Net klein vis,Hoekom!!!

Any freshwater fishing stories here/ Enige varswater hengel stories hier.
Post Reply
User avatar
suid wes
Full Member
Full Member
Posts: 103
Joined: Thu Jan 06, 2011 10:57 pm

Net klein vis,Hoekom!!!

Post by suid wes »

Ek wil graag by jul kenners weet.Was onlangs by n dam en net n klomp klientjies gevang,nou en dan n 2kg ma niks grooter.Die dam is so 600 hektaar groot en 70% vuil(groen kan soo  1,5 meeter van kant af in sien)baie riette en klien kirppers volop en soo ook die karpies.Juis daar oor gaan ons nie gereeld darna toe nie.kan dit wees dat die kleiner vis net vinniger is as die grootes.Het met soet reek dips bigin toe laater sterker soos pynappel/almond ens,deegies brood, boylies mielies tot maasmellows maar die kleintjies het bly plaa.n vriend het n week voor ons  10kg en 14kg babbers gevang soo dan moet die groot karpe ook da wees,dam is 40 jaar + oud.vlak of diep geen virskil gewees,ek kan nie virseeker se nie ma dink da sal maar heel wat slik op boodim wees of dink soo.Die dam is naby soo ons het vir 2 weeke lank elkke 2de dag uit gery om die grootes te kry.... vroeg oggend 6uur tot 12uur in nag:'( dink die donn...s het seeker n tieppe rekkie kamp of soo iets da onner!!!.
Wat dink jul.
BEETER,,,,,BEETHIR,,,,,BEETERHIRDIRSTE
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Net klein vis,Hoekom!!!

Post by visstok »

Goeie more, die grotes moet daar wees. Baie slik op bodem, maak jou stroplyne langer en gebruik groot floaties. Grooter harder aas, kan ook kyk om n haarstrop te gebruik met pop up boilie saam 16mm boilie, of so 4 kaboem pitte op haarstrop. As kleintjies baie pla kan jy ook een van die klein karpies vat en hom opsny in klein blokies, so groot soos dobbelsteuntjie en dit probeer, jy gaan minder vang maar grooter vis kry. Kap raak! Visstok 
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
Pumba30-06
Full Member
Full Member
Posts: 221
Joined: Tue Jun 28, 2011 8:50 am

Re: Net klein vis,Hoekom!!!

Post by Pumba30-06 »

More Suid Wes
Maak julle voer kol daar waar julle vang?
Wat ek al gekry het is dat die kleintjies erg op die kol is en die groter vis langs of op die "margins" van die kol eet. Gebruik die advies wat Visstok vir jou gegee het om groter vis te kry. As jy wil meer fokus om net grotes te kry en nie meer hoeveelheid soek nie, begin fokus op spesie taktieke. Ek het so 3 jaar terug begin probeer fokus op kwaliteid in plaas van kwantiteid en ek moet se ek verkies dit so. Jy wag langer en party keer vang jy niks maar ander kere vang jy in n naweek sessie 30-40 karps wat almal 5+ kg is en dis tussen die ouens wat sit en die kleiner vis vang om jou.
Net my 2c
Groete Jurgens
'Hunting is a bush walk with a purpose"
User avatar
suid wes
Full Member
Full Member
Posts: 103
Joined: Thu Jan 06, 2011 10:57 pm

Re: Net klein vis,Hoekom!!!

Post by suid wes »

Ok, hoe lyk n haar strop,Ek gebruik die een waar die mielie bom in middel is en n hoekie wat langs hom hang em een onder hom.Die karpie wat ek op sny sit ek die op die hoek ? Byt karp dan op karp ook.(of het ek nou die kat aan sy gat beet)

stropie                                                      .
                                                               
s(hoekie) O(bom)                                    s O
                                                                .
                                                               
                                                                s
hoop jul verstaan my skets.                                                               
BEETER,,,,,BEETHIR,,,,,BEETERHIRDIRSTE
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Net klein vis,Hoekom!!!

Post by Geno »

Haar strop:
Image

Die strop wat jy gebruik word 'n "Rietvlei Strop" genoem.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Net klein vis,Hoekom!!!

Post by visstok »

Daai karp stukkies gebruik ek op die hoek, ek gebruik dit veral in bloemhofdam as die kleintjies pla. Spesie hengel, haarstrop met sade, boilies ens. kan baie duur storie word as jy dit reg doen en ingewikkeld, maar die monster karpe wat gevang word maak daarvoor op! Moet ook nie altyd so ver moontlik probeer hengel nie, sal verbaas wees wat jy hier naby net agter die riet mag raakloop! Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Net klein vis,Hoekom!!!

Post by Geno »

visstok wrote: Moet ook nie altyd so ver moontlik probeer hengel nie, sal verbaas wees wat jy hier naby net agter die riet mag raakloop! Groete visstok
Ek hou ook daarvan om langs die margins (riete, drop offs, klippe ens.) 'n mieliepit te gooi.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Net klein vis,Hoekom!!!

Post by tripodmvr »

As ek luister na manne se opmerkings oor die visse wat "spawn" het die mammies en die pappies ander dinge in gedagte - nog kleintjies. Hulle heet hom ander ding en nie die kos.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
suid wes
Full Member
Full Member
Posts: 103
Joined: Thu Jan 06, 2011 10:57 pm

Re: Net klein vis,Hoekom!!!

Post by suid wes »

Dankie gaan hom probeer.Nog  n ding die heletyd het ons toe ook probeer baber vang ma nie n byt nie.ook diep vlak middel ens,het hoender lewer vis kop en ook gevillid.Watse raad vir hull.Ek weet plat anas werk ma ek grul my f@ken dood om aan hom te vat!!!
BEETER,,,,,BEETHIR,,,,,BEETERHIRDIRSTE
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Net klein vis,Hoekom!!!

Post by visstok »

Die babers is ook maar stil die laaste ruk in die vrystaat. Kan wees met die hitte of te min suurstof in water. Die karpe spawn na die eerste somer reens, behoort nou al lankal kla te wees en honger! Ek verkies hoender hartjies bo hoender lewer. Hartjies bly langer op hoek en is nie so gemors soos lewer nie! Die tyd sal ek as die son sak my baber stoke nuwe aas aansit en nie diep hengel nie, laat le tot volgende aand. Ek vat ook daai wil rolle pleister, wat ons in die rugby gebruik, rol van dit om my sinker en gooi hoender bloed (weet nie of jy dit nog kry nie) daaroor, trek in die pleister in en vir lank gee dit bloed af. Gewone padda werk vir my baie beter as platanna! Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
suid wes
Full Member
Full Member
Posts: 103
Joined: Thu Jan 06, 2011 10:57 pm

Re: Net klein vis,Hoekom!!!

Post by suid wes »

Dankie gaan hul traai.
BEETER,,,,,BEETHIR,,,,,BEETERHIRDIRSTE
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Net klein vis,Hoekom!!!

Post by jaracal »

Ek het hier in die Oranje rivier nou vir 2 weke baie karpe en babers gesien wat besig is om mekaar te jaag en te "spawn". Geelvisse is ook nou nog besig - al vir meer as 2 maande. Dit kan maklik wees hoekom die grotes nie byt nie.
Sterkte.

Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Vriendin

Re: Net klein vis,Hoekom!!!

Post by Vriendin »

[quote="suid wes"]
Ek wil graag by jul kenners weet.Was onlangs by n dam en net n klomp klientjies gevang,nou en dan n 2kg ma niks grooter.Die dam is so 600 hektaar groot en 70% vuil(groen kan soo  1,5 meeter van kant af in sien)baie riette en klien kirppers volop en soo ook die karpies.Juis daar oor gaan ons nie gereeld darna toe nie.kan dit wees dat die kleiner vis net vinniger is as die grootes.Het met soet reek dips bigin toe laater sterker soos pynappel/almond ens,deegies brood, boylies mielies tot maasmellows maar die kleintjies het bly plaa.n vriend het n week voor ons  10kg en 14kg babbers gevang soo dan moet die groot karpe ook da wees,dam is 40 jaar + oud.vlak of diep geen virskil gewees,ek kan nie virseeker se nie ma dink da sal maar heel wat slik op boodim wees of dink soo.Die dam is naby soo ons het vir 2 weeke lank elkke 2de dag uit gery om die grootes te kry.... vroeg oggend 6uur tot 12uur in nag:'( dink die donn...s het seeker n tieppe rekkie kamp of soo iets da onner!!!.
Wat dink jul.

Is die water moontlik nie te warm nie ....... ek is seker dit affekteer die vis
Post Reply