Page 1 of 1
Nikko Sterling
Posted: Tue Mar 27, 2012 7:06 pm
by Cobus(Cobb)
Het so Air King op my Gammo en hy gedra hom mooi...Annerdag op 'n duiwe jag(vir baber aas), val die Gamo om, en scope val mooi, tussen die bel en verstel skroef, 'n duikie in die tube.....net voor ek hom weggooi, sit ek hom toe op die 22.....hy loop nog soet soos stroop
Toe nie so tros produkkie vir R800 nie....
Cheers
Re: Nikko Sterling
Posted: Wed Apr 11, 2012 2:43 pm
by Christo Els
Dink julle ek kan hom op my 243 sit .
Ek wil vir my die targetmaster koop en op sit
Re: Nikko Sterling
Posted: Wed Apr 18, 2012 2:12 pm
by Nico Carelse
Ek kan met n geruste hart die volgende se:
Ek het n Night eater 3-10 x 44 op my Parker Hale 30-06 al vir 4 jaar en ek het nie probleeme nie.
Het laas jaar n target master 5-20 x 50 gekoop en op my .22 gesit terwyl ek wag vir my 22-250 lesensie, was lekker en is lekkerder op die 22-250.
Ek kan glad nie kla nie hulle is goedkoop en werk baie lekker. Optics is goed en ek kan nie kla nie.
Het dit vergelyk met Vipers en is beter op 16+ as die vipers.
Ek kan nie sien hoekom ek n 20k scope op n 12k geweer moet sit nie?????
Wil net sien en wil net raak skied........en as ek stel moet dit daar bly.
Night eater en target master sal ek se ja waarde vir geld.... die ander modele kan ek nie maar die twee is gaaf.
Re: Nikko Sterling
Posted: Fri May 04, 2012 7:38 pm
by B C
My pa het 'n 4*32 Nikko S op 'n 222 gehad en ek het ook op 'n dag(rondom 1998) 'n duik in sy buis geval. Ek het gedink sy dae is verby, maar hy het nie eers uitgestel nie en makeer vandag nog niks. Hy is nogsteeds op my pa se 222.
Ek het 'n 6-24 Nighteater wat ek pasella gekry het op my 308 gesit om op die skietbaan te gebruik. Ek wag vir die dag wat hy my in die steek gaan laat, maar ek wag nou al lank. Ek begin nou baie in my skik raak met die teleskoop. Ek stel 15 kliks op na 300m en as ek daai vyftien terug stel zero hy weer presies. Sover kan ek niks negatief van hom se nie!
Re: Nikko Sterling
Posted: Fri May 04, 2012 9:43 pm
by tripodmvr
Het vir my 223 Howa die 5-20 x 50 Targetmaster gekry en het nou al 2 keer gaan skiet. Optika is glad nie sleg nie en moet nog met die verstellery regkom. Sov?r baie beindruk. Nog nie in die nag met sy interessante totaal verligte kruis probeer skiet nie.
Re: Nikko Sterling
Posted: Fri May 04, 2012 9:57 pm
by JPS
Het na ek my derde replacement Gold crown gekry het hom maar sommer in die asblik gegooi toe sy kruis haar ook 45 grade val na so paar skote.
Sal nie weer Niko sterling koop nie in selfde prysklas het ek gevind die ultra optec scopes is baie beter my 5cent.
Ek weet we'll Oom Piet Breedt het ook op stadium met sekere Niko sterling geskiet en goed gedoen met hulle.
Moet net nie Gold crown koop en op senterslag wapen sit nie.
Groete
JP
Re: Nikko Sterling
Posted: Fri May 04, 2012 10:22 pm
by Hein M.
JPS wrote:
Ek weet we'll Oom Piet Breedt het ook op stadium met sekere Niko sterling geskiet en goed gedoen met hulle.
Net my 2c
Piet het met 'n duurder (as jy weet wat ek bedoel) Nikko geskiet, so sien dit in perspektief.
Kort en lank: Jy kry waarvoor jy betaal.
Kyk baie beslis ook na die naverkoopdiens.
Hein
Re: Nikko Sterling
Posted: Tue May 15, 2012 10:48 pm
by Piet Breedt
Ek sal nie iets anders as die Diamond Series Nikko Sterlings gebruik nie. Ek dink nie dit is die beste waarde vir geld teleskoop, veral op n senterslag geweer. Hulle kos oor die R10,000.00 stuk. Ek het die 10 - 50 x 60 Diamond Series gebruik op my .25 06 vir omtrent n jaar om te sien hoe ek sal vaar met die groot vergrotings in die Jaggeweer skiet kompetisies, en het die Nasionale span gehaal daardie jaar met hom. Ek was maar die hele tyd redelik bang dat hy dit nie gaan volhou nie, maar tog het hy dit gedoen. Ek skiet vandag met die groot Nightforce 12 - 42 x 56 nadat ek gesien het dat ek mooi regkom met die groot vergtotings.
Re: Nikko Sterling
Posted: Wed May 16, 2012 3:02 am
by Monrique (SJ)
Piet
Hoekom gebruik jy nou n NightForce as die Nikko Sterling mooi gewerk het? Dis net n onskuldige vraag? Ek weet dat die NF ook duurder is.
Groetnis
Re: Nikko Sterling
Posted: Sun May 20, 2012 7:47 am
by Piet Breedt
SJ, ek was maar altyd redelik bang dat die Nikko nie gaan hou op die groot geweer nie. Hulle het mos nie juis n reputasie vir sterkte nie. Dit ges?, is daar definitief nie n beter scope vir Luggeweer vekdteiken skiet nie. Dit is nou al bewys oor die hele w?reld deur. Schmidt und Bender het na ongeveer 5 jaar se ontwikkeling in 2008 n baie netjiese scope op die mark geplaas vir spesifiek Veldteiken, maar het hom nou onlangs weer onttrek.
So ook word die March scopes gebruik vir veldteiken, maar presies dieselfde probleem steek kop uit as met die Schmidt Und Bender.
Altwee die scopes is ongelooflik duidelik en "range" ontsettend goed. Dit is wat mens soek vir veldteiken. Die probleem is juis dit. Hulle is te helder en gee variasies afhangende van die lig kondisies. As die lig min of meer is soos wanneer jy hom ingestel het, dan range hy verskriklik akkuraat. Maar as die ligkondisies verander, range hy heeltemal anders. Dit is ook die geval met meeste ander teleskope wat te helder en duidelik is, insluitende die Leupold Competition series wat ek ook al gehad het. Die deel waar hy helder is as jy die paralax stel, skuif te veel in verskillende ligtoestande, maar is altyd baie helder, en dus gee dit vir jou n ander afstand lesing, en skiet jy gevolglik mis. In 2010 in Hongarye het daar sowat 80 skuts wat met Schmidt und Bender skiet n "revolt" gehou, n memorandum onderteken en ge eis dat die hoof van S&B hulle griewe persoonlik moet kom aanhoor. Hy het soontoe gevlieg, en onderneem om elke scope terug te vat en te vervang met enige een van hul keuse. Ons eie Robbie het self twee teruggestuur en omgeruil vir jag scopes.
Die Nikko Sterling aan die ander kant, is nooit naastenby so helder soos die bogenoemde scopes, maar sy rangeing is baie meer konstant. Hy skuif nie die helder deel so baie soos die duur teleskope met die helder glas nie. Hoe duidelik wil jy nou eintlik n teiken op 50m regtig sien?. Jy wil maar net weet hoe v?r is hy, en die regte setting op jou turret gebruik om hom raak te skiet.
So ja, duurder is nie altyd beter nie, en mens kry "Horses for courses"
Die ruggetness en verstommende verstelbaarheid van die Nightforce het my laat besluit om hom te gebruik. Ek het na die Nikko Sterling eers my droom scope nl: die Swarovski Z6 5 -30 met Ballistic Turret gebruik, maar sy kruishare was vir my te dun, en ek het met hom gesukkel. Die helderheid was natuurlik in n ander klas, maar sy op en af verstellings was bietjie te grof op die langer afstande. Maar wat n awesome scope was dit nie.
Ek gebruik my eerste Nightforce nou al vir net meer as n jaar en n half, en moet s? dat dit by v?rre die beste taktiese scope is wat ek nog ooit gebruik het. Vir baanskiet het ek nog nie sy gelyke gesien nie. Ek het ook redelik baie met hom gejag, en so klompie bokke ge oes met hom. Sy "field of view" is kleiner as die Swarovski sin op dieselfde vergroting wat kan pla as jy dit nie gewoond is nie, en veral in die nag pla dit met jakkals skiet. Maar neem in ag dat ek die heelgroot vergroting Nightforce nl: die 12 - 42 x 56 gebruik. Die feit dat ek gewoond is om op 50 x vergroting te skiet met my luggeweer en baie oefening kry, help dat dit vir my nie eintlik n probleem is. Ek sien egter dat ander manne wat met my geweer skiet so bietjie sukkel daarmee. As jou outomatiese rigting reg is en jy dit vinnig doen, is dit glad nie n probleem nie.
My Nikko Sterling Diamond Series 10 - 50 x 60 doen nou nog diens op n luggeweer sonder enige probleme. Hulle is egter onttrek uit die SA mark aangesien dit te duur geword het om hulle in te bring vir die beperkte mark hier. Dit is baie jammer.
Re: Nikko Sterling
Posted: Sun May 20, 2012 9:46 am
by Zack Benade
Dankie Piet
Dit was nou regtig leersaam. Jy het in jou terugvoer sommer baie van my vrae beantwoord.
Hoe voel jy oor die Hawk 8-32 x56? Sal jy hom ook op 22 250 en 6br gebruik? Vertel asb meer
Ek geniet my NF 12-42x56 ook baie op my 6Br.
Groete
Zac
Re: Nikko Sterling
Posted: Sun May 20, 2012 12:42 pm
by Piet Breedt
Zack, Hennie Breytenbach wat ook n Protea skut is in Veldteiken gebruik presies so Hawk op sy .22 250 en hy is baie gelukkig met hom. Ek self het nie ondervinding met hulle nie. Hulle kruishare is heeltemal te vein vir my o