Dag Roep van Jakkalse

Dagroep stories en vrae/ Day Calling stories and questions
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Dag Roep van Jakkalse

Post by WillJak »

Hein/Caller of enige van die ander ouens wat ondervinding het met die dag roepery:

Watter roepe gebruik julle in die dag - vroeg oggend? En is die roep prosedure dieselfde as in die nag? Antwoord die jakkals jou in die dag ook of kom hy net in?

'n Ou hier uit Beaufort-Wes reken hy het baie sukses met die en hy reken die roep wat vir hom goed werk is die "Woodpecker" wat saam met die Foxpro kom. Hy maak so klossie vere in 'n bossie vas, om die jakkals se aandag te trek reken hy, sit die Foxpro in die bossie en roep. Hy reken dit werk goed vir hom. Wat dink julle?
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Dag Roep van Jakkalse

Post by jaracal »

Willjak
Ek begin gewoonlik met 'n prooidier distress, het ook al met 'n jakkalsklank begin. Ek het gevind dat min jakkase my in die oggend antwoord maar wel meer in die middag met die gebruik van die jakkals roep. Hulle kom gewoonlik net in.

Die aandag afleiding is goed, die klank en sigbare dinge werk gewoonlik goed.

Die vorm van roep bly dieselfde. Dagroep bly ek gewoonlik so 40-50min op 'n plek.

Die doel is om so na as moontlik aan die jakkalse se blyplek te roep en gewoonlik is hulle vinnig daar, binne 20min.

Groete
Heinrich
Sorry oor die lank neem van antwoord, was weg vir werkswinkel.
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Dag Roep van Jakkalse

Post by Caller »

Willjak

Hein is reg, die jakkies is geneig om in die laat middag terug te antwoord, maar kom die meeste kere net in sonder om te antwoord.

Die springhaas klanke werk baie goed vir my (jakkies en rooikat). Jy kan ook gewone vlakhaas gebruik. Ek is lief om net so met sonodergangs 'n teef gil of twee te gee en direk daarna 'n streshasie vir 'n kort periode en dan te sjut-up tot dit te donker word om te skiet. Ek het gevind dat die jakkies baiemaal net wag dat die son sak voordat hulle hul opwagting maak, so asof hulle meer moed het in die vroeg skemer. 

Ek het ook al "decoy's" gebruik, maar gevind dat dit nie noodsaaklik is vir sukses nie. Jy moet jou caller hoogerig in 'n bos sit (om beter roep "range"te kry), maar in die bos, onsigbaar vir 'n jakkie. Indien jy een moet gebruik, hou dit klein sodat ta nie mooi kan sien wat dit is nie en nader wil kom (om beter te kan sien my kind).

As jakkie inkom gebruik hy sy o? as eerste sintuig, al van v?r af, en hoe minder hy sien hoe beter (sy ore bevestig mos dat daar 'n prooiding is en hy het die posisie reeds ge "pin point"). Hy soek beweging om te bepaal of dit veilig is om nader te gaan. As hy niks sien beweeg nie ,dink hy daar is nie kompetisie (gevaar) by die prooi nie en kom dan nog nader. Onthou jy het mos seker gemaak dat jou reuk nie naby in sy rigting waai nie. Dus weet hy, hy kan nie op sy reuksin staatmaak nie en daarom gebruik hy nou sig en ook gehoor. Jy moet net nie op hierdie stadium beweeg nie. En maak jou roepklank baie sag of skakel af. Jy wil sy nuuskierrigheid uitbuit.

As hy dus niks sien nie en ook nie kan ruik nie, maar wel hoor die ding skree nog, kom hy sommaar vinnig nader en sal wel probeer om onder die roeper se wind te kom. Maar omdat jy verder windaf sit kan hy jou nie ruik nie.

Gewoonlik vertoef hy nie lank nie, want hy sien dan 1+1 is nie twee nie, so skiet vinnig en raak.

In die dag moet jy wakkerslaap pappa, want soms kom ta nie in nie, hy maak net skiellik sy verskyning. Lees die tekens in die natuur om vir jou 'n aanduiding te gee dat daar 'n roofdier op pad is.

Lekker dagjag

Caller 
 
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Dag Roep van Jakkalse

Post by WillJak »

Baie dankie Hein en Caller, ek gaan verseker probeer en julle raad volg. Soos Tafjak dit opsom - hier by ons is hulle al van bonsai stadium af nukkerig - lyk of die goed met 'n B.Sc gebore word. Caller, wat jy noem van die natuur se tekens - ek het gisteraand juis so gevalletjie gehad - gewoonlik tjir en squeek die kiewiete en dikkoppe mos vir enige ding - soveel so dat ek my nie te veel aan hulle steur nie - kyk maar altyd maar nie met te veel hoop nie. Maar gisteraand was hulle reg. Ek moes noodgedwonge die roeper so 110m reg dwars op die wind sit maar het 'n goeie idee gehad van waar vlekkie sou kom, en staan toe aan die weg kant van sy lyn af. Lig is af en ek kyk anderkant toe, daar waar ek gestop het met die lig, tjir die kiewiete hier so skuins agter my, draai ek met die lig en daar kom ta, reguit op pad roeper toe.

Baie dankie vir julle raad - ek dink ook dit gaan meer algemeen raak omdat die goed nou al so slim is.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Dag Roep van Jakkalse

Post by JACQUES BOTHA »

DR JACKAL
Hein hoe lyk jou sukses tot nou toe in die dag, ek weet dis nou te gou om te praat, mens moet maar eers na n jaar gesels, maar soos die nagstats is die dagstats ook op die tyd van die jaar tot nou toe bedoel ek,, dis van nou af vorentoe dat die syfers gaan sien of dit swaai of nie..
Die ding van dagroep is dat ek minder uitgaan  en ek dink ek moet eers begin gemiddeldes lees as ek hier by die 30 tot 40 keer se dagroep kom vir die jaar..
EK gaan reeds vanmiddag weer my ding doen.
SO gooi maar n comment so nou en dan oor die dagroep , ek sal met caller ook gesels dat ons kyk na reaksie tyd , maaginhoud , geslag wat eerste inkom,,ouderdom ens...
dalk moet ons so checklist opstel.
iets soos
datum, tyd, reaksietyd,klank,geslag, weer,aantal, maaginhoud,ouderom,afstand na roeper, afstand geskiet, afstand wat die jakkals van die roeper geskeit is..(nog iets wat ek mis????)
geseende paastyd...
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Dag Roep van Jakkalse

Post by Yalair »

Ja ek hou die post dop, maar niemand se iets nie ! Laaste 3 middae wat ek uit was 4 geskiet als met haasroep, het nog nie jakkals roep probeer nie, wil nou vroeg oggend na sonop uitgaan en kyk wat gebeur. Ek sit my caller so 100 tree uit na gelang van terrein, een by caller geskiet en ander so 50 tree om caller, probeer eers kyk hoe kom hulle in, maar dan werk die senuwees my sake, as ek nou weer uitgaan sal die kamera opneem en dan kan ek agterna die inkom metode van jakkie bestudeer
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Dag Roep van Jakkalse

Post by jaracal »

Vir my is die vroeg-oggend beter as middag roep. Ek het my stoel juis die naweek by Allen gaan haal. 'n Totale proto tipe. Van Aluminium gemaak en ek sal dit nou redelik gereeld uitneem om te gaan toets. Wil sien of ek dit so kan doen om winsgewend te wees. (bestaan kan maak) My hele redenasie is dat per nag kan jy 6-7 staanplekke maak, maar dit is vrek koud in die winter en ons weet baie keer dat die jakkalse ver kom om te vang. In die dag is die skuilplekke in my area redelik maklik om uit te ken. (rante met bosse of rivier lope). So ek hoop om hulle daar te kry met vooraf werk en 2 oggend roepe en 2 middag roepe.
Ek weet net nie wat die ratio van katte tot jakkalse gaan wees van inroep nie.

Ek sal self begin om data by te hou. Die voordeel van dagroep is verder dat jy die hele maand het en is nie met die maan gepla nie wat weer die aantal roepplekke sal kan opstoot.

Is nogal opgewonde oor die projek.

Groete

Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Dag Roep van Jakkalse

Post by Yalair »

Heinrich
Sit foto op van die stoel asb, en hoe jy dit vind , as jy dink hy werk goed sal ek laat Allen vir my ook bou, die grond is maar net te hard vir 'n lang sit
Dankie
Ben
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Dag Roep van Jakkalse

Post by jaracal »

Ben
Ek sal die stoel se foto opsit en ook my aanbeveelings met die veranderings soos wat die tyd verloop. Sal julle laat weet.

groete

Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Ambessa

Re: Dag Roep van Jakkalse

Post by Ambessa »

Hallo Jaracal

Hou van die dagloper. Oppas net vir sonbrand. Wag vir meer info met tyd.

Ambessa
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Dag Roep van Jakkalse

Post by Dawie »

Die beskikbaarheid van 'n prakties werkbare "dagjagstoel" sal dit vir 'n ou soos ek,  wat meer van tegnologie afhanklik is as rou skiet talent,  die dagskiet ook meer aantreklik maak.  Ek sal die ontwikkeling hiervan opgewonde en kwylend dophou.....
Dawie
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Dag Roep van Jakkalse

Post by Dawie »

Slimkoppe ???
In die moeilikke tyd wat nou aanbreek geld dieselfde roepre?ls virrie dag en raak dit ook moeiliker in die dag om hulle in te kry?
Dawie
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Dag Roep van Jakkalse

Post by JACQUES BOTHA »

dawie:
Ja nommer een is roepplek.
2.wind
3.gebruik meestal net 'kos' en as die son wil sak...jakkals "elsneus" of jakkals alleen..
4.tyd is biki minder, maar die adrenalien maak op daarvoor..
5. NB NB as  kameraman saamvat verkieslik n jakkalsjagter of wakker rakker...anders neem hy af en jy skiet al lankal..en hy soek nog na die blommetjies en die bytjies...
6.daar moet jakkalse wees...of probeem area wees..
Sterkte
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Dag Roep van Jakkalse

Post by Yalair »

Dawie
Ek stem saam met Jacques, net soos jy die terrein in nag opsom, is dit nog belangriker in dag, en is maklik om op te som, dis nou lekker jy het nie lig nodig om rond te kyk nie. Ek hou van naby rante met bos ens te roep, het twee uit rivierloop geroep, het eintlik gehoop op rooikat. Gaan my lank vat om als onder knie te kry met dagroep en ek luister maar wat Heinrich se.

Groete
Ben
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Dag Roep van Jakkalse

Post by Christo »

Hou ons seblief op hoogte. Moet ons nie in die DONKER hou nie, werp 'n bietjie sonlig op die onderwerp.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Dag Roep van Jakkalse

Post by britsman »

Dag Roep Manne,
                      Is daar van julle wat 'n decoy ook gebruik? -soos JIB (Jack in the BOX)
   
    brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Dag Roep van Jakkalse

Post by Yalair »

Britsman
Nog nie probeer nie, lees Caller se post dink dis die 2 een van bo af op bl 1, vir my werk net die klank goed genoeg.
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Dag Roep van Jakkalse

Post by Mac »

britsman wrote: Dag Roep Manne,
                       Is daar van julle wat 'n decoy ook gebruik? -soos JIB (Jack in the BOX)
   
    brits
Ek gebruik n' "Mini supreme extreme" nou al geruime tyd in die dag, sowel as in helder maanlig met heelwat sukses, ek vind dat hulle aandag stip op die decoy bly, en as ek iets dom doen soos ontydig beweeg, kom ek nogal af en toe weg daarmee, al problem is partykeer moet jy nogal vinnig skiet, as hulle besluit het dat dit kos is, word die "afterburners" aangesteek. gewoonlik die jonges.

Graham
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Dag Roep van Jakkalse

Post by britsman »

Hallo Yalair /Mac21,
      Dankie Yalair - ek het nie daaie pos gesien nie. My bietjie ondervinding met JIB is dat die kraaie kwaai regeer op die decoy.Jy kan nie glo hou vinnig sien hulle dit.Hulle "dive bomb" dit en maak 'n moerse lawaai.
Ek het al baie gesien dat Jakkie en kraaie saamloop.Jakkie gebruik hulle as sy recce's en die kraaie gebruik jakkie as hulle vang man.
Mac - welkom op die forum.Vertel ons nog ietsie van die "supreme "ding? en hoe skiet jy in die helder maanlig?
        groete
                    brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Dag Roep van Jakkalse

Post by Mac »

Britsman,

Dankie vir die welkom, die decoy het n "random rotary movement" en werk nogal goed. Al nadeel is daar is geen afstand beheer nie. Kyk maar by[url=http://http;//www.decoyheart.com]http;//www.decoyheart.com[/url]

Helder maanlig skiet is maar soos vir donker maan, maar persoonlik reken ek die decoy hou die aandag van my bakkie af, ek het al n paar taamlikke lig sku langneuse so gekry. n Mens moet maar creative raak as jy vrot skiet.

Moet se ek het nog nooit kraai probleme gehad nie

Graham
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Dag Roep van Jakkalse

Post by Dawie »

Graham
Die Foxpro's het 'n AUX remote knoppie en jack kan 'n ou nie iets prakseer soos 'n "interupter switch" op die funksie vir daai decoyheart vir aan en afskakel.  Die ding lyk soos 'n cartoon bom,  kort net lont.
Dawie
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Dag Roep van Jakkalse

Post by Dawie »

As jy klaar 'n FOXPRO FX3 of XR6 het kan ou die outjie se TX-5LR remote gebruik vir Jack in the box

Check en lees.....

http://www.basspro.com/webapp/wcs/stores/servlet/CFPage?storeId=10151&catalogId=10001&langId=-1&&mode=article&objectID=31130&cat=Gear&cm_sp=ProductReviews-_-OL_03_06_07-_-31130
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Dag Roep van Jakkalse

Post by Mac »

Hi Dawie,

Dankie vir die raad en voorstel, ongelikkig gebruik ek Tewis se sisteem, so dit sal nie werk nie. Ek het al n' remote interrupter probeer, maar hy raas op die speaker. Omdat hierdie sisteem op n' pols aktifeer, kan ek nie n' relay gebruik nie, maar ons is besig om n VOX activation te probeer bou, sal jou op hoogte hou,  finale oplossing sal n' hard wire remote wees. Ek moet erken dat dit my nie veel pla dat hy permanent aan is nie, batterye hou sowat 50 uur, en daar was nog net n' paar keer dat ek sou hom wou afsit

Graham
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Dag Roep van Jakkalse

Post by britsman »

Dawie / mac en almal,
                  Hier is 'n foto van Fox Pro's JIB (jack in box) vir die wat nie weet hoe lyk dit nie.
                                  Image
  brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Dag Roep van Jakkalse

Post by Dawie »

Britsman
Kry 'n ou 'n draadjie by wat innie foxpro se aux gaaitjie ingaan of kan hy los van die foxpro werk net met die remote?

En nou wil ek ook een h? :P
Dawie
Post Reply