rooikat mannetjie. 14kg

Dagroep stories en vrae/ Day Calling stories and questions
fiela

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Post by fiela »

Dawid, vertel bietjie meer oor die 'wip' en van die bokkoms, seblief.
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Post by Dawid »

Nee soos ek n vanghok vir Rooikat ken moet hy aan beide kante n ingang he en basies oop wees....soos n gang waarin hy afloop aas toe, as hy net een opening het gaan hy not en dem in nie( hys bietjie slim) en dan word die bokkom net in die middel gehang en as hy die aas vat val beide hekke toe. Die aas natuurlik in n lemoen sakkie sonie ruk dit te maklik af.
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
fiela

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Post by fiela »

Dankie Dawid.
Ek dink ek moet my hok verander.  My hok het twee hekke en is ?op'. Die verskil is dat my hok met n voetplaat aftrap in plaas van die aas wat met die bek getrek word.

Se my gou ander ding; Moet die hok net so kaal staan of maak mens dit toe met bosse en takke?
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Post by JK »

Dirkie Burger wrote: Goeie middag manne

Wil net bevestig ek het die rooikat van 48kg self gesien, is die heilige waarheid
Het hy kolle? ;D
Johan Kriel
Okahandja
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Post by Dawid »

Fiela ek gaan nie vir jou se n voetplaat is verkeerd nie en n kat gryp nie net nie, hy "hark" die aas,( lw ek se aas en nie prooi nie, prooi roer hy gou) eers bietjie met sy kloue en kyk of dit nie af of loskom nie en soos jy se jou hok het 2 ingange...n kat wil die anderkant ook kan sien en wil nie soos n ystervark bv sommer in n gat ingaan nie, hy hou daarvan om die wereld te kan sien as jy verstaan wat ek bedoel.Jou hok hoef nie toe te wees nie maar naby bosse laat die kat veiliger voel.

Ek sien jys sommer daar naby my, sal bietjie kom bladskud as ek eers terug is. Ek wil dit nog probeer.......n bokkom is niks anders as gepekelde vis wat uitgehang is om te droog nie, vang n muddie daar by jou in die rivier, pekel hom en laat hom droog en gebruik dit, eks doodseker dit kan werk en bowendien het n muddie n reuk aan hom.

Sterkte en groetnis
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Post by JK »

Jong katte word groot gemaak op fisante en tarrentale, parysse ens so, dit is n goeie lokaas.  Ja, die hok moet n deurloop hok wees en n trap plaat in die middel, wat die deure afsit. Hang n fisant of tarentaal met n vislyn reg bo die trap plaat en bietjie hoer as wat n grou kat kan bykom. Die vislyn laat toe dat die aas effens beweeg in die wind wat die kat lok as hy dit sien.

Stel die hok waar die katte gereeld loop en kamofleur die hok bietjie met takke. Dit help ook om n vrot ding bo-op of langsaan te sit, maar maak dit met takke ens toe dat hy dit nie kan by kom nie. Gooi ook bietjie grond op die trapplaat en vloer dat hy nie die draad of plaat maklik herken nie.

Die hok moet ook lank genoeg wees dat hy nie uitspring onder die hekke deur nie sodra die hekke begin val nie, en die hok moet ook te laag nie dat hy nie daar wil in nie.
Last edited by JK on Fri Nov 25, 2011 7:38 am, edited 1 time in total.
Johan Kriel
Okahandja
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Post by MEERKAT »

Hallo Dirkie B

Jy moet darem vir ons 'n fototjie opsit van daardie 48kg Rooikat, waar is die ander man met die 30kg en 24kg katte?

Hier in ons wereld word nie meer Rooikatte in hokke gevang, want hier is nie meer katte. Cape Nature bewaar mos hulle rooijakkalse en die vreet al wat klein kat is op.

Moet byse ek boer eerder met 100 katte voor ek boer met 1 jakkals.

Mooi loop
MEERKAT
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Post by visstok »

Goeie naand meerkat, stuur my jou email dan stuur ek die foto van die 30kg mannetjie vir jou. Maar ek se weereens, dis nie n monster kat nie, dis n vrek vet kat! Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
fiela

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Post by fiela »

Dankie JK

Dankie Dawid. Salm bietjie die vis ding try!
                    My oupa kom van oom se wereld af. Ons het famielie ook nog daar.(Oom Jan Slaghuis, Tielman)
                    Ons moet regtig bietjie bladskut. Kan lekker idees uitruil!

Lekker dag.
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Post by visstok »

Goeie naand manne, meerkat, het jy my email gekry? Ek dink daars dalk vout met my email, as jy nog niks gekry het nie, pm my jou no dan mms ek die foto`s vir jou. Groete Alex
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Post by Dawid »

Naandse Visstok....janee ons wag nou al lank op daai kat se foto....intussen het daai ding seker nog n paar kilo`s bygesit  ;D ;D
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Post by visstok »

Haha jy moenie spot nie, die tanie wie se 2 katte dit is se die mannetjie was 34kg, hy het nou al 4kg verloor, ek weet regtig nie wat gaan aan met my email nie, ek het die foto`s nou al vir 2 persone gemail en dit wys tog dat dit gestuur is maar lyk my nie dit gaan deur nie. Die mense begin nou seker al erg dink ek lieg! Sal die foto`s maar vir iemand moet mms om te plaas, my naam darem in ere te herstel! As iemand dalk so gaaf sal wees om hulle no te pm dan mms ek die foto`s vir hom om te plaas. Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Post by Cobus(Cobb) »

stokke....
MMS my sommer daai katte

08drie 2sewe ag 211twee

Cheers
Last edited by Cobus(Cobb) on Sun Nov 27, 2011 7:34 pm, edited 1 time in total.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Post by MEERKAT »

Hallo Visstok

Ja dankie ek het die foto's ontvang. Verseker is dit twee baie vet katte en die tannie bedoel goed deur so mooi na hulle te kyk en hulle so vet te voer.

Rooikatte kry maklik probleme met hulle heupe agv 'n tekort aan kalsuim so met hulle gewig sal sy seker moet oplet na hul kalsuim inname.

Groetnis
MEERKAT
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Post by visstok »

Goeie middag meerkat, al twee daai foto`s is van die mannetjie, die wyfie lyk darem bietjie beter maar ook maar vet. Cobb ek stuur hulle. Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Post by Cobus(Cobb) »

Hier is die fotos van die rooikatte soos vertel deur visstok.

[img width=560 height=420]http://i825.photobucket.com/albums/zz17 ... oikat2.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i825.photobucket.com/albums/zz17 ... ooikat.jpg[/img]

Visstok, is die tannie familie of vriende van jou?....Indien wel, sien die reply nie as persoonlik nie...MAAR ek kan dit nie as reg sien, om 'n pragtige wilde dier, in so slob Garfield te verander nie...ek glo ook nie dat huis honde en katte so moet oorvreet nie, dit is vir my naby mishandeling...
Die groenes kyk sulke dinge mis en wil op elke jakkals jagter se kop kom skyt, maar tannie met die vet kat is ok??
Indien dit 'n wees kat was wat van kleins af ingeneem is...cool, rehab hom, maak hom mak as jy wil, maar ek glo nie dit wat hier aangaan moet toelaatbaar wees nie.

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Triple2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 352
Joined: Wed Sep 22, 2010 6:03 pm

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Post by Triple2 »

Daai kat is darem te vet om skaap te vang. Stem saam, Cobb. Sulke oorgewig "troeteldiere" is ook mishandeling.
Devan Lötter
.22 LR Winchester; .222 Rem Sako; .45 ACP Norinco; 12 Br Remington 11-87; .308 Win Howa
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Post by visstok »

Cobb ek stem ook saam, in een van my vorige post sal jy sien ekt gese dis eintlik hartseur om die pragtige dier so te sien. Die tannie het dit darem ook besef, die kat in nou op n dieet en sy sorg dat hy gereeld oefening kry, hy was 34kg en het al 4kg verloor. Ons hoop maar die dieet werk en dat die kat oor n ruk baie beter sal lyk. Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Post by Dawid »

Ek stem 100% saam met jou Cobb. Kyk alhoewel die katte verantwoordelik is vir derduisende rande se skade by boere is en bly dit darem n pragdier.

HEHE So vettie op my "Wall to Fame" sal nogals grend lyk.

As die tannie baie sukkel met die katte se dieet....ekt n nice boerboel....hulle behoort gou weer "in shape" te wees  ;D ;D
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Post by JK »

Lekker vet katte, ek het n rifrug vat hou van sulke vet katte.
Johan Kriel
Okahandja
fiela

Re: rooikat mannetjie. 14kg

Post by fiela »

Wat dink julle is die mooiste? Die dooie kat of my hond?...  Ja okey, die dooie kat, maar ou Kompas was die beste!!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Post Reply