Jagveld Flaters!!

JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Jagveld Flaters!!

Post by JK »

Verdwaal op ons eie plaas een nag, eers die volgende oggend toe dit begin lig word rigting gekry.

Ek was nog op skool en n vriend van die ou kerel het kom jag. Laat namiddag skiet hy toe n koedoe en ek die ou moet toe die koedoe gaan haal, met die F250 Ford.  Daargekom, opgelaai, maar toe is dit al donker.  Ek beduie hoe hy moet ry maar as hy om  n bos moes ry ry hy aanmekaaar in daai rigting. Mopanie wereld. Hy hou nie die rigting nie. Toe ons oor ons eie spore ry merk ek onraad en stop hom.  Dit was stikdonker en kon veel uitmaak nie. Ek het weer probeer beduie maar hy bly ry al in die rondte, Hy het toe later besef dit help nie en toe gestop, ons het toe maar toe gewag totdat begin lig word. Met sy al in die rondte geryery  het ek ook rigting verloor.
Johan Kriel
Okahandja
User avatar
Superdup
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Tue Jul 13, 2010 9:01 am

Re: Jagveld Flaters!!

Post by Superdup »

My storie:

Ons was so paar jaar gelede op ons jaarlikse Koedoe jag in die Jansenville distrik.
Elke jaar ruil ons sit plekke onder mekaar uit wanneer daar voor gesit word.

Ek word tweede afgelaai gevolg deur nog een man na my en die volgende man, oom Johan, het hierdie jaar die plek gekry by die baken.

Ek was in 'n "windpomp" toring, so ek kon die storie lekker bekyk het. Na so halfuur se wag en dop hou het ek besluit om bietjie te loer en kyk wat die ander manne maak, my swaer is effens geneig om aan die slaap te raak op die snaakste plekke.

Na so geloer in die verte gewaar ek dat daar niemand by die baken is nie, waar is oom Johan dan?! :o

So paar oomblike later hoor ek die aanjaers se geluide in die verte en toe hoor ek "Daar kom hy" so vaag weg.

Ek het daardie oomblik net my kop weer terug gedraai en gesien dat daar niks naby my verby kom nie en toe sien ek weer ewe skielik oom Johan by die baken staan, hy l? aan en da klap die skoot, toe ek bietjie fyner kyk, besef ek dat ek die oom se bene kan sien, maar oom Johan jag altyd met 'n jean aan?!?! Toe sien ek dien jean is om bo die oom se voete

Na so paar oomblike verdwyn die oom weer, koedoe bul l?, maar hy is weg.

Later, toe vertel hy my dat die natuur het hom geroep en daar was nie tyd vir broek optrek nie..................... ;D
Howa 243 AI , Howa 7mm RM , Sako.338 WM , Brno .22LR , Remington 12br Semi-auto , Beretta 9mm Short

".............. I'm a hunt saboteur. I go out the night before and shoot the fox." - Tim Vine
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Jagveld Flaters!!

Post by Gerhard »

Superdup wrote: My storie:

Ons was so paar jaar gelede op ons jaarlikse Koedoe jag in die Jansenville distrik.
Elke jaar ruil ons sit plekke onder mekaar uit wanneer daar voor gesit word.

Ek word tweede afgelaai gevolg deur nog een man na my en die volgende man, oom Johan, het hierdie jaar die plek gekry by die baken.

Ek was in 'n "windpomp" toring, so ek kon die storie lekker bekyk het. Na so halfuur se wag en dop hou het ek besluit om bietjie te loer en kyk wat die ander manne maak, my swaer is effens geneig om aan die slaap te raak op die snaakste plekke.

Na so geloer in die verte gewaar ek dat daar niemand by die baken is nie, waar is oom Johan dan?! :o

So paar oomblike later hoor ek die aanjaers se geluide in die verte en toe hoor ek "Daar kom hy" so vaag weg.

Ek het daardie oomblik net my kop weer terug gedraai en gesien dat daar niks naby my verby kom nie en toe sien ek weer ewe skielik oom Johan by die baken staan, hy l? aan en da klap die skoot, toe ek bietjie fyner kyk, besef ek dat ek die oom se bene kan sien, maar oom Johan jag altyd met 'n jean aan?!?! Toe sien ek dien jean is om bo die oom se voete

Na so paar oomblike verdwyn die oom weer, koedoe bul l?, maar hy is weg.

Later, toe vertel hy my dat die natuur het hom geroep en daar was nie tyd vir broek optrek nie..................... ;D
Die Oubaas kan lyk my nogal skiet onder druk hoor...  ;D  ;D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Jagveld Flaters!!

Post by Cobus(Cobb) »

Manne, ja dis lekker stories....dit maak 'n ou regtig smile elke keer as jy 'n nuwe storie lees

Ons wag nou in spanning vir manne soos Stefan764, Gerhard, oom Gerard, Baas Wout, Jagtersdok, SJ, Koos, Geno en ander groot name op die forum...
Al die Mods ook...
Ian ook sommer...hy "moer" al die jakalse, seker hy't ook al aangejaag.....

Niemand gaan slegter van julle dink as wat hulle reeds doen nie,... ;) ;)

Cheers
Last edited by Cobus(Cobb) on Wed Dec 07, 2011 8:05 am, edited 1 time in total.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Jagveld Flaters!!

Post by pietjacobs »

Ek gaan myne so kort as moontlik probeer hou en gaaan ook nie name noem nie.....

Ons was 'n groep wat saam met van ons grootste kliente gaan jag het. Elkeen van ons is toe uit met 'n gids en 'n klient die oggend. Nou die oom wie se plaas dit is, hy is bietjie doof en vreeslik lief om vroeg die oggend al sy tande te borsel met daai sterk water....

Nou seker na so paar ure, roep die een gids oor die radio, "baas kom in baas kom in" Die oom en vra of hulle iets geskiet het. "Nee se die gids, die baas moet die klein baas kom haal, hy het in sy broek gek&k" So rukkie stilte kom die oom terug, "Wat se jy, het die kleinbaas die Kudu geskiet" . "Nee die kleinbaas het in sy broek gek&K", So die oom kom terug, "Wat het die kleinbaas die Rooibok geskiet" en so gaan dit aan, daai oom werk omtrent die hele pryslys deer om te bepaal wat het die ou nou eintlik geskiet.

Na 'n helse gesukkel toe vat die ou self die radio en se "Jinne oom kom haal my net, ek het in mt broek geskuit." Nou op daai oomblik toe besef ons almal wat daarna luister presies wie dit is en ek sal jou se, jy kon omtrent hoor hoe lag almal in daai bos, want dit was een van ons groot koppe. Daai aand om die kampvuur, ek sal maar net se my maagspiere was vrek seer die volgende dag van al die lag.

Nou ja, nog nie weer daar gaan jag nie.
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Jagveld Flaters!!

Post by Geno »

3 Stories, 2 jagveld, en 'n ander ene van my wildvang dae.

2003 was ek appy PH gewees.
Een van ons PH's skiet met sy klient 'n zebra en 'n koedoe dieselfde dag, maar daar's nie tyd vir slag nie, hulle moet skuif Vrystaat toe vir vlaktewild.
Ek word opgesaal met die slagtery, en begin toe sommer met die koedoe. Hom klaar ge-cape en gelaai op my 1400 bakkietjie, begin ek met die zebra.
Ek trek hom met die chainblock op, en begin die pens oopmaak. Nou kyk, daai kwagga het omtrent 2ure gele, en dit was warm, so hy was al goed opgeblaas.
Nou maak ek die pens baie versigtig oop, en hy kom al te mooi uit die pensholte uit.
Toe hy al lekker ver uit is gebeur iets, ek weet nie wat nie, en daai pens ontplof in my gesig. Als vol zebra stront! My gesig, my hare, my ore, my klere, my vellies, ALLES!
Ek trek toe maar my klere uit, en was dit sommer onder die kraan. Ek het 'n vuurtjie gehad waarop ek die koedoehart gebraai het.
So pak ek my klere uit langs die vuurtjie, en gaan aan om te slag, sommer so in my onderbroek.
'n Ruk later gaan check ek of my klere droog is, en sowaar dis nie net droog nie, maar ook besig om te brand!
My ou Gilbert PT broekie is so weggebrand, dat selfs 'n ontkleed danseres sal reken dat daar te min materiaal is.
Nou het ek nie klere nie, en die huis is 70km ver.
Ek maak klaar met die zebra, en laai hom saam die koedoe op die 1400 bakkietjie, en ry huis toe in my onderbroek.
Ek het heel pad gebid dat 'n spietkop my net nie moet aftrek, of dat die bakkie moet breek nie!


2006 jag ek op Stockpoort.
Ek kry 'n klient wat op die skietbaan bitter goed skiet, maar as daar 'n ding met 'n hartklop in sy scope staan, skiet hy heeltyd die goed in die agterbeen.
So sukkel- sukkel ek deur die 7dae met die man. Hy skiet, ek sny spoor, en skiet maar die goed dood vir hom.
Sy gewere was 'n Pre-64 Winchester 338WinMag, en 'n Weatherby MK-V Lazermark .300 Weatherby Mag.
Hy reken my hy soek 'n Grys duiker. Ek vat hom na 'n redelike ruie area toe,  en kry 'n mooi rammetjie.
Die skoot uit die .300 klap harder as gewoonlik, maar die duiker is plat! Ek draai na die klient toe, en sien hy lyk heel verskrik.
Ek vra hom wat gaan aan, en hy s? dat die geweer hom nou baie seer geskop het. Hy probeer die slot oopmaak, maar die slot wil nie oop nie.
Terug by die kamp moes ek 'n rubberhamer gebruik om die slot oop te kry.
Hy het toe al die tyd 'n .338 rondte deur sy .300 geskiet. Dat daai geweer nie uitmekaar geskiet het nie, is 'n hengse wonder.
Van daar af het ek baie respek vir Weatherby se MK-V aksie gekry!



2007/2008 Het ek wild gevang.
Dit was op Clocolan gewees, besig om 'n klompie jong leeus te skuif. Ek skat die katjies so 10maande oud, rottweiler size!
Ons kry almal 'n 'n hok in gelok, behalwe een hardegat mannetjie.
Ons besluit toe om hom in die 2ha kampie te voet te dart.
Ons is toe die kampie in, my baas met die dartgun, en ek backup met die veearts se 9mm Short.
Daar was 'n paar werkers saam ons in die kamp in om die leeu aan te keer. So kry ons die leeu waar hy in 'n bos wegkruip, maar hy gee nie 'n skoot vir die dart geweer nie.
Die werker wat die leeus altyd voer begin toe klippe in die bos gooi om die kat uit te jaag, maar in plaas van weghol, storm die leeu reg op ons af.
Hy trap vas, en spring bo op die klipgooier, en begin aan sy bo-arm byt.
Nou staan ons en skreeu op die leeu, en gaan tekere, maar ek kannie 'n skoot met die 9mm kry nie, want die leeu is bo op die man, en ons so 10m ver!
naderhand laat los kietsie vir klipgooier, en hol die bosse in. Die man is toe behandel, en steke ingesit. Hy het darm nie te seer gekry nie.


Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Jagveld Flaters!!

Post by Piet Breedt »

Baie jare gelede, my kinders was nog klein, jag ons Koedoes in Ulco se w?reld anderkant Kimberly. Daardie jare het ek nog met n 4 x 40 Bushnell op my .308 geskiet. Vroeg die tweede oggend loop ek in die veld en ontwikkel  n nood. Ek maak broek los en gaan sit. Ek bou so mooi coil soos n draairoomys en toe ek my stert afvee, raak my pinkie van my regterhand die puntjie van die toring. Ek vryf vir n vale my vinger in die kalkgrond van daardie w?reld maar ter vergeefs. As ek aanl? met my geweer om te kyk of die kol wat ek sien n Koedoe is, ruik ek net stront.  My regterhand is my sneller hand en die punkie krul mooi om die kolf tot by my neus.
Ek het nie n v?rkyker saam gedra nie, en moes met die teleskoop kyk. Ek het versigtig met n stokkie onder my nael skoongekrap, maar al wat wil weggaan is die reuk. Ek het naderhand maar links gemik net om dit maklikker op die neus te maak. n Vriend van my s? nou die dag vir my toe ons oor herlaai en Bushing dies praat, n "thou" is so dun soos daardie reuk wat vassit aan jou as jy perongeluk bietjie stront op jou vinger kry as jy afvee. Ek s? toe dat ek presies weet hoe duk n thou is. Ek het eerste handse ondervinding daarvan.

Heelwat later die oggend loop ek genadiglik in n krip vas, en kon ek die "thou" van my vinger af was
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Jagveld Flaters!!

Post by Piet Breedt »

Ek was my 2de jaar in die weermag n instrukteur by 121btn naby Mtubatuba so entjie van St' Lucia af. Ek ontmoet n meisie wat naby Hluhluwe op n plaas bly. Haar stiefpa was oom Piet black-sam, n legende van daardie w?reld en die man met die grootste hande en dukste gewrigte wat ek nog gesien het. Hy het sulke woeste ooghare soos Breshneff gehad.

Een naweek kuier ek daar en die oom s? hy is lus vir biltong maak en ons moet so draai ry. My meisie se broer wat net so oud is soos ek is ook daar vir naweekpas en ek en hy ry agterop en oom Piet bestuur die Hilux. Ek lig en Boy skiet met die oom se .30 06. Sy naam was Boy want hy kon Zoeloe praat soos een. Ons kry n Njala bul in die ruigtes en Boy l? aan. Maar hy kry nie n oop skoot en sien net so nou en dan n oog. Hy sak toe langs die bakkie se kajuit af en kry n oop skoot hier langs oom Piet verby. Die niksvermoedende oom Piet weet nie dat die loop hier byna by sy regter oor is nie, en toe die skoot afgaan, l? die Njala, en so 2 sekondes later ook Boy. Oom Piet klap hom bo van die bakkie af. Ek is medepligtigge en kry ook so fluiter of twee.

Ons gaan sleep die Njala bul nader nadat hy goed gebloei is en laai hom op die bakkie met behulp van oom Piet wat ons kort kort aanhelp met so warm klap of twee teen die kop, dit help blykbaar teen oorpyn. By die huis aangekom, trek ons in die stoor in om af te slag en daar ontdek die steeds befoeterde oom Piet dat Boy ook sy kantspi?ltjie in sy moer in geskiet het met die skoot. Die ou Hilux'e het mos so ho? kantspi?ltjie gehad en Boy het met die teleskoop bo oor hom gekyk, maar die loop was nog onder die spi?l. Net daar pyn die oor weer van voor af en al medisyne is so paar warm klappe wat weer uitgedeel word. Die deler is net so goed soos die steler, en ek kry ook my kwota klappe.

Ja nee, die oom Piet black-sam was n ware karakter.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Jagveld Flaters!!

Post by Gerhard »

Piet Breedt wrote: Ek was my 2de jaar in die weermag n instrukteur by 121btn naby Mtubatuba so entjie van St' Lucia af. Ek ontmoet n meisie wat naby Hluhluwe op n plaas bly. Haar stiefpa was oom Piet , n legende van daardie w?reld en die man met die grootste hande en dukste gewrigte wat ek nog gesien het. Hy het sulke woeste ooghare soos Breshneff gehad.

Een naweek kuier ek daar en die oom s? hy is lus vir biltong maak en ons moet so draai ry. My meisie se broer wat net so oud is soos ek is ook daar vir naweekpas en ek en hy ry agterop en oom Piet bestuur die Hilux. Ek lig en Boy skiet met die oom se .30 06. Sy naam was Boy want hy kon Zoeloe praat soos een. Ons kry n Njala bul in die ruigtes en Boy l? aan. Maar hy kry nie n oop skoot en sien net so nou en dan n oog. Hy sak toe langs die bakkie se kajuit af en kry n oop skoot hier langs oom Piet verby. Die niksvermoedende oom Piet weet nie dat die loop hier byna by sy regter oor is nie, en toe die skoot afgaan, l? die Njala, en so 2 sekondes later ook Boy. Oom Piet klap hom bo van die bakkie af. Ek is medepligtigge en kry ook so fluiter of twee.

Ons gaan sleep die Njala bul nader nadat hy goed gebloei is en laai hom op die bakkie met behulp van oom Piet wat ons kort kort aanhelp met so warm klap of twee teen die kop, dit help blykbaar teen oorpyn. By die huis aangekom, trek ons in die stoor in om af te slag en daar ontdek die steeds befoeterde oom Piet dat Boy ook sy kantspi?ltjie in sy moer in geskiet het met die skoot. Die ou Hilux'e het mos so ho? kantspi?ltjie gehad en Boy het met die teleskoop bo oor hom gekyk, maar die loop was nog onder die spi?l. Net daar pyn die oor weer van voor af en al medisyne is so paar warm klappe wat weer uitgedeel word. Die deler is net so goed soos die steler, en ek kry ook my kwota klappe.

Ja nee, die oom Piet  was n ware karakter.
Mooi een Piet.

Ek kan myself net in dink...

Het jy darm weer by die meisie gaan kuier na al die klappe??
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Jagveld Flaters!!

Post by Cobus(Cobb) »

Piet,
Die trane loop nog vir daai "thou" reukie...

Jyt my oggend gemaak

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Re: Jagveld Flaters!!

Post by Nuweseun »

Aaaaii Piet, ek dink ek het iets geskeur!!!;D
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Jagveld Flaters!!

Post by JK »

:laugh: :laugh: Piet, laat my dink aan daai Army overalls, as jy nie vesigtig is nie val daai cone in die averall en as jy die overall oor gooi sit daai cone agter jou kop.
Johan Kriel
Okahandja
User avatar
Taylor
Full Member
Full Member
Posts: 125
Joined: Tue Nov 17, 2009 1:35 pm

Re: Jagveld Flaters!!

Post by Taylor »

;D ;D ;D Ek het darm LEKKER GELAG  :D :D :D

Ja, en almal dink jag is net lekker......... soms gevaarlik  ??? ??? ??? , en ander kere gevaarlik lekker...  ;) ;) ;)

Groetnis
Gooi daai lood reguit !!!!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7551
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Jagveld Flaters!!

Post by Wouter Roets »

;D ;D ;D ;D ;D ;D

Kerels julle maak my Donderdagoggend!

Ja-nee kan amper vir elke een van die storietjies n parralelle een vertel.

Een van ons vriende maak van die lekkerste potjies en sy hoofingridient is ons destydse mix Coke. 4l van die goed gaan in vir die nodige smaak. Ons het destyds maar noodgedwonge ons verversingkies sterker gegooi om op te maak vir die gebrek aan mix en die potjie aand was gewoonlik laat met seer maagspiere met die segoed en stories.

Die volgende oggende in die jagvelde was ons maar redelik stadig en jou vordering was nie veel verder as 50m nadat die bakkie vertrek het voordat jy die rommeling in jou maag moes respekteer nie. Die gids is VER weggestuur want dit het geklink soos n lister wat opstart nadat hy twee jaar laas geloop het! Hierdie proses het hom nog ten minste vier keer deur die oggendsessie herhaal. Die laaste twee kere sonder wit goud!

My insident het die middag plaasgevind waar ons soos gewoonlik kampe uitgeruil het. Daar was min wind en om my kaanse met die koedoes te verbeter het ek bloots in die voetdepartement gestap. Die koedoe word bespeur en daar word versigtig bekruip vir n oop skoot en soos julle kan raai word die laaste treetjie gegee met die kaal voet reg op die hoop Cokek@k! Deur die tone tot by die enkel! Wil goud het hierdie Rowland Wardtjie nie gemerk nie! Die stank het my laat besef dat hierdie knaap wie se cone ek in getrap het ten minste net deur n professor in onkologie kon gediagnoseer word! Ek en hy was in GROOT !

Daar is die mooi bul toe fort toe my skuduwee waansinnig begin lag! Ek wou hom toe skiet maar besef toe hoe dit moes gelyk het en biggin toe maar saam lag. Groot fout want toe kry ek n oordentlike teug van die klank wat van onder af kom en word bleek met spoegies wat bitter dun raak! Daar trek toe in n boog die oorblywende potjie op die gids se overallbroek! Die proses het maar aangehou want as ek buig is ek nader aan die oorsaak! Ons twee is toe so na n krip so twee kilo's van daar in stilte.

Die Coke potjie is toe vervang met n traditionele een deur die jare maar niemand sal hom ooit vergeet nie!

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Jagveld Flaters!!

Post by Flip Nel »

Ek was in die hoerskool so st. 6 of 7 (kan nie meer onthou nie), Die ooms uit Suid -  Afrika kom kuier en een nag word daar besluit hulle moet 'n Kudu of iets kry, want die ooms soek biltong, Met die spotlight kyk ons gou in die mielie land, wragtig daar is 'n eland koei teen die hoekdraad, die oom skiet sommer terwyl sy hardloop, sy spring die draad en loop val in tussen die bosse.  Ek is mos groot meneer en spring af met 'n oop mes om te gaan keelafsny, wel eers moet ek iets vertel, die plaas het ooral diep gate waar die water die sand weggespoel het deur die jare heen, baie van hulle is so diep dat selfs 'n bees daarin kan val en rondloop, so ja julle kan dinnk wat gebeur, ek hardloop volspoed en toe raak dit net donker, my pa s? dit het gelyk soos die kartoons wat ietmand hardloop en dan is daar skielik niks nie.  Ek dink nie ek het al ooit weer in my lewe so hard geval nie, dit pyn skoon nogsteeds as ek daaraan dink, daai klippe was bietjie baie hard. En die kersie op die koek is die ooms neuk amper van die bakkie af soos hulle lag, wat net onderbreek word met is jy ok, net om weer te begin lag.  Ek weet nie hoe groot daai eland was nie het ook niks meer geworry nie, ek het voor in die bakkie geklik en geweier om te help laai of daai eland te bewerk.
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Jagveld Flaters!!

Post by Ian »

Aan almal, hierdie sal 'n bitter goeie boek word as dit so aangaan.

Ons gaan doen springbok voorsitjag in 1988 op die plaas Wimbledon daar in Douglas. Ek en my pa le so 700 meter uitmekaar teen 'n lyndraad.  Soos julle almal weet raak 'n mens lekker lui met voorsit en ek besluit om 'n uiltjie te knip teen 'n miershoop. Seker so 'n uur lekker geslaap word ek wakker en hier staan die  springbokram 80m van my af. Nou weet ek as ek gaan regop kom is die bok weg. Ek sit die 308 sako se kolf oor my skouer en kruishaar tussen die oge en trek die sneller.  Manne,  ek sien toe net swart voor my vir die volgende minuut en dit is net bloed. Ek het nie op daardie stadium geweet 'n geweer kan jou so seer maak nie. Ons het gelukkig radio's gehad  en my pa het my kom dokter met pille en 'n plyster. Kyk, toe daardie scope my tref wou ek niks  weet van 'n springbok  nie maar toe ek bietjie beter voel, stap ek in daardie rigting en hier le die bok al lekker opgeblaas. Dit is wat ek noem 'n " RUDE AWAKENING"  wat ek oor myself  gebring het en donners tupid bygese.                       
Jaktrap
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 294
Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm

Re: Jagveld Flaters!!

Post by Jaktrap »

So 'n paar jaar terug het ek by my broer in Karasburg, Namibia gaan jag. Ons is die oggend veld toe om 'n bees te gaan skiet vir vleis. Oppad na die kamp waarin die bees was gewaar ons toe 'n Meneer van 'n rooikat.
My broer spring eers uit om hom te skiet, maar Meneer verdwyn in die bosse. Toe hy agterop die Hilux plek inneen gewaar hy hom weer. Hy vra vir my (wat nog in die Hilux sit) om so 'n bietjie vorentoe te trek. Ek skuif toe sommer oor die sitplek, maar kom skielik en pynlik tot stilstand - die keelafsny mes was op die sitplek en my boud het behoorlik kennis gemaak met hom. Wel 'n rooikat bly 'n rooikat so ek skuif toe die Hilux. Ons kon nie kat kry nie, maar my broer wou weet hoekom my broek skielik so rooi is.
Dit het op die einde 'n paar steke geneem om die wond toe te kry, ek weet nogsteeds nie wat die ergste was nie, die klem-in-die-kaak inspuiting of die wete dat ons die kat nie kon kry nie!
Jaktrap groete.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Jagveld Flaters!!

Post by tripodmvr »

Die mes insident het my skielik herinner aan ons jagtog na die Kalahari. 'n Vriend was besig om ontbyt voor te berei en die panne en potte was besig op die stoof. Hy het egter na sy kamer gegaan en met die terugtog loop hy reguit na my wat in die deur staan. Hy beweeg sy arm en verklaar ewe skielik dat hy homself raakgesteek het. By ondersoek het hy hom met sy jagmes in die maag naby die blindedermposisie gesteek. Hy wou sy mes uit die skede haal en dit het gegly. Met die grypslag het die steekwond gerealiseer.

Die uiteinde was 'n rit van 70x2 km na die naaste dorp vir'n baie pynlike ondersoek en die heg van die snyplek. Gelukkig het dit darem nie heeltemal sy jag bederf nie. Dit wys egter dat jy versigtig moet wees met 'n vastelem jagmes.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Jagveld Flaters!!

Post by Ian »

Ons gaan oes springbokke 40 km buite Hopetown in 1993. Deurnag geskiet en ek besluit die middag 1 uur om gou die bakkie vol diesel te gaan maak so 20km voor Hopetown by 'n Motel. Die bestuurder van die Motel maak my bakkie vol en ek kyk die prys van die diesel en se " blikses, maar jou diesel is duur". Hy se, mnr dit is nie diesel maar petrol. Kyk, ek klim uit daardie bakkie uit en het amper daai ou se oor warm gemaak van woede. Ek het die bakkie net vorentoe gestoot, die dryneringsmoer uitgedraai en al die brandstof op die grond laat uitloop. Dit kos hom om my Hopetown toe te neem met 'n kannetjie om diesel te kry. Ek self is weer terug Hopetown toe met die bakkie. Toe ek so 5 uur die middag by die skietgroep aankom was hulle almal lelik bekommerd. 'n Duur uitstappie vir my.
Trigger Mike

Re: Jagveld Flaters!!

Post by Trigger Mike »

Manne ek kon vir wyle nie by die forum uitkom maar moet se ek het nou lekker gelag hier voor Kersfees vir al die stories en paar keer op my tande gekners vir die manne wat of skade ly of amper in die mango was...

Was die naweek daar in Hluhluwe se wereld en praat met 'n man wat in versekering is wat my die storie vir die waarheid vertel van die snaakste eis wat hulle nog ooit ontvang het. Die manne gaan jag ook blykbaar in die Kalahari op soek na Gemsbokke Springbokke en wat nog. Die rekening is oop en die manne gooi. So op stadium le die een man aan na Gemsbok en soos die gewoonte skiet hulle vir die boonste vloer.

Kloep klap die skoot en daar le die Gemsbok, stap die 200m nader steek cigarette aan hang geweer oor die skouer en loop so gesels gesels. Kom daar sien nee het hom hoog agter deur die nek geskiet en skielik word die Gemsbok wakker, Die man cigarette nog in die mond gaan "toe to toe" met die Gemsbok wat probeer opstaan en soek koes koes vir daai dorings waarvoor Gemsbokke so bekend is na sy mes aan sy belt. Dis 'n helse gestoeiery en met die gestoei gly die geweer van die man se skouer af om die Gemsbok se horings en daar trek die Gemsbok straat af en oor die duine. Die man staan daar geskend vir lewe en kon eers na half uur oor die radio sy pelle oortuig dat hy maak nie 'n grap as hy se hy is ontwapen deur 'n gekweste Gemsbok en hulle moet hom kom optel want daar hardloop 'n Gemsbok in die Kalahari rond met sy .243 in sy horings.

Lang storie kort kry hulle die Gemsbok en met die opvolg skote skiet hulle die man se geweer wragtig altwee kere raak...

Lieg storie; moet wees maar dit vertel so lekker oor... 
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Jagveld Flaters!!

Post by Beer (Christo) »

Ek het nou lekker gelag vir die stories. Sal hulle onthou vir om die kampvuur volgende seisoen.

My broer is so 9 jaar jonger as ek en het hierdie jaar saam met my sy eerste bok geskiet. 'n Vooreg. Hy is darem al 25, maar hy het groot geword in die "maer jare" toe my pa nie meer kon bekostig om te gaan jag nie. So, hy het nie soveel blootstelling soos ek gehad in die jagveld nie. (Dit maak my glad nie 'n pro nie).

Ek reel toe die jaar 'n jag in Ellisras en kleinboet en die stief boeties gaan ook saam. Sommer op die eerste middag / aand skiet die twee stief boeties, een 'n Rooibokooi en die ander 'n BWB. Altwee se eerste bokke. Ek kon sien dat dit toe aan kleinboet begin kou en dat die senuwees begin pla om ook 'n bok te kry. Ek maak die volgende dag seker dat hy saam met my Pa stap, maar hulle het niks gekry nie. Ek het intussen 'n mooi Kudu bul van so 53 5/8 geskiet. Op dag drie kon ek sien kleinboet se senuwees is klaar en natuurlik begin almal raad gee.

Dag drie se ek ek sal bietjie saam met hom gaan voorsit in 'n skuiling wat uit takke gemaak is. Dit was maar knap en ek moes so skuins agter hom sit. Ek kom toe so gou agter dat ek nie gemaak is vir hides nie - dit was so 15 minute to snork ek van die lekker vars lug. Toe ek wakker skrik sien ek kleinboet vang ook so dut. Ek gee hom toe so 'n klap van agter af en se hy moet wakker skrik - ek sal hom in twee buig as hy my roer laat val. Ons het nog so paar minute gesit toe 'n mooi Rooibokram inkom. Dis nie lank nie en hy fluister hy het 'n skoot. Ek stry dadelik, want vir my lyk dit asof die bome in die pad is, maar ek kan nie mooi sien nie want ek sit skuins agter hom. Weerens se hy hy het 'n mooi skoot, ek se as hy seker is dan moet hy maar skiet.

Die skoot klap, en ek sien die Rooibok ram daar weg trek met 'n moviese spoed. Definitief mis. Kleinboet spring op en skree: Ek het hom! Daar breek toe 'n debat uit! Hy is oortuig hy het hom en ek weet dit is mis!

In die hitte van die oomblik het kleinboet vir 'n ander Rooibok as ek gekyk. Een wat seker ingekom het toe ons altwee ons oe bietjie gerus het. Sowaar daar le hy - 'n KNYPKOP (waarvoor die plaas trofee pryse gevra het).

Ek het nog nooit iemand so trots gesien op 'n bok soos die dag nie!
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Jagveld Flaters!!

Post by wlm »

Die volgende storie kan gestaaf word met getuies en fotos! (name en plekke word liewers nie genoem nie)
Ons is 'n klompie ervare springbokskieters wat een Saterdag 'n maat gaan help om springbokke te skiet.
Almal is uit gesit op hulle plekke en die aanjaers roer die bokke mooi. Kort-kort klap 'n skoot met die kenmerkende dwoep-geluid wat 'n raakskoot verkondig. Ons manne het gewoonlik elkeen 'n tweerigting-radio by, dit is mos lekker om te hoor waar die bokke is en wie het wat geskiet. So halfpad deur die oggend roep een man so half verlee die plaasbaas om hom met 'n "probleempie" te kom help.
Toe ons die middag weer bymekaar is,sal ons hoor hy het 'n Appaloosa-merrie deur die pens geskiet! Kerels ek praat nie van 'n groentjie nie, die man het 1000'e springbokke en baie jakkalse op sy kerfstok. Hy vertel toe hy die skoot op die ram se kop afknyp, sien hy net 'n vaalkol in die "scope". Die perd het die presiese oomblik gekies om tussen hom en sy teiken in te beweeg. Ek kan julle verseker daar is baie foto's geneem en "Ou ryperd is nog steeds 'n gewilligde liedjie op jagdae.
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Jagveld Flaters!!

Post by theedge »

Beer wrote: Ek het nou lekker gelag vir die stories. Sal hulle onthou vir om die kampvuur volgende seisoen.

My broer is so 9 jaar jonger as ek en het hierdie jaar saam met my sy eerste bok geskiet. 'n Vooreg. Hy is darem al 25, maar hy het groot geword in die "maer jare" toe my pa nie meer kon bekostig om te gaan jag nie. So, hy het nie soveel blootstelling soos ek gehad in die jagveld nie. (Dit maak my glad nie 'n pro nie).

Ek reel toe die jaar 'n jag in Ellisras en kleinboet en die stief boeties gaan ook saam. Sommer op die eerste middag / aand skiet die twee stief boeties, een 'n Rooibokooi en die ander 'n BWB. Altwee se eerste bokke. Ek kon sien dat dit toe aan kleinboet begin kou en dat die senuwees begin pla om ook 'n bok te kry. Ek maak die volgende dag seker dat hy saam met my Pa stap, maar hulle het niks gekry nie. Ek het intussen 'n mooi Kudu bul van so 53 5/8 geskiet. Op dag drie kon ek sien kleinboet se senuwees is klaar en natuurlik begin almal raad gee.

Dag drie se ek ek sal bietjie saam met hom gaan voorsit in 'n skuiling wat uit takke gemaak is. Dit was maar knap en ek moes so skuins agter hom sit. Ek kom toe so gou agter dat ek nie gemaak is vir hides nie - dit was so 15 minute to snork ek van die lekker vars lug. Toe ek wakker skrik sien ek kleinboet vang ook so dut. Ek gee hom toe so 'n klap van agter af en se hy moet wakker skrik - ek sal hom in twee buig as hy my roer laat val. Ons het nog so paar minute gesit toe 'n mooi Rooibokram inkom. Dis nie lank nie en hy fluister hy het 'n skoot. Ek stry dadelik, want vir my lyk dit asof die bome in die pad is, maar ek kan nie mooi sien nie want ek sit skuins agter hom. Weerens se hy hy het 'n mooi skoot, ek se as hy seker is dan moet hy maar skiet.

Die skoot klap, en ek sien die Rooibok ram daar weg trek met 'n moviese spoed. Definitief mis. Kleinboet spring op en skree: Ek het hom! Daar breek toe 'n debat uit! Hy is oortuig hy het hom en ek weet dit is mis!

In die hitte van die oomblik het kleinboet vir 'n ander Rooibok as ek gekyk. Een wat seker ingekom het toe ons altwee ons oe bietjie gerus het. Sowaar daar le hy - 'n KNYPKOP (waarvoor die plaas trofee pryse gevra het).

Ek het nog nooit iemand so trots gesien op 'n bok soos die dag nie!
Baie om te leer ui die een dankie
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Jagveld Flaters!!

Post by tripodmvr »

Het jare gelede net buite Ellisras by Oom Clive Robinson gaan jag. Hy het met die' storie vorendag gekom.

Jaggroep daag op met 'n splinternuwe Toyota bakkie wat hulle geleen het vir hul jagtog. Dit is gedoen om 'n maat van hulle tegemoet te kom. Hy het in die week voor die jag sy been gebreek en kon toe nie loop met die vollengte gips aan nie. Met die boer se toestemming kon hy nou vanaf die bakkie "jag-skiet". Hy sit op 'n tuinstoel en daar trek hulle.

Soos dit maar gebeur hardloop die rooibokke voor in die pad in en gaan staan. Ons gekweste jagter l? aan vanaf sy sitposisie in die middel van die bak en die skoot klap. Niks val of verklap dat hulle geraak is nie. Die drywer protesteer egter luid. By nadere ondersoek vind hulle 'n koe?lgat op die ronding van die kap en die hele voorste instrumentpaneel is mike tango (MT = m**r toe).

Wees dus bedag op die feit dat jou siglyn bo die koe?lbaan is!!!!!!!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Jagveld Flaters!!

Post by DWB »

Hehehehehehe, net soos die boer se een heiningdraad wat ek gisteraand afgeskiet het agter jakkals aan.

Die jak het darem na dit geval
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Post Reply