Regte jaghond?

User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Regte jaghond?

Post by visstok »

Goeie naand almal, ek wil vir my n hondjie kry wat bietjie saam met my in die veld kan loop. Wat sal julle se is die regte hond om te kry? Dit gaan my eerste hond wees wat ek self gaan leer jag, gaan hom gebruik om saam jakkals te gaan roep, geskiete jakkals en rooikat op te spoor en dalk help met n gekweste kat of jakkals. Ook om yastervarke in die mielie lande op te soek en so bietjie tarentaal jag. Ek gaan so 2 na 3 keur n maand uit om te gaan skiet. Wat sal n goeie keuse hondjie wees om te kry? Hoor graag wat stel julle voor! Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Regte jaghond?

Post by tripodmvr »

As ek na jou jagvoorkeure kyk is dit meer na haarwild gerig. Jack Russel het dadelik opgekom. Baie goed op bloedspoor en wakker hondjies. Sal hom net moet vashou as dit by rooikat kom. Het al gesien dat hulle vo?ls gaan haal, maar dan is dit syne en jy gaan bars om dit af te neem.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Regte jaghond?

Post by JK »

Foxie, of steekbaard terrier met n bietjie staffie bloed ;)
Johan Kriel
Okahandja
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Regte jaghond?

Post by Mac »

Die man het gevra watter hond om te kry, nie rot nie ;D
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Regte jaghond?

Post by tripodmvr »

Mac wrote: Die man het gevra watter hond om te kry, nie rot nie ;D
I like!!!!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Regte jaghond?

Post by visstok »

Ek het reeds nogal gedink aan n ?wirehair terrier? of n ?airdale terrier? of selfs n ?ierse terrier?? Hoef nie noodwendig n klein hond te wees nie! Hoor graag nog van julle! Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Regte jaghond?

Post by tripodmvr »

'n Gladde haar hond het minder probleme met onkruid wat in lang hare gaan vassit. GSP's en Pointers word daarom verkies bo springers en ander langhaarhonde.

Jy beweeg dan ook weg van Mac se rot af!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Regte jaghond?

Post by JK »

Watse rot, dis n ordenlike hond daai,  die staffie maak die hare bietjie korter, slim en atleties.  Nee wat, daai geteelde jag honde vat te veel tyd om te leer en maak n man net die moer in as hy nie will hoor nie.  ;D
Johan Kriel
Okahandja
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Regte jaghond?

Post by visstok »

Hahahaha ja nee n rot om jakkals te vang weet ek nie so lekker nie! Maak sin oor die glade hare! Lang been of kort been jack russel?
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Regte jaghond?

Post by tripodmvr »

visstok wrote: Hahahaha ja nee n rot om jakkals te vang weet ek nie so lekker nie! Maak sin oor die glade hare! Lang been of kort been jack russel?
Dit was my eerste voorstel en wel na aanleiding van jou voorkeure.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Regte jaghond?

Post by BLOK »

Jack Russel, harde maane wat goeie jag honde maak, self nou n jong ene wat van die week af gaan saam bakkie ry as ek jakkalse skiet.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Regte jaghond?

Post by Dawid »

Aan watter haak op die raam gaan jy hom ophaak Blok? ;D ;D As daai brakke opgewonde raak slaan hulle ore toe soos n klei-os se agterent......dan is ore maar min.
Beagle is uitstekend op spoorsny en soek. ;)
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
Rambo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 68
Joined: Wed Jul 20, 2011 12:38 pm

Re: Regte jaghond?

Post by Rambo »

Soveel jagter soos daar is... soveel verskillende opinies gaan daar wees! Doen moeite met jou keuse van hond... Hy gaan lank saam met jou jag... hy gaan baie ure en geld kos om hom op te lei!!! Dit is 'n baie groot "investment"! Daar is heeltemal te veel jaghonde in dei veld wat die basiese gehoorsaamheids opleiding te kort kom... Veral as jy en jou hond saam met ander manne gaan jag!!! Ek moet erken dit is vrek moeilik om jou nuwe jaghond uit die veld te hou tot hy gereed is daarvoor!!!

Ek persoonlik verkies my Spinger Spaniel... hy bied my 'n goeie "all rounder" as die by voeljag en spoorsny kom, hy moet hoofsaaklik voelsjag, hulle "spring" of "flush" in die digte bos, en retrive - vir my is dit nie nodig om te point nie... maar niemand kan die keuse vir jou maak nie! Dit gaan jou jagpartner wees vir 'n baie lang tyd om te kom!

Doen jou navorsing... bv. Working Springer Spaniels het korter hare!!! Die skou honde het langer hare wat nie vir jag doeleindes geskik is nie... hulle kort ook die energie en dryf vir jag wat die "working" spaniel het! Of jy nou 'n GSP , Wirehaired terier of wat ookal koop... doen jou huiswerk!!!

Ek het die voorreg gehad om voor die tyd met my hondjie se ouers te gaan jag... hulle in die veld dop te hou ens...

Hoop jy kry iets wat vir jou sal werk!!
303 Lee Ennfield
270 BRNO De Lux
22 BRNO
12 BR BRNO
12 BR Miroku
Mathews Switchback
Visstokke
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Regte jaghond?

Post by BLOK »

Ek het vir jou die regte jaghonde jy moet net besluit soek jy een wat varke kan vang of een wat enige skerminkels kan bykom.

Image
Image
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2347
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Regte jaghond?

Post by henried »

Ludwig wrote:
Dawid wrote: Beagle is uitstekend op spoorsny en soek. ;)
Ongelooflik ja! Beagles se neuse is naas 'n bloedhond die beste in die honde wereld. Ek het self 'n beagle, maar as daar nou een hond is wat se ore toeslaan sodra daai neus begin werk, is dit 'n beagle. Jy kan skree, dreig, soebat, maar as 'n beagle se neus die grond slaan, stop hy eers as die reuk stop.  ;D  Met baie moeite en die regte "trainer" kan beagles opgelei word om ongelooflike spoorsnyers te wees, maar as ek visstok se vereistes so lees, kan ek nie help om te dink 'n GSP sal omtrent die beste opsie wees nie.
Ons het ons Beagles nou so 'n maand. Hulle is meer net vir die suen gekoop, maar dalk moet ons moeite doen...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by henried on Thu Jan 12, 2012 4:25 pm, edited 1 time in total.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Regte jaghond?

Post by Mac »

Het julle ouens die OP se post gelees,

1.  Dit is sy EERSTE hond

2.  Hy wil voels, varke, jakkalse, rooikatte jag, Die hond moet ook 'n HPR wees, 'n spoorsny hond wees, en nogal net 3 keer per maand werk,

Nou kom almal tevore met harde honde, honde sonder ore, en honde wat g'n mens kan beheer as hulle eers bedrywig raak.

Boet, maak jou keuse bietjie nouer, jy sal mos nie verwag dat 'n BMW 5 series bundu bashing en nogal daarby kan dien as 'n jag bakkie nie, nou hoekom sal jy dit verwag van 'n hond. Kies 'n sagte, intilegente hond wat veelsydig is soos 'n labrador of golden retriever of so iets. een wat kan spoorsny, retrieve en nog as opsporings hond kan dien, moet nie vir pointers of spaniels gaan nie as jy net 3 keer per maand wil werk met hom nie, hulle verg hopeloos te veel aandag en oefening. kry vir jouself opleidings DVDs of boeke, praat met goeie telers, werk, of probeer werk met soveel verskillende rasse se base (van goed opgeleide honde, daar is niks wat meer in 'n ou se sop p-ss as 'n on opgeleide of agresiewe werks hond nie) en maak dan jou keuse. onthou net, harde honde sal jou altyd toets, aanhoudend en aanmekaar, en sy aanvanklikke opleiding en hantering sal julle twee se toekoms bepaal.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Regte jaghond?

Post by visstok »

Mac, baie dankie, ja dis waar wat jy se, lyk my ek soek meer n vriend wat bietjie saam jag en darem kan help soek na jakkals, kat of vark! Ek het so bietjie oor die verskillende rase gaan oplees en hou nogal van die GSP, is dit moeilike honde om te leer, hoe is hulle met die familie en kinders? Hoor graag van persone wat ondervinding met die honde het! Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Regte jaghond?

Post by Mac »

Visstok,

Die Nick waaroor almal my so spot is my GSP, seker die beste hond wat ek nog gehad het, en 'n doring op jakkals. Een ding wat jy van hulle moet weet is dat hulle harde honde is, hulle leer uintlik hulself, is verskriklik intelligent, uitstekend met die familie, maar as Nick nie ten minste 40 minute en of 5km oefening op ;n dag kry is dit nag, gate die hele tuin vol, blaf vir niks, en hou hom sommer moedswillig. Hulle sal jou ook gedurig toets, en kom sommer dadelik agter waar jou swak punte is, dan buit hulle dit uit vir alles wat hulle kan. My vrou is te sag mnet hom, en hy maal basies nes hy wil met haar, en weet net mooi waar die perke is.

Alhoewel ek nooit weer sonder 'n GSP sal wees nie, sal ek nie een wil he vir my eerste hond nie.

Voorspoed met jou keuse.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Regte jaghond?

Post by visstok »

Julle maak dit nou eintlik baie moeilik! Van al die honde trek die GSP my by vere die meeste, hou baie van die hond! As dit nie n goeie keuse vir n eerste hond is nie, wat is dan? Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Regte jaghond?

Post by tripodmvr »

visstok wrote: Julle maak dit nou eintlik baie moeilik! Van al die honde trek die GSP my by vere die meeste, hou baie van die hond! As dit nie n goeie keuse vir n eerste hond is nie, wat is dan? Groete visstok
Ek bly by my keuse wat ek heel eerste gemaak het. Jy het nie 'n spesialis jaghond gevra nie. Jy soek 'n hondemaat wat jou jagte saam met jou kan deel, maar dan moet hy kan help met sekere takies. Gaan lees die storie oor die klein Jack in Januarie se Magnum dan sal jy miskien beter verstaan.

Ek is glad nie 'n hondeman nie. Het nog nooit in my volwasse lewe een gehad nie. Alle jong "jaghonde" is stout en kort aandag en oefening. Pointers en selfs GSP is meer op vo?ljag gespesialiseer - netso spaniels. Jack Russel het die neus vir goete met hare. Het een gesien wat 'n gekweste springbok vir honderde meters gevolg het en aangekeer het.

Die ander voordeel van die kleiner honde. Eet minder en as die omset minder is, is die landmyne minder en kleiner.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Regte jaghond?

Post by Geno »

Visstok,

Vir 'n eerste jaghond, en met die vereistes wat jy stel sal ek ook reken 'n Jack Russel is net die een vir jou.
Lucy is nou 6 jaar oud, en 'n groot plesier saam met my in die jagveld. Sy vat baie goed spoor op kwesdiere, soek jakkalse wat in die lang gras l?, vang rinkhalse langs die huis, en sy neem nie baie spasie op langs my in die bakkie nie.
Tripod se comment oor die minder kos en landmyne is ook heeltemal waar.

Mac is heeltemal reg oor die HPR's, hulle is so hardegat as wat jy kan kry. Ekself het 'n oulike GSP gehad wat spoorgevat het en goed met veerwild ook was. My ma het netnie gedink hy's oulik nie want haar tuin was verwoes terwyl ek in die week skoolgegaan het.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Regte jaghond?

Post by visstok »

Ek het besluit om n Jack Russel te kry. Voor ek die hondjie gaan soek, Mac ek sien jy praat van opleidings dvd`s en boeke, waar kan ek dit in die hande kry? Wil darem genoeg kennis he om die hondjie van die begin af reg te leer! Baie dankie vir almal se bydrae! Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Regte jaghond?

Post by Dawid »

Ek het ooknie n hond nie en gebruik ook nie een nie, my seun het wel n Beagle...

Dus gaan ek maar self n keer of wat uit in die nag om te blaf.
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Regte jaghond?

Post by Mac »

Google, ons het nog van kinder dae honde, nog nooit een gebruik nie, maar ek weet daar is uitstekende boeke eskikbaar.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Regte jaghond?

Post by visstok »

Baie dankie Mac, ekt nie eers daaraan gedink om google te probeer nie, het baie inligting daar gekry. Gaan dit vanmiddag deur werk en die regte boeke kry. Ons het ook nog altyd honde, van kleins af, ek het nou op die oomblik alreeds 2 honde. Hulle is maniere geleer en dis dit. Ekt nog nooit saam n hond gejag nie en dis waar ek die inligting kort. Baie dankie aan almal wat gehelp het. Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
Post Reply