Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Glo ons val in dieselfde bracket !! Het geen probleem met die 20 - 30 yard storie nie. Het verlede week begin met die langer afstande. Geen probleem nie - EK BEWE TE VEEL !!! Die bleddie 75mm teikens wil nie stil staan nie. Nou vir die manne wat al bietjie met die pompe gespeel het - ek skiet op die oomblik op die gemiddeld - het nog altyd gewerk vir vleis in die huis !
Gerhard - moet mens kyk na 'n swaarder stabiliser ?
Henslin, beweeg jou pennetjie links-regs-links oor die teiken (bewe) of op-af-op bewe?
Beide kan baie dinge beteken. As dit link-regs is, is dit dat jou stab te lig is. Dit kan werk dat jy hom langer maak so 5-7 duim of ekstra gewig voorop jou huidige stab sit. Mens moet maar speel...
SV - van links na regs !! My hoogte is so konstant soos 'n koei wat bul vat. Die ouderdom bewe van links na regs is die probleem. Skiet nou al redelik vinnig - voel net nie vir my reg nie.
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
henslin wrote:
SV - van links na regs !! My hoogte is so konstant soos 'n koei wat bul vat. Die ouderdom bewe van links na regs is die probleem. Skiet nou al redelik vinnig - voel net nie vir my reg nie.
Henslin, ek sal waag om te se dat die stabiliseerder wat jy huidiglik ophet, baie te lig is vir jou boog. Baie mense kry deesdae hierdie 4duim rubber goedtjies en noem dit stabiliseerders, maar hulle praat die grootste twak. Al wat die doen is om jou vibrasie weg te vat, niks stabilisering nie. Ideaal moet jy kyk vir 'n stabiliseerder wat so 10-12 duim lank is met 'n lekker 5-10oz gewig voorop. Dit het dieselfde effek as die 30duim stabs (met 'n 3oz gewiggie voorop)wat die teikenmanne manne mee skiet.
Dit is iets wat mens maar moet mee speel ens, dit het my 3 dae gevat om als reg te kry. 14duim stab met 'n 16oz gewig voorop. Daar is niks vibrasie damping op my stab nie, ek het liewerste ekstra goed op die limbs gesit om vibrasie te verminder.