Watter wild om mee te begin

Post Reply
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1218
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Watter wild om mee te begin

Post by Sako75 »

Manne,

Ek wil bietjie advies hoor.  Ons het piepklein wildsplasie (80ha) in die Oos Kaap valleibosveld waarop my pa bietjie wild wil sit om die plek interesssanter te maak.  Ons wil egter nie 'n belegging maak en alles oornag aan ongediertes afstaan nie (spaarvarkie net vol genoeg vir een keer).  Is daar moontlik enige advies rondom watter tipe wild ons kan oorweeg wat 'n beter kans staan om te vestig en ten spyte van die ongedierte (2 en 4 been jakkalse en rooikatte) druk aan te teel nie?

Buiten 'n stewige 17 draad wildsheining wat ons reeds het kyk ons ook na sif of elektriese draadjie om plek te beveilig om ietsie uit die plekkie te maak.

Enige idees?
Last edited by Sako75 on Sat Dec 10, 2011 5:23 pm, edited 1 time in total.
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: Watter wild om mee te begin

Post by Francois Briedenhann »

Koop eers blesbokke hulle teel lekker!!!
User avatar
Theo E
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 333
Joined: Thu Feb 18, 2010 7:44 pm

Re: Watter wild om mee te begin

Post by Theo E »

sako
try blesbuck most common on small holdings

groete
theo
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Watter wild om mee te begin

Post by JK »

Word ook die maklikste gevang, afhangend wat se goede loop daar rond
Johan Kriel
Okahandja
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: Watter wild om mee te begin

Post by Francois Briedenhann »

Hulle word dalk maklik gevang maar hulle teel soos jakkels!!!

Groete FB
Triple2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 352
Joined: Wed Sep 22, 2010 6:03 pm

Re: Watter wild om mee te begin

Post by Triple2 »

Vind maar eers uit by julle bure watter wild doen goed daar rond. Blesbokke doen baie goed as daar baie gras is. Ek weet in Grahamstad area doen Impalas en Blouwildebees goed a.g.v digte bosse. Die  Bosbokke kom seker natuurlik voor? Vlakvarke vat ook oor in daai areas op oomblik.
Groete
D
Devan Lötter
.22 LR Winchester; .222 Rem Sako; .45 ACP Norinco; 12 Br Remington 11-87; .308 Win Howa
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1218
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: Watter wild om mee te begin

Post by Sako75 »

Dankie vir die advies so ver manne.

Die bure is besig met Nyala's, swartwitpense, en mik-mik vir buffels ens.  Ek het nie op die oomblik die "ammo" vir die super duur goed nie hoewel die plaas reeds daarvoor ingerig is. Het gedink dalk kan mens na 10 bontebokke kyk en dan 20 rooibokke of 10 nyala's?
Last edited by Sako75 on Sun Dec 11, 2011 12:58 pm, edited 1 time in total.
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
User avatar
Coenie (Swift)
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Tue Sep 14, 2010 11:05 am

Re: Watter wild om mee te begin

Post by Coenie (Swift) »

Sako,

Jou plan klink reg, julle moet besluit is dit vir jag of teel? Ek glo vir die grote van die grond dat dit teel sal wees.

Indien teel gaan vir eksotiese bokke ipv rooibokke en blesbokke kyk na hul variteite, (swart ens ipv blesbok kyk na rooi blesbok so 4000 - 6500 per bok as jy hom kan kry.) Hulle eet dieselfde kosse maar baie meer waarde. Nou ja dis wat ek met jou geld sou gemaak het ;D ;D

Sterkte met besluite
.22 , 223 Vektor H5, 270 Savage Mod III FXP3, 12 Boor Mossberg, 9mm Vektor SP1 Sport
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Watter wild om mee te begin

Post by BLOK »

Sako

Hierdie is n baie ingewikkelder vraag as wat jy besef.

Eerstens sal jy moet kyk na die tipes plantegroei wat voorkom alle wild eet nie die selfde nie so kan jy bv blesbokke en rooibokke saamvoeg want hulle kompeteer nie direk met mekaar nie. As jy eers n behoorlike veld ondleding gedoen het van watter tipes gras en bos kan jy gaan kyk na watter diere geskik is vir die plaas.

Omdat julle gaan toespan met sif, wat ek dink beter is vir "wilde" ongediertes as elek. sal hulle nie so groot rol speel nie aangesien beheer op 80ha baie maklik behoort te wees. Verder sal julle dan moet besluit wat julle doel is met die wild net vir die oog is dit nie nodig om duur eksotiese wild aan te hou nie, As julle wil teel om geld te maak ander storie weer eens.


Sterkte met die besluit en laat weet maar wat julle besluit was.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Watter wild om mee te begin

Post by Gerhard »

Sako75 wrote: Dankie vir die advies so ver manne.

Die bure is besig met Nyala's, swartwitpense, en mik-mik vir buffels ens.  Ek het nie op die oomblik die "ammo" vir die super duur goed nie hoewel die plaas reeds daarvoor ingerig is. Het gedink dalk kan mens na 10 bontebokke kyk en dan 20 rooibokke of 10 nyala's?
80 HA is piep klein soos jy s?.

Soos Blok reeds ges? het moet jy eers bepaal wat se plant spesies jy op die stuk veld het.

Dan moet jy drae kapasiteit van die spesies bepaal.

Slegs dan kan jy begin n idee kry aan wat se tipe wild en getalle jy gaan sit op die stukkie grond.

Gaan jy elke dag voer of nie?
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1218
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: Watter wild om mee te begin

Post by Sako75 »

Manne,

Dankie vir die bydraes.

Die plasie is so 50 ha soet bosveld en 30 ha aangeplante weidings.  Die dra kapasiteit is so 25 - 30 GVE.

Die idee sal wees om goed op te sit vir bietjie teel om kostes te herwin om die plek selfonderhoudend te kry en nie net vir die oog nie.  Om met 10 SWP weg te spring sou lekker wees maar ek gaan op laer vlak moet begin as dit.  Dit maak sin om effens hoer waarde goed aan te hou soos bv bontebokke vs blesbokke..... (of dan wit blesbokke eerder as gewones).  Swart rooibokke eerder is gewones?
Last edited by Sako75 on Mon Dec 12, 2011 10:44 am, edited 1 time in total.
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Watter wild om mee te begin

Post by Gerhard »

Swart rooibokke is baie duur.

Ramme gaan nou vir R150 - R200K

Ooie gaan vir R130 - R150K laaste pryse wat ek gesien het.

Dan is die goed ook redelik pieperig...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Triple2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 352
Joined: Wed Sep 22, 2010 6:03 pm

Re: Watter wild om mee te begin

Post by Triple2 »

Bontebokke het sy eie probleme met natuur bewaring. Daar is permitte en registrasies (=kostes)  betrokke, en jy kan ook geen ander blesbokke oooit saam aanhou nie.
Devan Lötter
.22 LR Winchester; .222 Rem Sako; .45 ACP Norinco; 12 Br Remington 11-87; .308 Win Howa
Post Reply