help met foxpro asseblief

Post Reply
bullseye

help met foxpro asseblief

Post by bullseye »

More manne

Ek sukkel my gat af om vanaf roeper klanke oor te dra na remote. Weet nie of remote foutief is nie het dit in verlede maklik reg gekry.Het iemand dalk raad vir my? die foxpro model is scorpion met n tx200 remote.

Groetnis
Ben.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: help met foxpro asseblief

Post by Francois Marais »

Ben

Search bietjie, daar was al baie posts waar dieselle probleme oor en oor bespreek is, hier is n paar tips anyway......

1. Maak seker jou kaartjie is FAT 32 geformat voor jy klanke opsit.....
2. Maak seker jou klanke is genommer van 000, 001, 002, 003, ens.......
3. Daar moet n spasie tussen jou no en jou klank naam wees........bv. 003 Lightning Jack

Vertel bietjie meer wat presies die remote/roeper doen as jy klanke wil transfer, as die remote in die transfer stadium fries en jy die battery moet uithaal om hom te reset, kyk gerus na bogenoemde tips....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
bullseye

Re: help met foxpro asseblief

Post by bullseye »

FRANCOIS
Baie dankie vir terugvoering ek het al daai posts gelees en al daai goete gedoen maar remote bly hardegat. Ek gaan nou gou n nuwe memory kaartjie koop.

groetnis
Ben.
bullseye

Re: help met foxpro asseblief

Post by bullseye »

Manne die remote van my foxpro is besig om te tender vir n teiken, hy wil nie sy samewerking gee nie.
ek het die memory kaart se files gelees op pc en alles is presies daar soos dit moet wees. As ek die press send knoppie druk wil daar niks gebeur nie. Ek het Safari&outdoor geskakel hulle wil ook nie of kan nie n remote vir my bestel nie. het iemand raad wat my met so iets sal kan help?

groete
Ben.
bullseye

Re: help met foxpro asseblief

Post by bullseye »

Manne ek het die fout gekry, die remote se send knop het 2 punte gehad wat baie ligies kontak gemaak het,met ander woorde as mens ry dan vibreer die punte liggies en dit maak dat remote werk en nie werk nie. Hetdie 2 punte gesoldeer en alles werk weer normaal.

Groetnis
Ben.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: help met foxpro asseblief

Post by Kalahari »

Ben

Mooi man, bly jou roeper werk weer. Rol die honde!

Kalahari
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: help met foxpro asseblief

Post by theedge »

So leer ons almal elke dag iets nuut
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
Post Reply