Raad met 375H&H asb

Post Reply
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Raad met 375H&H asb

Post by .::Alwyn-U::. »

Hi aan al die manne en mannine op die forum.

Ek het nou onlangs my nuwe 375H&H gekry, dit is die Mod 70 Winchester met 1:12" twist. Ek soek asb raad met die herlaai komponente.

Ek wil graag weet watse fabrikaat punte (235gr), kruit (soort en hoeveelheid), primers en doppe werk baie lekker vir hom. Hopelik kan julle my help om die lading ontwikkelings proses makliker te maak.

Enige hulp sal waardeur word.

Groete
Alwyn Uys
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Raad met 375H&H asb

Post by tripodmvr »

Ek het begin met Goodnel 235's en later die ou tipe Banes X begin laai. Deesdae het ek ook die 200gr Impala en die nuwe Barnes TSX gebruik. Vir oefening het ek die Speer 235gr geskiet. Het met almal goeie groeperings gekry. Ek het die 265gr GSC HV ook eenmaal op baan geskiet.

My opinie is dat koper homself as projrktielmetaal bewys het en ek bly by hulle vir jagdoeleindes. Laat weet wat jou geweer se besonderhede is en Quick Load kan handig aangewend word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Raad met 375H&H asb

Post by .::Alwyn-U::. »

Tripod

Dankie vir die raad, kan jy enige programme voorstel wat my sal kan help?
Deesdae is daar mos baie free programme op die net.

Groete
Post Reply