boogskiet nuweling

Post Reply
User avatar
rudolph
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Thu Jan 20, 2011 2:09 pm

boogskiet nuweling

Post by rudolph »

Middag kerels

wil graag by die ouer hande n paar dinge uitvind omtrent boogskiet:

eerstens ek het vir my n boog aangeskaf naamlik n Mathews Mission ,80 lbs ,dit het Cobra visier op en ook al die ander bykomstighede soos n stabeliser ,trigger ens.

wat ek graag wil weet is : is dit geskik vir jag ,en weet iemand dalk of daar n boogskiet klub in die Vrystaat is en indien wel hoe kom ek in kontak met die manne daar ?

As enige iemand my kan raadgee sal ek dit baie waardeer aangesien ek regtig geen ondervinding van boogskiet in enige vorm het nie.

Groete Rudolph
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: boogskiet nuweling

Post by Gerhard »

Rudolph,

Geluk met die nuwe boog.

Ja die boog kan jy beslus mee jag.

My voorstel is egter dat jy die ponde soveel moontlik afdraai om mee te begin.

80# is eintlik maar vir die manne wat al n ruk skiet en al reeds al die basics mooi reg kry.

Vandag is daar nie baie manne wat 80# skiet nie.

Begin jou ponde so lig as moontlik begin dan op 20 yards met groepeering skiet.

Soos jou groepe beter word skuif jy terug na 30 en 40 yards.

Geniet die boog en lekke skiet.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
rudolph
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Thu Jan 20, 2011 2:09 pm

Re: boogskiet nuweling

Post by rudolph »

Dankie Gerhard ,hoeveel sou jy se moet die ponde wees vir n beginner ?
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: boogskiet nuweling

Post by Gerhard »

rudolph wrote: Dankie Gerhard ,hoeveel sou jy se moet die ponde wees vir n beginner ?
Begin op 60# vir n man.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
rudolph
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Thu Jan 20, 2011 2:09 pm

Re: boogskiet nuweling

Post by rudolph »

watter soort pyle gebruik n man om te oefen ,ek neem aan dat oefen pyle en jagpyle so naby as moontlik aan mekaar moet wees ,om dieselfde resultate te kry op die baan en in die veld ?
Herman Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 645
Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm

Re: boogskiet nuweling

Post by Herman Venter »

Rudolph
Daardie is nogal n vraag wat ek ook al myself gevra het van die pyle, ek is ook nuut in die sport, so wil ook graag weet!

Groete
Herman
Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243

REFUSE TO FOLLOW
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: boogskiet nuweling

Post by Gerhard »

rudolph wrote: watter soort pyle gebruik n man om te oefen ,ek neem aan dat oefen pyle en jagpyle so naby as moontlik aan mekaar moet wees ,om dieselfde resultate te kry op die baan en in die veld ?
Die pyle waarmee ek oefen is die pyle waarmee ek jag.

Ek sit net n field point op as ek oefen.

As ek reg maak om te gaan jag sit ek my slick tricks op en skiet in die broad head butt in sodat ek seker maak my boog is reg getune en die pyle val op presies die selfde plek as waar ek mik...

Pyle is baie baie belangrike aspek van boog jag ...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: boogskiet nuweling

Post by SV MAD (Henk) »

Baie welkom by die wereld van boogskiet, dit is baie lekker en mens kan lekker eksperimenteer. Baie gleluk met jou boog!

Begin op 60-70 pond en as jy kan lekker skiet, doen dan 75 en dan 80 pond.

Ek kon lekker met my 70 poind boog skiet, maar toe ek my 90poinder gekoop het, kon ek hom nie eers trek nie :o, het hom afgedraai na 75 toe en my so 4maande gevat tot ek hom op volle ponde kon skiet.

Dan oor pyle:

Daar is nie iets soos swak pyle nie, alle pyle is ewe goed en dit is maar net wat mense verkies. Gerhard hou van Carbon Express, ek hou van goldtip. Die belangrikste wat jy moet onthou is om jou pyl te kies en dan jou boog volgens jou pyl op te stel, nie andersom nie.

Dus, as jy 60-70 pond gaan skiet, kyk na 'n 340 spine pyl (Spine is weer 'n onderwerp op sy eie). Jy noem nie jou drawlength nie, maar ek reken pyle van so 30duim sal reg wees vir jou. Kyk of jy by 'n pyl gewig kan uitkom van so 400gr, dit sal ek se is die minimum gewig waarmee jy iets kan gaan jag. Oor die fletches aan die agterkant kan jy maar self besluit, maar onthou net, hoe groter jou fletches, hoe makliker stuur dit jou broadhead, en hoe makliker tune jou boog. Weereens, dit persoonlike voorkeur.

Ek skiet ook my pyle in die week in die butt, en dan naweke as ek gaan jag sit ek my slick tricks op.

As jy meer info soek, laat weet waar jy is, dan kan mens dalk 'n plannetjie maak om bymekaar uit te kom.

Groete
ek soek nog wapens...
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: boogskiet nuweling

Post by junglejulian »

Rudolph
ek weet nie waar in die vrystaat is jy nie maar in bloemfontein is daar n paar klubs.maklikste een is by old grey rugby gronde.anders skiet die manne by flatland archery uit op die abramskraal pad.moet nie begin met 100 pyle n dag nie.die spesifieke spiere vir boogskiet word nie elke dag gebruik nie so hul moet stadig gewoond raak aan die spanning.skiet verkieslik saam iemand wat al lankal skiet sodat jy die regte skietstyl aanleer.dit maak raakskiet sommer baie makliker.
User avatar
rudolph
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Thu Jan 20, 2011 2:09 pm

Re: boogskiet nuweling

Post by rudolph »

Baie dankie vir al die raad manne ,ek gaan dit verseker als toets en ek glo ek het genoegsame toegang tot kennis en ervaring op die forum so ek gaan nog baie op julle knoppies druk ,weereens baie dankie vir die bereidwilligheid van die lede hier .
Ek is van Welkom , my drawlenght is 30 "

groete Rudolph
User avatar
basie
Full Member
Full Member
Posts: 172
Joined: Wed Apr 01, 2009 9:14 pm

Re: boogskiet nuweling

Post by basie »

Rudolph

Jy moet bietjie uitvind of daar nie 'n klub in Kroonstad is nie, want as ek reg onthou was daar al 'n paar kompetisies daar gehou. Anders moet jy maar met Mielie van Flatland Archery praat. Hy maak uit van boogskiet en jag. Hy het 'n skietbaan by sy huis asook 'n boogwinkel en sal jou definitief op die regte spoor sit.

Lekker pyle gooi.
Basie
Elke Rooihond kry sy dag!!
User avatar
rudolph
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Thu Jan 20, 2011 2:09 pm

Re: boogskiet nuweling

Post by rudolph »

Baie dankie Basie ,ek het sommer gou n paar manne raakgeloop hier ,sommer maar net so by die sportwinkels rondgevra en al klaar n hele paar pelle gemaak
Christo J
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Sun Sep 11, 2011 7:04 pm

Re: boogskiet nuweling

Post by Christo J »

Kan net bevestig met die manne hier bo. Begin met 60pond en werk stadig op. Ek het te vinnig opgegaan en permanente skade op my skouer veroorsaak... ek kan nie swaarder as 60pond nou trek nie. Wees gewaarsku ;)
User avatar
rudolph
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Thu Jan 20, 2011 2:09 pm

Re: boogskiet nuweling

Post by rudolph »

ek het myne nou so op 65 pond ,trek darem redelik gemaklik ,sukkel nog bietjie met die sneller aksie om egalig sonder n rukbeweging te release
Boskraai

Re: boogskiet nuweling

Post by Boskraai »

Dagse Rudolph,

In my persoonlike ondervinding het ek nie die boog so swaar as moontlik in die begin gestel nie. My boog was op 56pond toe ek met hom die eerste keer gejag het. Ek het 2 varke en 3 Rooibokke geskiet sonder 'n probleem, wat min mense besef is dat jy somtyds die boog moet hou terwyl hy gespan is, die dier draai dalk skielik en jy kan nie dadelik skiet nie. Neem dit in ag, net my opinie ;).

Mooi gooi
Boskraai.
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: boogskiet nuweling

Post by SV MAD (Henk) »

Boskraai wrote: Dagse Rudolph,

In my persoonlike ondervinding het ek nie die boog so swaar as moontlik in die begin gestel nie. My boog was op 56pond toe ek met hom die eerste keer gejag het. Ek het 2 varke en 3 Rooibokke geskiet sonder 'n probleem, wat min mense besef is dat jy somtyds die boog moet hou terwyl hy gespan is, die dier draai dalk skielik en jy kan nie dadelik skiet nie. Neem dit in ag, net my opinie ;).

Mooi gooi
Boskraai.
Wat Boskraai se is baie belangrik. Kom op fulldraw en hou vir 30 sekondes en let down. Oefen dit so, dit maak jou spiere baie sterk maak dat jy baie meer stabiel is met die pennetjie.

Oor snellers en ruk bewegings kan mens baie gesels. Het jy 'n back tension sneller, duim sneller of gewrigsband sneller?

Se bietjie, dan kan ons praat oor korrekte plasing van vingers ens. Die belangrikste is om nie te PUNCH nie, dws dat as die kolletjie oor die bullseye gaan nie dadelik die sneller te druk nie.
ek soek nog wapens...
User avatar
rudolph
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Thu Jan 20, 2011 2:09 pm

Re: boogskiet nuweling

Post by rudolph »

gewrigsband sneller ,maat
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: boogskiet nuweling

Post by SV MAD (Henk) »

Die belangrikste is om nie met die punt van jou wysvinger op die sneller te sit nie. Die punt van die vinger het die meeste gevoel en ja, mens kan goed voel met dit.

sit jou sneller so op die 1ste lit. ideaal is as jy hom amper op die 2de lit kan kry. Jy kan dan saggies begin squeeze en ideaal sal die skoot afgaan sonder dat jy dit verwag.

Dus, as jy getrek het en op fulldraw staan, begin konsentreer op die visier en waar jy wil skiet. Onbewustelik moet jou vinger begin trek aan die sneller, en as die skoot afgaan moet dit heeltemal 'n verrassing wees. Dit is moeilik in die begin, maar namate kom mens reg.

Dit is nodig om te se dat goeie vorm ook uiters belangrik is. Veral as jy swaarder ponde wil skiet later. Werk nou op vorm voor jy opgaan na swaarder ponde. En die belangrikste van alles, geniet dit!
ek soek nog wapens...
User avatar
rudolph
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Thu Jan 20, 2011 2:09 pm

Re: boogskiet nuweling

Post by rudolph »

Gaan verseker dit oefen maat ,baie dankie vir al julle advies ,so leer n man elke dag iets nuuts
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: boogskiet nuweling

Post by SV MAD (Henk) »

Groot plesier.

As jy  nie seker is oor iets nie, vra, ons is meer as bereid om te help...
ek soek nog wapens...
User avatar
rudolph
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Thu Jan 20, 2011 2:09 pm

Re: boogskiet nuweling

Post by rudolph »

Maak so ,baie dankie maat
Post Reply