Vlakvark Spit
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Vlakvark Spit
Ek is lus om hier oor die fees tyd n jong varkie op die spit te sit nou kort ek net n reseppie.
Wat stel die manne wat kosmaak ken voor.

"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: Vlakvark Spit
Hallo Blok
Ek weet nie hoe om 'n link te soek en op te sit nie, maar tik in by die search funskie "lammetjie" ek het daar 'n resep vir 'n skaaplam geplaas.
Vir die vark sal ek bietjie gemmer by-sit, so 3 eetlepels.
Hoop dit help.
Groetnis
Douw

LIFE IS TRUELY GENEROUS TO THOSE WHO PURSUE THEIR DESTINY
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Vlakvark Spit
Dankie sal hom soek
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: Vlakvark Spit
Ek sien dit is by "skaap spit braai"
Groetnis
Groetnis
LIFE IS TRUELY GENEROUS TO THOSE WHO PURSUE THEIR DESTINY
-
bullseye
Re: Vlakvark Spit
More Blok
Ek weet nou nie van n vlakvark nie maar n gewone vark gebruik ek net growwe sout die vorige aand. Dan tydens die braai gebruik ek net Fondor ek dink n mens kry nie meer fondor nie maar ek glo aromat sal ook goed werk en dan gebruik ek appeltizer skud hom goed maak klein gaatjie en spuit oor vark kort kort.Baie, baie lekker.
Groetnis
Ben.

Last edited by bullseye on Mon Dec 19, 2011 10:09 am, edited 1 time in total.
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Vlakvark Spit
Manne ek luister al die raad. Daai skapie van jou gekry Douw, het ook al gehoor van die appelsap op n varkie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Vlakvark Spit
Blok
Hierdie ou het 'n lekker resep. My neef het 'n soortgelyke een probeer en dit was baie lekker.
http://www.4x4community.co.za/forum/arc ... 12661.html
Dit gee darem 'n goeie idee hoedat jy die vark moet aanvat...
Mooiloop!
Hein

Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Vlakvark Spit
Magtag Hein, hierdie een lyk nogal of hy bitter lekker kan werk, my mond water sommer al klaar.
Eerstens kry vir jou 'n lekker groot inspuiting spuit ( so groot jy kan).
Kry dan vir jou so twee, drie van daai dun harde swart pypies wat mens gebruik met sommige mikro besproeings en sny die een punt skuins af sodat dit 'n lekker skerp punt het. Jy sal sien dat die pypie lekker op die spuit se punt pas.
Kry nou bunddraad, tang, foellie en fris mes of kapbyltjie.
Kap die vark se borsbeen oop in die middel, breek die bors oop.
Plaas die vark op die spit se dwarspaal en spalk hom oop en maak vas, pote en tenminste drie plekke om die rugstring/dwars paal.
Span bors gedeelte oop en maak vas op 'n manier om dit so te hou.
Vat nou die foellie en draai met die blink kant na binne om die bors gedeelte. Foellie moet nie te styf wees nie. Vat nou die bind draad en sny +_ 5cm stukkies (klomp) en buig hulle in U vorms met langerige punte. Steek hulle soos kramietjies deur die foelie in die vleis om die foellie orals vas te hou teen die vleis terwyl dit op die spit gaan wees. Gebruik maar 'n klomp, dit help baie.
Die sous:
So 8/10 2lt lemon twist.
3 bottels chutney (fun, nie stukkies in he nie)
2 bottels tamatie sous
swart pepper
sout
gemengde speserye
2 bottels Woschester sous
2 bottels olie
enige kruie waarvan jy hou
Uie sout
Knoffel poeier.
Meng alles in 'n lekker groot pot emmer.
Stop die vark met stukkies spek en heel knoffel huisies.
Vat die spuit, vol en spuit die vark in met die sous. Spuit hom maar goed in orals.
Berei nou die vark met die foellie voor soos bo en plaas op die spit.
Vat nou 2/3 van die lee 2lt bottels se proppe en maak gaatjies daarin. (moet so groot wees sodat jy so vyf daarin kry)
Vul die bottels met van die sous, draai die prop terug, skud en spuit dan van die sous oor die hele vark soos hy draai op die spit.
Onthou om matige kole te behou die hele tyd.
Spuit die vark so elke dan en wan in met die spuit sommer so deur die foellie, die selfde met die bottels oor die vark.
Braai vir omtrent 4ure dan behoort hy naby aan reg te wees( toets maar)
So 1/2uur voordat jy beplan om af te haal, verwyder foelie en spuit weer in. Trek ook sommer al die U draadtjies uit. Braai nou die bors/borug deel lekker bruin.
Haal af, sny op en geniet!!!!!!!!!
(hou net 'n lekker groot/lang skinkbord of opvou staal tafel byderhand om onder in te druk af jy die drade wat dit op die spit hou , afknip. Hy kan so sag wees dat hy sommer van die spit afval!)

Ja, die vark se vleis is maar droog, so daar word baie moeite gedoen om dit sappig te kry - en te hou.
Laat weet hoe jou spit was!
Mooiloop!
Hein
Ja, die vark se vleis is maar droog, so daar word baie moeite gedoen om dit sappig te kry - en te hou.
Laat weet hoe jou spit was!
Mooiloop!
Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Vlakvark Spit
Sal virseker terugvoering gee. Reken ook mens sal sommer baie spek moet insit soos jy se vir daai droogheid
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
- Nuweseun
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm
Re: Vlakvark Spit
Blok, daai resep lyk dam blerrie gaaf!! Ek stem oor die spek en dan baie gereeld spuit/verf met die sous.
Julle gaan verseker smul aan daai variekie!!
Laat ons asb weet hoe hy uitkom.

Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
-
Fanie
Re: Vlakvark Spit
Nou wel nie 'n resep nie maar so 'n vlakvark spit storietjie.
My een pel kuier hier by my en jy weet mos hoe maklik kom ouens se skandes uit. Hy se hulle gaan jag en hy maak sy rug seer, hy kan nie loop nie. Hy bly toe maar die eerste drie dae op afgedeelde diens maar dit word nie beter nie. Uiteinde was hulle sit hom toe maar met die geweer in 'n 'hide' (wat's die Afrikaans ?) op 'n gemaklike stoel om nou maar so sy beurt te kry.
Lang storie kort, hy skiet toe 'n varkie vir spit braai, baie opgewonde en terug by die huis gaan sien hy die dokter - die vark braai storie is 'n groot aangeleentheid daars klomp mense wat kom. Dit moet reg wees en sy rug kan hom nie laat staan nie. Dr se nee dis reg hy gaan geen pyn he nie. Kry sy klomp inspuitings en pille, baie tevrede die geleentheid gaan 'n groot sukses wees.
Dag of wat later vra hy vir sy vrou wanneer is die spitbraai nou weer ?
Sy vrou se nee, dit was al drie dae terug gewees !
Blykbaar was hy daar en het saam gebraai en alles, maar kon niks daarvan onthou nie. Dalk was sy rug toe ook nog seer boonop, hy kon dit net nie onthou nie ;-)

- Die Skim
- Newbie

- Posts: 22
- Joined: Mon May 14, 2012 10:59 am
Re: Vlakvark Spit
As ek mag vra Blok, het jy toe 'n varkie gespit? Hoe het hy gesmaak? Ek wil self nog een van die dae een op die spit sit. Maar die een wat ek so 2 naweke terug geskiet het was te groot, ek wil 'n kleinerige een spit.
Pat