Ons het hier op Vosburg verlede naweek 'n nagskietkompetiesie op jakkelsteikens gehad. Elke man van sy eie skietbakkie. (nogal heelwat patente gesien) Eers die middag op 300m en toe die aand op 3 teikens met reflekter o?. Ons is maar almal boere wat self jag. Dit was lekker om bietjie kalibers te vergelyk en sommer net inligting uit te ruil. Glo my daar was maar die skooitjies wat die manne maar net hulle koppe in skaamte moes laat sak.
Taffie jy ken die manne hulle was almal op jou kurses. Dalk moet jy hulle bietjie kam aanvat een of twee is bietjie grootkop.
NS. Ons het dit ook sommer deel van ons SA-jagters aktiwiteite gamaak.
Kuier-Kuier Jakkalsjag
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Kuier-Kuier Jakkalsjag
Kleinpiet
Ma reel ietsie, ek sal dit graag wil meemaak. Het nogal 'n paar idees wat getoets moet word op sulke skiete. Ry reeds die week daar by julle verby en sal graag wil kom hallo s?.
Mooiloop
Ps. Wetie of ek kan haaraf maak met julle Noordkapers nie, die goed lyk my KAN skiet!

Mooiloop en Geseende Kersfees!
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5124
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Kuier-Kuier Jakkalsjag
Kleinpiet dit lyk soos pret daai papier jak skiet van Julle.
vertel meer oor afstande, en hoeveel jakke is opgesit.
Skiet elke ou op sy eie jak en dan gaan loer julle of hoe het julle het maak om te sien wie skiet die beste??
Peet
vertel meer oor afstande, en hoeveel jakke is opgesit.
Skiet elke ou op sy eie jak en dan gaan loer julle of hoe het julle het maak om te sien wie skiet die beste??
Peet
Work to live, don"t live to work
- Kleinpiet
- Full Member

- Posts: 142
- Joined: Thu Jun 30, 2011 5:40 pm
Re: Kuier-Kuier Jakkalsjag
Die maddig skiet was oor 300m op jakkalsteiken van die "bench" af. Jy het drie skote gekry.
Die aand het ons 3 teikens oor verskillende afstande gesit. Al wat ons geweet het is
dat die teikens tussen 80m en 250m is. Jy het dan net 1 skoot per teiken gehad.
Die totaal het dan getel uit 180. Die probleem was dat as jy die jakkals mis skiet was dit -10
en 'n lyf skoot wat nie in die punte areas is nie net een punt.
Die lekker was dat ons het ons vrouens en kinders saam gebring en terwyl ons dit uitspook kon
hullle lekker kuier en speel.

- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Kuier-Kuier Jakkalsjag
Kleinpiet
Het jy ni n paar fotos "gevang" om te wys nie

Mooi loop
Francois
Het jy ni n paar fotos "gevang" om te wys nie
Mooi loop
Francois