Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek sien nie iemand wil 'n post maak oor handwapens nie. ek sal nou maar voor op die wa wees.
Watter hand wapen sal/wil jy dra vir selfverdediging? Ek het 'n Colt 45ACP gedra vir 7 jaar en toe oorgeskakel na 'n Glock 22 in .40S&W. Die lekker is dat die Glock met 15 rontes in nogsteeds 180g ligter as my Colt is met net 8 rontes in! Meeste van my vrinne se ek is iet wat paranoid om my pistool dag in en dag uit te dra, maar ek is baie vieligheids bewus.
Ek dra selfs my Glock as ek gaan jag en jakkalse skiet. Mens weet nooit wanneer bespring een van daai mensvreeter jakkalse jou nie!
Mountainman
Dit is nogal 'n moeilike sakie. Ek was so 23 jaar terug in die SAP en het heeltyd 'n 9mm gedra, het nou nog een. Ek verkies ook die 40s&W maar dra selde of ooit my pistool. Die platteland bederf 'n mens eintlik. Ek het al begin wonder of die pistool nie 'n mens 'n vals sin vir sekuriteit gee nie, maar in vandag se dae moet mens parraat wees. Ek dink wynig mense op die platteland is egter so ingestel.
Hein,
Dit wat jy daar se is die waarheid. Wanner ek op ons familie plaas is bo in die Waterberge val my paraatheid ook heeltemal, maar hier in die stad is 'n ander storie.
Caller
Ons leef nie van die swaard nie,verkragter,robbers,bendes en teros leef van die swaard en kom daagliks daarvan om.
Ons is eerbare mense wat geen keuse het as om jou swaard saam te dra en met dit langs jou bed te slaap nie.
Die "mense" hierrond weet daai man het n swaard en hy kan dit behoorlik gebruik.
johan...QBE
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
Ek dink Johan het dit goed gestel - maar Hein het ook 'n punt oor vals sekuriteit - en op meer as een manier. Een van die goed wat mens nie moet vergeet nie is dat handwapens oor die algemeen (ek praat nou nie van .44 Mag, .454 Casull en die nuwe .50's nie) maar nie baie effektief is nie - hulle is "underpowered" soos die Engelse dit noem.
Ek kry so nou en dan gevalle studies uit Amerika van vriende in die polisie daar en uit 'n onlangse een het een van hulle manne 'n ou 22 keer met 'n .40 S&W Glock geskiet - en 17 van daardie skote was in die sentrale massa van sy lyf. Die laaste skoot het hom hoog in die rug getref toe hy probeer wegjaag - en hy het nog 4 minute gelewe na die laaste skoot. Die polisie man is self 'n paar keer raak geskiet in die proses, maar het herstel.
Ek plaas 'n kort aanhaling uit die stuk:
"Soulis stopped and fired two rounds through the back window. The first missed, but the second hit Palmer in the upper back, driving his head forward into the steering wheel. That seemed to have done the trick, but then Palmer sat up again, dropped the transmission into reverse, and started backing up. With no time to ponder how Palmer had absorbed so many hits, Soulis took aim and emptied the magazine into his assailant.
Palmer rolled over to his right and dropped the gear shift lever into drive, causing the car to lunge forward into a chainlink fence a few feet away, where it came to a stop. After watching Palmer long enough to make sure he didn't get up again, Soulis called for backup and waited for help to arrive.
The Aftermath
Remarkably, Palmer had taken 22 hits from Soulis' .40-caliber Glock, 17 of which had hit center mass. Despite the fact that the weapon had been loaded with Ranger SXTs?considered by many to be one of the best man-stoppers available?Palmer lived for more than four minutes after the last shot was fired. His autopsy revealed nothing more than a small amount of alcohol in his bloodstream. Although Soulis could not have known it, Palmer was wanted for murder in a neighboring state.
Soulis made a full recovery and returned to work less than a month later. He has since retired, and now works for a national railroad as its principle special agent for counterterrorism. He also serves as an adjunct instructor for KFD Training & Consultation and Policecombat.com, which provide cutting edge training for police officers in advanced close quarters combative tactics and officer survival skills."
Laat my dink aan die storie van die ou Sherrif wat by 'n partytjie opgedaag het met sy .45 aan sy sy. Toe vra die gasvrou hom: "You expecting trouble here Sherriff?" Sy antwoord: "No Ma'am, if I was expecting trouble I'd have brought me a long gun..."
Vir die manne op die plase, ek dink mens gaan moet soek vir 'n lekkerder roer vir huisbeskerming as 'n lever action in .44 Mag of 30-30...
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
Wiljak,
Dit wat jy se is baie waar, alhoewel baie manne met jou gaan stry.
Persoon lik dink ek die lever action gaan ook so effe under powerd wees vir huis verdediging. My persoonlike opsie vir huis verdediging is 'n Remengton 870 pomp aksie gelaai met trip A's of BB's.
Jy het genoeg firepower om daai moeilikheid maker van jou lyf af te skiet en af te hou.
Het ook eens op 'n plaas gebly en toe ook 'n leweraksietjie in .357 magnum aangehou saam met 'n rewolwer in .357 magnum. Het die .357 (te groot en swaar, kannie op lyf wegsteek nie) vervang met stainless .38 spec. snubbie.
Ja ek weet daar is beter kalibers en handwapens, maar jy sal nie weet as ek hom (.38) by my het nie en vir my bly dit maar soos Major Boddicker altyd s?; "keep it simple stuped".
Die cowboy geweertjie (.357 m) is nog in my besit en ek sal nie maklik van hom ontslae raak nie. Het ook 'n .22 leweraksietjie. Lekker geweertjie, maar aai hy vreet die patrone maar vinnig, so lekker skiet hy.
Ek het 'n 9mm wat saans saam met my in die bed slaap. Hy is egter te swaar om heeldag saam te dra op die plaas en ek weet eendag gaan ek hom nodig kry en dan is hy in die kluis.
Ek het ook 'n 9mm wat te swaar is om saam te dra maar so paar jaar gelede breek hulle 3 keer deur die nag, in ? 2 maande, by die plaaswinkel met alarm en al in. Worry nie eens of hy afgaan of nie. Die laaste keer kom ek al skietende uit die huis gehardloop (darem tussen die vrugtekratte in) tot by die winkel. Ek het niemand gevang of gekry nie maar dit was die laaste keer dat daar ingebreek is. Die boodskap het seker gehelp.
Ek dink as hulle weet bly hulle weg.
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Iemand s? gister vir my dat in 'n situasie waar iemand op jou skiet die size kaliber net 10% rol speel en die feit dat jy terugskiet 90% rol speel. Ek wil saamstem. Persoonlik hou ek nie daarvan dat iemand op my skiet nie en is ek seker dat as jy terugskiet die aanvaller dieselfde gevoel gou gaan ontwikkel.
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Die handwapen of wapen wat vir jou gaan werk is die een wat op daai stadium van die wedstryd naby of in jou hand is.
Ons is geneig om die handwapen die minste te skiet en vertroud mee te raak.
Ek het n 6" 357 Taurus rewolwer wat gereeld aan my sy is as ek ouens vat vir blesbokke, in die aand jakkalse skiet of saam met Porcus agter die bosvarke aanloop. Hy pla my partykeer baie omdat hy so lomp is maar ek voel darrem baie gerus as hy saamloop. Ses is beter as niks en as ses nie die moeilikheid uitsort nie weet ek nie.
Ek ken oom op plaas naby Bronkhorstspruit wat plaas aanval oorleef het deur terug te skiet met een van daai klein 22 Mag revolwertjies wat jy opvou en in jou broek sak dra...
Ek het ook n rollie wat ek altyd by my dra. Meeste mense is geneig om te dink dat wanneer daar gepraat word van selfverdediging, dit noodwendig beskerming teen ander mense is. Alhoewel dit die meeste van die tyd wel so is, is daar tog uitsonderings. Ek is gelukkig om op n plaas te werk waar ape, bojane en bosvarke in GROOT getalle voorkom. Die rollie het al menigde advokadopeer se velle gered van hongerigge geel bojaan tande.
Wanneer ek in die aand agter die modderbokke aan is, is die rollie ook by. Ek het een aand n jong soggie in die bakkie se ligte oor die pad sien draf en op " Auto-pilot " gegaan met die rollie en al. Alles gebeur natuurlik in sekondes, maar toe ek weer tot verhaal kom het ek klaar 3 x 300gr koelle agter die vark aan
gestuur, waarvan 2 noodlottige wonde veroorsaak het. Dit gebeur seker maar as jy al in die omgewing van 15 000 rondtes met jou rollie geskiet het.
Selfs al loop ek met my .375 is die rollie steeds daar ingeval die lang roer se slagpen dalk breek of daar breek dalk n dop in die kamer af, en n vark kan hard byt.
"RATHER HAVE A GUN AND NOT NEED IT, THAN TO NEED A GUN AND NOT HAVE IT"
Wat hierbo staan het ek iewers gelees en is nie my eie woorde nie.
Ek wil nie eendag met verwyte loop as ek by die plaas se hek ingewag word en my rollie le 30m verder in die kluis nie.
Mooi bly
Sallie
Ek het so `n tydjie terug vir my `n Astra .357 magnum rewolwer gekoop vir R300, groot winskoop natuurlik! Glo darm hy sal die joppie doen vir self verdediging! Jou groot voordeel is natuurlik dat jy .38 special patrone ook kan skiet, wat goedkoper is vir teiken skiet ens. Omdat jy so `n wapen maar min gebruik, dink ek dat `n rewolwer `n makliker hanteerbare wapen is as `n pistool. Die spesifieke een wat ek gekoop het is "double action" so jy gooi net as die "mis die fan" slaan!
Rudi,
daai rewolwers skiet mooi.
Jy moet nooit n rewolwer onderskat nie, as die drywer sy kant bring kan mens daai rol baaaie vinnig leegmaak.
Ek skiet op die baan omtrent net 38 rondtes, ek dink my lading is 4,0gr MP200 agter n 148WC. Dis so plat punt -lyk selfde aan weers kante en mens laai hom omtrent gelyk met die doppie voor. Terugskop is bitter min en hulle groepeer mooi. Ek het nogal heelwat rondgepeel met die 357, skree maar as jy laai data soek.
ek dra n colt .45 acp elke dag van my lewe en ja hy is swaar, maar as jy n gooie holster het dan maak dit dinge baie makliker, ek dra my colt in n FOBUS holster.
bsa .303
parker hale 30 06
colt .45
webley scott 7.65
aya 16 guage
anschutz .22 hornet
Caller wrote:
Ons GROOT LEERMEESTER het eenmaal vir sy dessipel Petrus ges? " Hy wat van die swaard leef, sal van die swaard omkom".
Swaard was mos maar dardie tyd se handwapen.
Wees versigtig manne.
Caller
Dit klink vreeslik mooi en geestelik as jy dit so s?, maar ek glo vas ons het 'n verpligting teenoor ons geliefdes om hulle te beskerm! Ons Groot Leermeester, Jesus het ook gese:
Luk 22:36 Toe s? Hy vir hulle: Maar nou, wie ?n beurs het, laat hom dit neem en so ook die reissak; en wie dit nie het nie, moet sy kleed verkoop en ?n swaard koop!!!
Ons leef dus nie van die swaard, ons beskerm onsself teen hulle wat van die swaard leef!
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson