Page 1 of 1
Dragtige Diere
Posted: Wed Mar 28, 2012 12:21 pm
by sako 30-06
Ek gaan die naweek in die Zeerust omgewing jag,daar is glo laasnaweek 2 dragtige koedoe koeie geskiet.al gaan ek verniet jag wil ek nie ook n dragtige bok skiet nie.so die vraag is waarna moet ek uitkyk om te sien of die koei of ooi dragtig is of nie?
Re: Dragtige Diere
Posted: Wed Mar 28, 2012 4:00 pm
by Gerhard
Ek is nou nie n ekspert nie maar dragtige vroulike diere einde Maart is n bietjie vroeg...
Jy gaan nie vroeg in die dragtige tyd kan sien of n vroulike dier dragtig is nie.
Geniet jou jag.
Re: Dragtige Diere
Posted: Wed Mar 28, 2012 4:09 pm
by VdWalt
Op die stadium dink ek vroulike diere met kleintjies wat drink dalk 'n grooter
probleem is. Ek het verlede week nog bwb kalwers gesien wat aan die koeie
drink.
Re: Dragtige Diere
Posted: Wed Mar 28, 2012 4:11 pm
by Gerhard
Ja,
Jong kallers wat nog suip sal jy kry.
Maar twyfel sterk oor dragtige koeie die tyd van die jaar.
Re: Dragtige Diere
Posted: Wed Mar 28, 2012 4:54 pm
by tripodmvr
Kudus het wel piektydperke wanneer kallers aankom, maar dragtige koeie is moontlik dwarsdeur die jaar. In die natuur vra die leeu nie of die koei dragtig is of nie. Hy heet hom. Dit is nie 'n lekker gevoel om so koei te skiet nie, maar dit is die risiko wat mens maar loop as jagters.
Re: Dragtige Diere
Posted: Wed Mar 28, 2012 5:03 pm
by Ponkie
Gerhard
Dragtige koeie in Maart is beslis hoe dit moet wees. Koedoe koeie kalf soms so vroeg soos middel Junie al en as 'n koeie 9 maande dra is dit glad nie onmoontlik vir hierdie tyd van die jaar nie.
Sako, Skiet eerder dan 'n jong bul as om 'n dragtige koei te skiet, weet nie of jy per kg of per bok betaal nie.
Groetnis
Ponkie
Re: Dragtige Diere
Posted: Wed Mar 28, 2012 6:43 pm
by sako 30-06
Ponkie wrote:
Gerhard
Dragtige koeie in Maart is beslis hoe dit moet wees. Koedoe koeie kalf soms so vroeg soos middel Junie al en as 'n koeie 9 maande dra is dit glad nie onmoontlik vir hierdie tyd van die jaar nie.
Sako, Skiet eerder dan 'n jong bul as om 'n dragtige koei te skiet, weet nie of jy per kg of per bok betaal nie.
Groetnis
Ponkie
Ek skiet verniet so ek sal verseker so ver ek kan n bul skiet,maar soos jy weet sal dit maar moeilik wees om n koei te laat verby loop.daar is maar die gewone bosveld wild wat ek mag skiet so ek sal my bes probeer om net manlike diere te skiet.
Re: Dragtige Diere
Posted: Wed Mar 28, 2012 8:20 pm
by DWB
Sako, Een ding wat ek jou wel kan vertel is dit is bitter bitter sleg om 'n dragtige dier te skiet. Hulle vrek nie net nie en veg tot die dood.
Ek het ongelukkig die nare ervaring gehad toe ek iemand anders se gekwesde Swartwildebees moes gaan opvolg. Sy wou net nie val nie.
Dit breuk 'n man.
So as jy kan, probeer jouself die hartseer spaar.
Re: Dragtige Diere
Posted: Tue Apr 03, 2012 3:00 pm
by FHM
DWB wrote:
Sako, Een ding wat ek jou wel kan vertel is dit is bitter bitter sleg om 'n dragtige dier te skiet. Hulle vrek nie net nie en veg tot die dood.
Ek het ongelukkig die nare ervaring gehad toe ek iemand anders se gekwesde Swartwildebees moes gaan opvolg. Sy wou net nie val nie.
Dit breuk 'n man.
So as jy kan, probeer jouself die hartseer spaar.
Ek stem 100 % saam met DWB - ek was ook al in so n situasie. Dit spook lank by n man daarna en het vir my 2 jaar lank laat ophou jag, ek het amper my gewere verkoop daarna.
Skiet jong bul of los eerder (my opinie)
Re: Dragtige Diere
Posted: Tue Apr 03, 2012 6:04 pm
by Frederik
Dragtige diere is maar 'n kans wat 'n mens moet vat jy kan partykeer sien en partykeer nie ek probeer in Limpopo om nie sommer vroeer as einde April begin skiet op vroulike diere nie. Dit is seker hokeom juis die seisoen in Limpopo seker op 1 Mei begin.
Dit is eintlik vir my erger as die dier nog 'n kleintjie het wat drink.
Re: Dragtige Diere
Posted: Wed Apr 11, 2012 10:07 am
by Deon Joubert
Sako
Shit ja dis n moeilike een. Jy sal beslis dragtige diere kry. Wilde beeste zebras en rooibokke. Die probleem met koedoe koeie is die eier is baie klein en jy kan nie die tepels sien nie. By Blou Wildebees koeie is die eier groot en jy kan sien dat die tepels vergroot is. Dit is maar nogsteeds n kaans wat n mens vat. Ek moet bieg om te se dat ek as reel uit my pad uitgaan om nie vroulike diere te skiet nie. Was al by teveel bokke wat afgeslag is wat dragtig was. Maak nie saak he duk jou baard is nie, as jy daai klein ding sien dan word als sag.
Re: Dragtige Diere
Posted: Wed Apr 11, 2012 9:17 pm
by tobie
Deon ek stem.dit vat amper die vreugde weg van daai goeie skoot.
Groete Tobie
Re: Dragtige Diere
Posted: Sun Apr 22, 2012 11:36 pm
by Swys14
Dis maar n moeilike een vir my die. My eerste jag ervaring so amper 10 jaar gelede was so iets. Gids het gese "skiet daai een", toe skiet ek daai een...toe is daai gemsbok dragtig...man, dit spook maar nog lank by n man, maar ek kon dit rerig nie gehelp het nie.
Re: Dragtige Diere
Posted: Mon Apr 23, 2012 7:36 am
by Zack Benade
Dis moelik om dragtige diere te sien, veral in die vroe staduim.
Dis skrikwekkend om te sien hoe min jagplase hieroor voel. As jy 'n biltong jagter is word jy aangeraai en voorges? om net vroulike diere te skiet, dragtig of nie.
Groete
Zack
Re: Dragtige Diere
Posted: Mon Apr 23, 2012 8:00 am
by prohunt
Ek stem saam dat koedoekoeie die tyd van die jaar 'n probleem is. Met rooibokooie het jy egter nou geen probleme nie, hulle paatyd begin nou eers en lamtyd is eers einde van die jaar (laat November tot ongeveer einde Desember).
Lekker jag
Johan