Roep in die dag

Dagroep stories en vrae/ Day Calling stories and questions
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Roep in die dag

Post by Dawie »

Rednat

Die hoofbestandeel het gekort by my vorige dagjag naamlik die jakkals(e).  Anyway ek het nognie na daai poste oor die "kraai geluid proef" weer kans gekry nie.  Gebrek aan huiswerk(spore soek), Gebrek aan jagmaatjies wat naweke na hulle kinders en vrouens se behoeftes moet omsien,  want ek boer voltyds in die week en natuurlik die laaste paar naweke verpligtinge en 'n vertrapping van vreters(gaste/vriende en familie) wat dink ek soek geselskap. 

Maar ek sal jou met liefde laat weet

Dawie

Ps.  Gaan een van die dae vir 'n outfitter buddy kuier op wildplaas in die Kalahari om hom te leer hoe om die goedjies te jag,  ek sal die dagroep ook daar probeer....glo vrot vannie jakkies ;D
dan

Re: Roep in die dag

Post by dan »

Dagse manne dit is Dan hier.
Kan julle vir my asb verduidelik die virskullende jakkals klanke.Watter klanke is agresief en watter klanke is sosial.Waneer moet mens met watter klanke antwoord as jakkalse skree.ek wil self in die dag probeer roep maar wil eers die roepe mooi verstaan.
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Roep in die dag

Post by britsman »

Cois,
        Mooi gedoen..... Waar in die land is die jakkies geskiet. Ek moet se daarie groen gras in die foto maak my jaloers.

Dawie/Rednat en almal,
        Hierby ons as jy jakkies of r/katte in die vroeg oggend soek dan kyk jy eers waar die kraaie is (hulle begin rondvlieg met die eerste lig).Waar hulle sit kan jy maar weet iets is gevang.Waar hulle soo "dive bomb" kan jy kyk vir vleisvreters. Hulle volg jakkie met die hoop hy gaan iets vang en jakkie weet waar daar kraaie is, daar is miskien iets om te eet.
      Ons katsand R/kat word elke dag ge- bomb deur die kraaie as sy buite is in haar hok. Sy maak haar das /haas heeltemal toe met gras sodat niks dit nie kan sien nie.
      As jy 'n kraai klank speel met die FX, binne 5 min is daar 'n klomp kraaie wat kom kyk wat aan gaan. As jy JIB decoy ook uit sit dan gaan hulle heetemal mal. So ek dink dit sal baie goed werk om kraai klanke gebruik want daan sal jakkie baie nuuskierig wees om te sien wat die lewaai is, en soo hooplik is sy aandag meer op die kraaie as op die gevaar.
      'n Paar jaar gelede het ek gesien hoe 'n kraai wat op 'n draadpaal sit, bosluise uit 'n bees se ore uit haal. As die kraai die een oor skoon gemaak , dan draai die bees om, sodat die ander oor naby genoeg is vir die kraai. As ek die toneel op video gehad, sal ek seker 'n goeie kans het om die Toy bakkie op 50/50 te wen.
     
        groete,
                  brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
Cois
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Thu Feb 05, 2009 11:26 am

Re: Roep in die dag

Post by Cois »

Britsman

Het hulle in april in Bethulie se wereld geskiet. Sal self nie omgee om nou groen gras te he nie, my ooie lam en die wereld lyk maar rof.

Cois
Al jakkals wat nie skaap vang nie is n dooie jakkals
User avatar
katjak
Full Member
Full Member
Posts: 246
Joined: Sat Jan 31, 2009 8:07 pm

Re: Roep in die dag

Post by katjak »

Cois.      Mooi man. dit wil nou gedoen wees. hou so aan . Ek sal een van die dae by jou kom draai. Groete Japie
A genious is someone who shoots at something no one else can see, and hits it.
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Roep in die dag

Post by Ja3 »

Hello Cois

Aangename kennis.
Dis nogal waarneembaar met die twee se tonge wat so lekker uithang.

Ja3
Cois wrote: ... Het nogal lekke vinnig ingekom ook.
Post Reply