Page 1 of 1

My 243 kort n Silencer.

Posted: Thu Mar 29, 2012 5:15 pm
by Romac
Middag vriende

Ek het my 243 gekry en is besig om al die nodige goed op te monteer en te sit. Ek het alreeds n Winmag 300 met n Silencer en wil graag vir die 243 ook een opsit.

Nou die vraag; watse tiepe silencer sal julle voorstel om op my 243 te sit wat hom lekker stil sal kan maak en waar kan ek dan so n Silencer koop. Ek is in die Oos-Rand omgewing.

Hoor graag van julle experts

Groete

Re: My 243 kort n Silencer.

Posted: Thu Mar 29, 2012 5:21 pm
by BLOK
Search sommer hier op die forum vir Terminator en lees daaroor, en dan kan jy ook vir Baboonstalker pm hy maak ook nou search hier iewers is syne ook op.

Re: My 243 kort n Silencer.

Posted: Thu Mar 29, 2012 5:26 pm
by Beretta
Blok
Is baboon se silencers al te koop
Beretta

Re: My 243 kort n Silencer.

Posted: Thu Mar 29, 2012 5:31 pm
by BLOK
Oom Beret

Hy het laaste pryse al opgesit so ek glo so. Ek wik en weeg nog of ek een van syne of een van die Terminators moet vat vir die 204

Re: My 243 kort n Silencer.

Posted: Thu Mar 29, 2012 8:46 pm
by jakesvv
Kom gesels met morkel&crouse riflemakers by safari&outdoor in pretoria tel no.0123485937

Re: My 243 kort n Silencer.

Posted: Thu Mar 29, 2012 11:14 pm
by Francois Briedenhann
Ek moet se ek het self n Terminator op my 243 en dit maak n baie groot verskil en myne gaan nou al amper vir 700 skoote.

Groete FB

Re: My 243 kort n Silencer.

Posted: Fri Mar 30, 2012 9:21 am
by Romac
More Vriende

Baie dankie vir julle insette.

Ek wil gou by julle manne hoor. Sal julle net n Silencer op sit wat voor op die loop skroef na vorentoe, die Standard Model of sal julle n Silencer opsit wat half pad terug skuif oor die loop. Ek dink hulle noem dit die Delux Model.

Groete

Re: My 243 kort n Silencer.

Posted: Fri Mar 30, 2012 10:37 am
by Chrisjan
Hi, die een wat oor jou loop skuif word Reflex tipe genoem. Ek hou nie van die extra hitte op jou barrel wat hierdie silencer bydra nie.

My 243 se silencer hat meer as 1000 skoote op, maar ek is nog nie in produksie met hulle nie. Glo nie meer lank nie. Ek sal vir eers met Babaoonstalker se silencer gaan.

Groete
Chrisjan

Re: My 243 kort n Silencer.

Posted: Mon Apr 02, 2012 9:11 am
by Vosman
Romac,
Ek persoonlik is nie mal oor die reflex tipe nie. Ek het wel nog nie te doen gehad met Baboonstalker se KD nie, maar kan self die terminator of die arms kd aanbeveel. Die terminator is korter, arms is langer maar dunner as terminator. altwee is baie effektief.

Sterkte met die besluit!