..........die vet gedrukte deel is waar ek en Ludwig haak! Die kleiner dop het vinniger brandende kruit nodig om die dieselfde gewig koe?l teen dieselfde spoed as die groter dop/kamer te skiet. Dit is(volgens die slimmanne) dan nie raadsaam om kleiner dop met dieselfde kruit as groter dop te skiet met dieselfde koe?l nie, iewers gaan iets op die grond val, of die dop gaan nie meer volume h? vir nog kruit om by die verlangde druk uit te kom nie of andersom. Dit speel seker met akkuraatheid?Arnold wrote:
Taffie, met 'n groter dop teen dieselfde druk behoort jy meer spoed te kry. Die groter dop gaan stadiger brandende dryfmiddel gebruik, die vorm van die druk kurwe gaan verskil (alhoewel maksimum druk konstant kan bly). Die vorm van die druk kurwe (lees area onder die kurwe) is wat die spoed verskil teweeg gaan bring.
Weereens ... appels word nie met appels vergelyk nie en omdat daar so baie verandelikes is is dit ook moeilik om te doen.
Die volgende rede wat ek so hammeragtig is, is die feit dat doppe van verskillende fabrieke(ons gaan die 26ste van hierdie maand sien) nie dieselfde is nie en ook nie dieselfde drukvlakke kan hanteer nie.
Aksies het 'n invloed op spoed as ek na "tripod" luister.
Daar is nie 2 gewere van dieselfde kaliber, kamer en loop dieselfde nie. Verskille moet raaksgesien word en daarvolgens moet gehandel word tydens herlaai.
Fabrieke (veral nie Amerika nie) sal nie naby topdruk kom met hulle fabrieksammo nie, sou ek reken .
O ja, hier is seker 'n paar dinge wat ek noem wat nie onder hierdie hofie hoort nie, maar is hier ter sprake.
Ek dink tog dit is 'n uitstekende topic en baie goeters in die herlaai kan hier uit gestryk word. Regtig!
Mooiloop

