Page 1 of 3
boomlusern, het iemand dit al uitgeplant
Posted: Wed Mar 28, 2012 6:09 pm
by douw
Ek wil graag uitvind of iemand al die boomlusern uitgeplant het, of weet van iewers waar die goed al gevestig is. Ek wil baie graag die goed gevestig sien, en nie net so op 'n foto soos deur die verspreiders nie.
Groetnis
Douw
Re: boomlusern, het iemand dit al uitgeplant
Posted: Fri Mar 30, 2012 8:59 pm
by douw
Iemand, Niemand??
Re: boomlusern, het iemand dit al uitgeplant
Posted: Fri Mar 30, 2012 9:09 pm
by HUNTER
douw lyk my nie so nie, sal ook graag wou hoor.
Re: boomlusern, het iemand dit al uitgeplant
Posted: Sat Mar 31, 2012 8:48 am
by cassie_calvinia
my plantjies kom een van die dae.
Re: boomlusern, het iemand dit al uitgeplant
Posted: Sat Mar 31, 2012 9:44 am
by Paul Jonker
Julle moet op Landbou.com kyk. Daar is 'n ou met die naam Justice Malanot hy het uitstekende ervaring met die boom lusern. As ek reg onthou het hy op Jaracal ook al daarvan gepraat.
Re: boomlusern, het iemand dit al uitgeplant
Posted: Sat Mar 31, 2012 11:14 am
by douw
Paul Jonker wrote:
Julle moet op Landbou.com kyk. Daar is 'n ou met die naam Justice Malanot hy het uitstekende ervaring met die boom lusern. As ek reg onthou het hy op Jaracal ook al daarvan gepraat.
Justice Malanot is die verspreider van die saad en plantjies soos ek verstaan. Ek wil sien waar die goed gevestig is, ek stel nie in hul fotos belang nie. Niemand kan vir my s? waar die goed suksesvol in Suid Afrika geplant is en al bewei word nie.
Hoop tog iemand kan vir my bietjie lig hierop werp.
Groetnis
Douw
Re: boomlusern, het iemand dit al uitgeplant
Posted: Sun Apr 01, 2012 12:49 am
by Francois Briedenhann
Naand Ooms.
Hier in ons wereld plant die manne kwaai. Maar hulle se die helfde van die goed kom nie op nie???Het al met 2 mense gepraat wat n probleem het met die opkom van plante.
Groete FB
Re: boomlusern, het iemand dit al uitgeplant
Posted: Sun Apr 01, 2012 8:22 am
by worshond
Myne al heup hoogte maar nog in sakke, moet nog uitplant.
Re: boomlusern, het iemand dit al uitgeplant
Posted: Sun Apr 01, 2012 7:48 pm
by douw
Dankie sover.
Groetnis
Douw
Re: boomlusern, het iemand dit al uitgeplant
Posted: Mon Apr 02, 2012 4:58 pm
by Hugo
My boompies is 30cm, geplant vanaf saad. Baie min het uitgekom. Sal die naweek fotos neem, beplan om dit uit te plant die naweek. Ekt draad hokke wat ek oor dit gaan sit vir beskerming tot dit mooi groot is.
Ons sal mar sien of die wild dit eet.
Re: boomlusern, het iemand dit al uitgeplant
Posted: Mon Apr 02, 2012 6:06 pm
by douw
Sal graag die fotos wil sien. Ek sal egter baie graag wil sien of eet die diere hom?
Groetnis
Douw
Re: boomlusern, het iemand dit al uitgeplant
Posted: Tue Apr 03, 2012 7:04 am
by worshond
Ek was vanoggend gekontak ek gevra of ek sou belangstel in saailing teen so R2-00 n saailing. Laat weet as julle belangstel
Re: boomlusern, het iemand dit al uitgeplant
Posted: Tue Apr 03, 2012 3:37 pm
by Hugo
Waars jy worshond? En skaap of bees tipe? En hoe groot is die saailing?
Re: boomlusern, het iemand dit al uitgeplant
Posted: Tue Apr 03, 2012 7:24 pm
by Bok
Worshond PM my met di besonderhede asb, want dis wat ons hier vir saad betaal.
Re: boomlusern, het iemand dit al uitgeplant
Posted: Wed Apr 04, 2012 9:23 am
by worshond
Johan Van Rooyen CPS Seedlings 082 457 2879
Re: boomlusern, het iemand dit al uitgeplant
Posted: Thu Apr 05, 2012 12:53 am
by dewald
ek het nou al met baie mense gepraat en die artikels gelees en die fotos gekyk, ma niemand kan my s? waar en wie dit al geplant en bewei het nie. Het vandag van n man gehoor wat in die vroee 90 n boom tiepe ding aangeplant het glo hektare vol, maar dit was glo ma nie suksesvol nie, gaan more hom probeer opspoor en bietjie uitvind. Ek hoop maar net dat dit nie die wonderboom is nie. Aangesien mens dit al in die 80's kon kry.
Re: boomlusern, het iemand dit al uitgeplant
Posted: Wed Apr 11, 2012 1:26 pm
by Dirkie Burger
Ek kan bevestig dat ons 'n paar boere is wat ons plantjies saam bestel en gekry het. Ons is almal in die Noord-Kaap naby Prieska omgewing en daar is gemengde gevoelens.
Ek dink as jou plantjies nie groot is nie en jy wil nou uitplant maak jy 'n fout, wag tot na die winter (my persoonlike opinie)
Van my 600 bome is net 4 oor, so vir my was dit 'n totale mislukking. Van die ander ouens se boompies doen goed. Weet nie wat die rede hiervoor is nie
Re: boomlusern, het iemand dit al uitgeplant
Posted: Wed Apr 11, 2012 4:27 pm
by Hugo
Jy se nie groot nie? My boompies is almal oor die 350mm hoog, as ek hul nou uitplant of na die winter, gan hul koue kry, hul is anyway van saad af in die veld sand, sonder kunsmis, in die son en die lot, moet se net 14 uit 50 het opgekom, res het nie eers teken van ontkiem gewys nie.
Re: boomlusern, het iemand dit al uitgeplant
Posted: Thu Apr 12, 2012 9:42 am
by worshond
Het vandag my 2600 saailinge van CPS Seedlings ontvang.
Re: boomlusern, het iemand dit al uitgeplant
Posted: Thu Apr 12, 2012 7:30 pm
by Bok
@worshond
sit bitji 'n foto op
Bok
Re: boomlusern, het iemand dit al uitgeplant
Posted: Fri Apr 13, 2012 8:18 am
by worshond
Re: boomlusern, het iemand dit al uitgeplant
Posted: Fri Apr 13, 2012 8:20 am
by worshond
Re: boomlusern, het iemand dit al uitgeplant
Posted: Fri Apr 13, 2012 12:02 pm
by Spanner
Daai klein saailinge lyk net soos dagga plantjies !
Re: boomlusern, het iemand dit al uitgeplant
Posted: Tue May 01, 2012 7:43 pm
by cg rossouw
Hallo manne
My swaer het saad ingevoer en hulle is behandel, soos ek verstaan is hulle behandel dat hulle beter ontkiem ens. R 75 vir 100 pitte, myne is mooi uit hoop hulle kan hier in Sept uitgeplant word, moet nog gate grou en al daai oulike dinge.
As iemand saad soek laat weet maar.
Groete
CG
Re: boomlusern, het iemand dit al uitgeplant
Posted: Wed May 02, 2012 4:48 pm
by Hugo
Hi, stuur asb jou epos adress, ek stel belang in van die behandelde saad, kan jy asb sommer vir my pos?
Email my by
hugof99@gmail.com