Page 1 of 1

Ceres Skietklub-veldskiet

Posted: Wed Feb 03, 2010 8:22 pm
by Christo
Die gaan baie lekker wees as dit is soos die laaste 2 jaar. Meer as 160 deelnemers gewees laas jaar.

Christo

Ek hoop dit is onder die regte Topic lyste



KENNISGEWING VAN DIE
CERES SKIETKLUB-VELDSKIET

13 FEBRUARIE 2010 te
Matroosberg reservaat
Wanneer: Saterdag 13 Februarie 2010, 07h00 tot 15:00
Waar: Matroosberg Reservaat, Ceres. Ry tot in Ceres, hou aan deur die dorp op die R46 (Oos op die
Touwsrivier pad), 11 km buite Ceres draai regs op die Bo Swaarmoed pad, hou aan vir 19 km
tot by die Matroosberg Privaat Natuur Reservaat en volg borde tot by inskrywings kantoor.
Tye: Registrasie: by Matroosberg Toerisme saal - 07h00 tot 9h30.
Kompetisie: 07h30 tot +/- 16h00
Prysuitdeling: vanaf +/- 14h30
Inskrywings: Vooraf inskrywings sluit Woensdag 10 Februarie 2010. Die aantal deelnemers wat hanteer kan
word is beperk. Laat inskrywings sal slegs aanvaar word indien daar nog plek beskikbaar is
en teen ?n verhoogde inskrywingsfooi van R180.
Koste: R160-00 per persoon indien voor 10 Feb 2010 ingeskryf word, daarna R180 per persoon.
Middagete en koeldrank ingesluit.
Aantal skote: 30 vir die kompetisie. Soveel soos nodig vir inskiet.
Geweer: Enige senterslag jaggeweer, enige teleskoop.
Teikens: Lewensgrootte Springbok-, Vlakvark- en Impala papierteikens en 200 mm deusnit ?gong?
swaaiteikens. Ses bane waarop vyf skote elk geskiet word.
Afstande: Ongemerkte afstande, 50m tot 350m.
Posisies: Sit, staan of l? met rus wat voorsien word, soos voorgeskryf op elke baan.
Re?ls: Standaard re?ls soos bepaal deur die SA Jaggeweerskietvereniging (SAJSV). Die re?ls sal by
die skietbaan beskikbaar wees, en is op die SAJSV se webwerf www.sahuntingrifle.co.za.
Pryse: Gelukkige trekking prys is .243 Winchester jaggeweer, en nog duisende Rande se ander
pryse . Moenie die een misloop nie.
Akkommodasie: Kampeerplek beskikbaar teen R50 per persoon. Kampeerplek met privaat badkamers teen
R60 per persoon. Selfsorg eenhede teen R120 per persoon. Bespreek aanlyn by
www.matroosberg.com of skakel 023 3122282. Sien ook die webtuiste vir ander aktiwiteite vir
die hele gesin.
Bring saam: Lidmaatskapkaarte, geweer, geweersak, oormowwe, skietbril, patrone (genoeg vir kompetisie
en inskiet), stoel, hoed, sonbrandolie, bosluisweerder, verversings.
Algemeen: ?n 100m Inskietbaan sal beskikbaar wees van 06h00 to 7h30.
Hierdie kompetisie is oop vir alle skuts.
Verversings sal te koop wees by die klubhuis.
Vir die gesin: Sien ook die oggendprogramme en naweekprogram (aan die einde van die dokument) wat
deur Matroosberg vir die dames en kinders aangebied word
Navrae: Jacques Visser, sel 082 699 3489; epos: jvisser@erfdeel.co.za
Jaco Jordaan, sel 082 577 1164; epos: jacoj@ghfruit.co.za
INSKRYWINGSVORM
CERES OPE VELDSKIET
te Matroosberg Reservaat
13 FEBRUARIE 2010
Voorletters en Van: ........................................................ID Nommer........................................
Adres: ...
Telefoonnommers:.................................................Selfoonnommer:........................................
E-Pos adres: ................................................................... ...........................................................
Kaapjag Lidnr:.............................Kategorie:...............................(Vul een van die volgende in:
Junior (jonger as 16), Dame, Man, Senior (ouer as 50), Veteraan (ouer as 60).)
Skryf in by die Ceres Skietklub kantoor, Matroosberg Reservaat, Ceres, deur die ingevulde
inskrywingsvorm saam met bewys van betaling te pos, faks of epos.
? Inskrywingsfooi: R160 per skut (laat inskrywings R180/skut)
? Adres: Posbus 269, Ceres 6835. jvisser@erfdeel.co.za
? Selfoon 0826993489 faks 0866715356
? Bankbesonderhede: Ceres Skietklub; Absa Spaarrekening, Ceres Tak 334107
Rekening nr. 9175263801; Verwysing: Voorletters en Van.
VRYWARING
Vir die CERES OPE VELDSKIET, gehou op die CERES SKIETKLUB se VELDSKIET skietbaan te
Matroosberg Reservaat, op 13 Februsrie 2010
Ek,????????????????????? ID Nommer???????????????., vrywaar hiermee
die Ceres Skietklub, Matroosberg Reservaat, hul amptenare en lede teen enige aanspreeklikheid wat betref
eise, hofgedinge, aanspraak op vergoeding of koste wat teen die bogenoemde organisasies, amptenare of lede
deur enige persoon, insluitende my boedel, my afhanklikes en myself, ingestel mag word voortspruitend uit
my deelname aan en/of my teenwoordigheid by ?n byeenkoms te bogenoemde skietbane.
Ek onderneem v?rder om enige eise wat uit genoemde omstandighede mag voortspruit teen enige van die
bogenoemde organisasies en hul lede te laat vaar en nie op te volg nie.
Ek sertifiseer dat ek die meegaande veiligheidsre?ls gelees het en dit verstaan en ek onderneem om daarby te
hou.
Geteken te: ??????????????????????op ????????????????.2010
HANDTEKENING: ?????????????????????.
Getuie 1:???????????????????.
Getuie 2:??????????????????....
Veiligheidsre?ls:
Die gewone wapen veiligheid re?ls en skietbaan re?ls is van toepassing.
Geleentheid re?ls: Spesiale re?ls vir hierdie kompetisie is soos volg:
? Gewere word in geweer sakke of tasse op die baan gedra.
? Gewere word slegs op die skiet punt in opdrag van die baanbeampte uit die sak of tas gehaal.
? Gewere wat uit die sak of tas is se slotte moet oop wees. Hou die slot oop wanneer dit weer in die sak
of tas gesit word. Verwyder die slot as dit nodig is.
? Hou die geweer baan-af gerig en laai slegs in opdrag van die baanbeampte.
? Moenie skuts wat besig is om te skiet versteur nie. Praat sag as dit nodig is by die skiet punt.
? Bly weg van die papier tekens totdat die baanbeampte die telling aangeteken het.
? Baan veiligheid is ons almal se verantwoordelikheid. Tree veilig op en kyk dat jou skiet maats veilig
optree. Volgens wet is die skut aanspreeklik as hy deur sy nalatigheid ?n ongeluk veroorsaak.
? Drank en vuurwapens gaan nie saam nie, so wag tot na die skiet. Drank of bedwelmende middels op
die baan gedurende die skiet, is ?n rooi kaart.
? Dra asseblief oor beskerming. Ons het ?n paar stelle om te leen.
? Let op die brandgevaar. Rook slegs by die inskrywing punt, die skiet punt of in jou voertuig. Dit is
verbode om met tracers / ligspoor ammunisie te skiet. Sou jy `n brand veroorsaak, is jy
verantwoordelik vir die gevolge.
Kompetisie Re?ls:
? Die kompetisie word oor ses bane geskiet, vyf skote per baan.
? Die skut het die keuse om die ses bane te skiet in enige volgorde. As jy sien daar is ?n baan wat oop is,
moenie elders in ?n tou gaan staan nie.
? Geen ?coaching?. Niemand mag kommentaar maak of die skut raad gee nie.
? Geen afstandmeters (range finders) nie; geen v?rkykers nie, of teleskope met afstandmeters nie. Dis ?n
rooi kaart.
? Skuts wat as baanbeamptes optree, mag voor in die tou indruk, anders sal die skiet nooit afgehandel
kan word nie. Eerbiedig die baanbeamptes.
? Die baanbeamptes se beslissings op die baan is finaal. Indien u nie met ?n besluit van ?n
baanbeampte saamstem nie, kan u ?n twispunt by die beheerbeampte aanhangig maak teen ?n
deposito van R50-00. Die deposito is terugbetaalbaar indien daar in u guns besluit word. Anders
word die deposito verbeur.
? Pryswenners moet pryse persoonlik in ontvangs neem.
Die drie Gong bane: Bane nommers 1, 2 en 3.
? ?n Gong is ?n 200mm deursnit staal skyf, ?n swaai teiken. Afstande kan wissel van 150m tot 350m
? Vyf skote uit die voorgeskrewe posisie, een elk op elke gong. Hulle is genommer van 1 tot 5, skiet
hulle streng in nommer volgorde van links na regs. Totale tyd is 120 sekondes, insluitend die tyd om
posisie in te neem.
? As jy uit volgorde uit skiet, moet jy net voortgaan in die regte volgorde. Maw as jy gong 3 per abuis
geskiet het i.p.v. gong 2, is jou volgende skoot op gong 3. As jy nie ?n gong kan sien nie, skiet ?n
skoot in die wal en gaan voort met die oefening in die regte volgorde.
? Die gong sal liggies swaai as die skut die belt raakskiet, maar sal spring en klap as die skut die gong
raakskiet. Jy kan gewoonlik ook die lood rook sien.
Die drie Papier teiken bane: Bane nommers 4, 5 en 6.
? Vyf skote uit die voorgeskrewe posisie, op jou eie teiken. Die tye sal wissel, so maak seker daarvan
voor jy skiet.
? Die teikens is volgrootte kleurafdrukke van wildsbokke en die afstande kan wissel van 40m tot 250m.
? Daar is by elke baan ?n voorbeeld van die teikens. Bestudeer dit deeglik.
Kontrolering van Tellings: Neem u persoonlike telkaart na die telling houers in die tent en kontroleer u finale
telling. Verseker dat u nommer in die hoed is vir die prys trekking.
Matroosberg Privaat Natuur Reservaat, Ceres.... Program vir Valentynsdag:
Nes ek gedink het, julle manne het net gedink aan hoe lekker julle gaan skiet en braai en saam kuier en
HEELTEMAL van Valentynsdag vergeet...
Ja, ek weet 99% van julle dink dis net 'n geldmaak foefie, maar ai, dis so lekker vir ons vrouens om so bietjie
bederf te word.
Matroosberg het aan 'n idee gedink om die manne hulle oggend te gee en die vroue te 'treat', sodat daar geen
kaktusse in die deur staan wanneer julle terug kom nie!
Om dit vir almal so gerieflik moontlik te maak, bederf ons die vrouens op Matroosberg, hou die kinders besig,
sodat Ma kan ontspan en braai dan saam met julle, na jul kompetisie!
Hierdie is ook die ideale geleentheid om jul vrouens te verras en niks te se nie - vrouens hou mos daarvan...
Program:
Saterdag:
9:00 Koffie en Tee
10:00 Kort kursus in grimeerkuns
11:00 'n Inligtingsessie oor die organisasie Rock out against Rape en die belangrikste om te onthou, indien dit
met jou sou gebeur! Verkragting is 'n werklikheid, om te weet wat om te doen is van kardinale belang...
12:00 Canope (dis blykbaar die 'gr?nd woord vir hand-eetgoedjies) en 'n teetjie. (ons moet mos altyd eet)
Elke vrou sal 'n geskenkiesakkies kry, (dit beteken nie jy hoef niks te koop
nie... :( Daar sal gelukkige trekkings wees en die beste van alles is dat
jou vrou lekker ontspanne is wanneer jy terugkom vir die braai en jou kinders lekker moeg. Die kinders gaan
besig gehou word met boeresport en Edutainment.
Koste: R100 per vrou en R25 per kind (sluit 'n tjippie en sappie in)
Saterdag 18:00: Sunset Drive, waar ons almal met die Bedford's na die rotspoele gaan. Pak gerus 'n drink
dingetjie en iets te peusel...
Koste: R50 per gesin
Sondag: Dis nou eintlik Valentyns dag DIE!! (Net dat julle weet, om die vrou te soen...) Kom ons pak die 4x4
roete en dan kan jy vir jou vrou by die mooiste uitsig se, hoe lief jy haar steeds het... Vir diegene sonder 4x4's
kan ons altyd die Bedford kry om berguit te gaan en so mis niemand uit op die spesiale dag nie!
Koste: Eie 4x4 = R250
Bedford = R100 en R50 kinders tussen 3-13.
Alle inligting aangaande roete aanwysings, Naweek aktiwiteite, Kanselasie beleid en Huisre?ls kan op ons
webwerf gesien word: http://www.matroosberg.com
Matroosberg groete
Didi
Cell: 082 453 9841
Office: 023 312 2282