoegdheid verval 2012-05-08, dis nog die plastiek kaartjie, my geweer verval 2021-03-17. Moet ek my bevoegdheid hernu of is hy nog geldig tot geweer lesensie verval? Wil net seker maak. Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
- visstok
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat
As enige iemand my die regte raad kan gee sal ek dit waardeur. Ek het die topic deur gelees maar eks nog steeds onseker. Ek wil nie in die moeilikheid kom nie. Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: Hernuwing van Bevoegdheid sertifikaat
Volgens ?n kennisgewing deur die SA Polisie [33871 van 17.12.2010] wat op 10 Januarie 2011 inwerking getree het is bepaal:
Dat vanaf 10 Januarie 2011 bevoegdheidsertifikate wat op daardie datum nog nie verval het nie, geldig bly tot op die datum waarop die jongste lisensie van die vuurwapen wat op die bevoegdheidsertifikaat betrekking het, sal verval. Die houer van die bevoegdheidsertifikaat moet in sulke gevalle, 90 dae voor die vervaldatum van die vuurwapenlisensie aansoek doen vir die hernuwing van die betrokke bevoegdheidsertifikaat.
Dit beteken dat indien ?n persoon oor ?n bevoegdheidsertifikaat beskik wat op 1 Oktober 2012 verval en ?n vuurwapen besit waarop die bevoegdheidsertifikaat betrekking het en waarvan die lisensie op 30 Junie 2013 verval, dan moet die houer van die bevoegdheidsertifikaat nie later as 31 Maart 2013 aansoek doen vir die hernuwing van die bevoegdheidsertifikaat nie.
SAJWV verskil met die kennisgewing op regsgronde omdat die Suid Afrikaanse Polisie nie met ?n kennisgewing die bepaling van ?n wet kan verander of uitbrei nie. Daarom is dit die advies van die Vereniging dat lede wie se bevoegdheidsertifikate verval, op die gewone manier 90 dae voor die vervaldatum aansoek moet doen vir die hernuwing van die bevoegdheidsertifikaat en sou die SAPD weier om die aansoek te aanvaar, die SAPD te versoek om die aansoekvorm te stempel met die datum waarop die aansoek gedoen is en die dokument te bewaar as bewys dat die aansoek wel gemaak is.

Om dinge nog verder te kompliseer, kom SAGA en reik hierdie uiteensetting en verklaring hieroor uit wat soos volg lees:
Rede: 'n Handwapen en 'n geweer wat vir selfverdediging gelisensieer is, se lisensie is slegs vir 5 jaar geldig. Sien onderstreepte gedeelte, met hakkies daarom, in aanhaling hierbo waarin hulle juis die 5 jaar geldigheidsperiode van wapens vir selfverdediging, uitlig.
My raad is, soos wat SAJWV se aanbeveling is, hiernu daardie BV Sert. betyds (90 dae voor vervaldatum) en bly so binne die wet op welke wyse wie ookal wat hoe interpreteer.
Groete,
Koos.
Na my mening weerspreek hulle (SAGA) hulself in hierdie bg. uiteensetting!In terms of the abovementioned Government Gazette, competency
certificates were automatically extended if you had a valid competency
certificate as at the 10th January 2011, they will be valid for the
period of your longest licence. This means if you have a handgun and a
long gun, your competency was extended from 5 years to 10 years,
because all long gun licences (other than for self-defence) are valid for 10
years.