Middag almal
My naam is Fanie en ek is woonagtig in die Vuildriehoek.
Ek lees al maande lank die forum en het al baie geleer. Wou al 'n paar keer kommentaar lewer waar ek dink dit kon help, maar nog nooit so ver gekom om te registreer nie. Het ook agtergekom dat dit protokol is om jouself bekend te stel.
Ek het begin as biltongjagter en agv die wapenwet besluit om meer aktief by skiet in die algemeen betrokke te raak om my lisensies te kan motiveer. Is tans 'n toegewyde sportskut wat verkry is met praktiese pistool skiet - al beskou ek myself steeds eerder as 'n jagter, of geweer skut, - dit was gewoon die maklikste manier vir my om een of ander vorm van toegewyde status te kry.
My arsenaal bestaan uit:
.22 Kimber
6 mm Musgrave
.308 Savage
9 mm Para (CZ75)
Ek laai vir alles behalwe die .22.
Groete.
Fanie
Nuwe aansluiting
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Nuwe aansluiting
Welkom Fanie, hoop jy geniet die forum nou meer met die dat jy saam kan gesels 
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

- Nuweseun
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm
Re: Nuwe aansluiting
Dagse Fanie, welkom hierm, seker jy gaan dit nou meer geniet. Jy moenie skaam wees met die insette nie.
Groete
Groete
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5124
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Nuwe aansluiting
Welkom Fano,
Daai 6mm van jou, is dir een van die min wat mooi groep of het jy ook een van die wilde perde daar beet???
Peet

Work to live, don"t live to work
-
Fano
- Sr. Member

- Posts: 250
- Joined: Tue Nov 15, 2011 2:20 pm
Re: Nuwe aansluiting
Peet
So met tye skiet hy goed genoeg vir 'n algemene jaggeweer - 30-40 mm groepe op 100, het al 'n slag of wat onder 'n duim geskiet maar dit is nie die reel nie. Die loop is gefloat en het 'n Thor sneller op en 'n 3-12 x 44 Linx scope.
Het agtergekom dat die beskikbare PMP ammunisie nie baie konstant is nie, party batche goed (no42) ander die hele blaai vol. Met die self laai gaan dit bietjie beter, maar weereens ook soms vol fiemies. Ek het nog bietjie werk om te doen hier, maar het al heelwat tips gekry op die forum. Dit is juis met inligting soek vir die outjie dat ek die forum ontdek het.
Het altyd nog net 100gr gelaai en wil nog eksperimenteer met verskille gewigte koeels - 'n wapensmid het eter vir my gese dat ek nie eintlik ligter kan gaan met sy twist nie. Enige lede wat hierop kan kommentaar lewer? Ek het ook al S361 en S365 probeer en wil tog voorkom of die 361 beter werk.
Met die 308 skiet ek hoofsaaklik 150gr en soms 165gr en sou graag ligter wou gaan op die 6 mm vir die vrou en kinders. Ek dink nie dit gaan baie sin maak om swaarder te gaan in die 6mm (105 of 110 gr) en later dalk ligter op die 308 dan raak die twee te na aan mekaar - ek sal eerder die twee so verskillend moontlik wil he.
Lekker om te gesels - enige raad met die 6 mm se opsies vir die laaiery sal baie waardeer word.

- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Nuwe aansluiting
Hi en welkom

When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !

- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: Nuwe aansluiting
welkom en geniet hom
NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]

- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Nuwe aansluiting
Welkom Fano!!!
Groetnis
Groetnis