Jag van muishonde(by pluimvee-boerderye) en grond-eekhorings(by graanboere)
-
Raymond

Ek is nog nuut tot die konsep van forums, so kom ek begin by die begin. Ek is `n windbuksjagter en ek spesialiseer in grond eekhorings en muishonde. Ek oorweeg om uit te brei na ander klein peste en om dalk `n inkomste daaruit te genereer. As daar enigeiemand is met enige raad oor hoe groot `n mark daar hiervoor is, of enige boere in Noordwes in die Fochville omgewing is met `n probleem, is hulle welkom om van hulle te laat hoor. Op hierdie stadium skiet ek vir die liefde van die saak en vra ek geen geld vir peste wat geskiet word nie. My e-pos address is: raymond.orton@gmail.com
- Caller
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
Re: Jag van muishonde(by pluimvee-boerderye) en grond-eekhorings(by graanboere)
Reymond
Welkom op die forum tussen die jakkalsjagters.
Sov?r ek weet maak die boere maar hul eie planne met die eekhorings en muishonde . Ek weet ook nie van 'n moontlike mark vir jou nie, behalwe vir 'n ou hier in die Vrystaat wat my anderdag genader het oor 'n enorme plaag fluitrotte wat sy oes bedreig.
Al raad wat ek gehad het was; gas die gate. Hy het egter ges? dat hulle so baie is dat hy nie eens kans sien om te gas nie. Ek het ongelukkig nie sy besonderhede nie. Weet ook nie of jy bereid sal wees om Vrystaat toe te ry om so iemand te help nie. As hy my weer kontak kan ek sy besonderhede vir jou kry.
Kyk bietjie volgende maand die Oktober uitgawe van S.A. Wild en Jag. Daar gaan 'n artikel verskyn oor PACASA se bedrywighede. Soos ek dit verstaan skiet hulle ook eekhorings en meerkatte, so dalk kan jy by hulle aansluit.
Die ander manne (veral die boere) hier op die forum moet maar o? toeknyp vir genoemde artikel, klink my PACASA laaik nie so kwaai van die gebruik van slagysters nie. Hulle wil net die skiet-metodes bevorder.
Caller
n.s. Die ou op die foto by die artikel is nie lid van PACASA nie, indien iemand sou wonder.

Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
-
Raymond
Re: Jag van muishonde(by pluimvee-boerderye) en grond-eekhorings(by graanboere)
Dankie vir die inligting Caller.