Hoe om teleskoop te monteer.

Post Reply
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Hoe om teleskoop te monteer.

Post by Pvdw »

Manne ek is besig on my 223 aanmekaar te sit. Ek wil eers die knaldemper laat opsit voor die ringe en basis opkom.

Ek het egter solank gekyk wat kom waar en hoe pas dit.

Hier is so foto of 2 van die ringe met die stawe in om te kyk of hulle oplyn.

Van bo lyk dit heel goed.

[img width=560 height=420]http://i1218.photobucket.com/albums/dd4 ... G_4147.jpg[/img]

Van die kant af let ek op dat die kamera se flits nie mooi ooreenkom op die stawe nie. Net met die oog kan ek dit wel optel met so bietjie verbeelding maar dis nie diudelik nie.

[img width=560 height=420]http://i1218.photobucket.com/albums/dd4 ... G_4138.jpg[/img]

Sou julle aanbeveel dat ek daai laaste bietjie nog lap of is dit reg so ??? ???. Dis my eerste keer wat ek dit doen en enige raad is welkom.


Laastens. Die hoogte van die scope kan nog sak as dit moet. Sou julle s? ek moet so laag moontlik of is dit OK soos dit nou is?? Ek kan die ringe nou omriul as dit beter so sal wees. Ek kan nog maklik vanaf Medium na Lae ring verander.

[img width=560 height=420]http://i1218.photobucket.com/albums/dd4 ... G_4151.jpg[/img]

Enige hulp/raad sal wardeer word.

Peet
Last edited by Pvdw on Sun Oct 23, 2011 3:20 pm, edited 1 time in total.
Work to live, don"t live to work
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Hoe om teleskoop te monteer.

Post by Monrique (SJ) »

Dagse Peet

Die roer lyk sommer netjies, geluk met die liksens. Ek sou se dat jy die scope so laag monteer as moontlik met slegs n 1mm-2mm clearence tussen die scope en loopindien dit haalbaar is.  Dan het ek gevind met my lapping tool dat die belyning stawe met die skerp punte jy nie 100% met sekerheid kan se dat die belyning reg i, en jy die plat vlakke nodig het om dit te verifieer.

My beskeie mening.

Sterkte

Groetnis
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Hoe om teleskoop te monteer.

Post by Pvdw »

Dankie SJ. As daai met die stomp punte beter werk dan draai ek so 'n stel stawe ook.

Dankie vir die raad.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Hoe om teleskoop te monteer.

Post by Christo »

As jy Point blank Range gaan gebruik is die amper beter op effe hoer scope ringe te he. Die wat jy het gaan beter werk en jy mag 'n verder PBR he as wanneer jy laer gaan.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Hoe om teleskoop te monteer.

Post by Pvdw »

As jy Point blank Range gaan gebruik is die amper beter op effe hoer scope ringe te he. Die wat jy het gaan beter werk en jy mag 'n verder PBR he as wanneer jy laer gaan.
Christo, hier gaan jy moet help asb. Ek verstaan nie kop of gat nie :P :P :-[

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Hoe om teleskoop te monteer.

Post by Hein M. »

Moes ook gou weer gaan kyk...

point-blank
adj.
1.  Aimed straight at the mark or target without allowing for the drop in a projectile's course.


Dit lyk my dit is die plek in die koeel se vlug wanneer hy begin val - soos ek dit verstaan.

As jou scope op daardie hoogte bly, het jy meer opsies om die PBR verder te maak - soos wat Christo daar gese het.

Mooiloop!

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Hoe om teleskoop te monteer.

Post by Christo »

Boere taal verduidelik, so moenie skiet nie.

Ek het 'n ballistiese tabel wat jy die parameters invoer en dan bepaal hy die afstand waarop jy die geweer Zero.

Ek het bv. vir Jakkalsjag gesluit dat ek 'n 4" kol het wat ek kan raakskiet vooordat dit kwes of mis raak. Daar is nog ander faktore soos jou groep grote op 100m wat die tabel ook gebruik. Maar kom ons se dat vir die oefening bepaal die tabel dat jy dan nooit meer as 2" hoog of 2" laag tot by PBR sal skiet nie. Vir iets soos 'n Eland sal dit seker selfs 8" kan wees.

Dan gee die tabel jou die afstand waarop jy Zero en ook die MAX afstand. Daarna moet jy net seker maak die teiken is nie verder as die max afstand nie, en kan jy net dood korrel sonder om toe te gee, ens.

Hoop dit verduidelik.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Hoe om teleskoop te monteer.

Post by Pvdw »

Dankie Christo en Hein. As ek an reg verstaan is dit die maks afstand wat jy die teiken/kol/vitals gaan tref sonder om te kompenseer vir die koe?l wat op daai stadiun of bo of onder die siglyn is?

Sal ho?r ringe die PBR (dis nou binne perke aanvaar ek) dan verleng?

Wel ek beplan om nie te "dail" as ek skiet nie so ek aanvaar dat PB maar my skiet tegniek sal wees.

SJ ek het gou stawe op die draaibank gemaak met plat punte. Sal hulle beproef as ek die lapping doen.

Dankie
Work to live, don"t live to work
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Hoe om teleskoop te monteer.

Post by Christo »

Pvdw wrote:
Sal ho?r ringe die PBR (dis nou binne perke aanvaar ek) dan verleng?
Ek verstaan so.

Die geweer van jou se eerste skoot is deur my hart, hy's mooi
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Hoe om teleskoop te monteer.

Post by Pvdw »

Dankie Christo, ek moet s? ek is self heel opgewonde oor die stukkie plank en staal ;D ;D

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 549
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Hoe om teleskoop te monteer.

Post by Jassie »

Peet

Wat praat jy nou "plank en staal". Lyk meer na wat die dokter presies en spesifiek voorgeskryf het.

Hoe lekker "groen" is ek sommer nou.

Groete
JAS
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm

Re: Hoe om teleskoop te monteer.

Post by Rooies »

Peet

Watse mounts en ringe het jy op die Howa?
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi



"Forgive your enemies, but never forget their names."
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Hoe om teleskoop te monteer.

Post by Pvdw »

Rooies dis basis en ringe gemaak deur LYNX. Dit pas blykbaar op alle Remington 700 aksies.

http://www.lynx.co.za/products/mounts/mounts-2p.asp

Jassie dis juis die geweer wat ek wil kom toets op daai Springbokke van jou ;D ;D

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 549
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Hoe om teleskoop te monteer.

Post by Jassie »

Peet

Ons trek nie so mooi aan as ons gaan jag nie so die roer gaan besonders uitstaan tussen ons klomp "bladvere"....

.....  en hy gaan verskriklik stofferig word.  Hmmmmm ...... nie goed nie ons sal vir hom 'n jas moet aantrek.

Groete
JAS
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
projag

Re: Hoe om teleskoop te monteer.

Post by projag »

Peet
Die blote feit dat die stawe se punte mooi na mekaar wys beteken nie dat alles reg is! Maak seker dat die stawe self waterpas tot mekaar is.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Hoe om teleskoop te monteer.

Post by Pvdw »

Maak seker dat die stawe self waterpas tot mekaar is.
Projag hier het ek jou verloor ??? ???

Peet
Work to live, don"t live to work
Post Reply