Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek sien jy is maar vinnig om te keer oor wat als gebeur het . Maar ons sal wel agter die storie kom.Dan hoor ek ook Ian het sy hande vol gehaad om Geno intoom te hou.
Geno was so mak soos 'n lammetjie tot my verbasing, soos ek vir jou gese het, het hy Vrydagaand met sy whisky so bietjie bosveld TV gekyk en dit is dalk hoekom al die manne dink dat ons hom verniel het. Gerhard kan getuig hiervan.
Geno was so mak soos 'n lammetjie tot my verbasing, soos ek vir jou gese het, het hy Vrydagaand met sy whisky so bietjie bosveld TV gekyk en dit is dalk hoekom al die manne dink dat ons hom verniel het. Gerhard kan getuig hiervan.
Groete
Jy is reg Ian,
Ek en Geno het HD TV gekyk toe die ander manne veld was...
Ian ek kan ook net byvoeg dat jou re?lings vir die bly,skiet en kursus plek/lokaal defnitief by gedra het tot die lekker atmosveer.
Die manne het baie gemaklik om daai hout tafels onder die grasdak gesit en net so lekker om die vuur gesels. Die lesing lokaal was baie ruim en blad nie warm nie.
Alles het net perfek uitgewerk.
Peet
Last edited by Pvdw on Mon Jan 30, 2012 4:54 pm, edited 1 time in total.
Ek staan so 'n rukkie terug buite en kyk na die wolke. Ek kry toe so 'n warm gevoel en besef hoe bevoorreg was ek nie om almal te ontmoed. Ja, die ander reelings het ek met liefde gedoen en dit was weereens 'n baie groot sukses. Dankie aan jou ook.
Ek dink die kursus was n groot sukses en die groot rede was, die samewerking van almal af.
Nie een persoon wat verantwoordelik was vir enige reelings het moeite ontsien nie en ons was n lekker groep manne bymekaar. Dit saam met die PMP dag maak n mens trots om deel van so n georganiseerde groep mense te wees.
Ja-nee, kan ma net be-aam wat reeds gese is, behalwe dat Geno nie regtig gemors is nie, hy is eintlik net n sissy....nou het ek ook nie eers meer smileys oor nie, almal weggelag daar oppi kursus......
Dit is al n duisend keer gese, maar dankie aan almal wat bygedra het om my twee dae daar saam met julle onvergeetlik te maak, ek waardeer, laat weet net, sal my bes probeer om dalk ook eendag n klip te rol vi julle....
Die boer waar ons die prakties gedoen het skakel my vanmore en wil net vir ons dankie se. Hy is soos 'n klein seuntjie oor die 2 jakkalse wat ons van 'n rooiboklam ingekry het. Ons is enige tyd weer welkom op sy grond as daar weer 'n kursus aangebied word. Dit is darem maar lekker om nog 'n deur oop te hou om die "passie" voort te sit en nog verder te leer.
Dit was 'n baie lekker tyd saam met julle, weet net nie of julle ietsie geleer het nie. Hoop darem so. Sien Mnr. Heyneke het so paar van sy spanlede gestuur op die kursus(sal hulle kursusgeld gebruik om die span aan te moedig ) om seker te maak dat springbokke nie sal uitsterf nie! Sorrie Deon en Bartlo, moes so ietsie inkry in julle rigting . Dankie!
jakkalsgat wrote:
Daai bottels is nog toe en die manne lyk al so wonder hoe hulle gelyk het nadat die bottels almal oop was, lyk eerder hulle is met 'n bottel geslaan.
Geno
Vicks help vir arceyes.
Groete
Jaco
Lekker op jou stukke vandag
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner