PERMITTE
-
Thinus
Re: PERMITTE
DAAR MOET OP EEN OF ANDER MANIER ONKUNDIGE JAKKALS SKIETERS UIT DIE VELD GEHOU WORD,DIT SLUIT BOERE IN.AS ONS DIT REG KRY SAL ONS WEER DIE PROBLEEM KAN BEHEER,MAAR DIT SAL OOK EERS NA 5 JAAR BETER GAAN AS ONS DIE SKELM JAKKIES UIT DIE STELSEL UIT GEWERK HET
ONKUNDIGE JAGTERS EN SWAK SKUTS HET DIE JAKKIES IN N SUPER DIER VERANDER WAT GEEN NORMALE SKUT KAN DOOD NIE.
HOE SAL ONS HIERDIE MANNE UIT DIE VELD KAN HOU

- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: PERMITTE
THINUS:
Ek weet daar is manne wat woefiepoefie aanjaag en wat jakkalse leer en msskiet, ek het ook al misgeskiet....en dis maklik om mis te skiet glo my vry..
Maar so met die jare het ek gesien die 'fly-by-nigts' het die manier om hulself uit die stelsel te werk...

Shoot straight and tell the truth!
-
baasjan
Re: PERMITTE
Thinus
Iemand wat nog nie bygedra het om 'n jakkals skelm te maak nie wil ek graag ontmoet.
Doen gerus so 'n bietjie nasorg en kyk wat vind jy.
Ek kry so 2 jaar gelede topjakkalsskieters van buite die provinsie om my te help -- manne wat nie misskiet nie en net suksesse het om van te vertel --- daar is amper nie tyd vir jag nie en die gesels is lekker. Daar is toe nog nie voorheen by my geskiet nie --- net slagysters. Eerstens moes ek wag vir Januarie voor hulle wou kom jag --- nou weet ek ook hoekom.
Die manne skiet sommer gou gou 5 jonges en na so 'n uur word verklaar dat daar nou nie meer op die plek is nie. Die volgende oggend gaan doen ek 'n bietjie nasorg en spoorsny en vind toe dat die twee grotes op so 300/400 meter sake staan en bekyk het --- toe het ek ook skelm jakkalse en moes slagyster eers weer sy deel doen.
Die boer betaal vir sy eie skade en sal gou leer as sy sak hom seermaak --- ek het 'n groter probleem met die manne wat nie die regte temperament het nie, wat nie nagvernuf het nie en nie werklik die skietvermo? het nie --- en dit is van die dinge wat nie op 'n kursus geleer word nie. Stem saam hou die cowboys uit die veld.
Tans gebruik ek nagskiet en slagysters in tandem en dit werk vir my.

Langbroek
Re: PERMITTE
Net nie te hard wees op die "jong" jagter nie. Gee hulle dieselfde kanse om in die praktyk te ontwikkel as wat onsself nodig gehad het. Anders is ons miskien selfsugtig en sterf die Jakkalsjagterspesie uit sonder dat hy geskiet word.
Miskien moet ons dink aan Kommunikasie om die nodige voordele van opleiding deur te gee en te propageer. Ekself luister nogal af en toe graag na goeie raad as dit nie op my afgedwing word nie.

- jaracal
- Administrator

- Posts: 1887
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: PERMITTE
Ek staan en val by my siening dat die jong (nuwelinge) ouens ook 'n kans gegun word. Dit is voordelig om 'n kursus te loop en die gevare van roep en of slagysterstel op 'n skinkbord te kry maar daar is niks wat jou leer soos wanneer jy self sukkel nie. Jy kan nie omdat jy sukkel ander ouens uit die veld wil hou nie, leer die moeilike jakkalse ook roep. Indien hulle nie geroep kan word nie gebruik 'n ander metode. Dit is maklik om die jakkalse wat nog nooit geroep is te kry en te skiet, maar wat leer jy behalwe om vir die boer te wys hoe maklik is dit en dan begin hy en sy seun daarmee en siedaar, die bose kringloop van voor. As die boer sien hoe jy sukkel en na 5-6 ure skiet jy slegs een dan begin hy besef wat sy vorige optredes aan sy sak doen en siedaar 'n dissipel vir ewig. Jy en hy sukkel altwee leer.
Groete
H
Groete
H
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
tafjak
Re: PERMITTE
Basjan
Jong om jakkalse slim te maak is nie rerig 'n triek nie, aanvaar net verantwoordelikheid vir jou dade ( by my roepery daag jakkalse met notaboek en pen op). Ons kan 'n elle lange lys maak van skelmjakkalse/eienaars wat self jag en dan die eenheidprys van daardie jakkalse aanpas. Glo my dat dit nooit sal werk nie en ook nie gemaak werk word nie. Slimjakkalse word nie van ouderdom slim nie, maw. jong nie-merkende jakkalse kan slim word voor hulle gebiede gevestig het. Daarom het Kruger 'n punt baie stewig beet, gelukkig stem jy saam.
Ek skiet baie kleinjakkalse en nie baie grotes. Ek het 'n klientegroep vir wie ek jag en as hulle nie probleme het nie, jag ek buite kliente ook. Jy sal egter agterkom dat die buite kliente in die middel somer na jou soek en dan nogal demanding kan raak. Hulle het gewoonlik tydens die winter min aandag aan jakkalse gegee het of geslaap. Verder is van hierdie mense so ingestel op bure se suksesse om eers te wag om so min as moontlik te bestee aan beheeraksies.
Taffie

Tafjak
Verwys jou "Glo my dat dit nooit sal werk nie en ook nie gemaak werk word nie"
Asseblief, Wat sal nie werk nie??
Verstaan nie lekker nie en wil graag agter jul prof. ouens se gedagterigting kom. Verstaan wat Hein in gedagte het en ondersteun hom tot nou toe, maar julle ander ouens se agenda is nog nie heeltemal so lekker duidelik nie.
Dankie.
Verwys jou "Glo my dat dit nooit sal werk nie en ook nie gemaak werk word nie"
Asseblief, Wat sal nie werk nie??
Verstaan nie lekker nie en wil graag agter jul prof. ouens se gedagterigting kom. Verstaan wat Hein in gedagte het en ondersteun hom tot nou toe, maar julle ander ouens se agenda is nog nie heeltemal so lekker duidelik nie.
Dankie.
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
- WillJak
- Hero Member

- Posts: 718
- Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm
Re: PERMITTE
Hierdie is nou nie om op tone te trap nie. Ek is baie dankbaar om te kan s? ek het Hein se kursus gedoen - en dit bitter leersaam gevind. Sekerlik is dit die begin, maar ek kan nie aan 'n beter begin dink nie en ek dink ook enige iemand wat die kans het om so kursus by te woon en dit nie doen nie, maar verkies om self te begin, soek vir groot probleme met skelm jakkalse.
Ek is net so dankbaar om te kan s? Taffie (Tafjak) het my onder sy vlerk geneem en geleer. Ek beskou hom en Hein na baie observasie as seker die twee beste jakkalsmanne in die land. En ek sukkel ook nog maar - so met rukke gaan dit beter maar die geduld en temperament wat die manne van praat kom nie net in as jy in die stoel sit nie - dit kom ook in om bereid te wees om te leer en te probeer en aan te hou. En so met die tyd gaan dit beter.
Ek glo wat Taffie probeer s? met die sal nooit werk nie is om verskillende pryse vir verskillend omstandighede te he. Dit is sekerlik so.
Aan die ander kant, en met my bietjie ondervinding het ek ook nou al geleer dat daar is min dinge wat so lekker kan jok (amper se ek lieg) soos 'n boer as dit oor jakkalse gaan. Wat my vang is dit - die man bel, hy het jakkalse, hulle is baie, kom skiet asseblief. Nou, hy s? daar is jakkalse, en daar is, maar wat hy nie vir jou se nie is dat hy, sy buurman, sy eie seun, sy dogter se boyfriend, die buurman se seun en die se nefie, die assitent by die ko-operasie, die se seun en die se boyfriend, die volk, hulle kinners en die honne al almal agter daai jakkalse aan was. Die goed is so ver-etter dat net die Liewe Vader hulle nog kan doodmaak. Nou verwag hy van jou, om op jou onkoste en risiko met die probleme te kom sukkel wat hy veroorsaak het.
Ek stem met Taffie saam, dit gaan swaar gaan om die ouens 'n ander prys te vra. Maar aan die ander kant, as die boere die diens gelewer wil he moet hulle bietjie beter na die jagters ook kyk. Miskien is die antwoord 'n standaard en minimum fooi vir die uitkom na die plaas toe? 'n Fooi wat jou rykoste dek en s? die eerste jakkals of kat - en beide jy en die boer vat 'n risiko - jy oor jy op 'n ander plek kon gaan skiet het waar die jakkalse nie so ver-etter is nie en die boer dat jy dalk niks skiet nie - as hy so seker is van die jakkalse op sy plaas is dit mos nie veel van 'n risiko nie?
Of trap ek dalk nou lekker tone? Ek dans juis so vrot....

If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: PERMITTE
Hallo
By Koup-Boere Unie vergadering is vandag 27-01-2009 besluit dat niemand vir permitte ongedierte beheer uitneem voor verdere kennisgewing nie
Sien julle 9 Feb

Basjan (26/1 , 03:07)
Ek bedoel en wil dit met 'n voorbeeld verduidelik. : In die Willowmore, Ooskaap omgewing is drie prof. jagters. Os 3 kan dan 'n lys maak van mense/boere wat self jag en dan daardie plekke/plase se jakkalspryse met bv. R200-00 verhoog.
Hoekom dit nie regtig kan werk nie is omdat jy jouself en die man/boere se bure in die voet skiet en dit is nie goeie praktyk nie, reken ek.
As iemand my van De Wetsdorp my bel ivm jakkalsjagtery wil ek altyd eerste by hom weet wie sy naaste jakkalsjagter is en hoekom die jagter nie daar jag nie. Op daardie manier kom ek baie keer gou agter die kap van die byl.
Hoop dit gee my onduidelike stelling vroeer meer lig.

Tafjak en Wiljak
Dankie vir die duidelikheid. Kon nie jul probleem verstaan nie --- hier by ons rond het ons ook aan die begin julle boereprobleem gehad en dat elke ou in die dorp en op die plaas wat 'n flits het 'n jagter geword het --- van die mannetjies het ook kursus gedoen en kan nie 'n bierblik op 100 raakskiet. Gelukkig was/is die meerderheid van die boere hier redelik intelligent, ( ons dink nie werklik dat julle met jakkalse kan gesels nie -- terloops Jacques ek dink ek ken miskien die seun van wie jy jou lekkerlag storietjie vertel het --- hy is verstandelik vertraag asgevolg van breinskade. Jou grappie is dus nie snaaks nie maar spreek van ongevoeligheid en swak smaak.) ook eerlik en beskaaf en lieg hulle nie graag tot hul eie skade nie --- daarom dan seker dat ons steeds 'n baie aktiewe ongedierte klub het met van die hoogste ledegeld in die land --- en op 'n paar boere na behoort almal daaraan. Daardie probleempies het hulself dus redelik vinnig self opgelos.
Ons jagters vra reiskoste en gaan jag nie op 'n plaas waar jakkalse getrein word nie --- en dit is tog werklik baie maklik om te bepaal. Kommunikasie tussen die jagters is ook baie effektief. Probleem is net dat die jakkals wat by jou skelm word nie net by jou vang nie.
Aan die ander kant is kommunikasie tussen boere ook baie effektief en word deesdae net jagters met bewese sukses gebruik --- so sort ons ook die jagters/chancers wat vinnig op die plaas rondbeweeg net om die domjakkalse te skiet uit. Daardie k?rel wat net jongjakkalsies skiet en nie ook van die ouers nie word ernstig bevraagteken en sit sonder jagplek.
Die boer doen nou ook voor die tyd sy huiswerk -- die kerngebied en bewegings ( wanneer en hoe, hoeveel en wat ) word bepaal en doen ook na die tyd 'n bietjie nasorg. Tyd kos deesdae vir die boer geld en 'n mislukte jag is verlies aan produktiewe tyd.
Hier kry jy dus 3 soorte boere: 1.Die Boer wat weet wat op sy plaas aangaan en vir wie die beheer van ongediertes nie 'n sportsmakery is nie, maar goeie boerdery bestuur. Hulle is dan ook in die verre meerderheid. 2. Die boer wat nie jakkalse het nie of 'n parasiet is of probeer geld spaar deur in sy onkunde self te probeer jag. Hulle is by ons die uitsondering en so 'n klein minderheid dat hulle geval nou werklik nie as argument gebruik mag word nie. 3. Die boere met 'n groen skynsel met lae lampersentasie en wie die ramteler verwyt vir sy swak lambemarking --- van hulle is daar net een of twee.
As ek dus luister hoe ernstig en sterk jul argument teen die boer is dan val meeste van jul boere in kategorie 2. Tragies.Julle het beslis my simpatie met jul komp common, skelm boere wat nog van nature leuenaars ook is. Watter Provinsie is dit -- die Vrystaat?? ---- ook die dat die Kapenaars in die Boereoorlog moes kom hand by sit.
Sterkte met jul opvoedings proses -- dit help nogal as dit suksesvol gedoen word. Verbeel my Hein het ook by geleentheid so iets in dier voege genoem.

BASJAN:
ongevoeligheid en swak smaak.... DANKIE VIR DIE TEREGWYSING , MAAR DIE SEUN IS AL OUER AS EK (46+) EN HET GEEN BREINSKADE OPGEDOEN VAN ONGELUK NIE.
HY IS NIE FISIES GESTREMD NIE EN IS SO VAN GEBOORTE AF.. EN GELUKKIG HET EK N MA GEHAD WAT HAAR LEWE GEWY HET AAN ONDERIG AAN KINDERS MET SULKE PROBLEME
"DOSK" EN VAN JONGS AF GELEER OM DIT TE RESPEKTEER. NA SKOOL WAS DIT HAAR MISIE OM VIR ELKE KIND N WERK TE KRY EN NIE GERUS VOOR ELKEEN IETS GEHAD HET OM TE DOEN NIE. AL WAS DIT HOE GERINGE WERK, KAN EK JOU VERSEKER HET 99% VAN HULLE DIT MET WAARDIGHEID GEDOEN...
EN MY SUSTER HET SELF SO GESTREMDE DOGTERTJIE WAT DIREK VAN JESUS AAN ONS GESTUUR IS OM AL IS DIT NET TE LEER WAT DANKBAARHEID EN ONVOORWAARDELIKE LIEFDE TE DEMONSTREER.
SO AAN ALLE LEDE VAN DIE FORUM AS EK OF MY ONVANPASTE ONGEVOELIGE GRAPPIE ENIGE IEMAND TE NA GEKOM HET, VRA EK JULLE NEDERIG OMVERSKONING...

Jacques
Nou skuld ek jou groot verskoning.
Jammer het oor gereageer.
Het egter groot empatie en opregte gevoel van deernis met mense wat nie met volle intelligensie gese?n is nie en my reaksie was dus onnodig en te skerp.
Nogmaals my verskoning daar jy dit duidelik nie spottend bedoel het nie.

BASJAN
Hier by die helfte van jou reply het ek amper gedink jy werk/boer in Japan, daar word tweedrag nie geduld nie. Sien jy is ook in ons land en dat daar ook een of twee is wat 'n bietjie lyf wegsteek!!!!.
Dit is juis ons probleem, die een of twee wat dwarstrek. So dis glad nie so dollies daar ook nie, of verbeel ek my? Die moontlikheid is ook groot dat die jakkalse nie so baie is nie, weet nie.
Taffie
N.S. As ek oor reageer vra ek by voorbaat om verskoning. Jammer ou Jakes.

Eers net dankie aan Hein, jouself, Willjak en Dawie vir goeie bydaes wat met ons CN probleem handel.
Ek persoonlik geniet die gedagtewisseling, standpuntstelling, korswil, pogings om mekaar uit te lok en die bydraes wat werklik poog om die wesenlike probleem aan te spreek solank dit op 'n vlak van beskaafdheid is. Sekere insette is soos ongewensde boere en jagters en sal ons maar altyd met ons h?.
Ek glo dat Basjan vir ons wil s? om teen veralgemening te waak en nie die uitsondering die praktyk te maak nie.
Ek is ook van die suide en boere wat verkeerd neuk is beslis meer as een of twee soos Basjan dit wel dan ook duidelik stel. Die sondebokke is egter v?r in die minderheid. Dit sal jammer wees as ons ons besig hou met veralgemening en moddergooi teen mekaar wat CN tog net in sy kwaad kan sterk en aan CN die regverdiging en argument mag gee om die boer te reguleer en om hom sy beheer oor sy eie boerdery te ontneem.
HEIN. Sommer so terloops: Ons gee almal hoog op oor ons trots vir Afrikaans. Maar dan gebruik van ons hierdie selfde taal waarvoor ons so lief is op so 'n wyse op die forum dat dit niks anders as 'n gemorstaal is nie. Miskien is dit snaaks. Op so 'n gebruik mag nie een van ons trots wees nie. Dit is 'n skande en belediging vir ons as afrikaanssprekendes. Nee a maggies k?rels ASSEBLIEF so mors mens nie met jou eie taal nie, nie as jy respek daarvoor het nie.

SIEN LOUIS SE SKRYWE SOOS AANGEHAAL DEUR LANGBROEK ONDER AANGELEETHEID: CAPE NATURE STATEMENT-----.
Louis
Jy spreek nou die werklike probleem duidelik en pertinent aan. Terwyl ons as Jagters oor permitte en boere wat droogmaak en lieg redekawel het die werklike doelstelling van die beoogde regulering gerieflik vergete geraak. CN het sekerlik heeltyd breed geglimlag.
Dankie dat jy die wekker laat afgaan het.
Die boere voel hier dat daar duidelik standpunt ingeneem moet word en dat hulle nie bereid is om as die losprys gebruik te word nie of om sondebok te speel nie.

rednat
Re: PERMITTE
Onder DCA NORME EN STANDAARDE is 'n tersaaklike en baie belangrike gesprek aan die ontwikkel.
Reaksie onder daardie afdeling is noodsaaklik.
Ek dink Hein,Kruger,Louis en Basjan is besig om daar dinge na 'n punt te voer wat vir elke verantwoordelike boer en ook vir die verantwoordelik jagter aanvaarbaar kan wees.
Ons moet nou vir Hein die nodige argumente en ondersteunings basis gee om met 'n sterk mandaat standpunt in te neem.
rednat
Reaksie onder daardie afdeling is noodsaaklik.
Ek dink Hein,Kruger,Louis en Basjan is besig om daar dinge na 'n punt te voer wat vir elke verantwoordelike boer en ook vir die verantwoordelik jagter aanvaarbaar kan wees.
Ons moet nou vir Hein die nodige argumente en ondersteunings basis gee om met 'n sterk mandaat standpunt in te neem.
rednat
- WillJak
- Hero Member

- Posts: 718
- Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm
Re: PERMITTE
Ek stem saam dat die hoof fokus moet wees op wat besig is om te gebeur in die WesKaap, maar voel tog Basjan se stellings verdien ?n antwoord.
Al wat ek kan s? is dit klink vir my julle omstandighede is so naby aan perfek as wat mens kan kry. Ek is regtig nie sarkasties nie ? dit lyk vir my julle stelsel is onder beheer met wedersydse respek en profesionaliteit tussen die boere en die jagters.
Moet s? my ondervinding is effens anders (nou nie noodwendig in julle omgewing nie, maar oor die algemeen)? en dis ondervinding, nie hoors? nie. Soos Tafjak ges? het ons kan ?n ellelange lys opstel van boere, nie net in ons omgewing nie, maar tot so ver as 300km van ons af, wat op die heel minste jok oor hulle jakkalse as lieg dan te sterk woord is.
Jy kan hom reguit vra, wanneer laas is daar geskiet en deur wie. Hy sal hoog en laag sweer daar?s nog nooit geroep nie, of ten minste nie in die laaste 6 maande nie ? dan vra jy die jong wat jou die plaas moet wys en die s? nee, die man van so en so was laas week hier en hy en die boer het sommer eergisteraand nog gaan probeer.
Ek sien n?rens wat of ek of Tafjak probeer s? het ons kan met die jakkalse praat nie, maar ek kan jou een ding s?; ek was op verskeie geleenthede teenwoordig waar boere vir Tafjak ingekry het om een skelm jakkals te kom skiet wat niemand mee regkom nie. Eerlike ouens wat dit voor die tyd vir jou s? ? en dan skiet hy daai jakkals ? en sommer nog ?n paar wat die ouens nie eens van geweet het nie. Een uit die Kamanassie het gebel oor een jakkals wat hulle toegespan het in ?n lamkamp wat ge-elektrifiseer is ? hy was openlik daaroor en bereid om ?n minimum fooi te betaal om die jakkals geskiet te kry ? ?n ou reun wat hulle kon identifiseer en wat hulle al jare soek ? die naaste wat hulle gekom het was ?n aftoon in ?n slagyster. Ek het gedryf, die boer was by en ou Tafjak skiet daai aand 5 jakkalse in daai lamkamp ? die reun, die teef, ?n helper en twee kleintjies. Nodeloos om te s?, hy skiet nou redelik gereeld in daai omgewing?..
Nou daar is boere wat mag want hulle kan, maar ek gee nie om wie s? wat nie, hy kan nie so goed wees soos ?n profesionele jagter wat 20 uit die 30 dae, die hele jaar lank, aan verskillende jakkalse, hulle kunsgrepies (Langbroek, dis nou goeie Afrikaans vir ?trick?), omstandighede, vang patrone, ens ens blootgestel word nie. As ?n gemiddeld bel ek en Tafjak mekaar seker 5 keer ?n week ? om inligting uit te ruil ? wat het die jakkals gemaak, hoe het ek/hy gemaak, wat was die resultaat, nuwe goed wat ons probeer het wat werk, wat moet ek maak as hy so maak ens. ens.
Oor die jong jakkalse, bloot statisties gewys gaan jy meer jonges skiet as grotes, want daar is dood eenvoudig meer van hulle. Aan die ander kant, ek kan nie met die jakkalse praat nie, soos jy s?, of ten minste nie die hele tyd nie ? en die bietjie wat ek wel regkry om vir Vlekkie te laat verstaan lyk my is ook die altyd die duidelikste boodskap nie ? want dis een van die redes hoekom ek nog sukkel ? om die een of ander rede, op die een of ander manier, maak ek seker ?n fout ?rens want die bietjie jakkalsies wat ek nog sover geskiet het was omtrent ewe veel 2008 modelle en 2007 modelle en ouer??
Dis nou maar so half tong in die kies, maar dit is so ? om die een of ander rede skiet ek die oueres min of meer net so gereeld en maklik/moeilik as die jongspan.
Ek probeer nie die boer afmaak of skuld gee nie, al wat ek vra is wat julle al eintlik reggekry het ? en glo my, ek en ten minste Tafjak wat ek van weet maak ?n punt daarvan om die manne te probeer laat verstaan dat die almal se jakkalse is en die enigste manier wat beheerprogramme effektief gaan wees is as die groot meerderheid saamwerk.

Willjak
Mooi man lekker man.
s? weer ek bejammer julle --- niks goed om van jul boere te s? nie -- moet dus net op die negatiewe konsentreer. Dink aan julle in jul tyd van beproewing.
Hier by ons omgewing is dit wat by julle skynbaar die normale is wel die uitsondering nl. common en skelm boere --- seker omdat met die groot vlug oor die Oranje en Vaal daar wel 'n paar beskaafde mense agtergebly het wat kan saamwerk. Verder konsentreer ons op die positiewe en probeer positief handel met die negatiewe.
Jy mag jou lelik verneuk met sommige boere se jagvermo? -- hulle het ook kursus gedoen en het daarby al een ding geleer : wanneer jy begin dink jy is wonderlik het jag die vermo? om jou baie hard grond toe te bring.
Is julle jagters maar net besonder lojaal of besonder sensitief. Julle vat nogal besonder maklik die aas of trek die skoen aan.
Mooi man --- lekker man.
Praat bietjie met Tafjak as jy weer by hom kersopsteek oor sy stelling: "dat almal om dieselfde doel streef ". Ek stem, glo dit as jy wil, saam met hom. Ons moet net nie van die boer of mekaar die sondebok maak nie dan speel ons in die groenes se hand.

Basjan, jong as dit klink of ek net negatief is weet ek nie ? soos ek s?, daar is van die boere wat mag want hulle kan regtig ? Johan is een van hulle, maar daar is meer van hulle wat net die goed skelm maak. En hier is goeie manne hier by ons ook ? ouens wat ?n reguit pad loop en oop kaarte speel ? maar baie van hulle is ook al maar half keelvol vir die ander. En ongelukkig is daar van die te veel nog.
?n Ander ding wat ek mooi duidelik wil stel ? ek voel vir myself en vir die ander jagters frustreerd met die manne wat so dwars trek, dit is so, maar ek voel ook die frustrasie van hulle bure en die goeie manne wat probeer om ons almal se doel na te streef. Jy kan maar vir Tafjak vra ? ek het al aangebied om verniet, of miskien vir ?n slagskaap, vir ouens te skiet wat werklik ?n probleem het met Vlekkie en iets daaraan wil doen maar dit waaragtig nie kan bekostig om te betaal vir die diens en dit wat geskiet word nie.
My volle simpatie is by die boer as dit by jakkalse kom, al wat ek vra is dat die boer dan ook simpatie/empatie moet h? met die profesionele jagters en oop kaarte speel oor die stand van sake op sy plaas en nie ouens uitkry onder valse voorwendsels om te kom skiet nie.
?n Ander ding wat ek mooi duidelik wil stel ? ek voel vir myself en vir die ander jagters frustreerd met die manne wat so dwars trek, dit is so, maar ek voel ook die frustrasie van hulle bure en die goeie manne wat probeer om ons almal se doel na te streef. Jy kan maar vir Tafjak vra ? ek het al aangebied om verniet, of miskien vir ?n slagskaap, vir ouens te skiet wat werklik ?n probleem het met Vlekkie en iets daaraan wil doen maar dit waaragtig nie kan bekostig om te betaal vir die diens en dit wat geskiet word nie.
My volle simpatie is by die boer as dit by jakkalse kom, al wat ek vra is dat die boer dan ook simpatie/empatie moet h? met die profesionele jagters en oop kaarte speel oor die stand van sake op sy plaas en nie ouens uitkry onder valse voorwendsels om te kom skiet nie.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
-
baasjan
Re: PERMITTE
Willjak
Ek het van die begin af van jou bydraes gehou. Kyk maar en jy sal vind dat ek dit so hier 'n daar laat deurskemer het.
Ek het ook twee bure wat ek wens ek elkeen 'n jong vrou kan gee sodat hulle in die aande in die huis kan bly of aan hulle harte kan sterf in plaas van traai jakkalsjag.
Maar ons vorder -- sal hulle nog opvoed.
In my omgewing -- behalwe die twee bure hierbo -- loop boere en hul arbeiders kilometers per week op die spoor en word 'n jagter net ingeroep as jy seker is van die beweging, ens. Ons vat ook die ouens sommer reguit op ons landbouvergaderings aan --- en dit is nie lekker as jou bure vir jou begin vingerwys nie.
Laat betaal die manne reiskoste en hulle sal gou hul huiswerk begin doen. 'n Ander probleem is die groenerige boere -- gelukkig is hulle min.
Basjan
Ek dink ek het nou 'n redelike idee van die manne se temperamente, reaksietye en standpunte en moet nou ophou om hulle uit te lok en gat te krap. Lekker man mooi man -- met jou kalmte is jy seker ouderling daar by jou.

Laingsburg boerevereniging het ook vandag by 'n ledevergadering besluit om nie permitte uit te neem voor verdere kennisgewing nie. Praat vamirrag met 'n boer wat nie geweet het van vereniging se besluit nie, hy boer langs 'n reservaat in die omgewing, hy wag nou al 3 weke om sy permit te kry, gaan nou ook nie verder sukkel nie
Cheers Dawie
Cheers Dawie
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: PERMITTE
Kom nou van br?kvis af by ultra-city waar ek saam mat my buurman aan tafel was met Deon Hignett en 2 van sy vriende, hulle het gaan jag op buurman se plaas.
Het 'n lang beskaafde gesprek met Deon gehad oor die besigheid, volgens hom wil hulle Probleemdierjagters laat akrediteer om onverantwoordelike skieters uit die veld te hou. Dan wil hulle terugstaan en dan is dit tussen die jagters en die landbouverenigings om dit uit te sort onder mekaar. Hulle wil net statistieke kry by jagters.
Enige komentaar??
Dawie
Ps. Heinrich hy het ten minste jou briewe gelees, nie soos van ons verteenwoordigers nie.

Ambessa
Re: PERMITTE
Hallo Dawie
Wat was vir brekfis? En koffie?
Ja, dit lyk of die beweging na 'n soort van register/akkreditasie vir jagters besig is om spoed op te tel. As ek na die gesprekke op hierdie forum kyk lyk dit of meeste baie ervaring het om roofdiere (spesifiek die rooikatte en rooijakkalse) in te roep en te skiet. Daar is sekerlik nog baie ander daarbuite wat ook in hierdie kategorie val maar net doodstil hul werk doen? Dan is daar beslis die ander groep waarna hierbo verwys is as die "onverantwoordelike skieters".
Ek wonder oor die volgende....
Die gedagte is dat die geakkrediteerde jagter 'n tipe "oop" of "staande" permit sal/gaan kry? Andere sal 'n permit moet kry as hy vir iemand anders wil jag? Die vraag is of dit bestuur kan word en deur wie? Sal alle boere hulle noodwendig aan so 'n reeling steur of daaraan gehoor gee? Wat presies gaan die norm(e) vir akkreditasie wees? Dat 'n jagter weet hoe om te roep en skiet? Of dat daar 'n groot afname in vangste vir 'n redelike periode daarna op die plaas is? Is daar genoeg goed opgeleide en ervare jagters wat geakkrediteer kan word? Dit is om dringend op 'n groot skaal die uitdaging die hoof bied - LW nie om voor die voet alle roofdiere (lees rooikatte en rooijakkalse) te skiet nie, MAAR om die impak op veeproduksie te verminder.
Die boer wat die gelag (vir vangste van vee op sy plaas) betaal, sal sekerlik wil weet hoe die voorgestelde stelsel beter vir hom gaan wees?
Ek wonder nog steeds maar dink dit is moontlik?