.416 Rigby of .416 Weatherby

Post Reply
Alan Hibbert

.416 Rigby of .416 Weatherby

Post by Alan Hibbert »

Hallo Almal, ek val sommer met die deur in die huis. Nuwe lid op die forum en opsoek na raad oor die bogenoemde wapens.

Ek is relatief nuut in die jag, maar die gogga het my letterlik gebyt. Ek wil graag n .416 aanskaf en het redelik wyd gelees oor die Rem / Rigby / Taylor / Weatherby. Ook lank gekyk na die .404 Jeffery. Ek besit onder andere reeds 'n .338 win Mag en 'n .375 H&H.

My voorkeur is tans die Weatherby, heens my persepsie dat dit selfs meer veelsydig is as die Rigby wat nog altyd my gunsteling was as gevolg van sy geskiedenis en die mistiek aan die kaliber verbonde. My toepassing vir die .416 is gemik op n toekomstige buffel jag en vir 300-350gr punte vir "plains game". Soos ek verstaan het die Weatherby effens meer opsies as die Rigby ten opsigte van hand ladings.

Ek sou graag die volgende wou bevestig. Die Weatherby kan vir my dieslfde en meer doen as die Rigby of is ek een dimensioneel. As ek n verlaagde hand lading gebruik wat my dieslfde verigting kan gee as die Rigby met soortgelyke terugskop, het ek ook die voordeel dat in die seisoen waar ek meer uit die Weatherby wil he ek dit harder kan laat stamp as die Rigby (ek is seker my skouer ook)  en dalk as n stopper kan gebruik tot en met die .450 of .500 vir my n opsie raak wat my volgende aankoop sal wees.

Ek neem alle ander aspekte van die twee kalibers as gelyk, alhoewel hulle dalk nie is nie. Omdat ek binnekort wil begin hand laai neem ek aan Weatherby doppe sal aanvanlik 'n probleem wees maar soos ek bymekaar maak beter gaan. Ammunisie kostes is nie vir my n probleem nie.

As ek vir die Rigby sou gaan sal dit heelwaarskynlik n CZ wees.

Hoop dit maak als sin vir die manne wat weet en verstaan!

Groete

Alan
Last edited by Alan Hibbert on Tue Oct 11, 2011 6:27 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: .416 Rigby of .416 Weatherby

Post by Flip Nel »

Die rigby het ook 'n groot dop, so hy kan ook bietjie warmer gelaai word as meer spoed belangrik is, en jy sal dalk vir die Rigby makliker ammo en doppe kry.
User avatar
walter404
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Wed Mar 02, 2011 4:42 pm

Re: .416 Rigby of .416 Weatherby

Post by walter404 »

Middag firingpin

As ek moes kies sou ek vir die .416 Rigby gegaan het.  Kyk ook na die .416 Hoffman, ek het die laaste tyd ook met hom n paar skote geskiet.
Kyk ek het ook .404 jeff en met hom kan jy 400gr teen 2300fps skiet en da is ook 450 greiners wat jy nou kan laai.

lekker dag
.40 s&w Glock 23
.22LR Puma
.22-250 Ruger M77 Hawkeye
30-06 Mauser
404 Jeff Coggswell & Harrison
12 ga BSA
Alan Hibbert

Re: .416 Rigby of .416 Weatherby

Post by Alan Hibbert »

Walter, Flip,

Dankie vir die kommentaar.

Dop kapasiteit vir die Weatherby en Rigby

Weatherby : 140 gr H2O (9.1 cm?)
Rigby        : 128 gr H2O (8.28 cm?)

Dis nou as wikipedia reg is  :) en dis waar ek die voordeel van die Weatherby sien.

Groete

Alan
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: .416 Rigby of .416 Weatherby

Post by JPS »

Firingpin,

Lyk my jy hou van recoil ;D

Geniet wat ookaljy kry mater.

Groete
JP
JoevR
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm

Re: .416 Rigby of .416 Weatherby

Post by JoevR »

Firingpin, my opinie vir wat dit werd is:

Die ballistiek en verskillende herlaai opsies van "Big Bore" kalibers is een aspek. Die Rigby en Weatherby 416 is albei goed, kan verskillende tipe koeels skiet teen voldoende spoed.

Wat ook belangrik is, is die geweer self. My voorkeure op 'n groot geweer vir gevaarlike wild is:

- "controlled round feed", wat die aksies gebaseer op die Mauser M98 bied,
- yster visiere vir gebruik as stopper,
- "quick detachable (qd) scope mounts" vir veelsydige jag.

Dus sal my keuse die CZ in 416 Rigby wees, want dit voldoen aan bg. voorkeure. Die Warne qd's werk goed op die  lang CZ (voorheen die BRNo 602) aksie, dus het jy die veelsydigheid van ystervisiere en scope.

Die Weatherby Mark V geweer wat ek gehad het, in 460 Weatherby, se aksie was "push feed" en geen ystervisiere. Die magasyn vat 2 rondtes, en die rondtes laai moeilik. Jy moet hulle hard van bo druk om verby die "feed lips" van die magasyn te kom. Verder het die geweer 'n "muzzle break" op gehad. Dit verminder recoil vir die skut, maar die harder knal en skokgolf is  onplesierig vir omstanders. Dit was 'n baie akkurate geweer, maar ek het dit verkoop.

Groete
Joe 
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
User avatar
Karl Stumpfe
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Thu Dec 23, 2010 1:37 pm

Re: .416 Rigby of .416 Weatherby

Post by Karl Stumpfe »

JoevR, baie goeie antwoord, ek dink jy slaan die spyker op die kom deur eerder na die geweer konfigurasie te kyk voor na die kaliber.

firingpin, in my opinie, is die extra spoed waarteen die Weatherby skiet in elk geval niks werd prakties in die veld nie, veral nie op grootwild nie. Hy skiet wel platter, maar as jy bereid is om meer recoil te genereer, gaan eerder 'n stap op in kaliber, en kry vir jou 'n .458 Lott of .450 Rigby.

Ek sou vir die CZ in .416 Rigby gegaan het uit jou oorspronklike keuses, maar moenie 'n .416 Rem op Winchester M70 aksie of pasmaak weggooi nie...
Karl Stumpfe
+264811285416
Alan Hibbert

Re: .416 Rigby of .416 Weatherby

Post by Alan Hibbert »

JPS, Joe en Karl,

Dankie vir die insigewende kommentaar.

@ JPS: Knyp ma o? toe en skiet jong  ;D

@ Joe: jou opmerkings oor die "totale" benadering maak sin, ek het ook die 'QD" mounts op al my gewere en n skoon voer is krities.

@ Karl: Jy is reg, mens kannie dooier as dood skiet nie en die 400gr teen 2400f/s sal enigies laat val. Soos jy tereg s?, die beter opsie is om verder te kyk na n .45/.50 vir die toekoms.

Ek vlieg maandag terug SA toe vir 3 weke vakansie.....(natuurlik vir 10 dae in die bos), maar voor dit gaan ek "shop" vir die Rigby :). Sien daar is darem n paar in die land.

Groete

Alan
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: .416 Rigby of .416 Weatherby

Post by Gerhard »

Geniet dit Alan,

Dink darm nou die ergste hitte is gebreek in Dubai...

Begin darm nou al groen word hier by ons. Ek het dit baie gemis toe ek in die Sand put gewerk het.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Alan Hibbert

Re: .416 Rigby of .416 Weatherby

Post by Alan Hibbert »

Gerhard,

Ja-nee jong kan nie wag om in die bos te wees nie! Hitte is nou weer ok, erenstige sand storm vandag!

Ons gaan warm kry laat Oktober langs die Limpopo, en die kudus gaan vir ons wegkruip maar as n man wil dan moet jy!

Alan
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: .416 Rigby of .416 Weatherby

Post by Gerhard »

firingpin wrote: Gerhard,

Ja-nee jong kan nie wag om in die bos te wees nie! Hitte is nou weer ok, erenstige sand storm vandag!

Ons gaan warm kry laat Oktober langs die Limpopo, en die kudus gaan vir ons wegkruip maar as n man wil dan moet jy!

Alan
Nee wat daai hitte langs die Limpopo is net n plesier as mens agter die kudu's aan is.

Ek het daai "shamaal" gepes as die lug vir 3 dae lank vaal bruin is.

Begin nou visvang tyd raak by julle.

Dorrado en Queenfish aan die oos kus een van die dae...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Alan Hibbert

Re: .416 Rigby of .416 Weatherby

Post by Alan Hibbert »

Ja ek duik die wereld plat hier (rooi see ens) en kyk nou juis na n 35 voetertjie vir die hengel seisoen. Sal moet wag tot ek terug is middel November.

Groetnis
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: .416 Rigby of .416 Weatherby

Post by fanie17 »

Ek dink werklik 416 rigby gaan jy makliker kan laai as die wetherby.Ek het n magnum mauser aksie wat ek nou een gaan op sit ,sou beslis vir cz gaan.Ek het ook n 500 nitro bestel in n dubbel.My 375 pre 64 voel ek is net te klein
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: .416 Rigby of .416 Weatherby

Post by iceman1982 »

Karl Stumpfe wrote: JoevR, baie goeie antwoord, ek dink jy slaan die spyker op die kom deur eerder na die geweer konfigurasie te kyk voor na die kaliber.

firingpin, in my opinie, is die extra spoed waarteen die Weatherby skiet in elk geval niks werd prakties in die veld nie, veral nie op grootwild nie. Hy skiet wel platter, maar as jy bereid is om meer recoil te genereer, gaan eerder 'n stap op in kaliber, en kry vir jou 'n .458 Lott of .450 Rigby.

Ek sou vir die CZ in .416 Rigby gegaan het uit jou oorspronklike keuses, maar moenie 'n .416 Rem op Winchester M70 aksie of pasmaak weggooi nie...
Alan,
Vir hierdie man kan jy maar luister.

Groete,
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7551
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: .416 Rigby of .416 Weatherby

Post by Wouter Roets »

Hallo Alan

Die verskillende Rigby's se dopkapasiteit wat ek al persoonlik gemeet het was 131gr en 132gr gemiddeld onderskeidelik vir die twee gewere. Albei was Norma doppe. Ek het nog nie Wheatherby's se dopkapasiteite gemeet nie maar dink nie 140gr is ver van die merk nie. Indien altwee tot 63 815psi(Wheatherby se maksimum) gelaai word sal daar so 3% trompsnelheid verskil wees. Jy sal nooit in jou lewe die verskil kan sien in die jagveld nie. In elk geval dink ek nie dit is gesond of wys om die 60 000psi merk met n gevaarlike geweer te wil oorskry nie.

Weatherby kalibers is welbekend vir hulle kort doplewe grootliks vanwee die dubbel raduis skouervorm. Neck en case splitting is algemeen in so min as drie siklusse. Nie iets wat n persoon wil he in daai prysklas doppe nie! Wat die wyse manne hier se is waar. Laat die geweer jou lei en nie die kaliber nie. As 400gr teen 2400ft/sek nie die werk gedoen gaan kry nie help meer spoed nie veel nie. Jy kan met gemak die 47 138psi merk van Rigby oorskry indien jy meer soek uit die kaliber.

CZ gewere is uitstekend standaard geskoei op tried en tested stelsels. As jy meer soek kan jy altyd die geweer inkleur na jou hartelus.

Groetnis en geniet jou homeland!
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
immelmanw

Re: .416 Rigby of .416 Weatherby

Post by immelmanw »

Naand,
Kan jou op n ander manier ook antwoord, as jy die Rigby wil verkoop gaan jy heel waarskynlik meer kry as wat jy betaal het, die Weatherby gaan jy iemand moet betaal om dit by jou oor te neem.

Herlaai, die weaterby is n belted magnum en size op die gat, nie altyd ideaal nie, die rigby size op die nek/skouer. Nie dat dit saakmaak vir sulke groot kalibers nie.

Roy weatherby het die regte ding op die regte tyd gedoen, maar ek sal maar by did 300 WBY bly, vir die res is daar beter opsies. Kyk veral na die 416 Taylor, kan op n standaard lengte aksie gebou word!

Groete

Willem
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: .416 Rigby of .416 Weatherby

Post by iceman1982 »

Manne,
wil nou nie die thread hijack nie.
Ek is bitter lus vir n 416 Rigby. Oop sites vir gevaarlike wild. Het al klaar n .375H&H. As julle in my situasie is, sal julle vir die Rigby gaan, of iets n bietjie verder van die .375 af?

Groete,
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387
immelmanw

Re: .416 Rigby of .416 Weatherby

Post by immelmanw »

Eerste vraag sal wees of jy iets van die rak wil koop of bou, rede is die lengte van aksie en dan natuurlik jou keuse in kalibers. As jy reeds 375 het, kyk ook na 458 lott, 450 rigby, 460 bauer, 458 express.....of as jy meer olifante as rooibokke gaan skiet, n 500 jeff of 505 gibs.
n Mens kan bitter min van die goed regverdig in die moderne Afrika, maar soos ons weet, jy hoef dit net vir jouself te regverdig......as jy dit wil he, doen dit!
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: .416 Rigby of .416 Weatherby

Post by iceman1982 »

immelmanw wrote: n Mens kan bitter min van die goed regverdig in die moderne Afrika, maar soos ons weet, jy hoef dit net vir jouself te regverdig......as jy dit wil he, doen dit!
Dis hoekom ek jou laaik!

Daai 450 Rigby is ook een wat ek al geloer het.
Dankie vir jou inset Willem!

Groete,
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387
immelmanw

Re: .416 Rigby of .416 Weatherby

Post by immelmanw »

Onthou, ons verkoop CZ 550 magnum aksies, 416 (met ander woorde 450, 505 Gibbs ens Bolt Face) BRAND NEW - uit die boks!
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1218
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: .416 Rigby of .416 Weatherby

Post by Sako75 »

Pasmaak 404 Jeffery

Groot genoeg vir een of twee buffels en 'n plesier op ander "plains game" wanneer die buffels afgehandel is.  Jy kan jou plesier ook vermeerder met 'n dubbel in 'n lekker groot kaliber soos 450/400..... maar dis natuurlik 'n hele ander storie.  http://www.heymusa.com/88_B_PH.htm
Last edited by Sako75 on Mon Nov 21, 2011 10:43 pm, edited 1 time in total.
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
Post Reply