Jammer dit is nou so bietjie later gedoen. Ek moes dit gister al gedoen het.
Ons het 'n geslaagde en baie interessante kursus bygewoon wat op baie kort kennisgwing met baie moeite en baie kilometers deur Louis 102 aangebied is. Sommer in die ver ou Kalahari. Ons kon egter nie die praktiese deel doen die aand nie, hewige storm opgesteek saam met 'n veldbrand en ons was gestrand
Louis, baie dankie vir al jou kennis wat jy gedeel het en die manier wat jy die hele ding hanteer het. Dit was baie leersaam en vol "tips" wat man gereeld kan toepas. Die klanke was super en jou ontleding van wat vlekkie vir jou se as hy gesels was uitstaande.
Vir die res van die manne: as Louis tips uitdeel, luister maar.
Baie dankie en dit was lekker om jou hier in my eie wereld weer te kon sien. Sterkte met jou "nuwe" projek wat jy mee besig is, moenie dat ons te lank wag vir die resultate nie
Mooi loop almal
Kalahari

