Page 1 of 1
So moet Varke geskiet word
Posted: Sun Feb 07, 2010 12:30 pm
by britsman
Nico /Gerhard / Foxcreek en die ander vark jagters,
Pierre Bosch het ge vra of die oppi forum sit.
Kyk biki :Clik op die foto
Wat se julle van die video.
mooi loop,
ou brits
Re: So moet Varke geskiet word
Posted: Sun Feb 07, 2010 4:33 pm
by Nico Harris
daai ou het goed gerecover van daai een ef!! maar ek weet nie of daardie ferrel pig so bedonderd is soos n bosvark nie. ek het al bosvarke sien storm en as daardie n bosvark was sou daai knaap gek@k het!
nico
Re: So moet Varke geskiet word
Posted: Sun Feb 07, 2010 5:32 pm
by Gerhard
lol
waar is my 500 Jeff...

Re: So moet Varke geskiet word
Posted: Sun Feb 07, 2010 8:45 pm
by Ambessa
Hallo Harris30-06
Harris30-06 wrote:...ek het al bosvarke sien storm en as daardie n bosvark was sou daai knaap...
...hy het, jy sien dit net nie in die lang gras nie...
Ambessa
Re: So moet Varke geskiet word
Posted: Mon Feb 08, 2010 6:50 am
by Foxcreek
Oom Brits
Nie te sleg nie. Oom Ambessa, hy sou definitief 10 pond meer adrenalien in die broek gehad het as dit 'n regte modderbok was.
Ek het eendag saam met honde bosvarke gejag. Die honde het 'n vark in die mielies vasgekeer nadat hulle hom baie kilometers gejaag het. Ek het met die .303 ingegaan. Dit was scary. Die mielie was dig (75 cm rye teen 70 000 plante per ha) en 'n vark wat 2m van my af brom en al in die ronte beweeg.
Ek kon net redelik sien as ek baie laag gekyk het (daar was minder blare aan die mielies se onderkante). Die volgende oomblik druk daai vark sy snoet tussen die mielie rye deur, 'n half meter van my af, oppad om my te eet. Ek het 'n m@&rse gil gegee, in die lug ingespring en laat lees na die vark se kant toe. Gelukkig tref ek hom toe op die rug tussen sy skouerblaaie.
Dat ek nie senuwees in die broek gehad het nie is 'n wonderwerk. Ek het wel gebewe soos 'n mens wat sy h@l met 'n giftige haasvel afgevee het.
Foxcreek.
Re: So moet Varke geskiet word
Posted: Mon Feb 08, 2010 7:45 am
by Gerhard
Foxy...
Ja nee kyk.
Daai otterjasie is seker een van die lelikste gesigte wat mens kan kry...
