Page 1 of 1

Bronkies bobbies

Posted: Sun Mar 25, 2012 7:31 am
by ablm468
Ek en my pel het gister onder die bobbies gemaai, ons het 5 gekry, maar bobbie jag is harde werk, hulle is verseker nie vasgemaak nie. Was 'n lekker dag, my 308 het mooi gegooi en sy .243 ook.

Hier is 'n foto van een van hulle, sukkel te veel met photobucket om die ander ook gelaai te kry.

[img width=357 height=480]http://i1111.photobucket.com/albums/h46 ... -00533.jpg[/img]

[img width=360 height=480]http://i1111.photobucket.com/albums/h46 ... -00523.jpg[/img]
My pel se bobbie.

Re: Bronkies bobbies

Posted: Sun Mar 25, 2012 7:56 am
by viperian
Mooi man

Ja nee harde werk is dit beslis maar soos als in die lewe is die reward soveel lekkerder na 'n dag se harde werk.

Waar het julle geskiet?

Is daar nog 'n paar wat ons kan help omdop?

THX

Ian

Re: Bronkies bobbies

Posted: Sun May 06, 2012 2:27 am
by Fanie
Ou draad maar ek wil graag kommentaar lewer.

VYF bobbejane op een dag, julle ouens is dem oraait !  Gewoonlik een of dalk twee, daarna moet jy hulle gaan soek en goed gaan soek soos jy se hulle is nie vasgemaak nie.

Ek het hier http://jaracal.com/index.php/topic,1978.15.html voorgestel die ouens moet dink daaraan om dit 'n sport te maak sodat die troppe beheer kan word.  My skoonma se daar op hulle plaas is die troppe soms oor die 100 bobbejane, en hulle saai verwoesting.

Hulle weet verseker wat skiet is, sy kan nie self skiet nie (sy's al seker 280+ jaar oud) en die bobbejane sit openlik op die stoor oorkant die hus en koggel haar.  As sy die papiersak bars dan hol die spul mekaar uit die aarde uit om weg te kom.

Daar is altyd iemand wat lus is om bietjie uit te kom en 'n paar skote te gaan skiet, kan mos net sowel wees vir 'n goeie doel ook.

Re: Bronkies bobbies

Posted: Sun May 06, 2012 2:33 am
by Jacquesb
Fanie ou maat, praat as jy hulp nodig het. Ek gee transport en petrol!

Re: Bronkies bobbies

Posted: Sun May 06, 2012 2:40 am
by Fanie
Jaques ek is self lus om my geduld so bietjie te gaan beproef.

Die aap manne :D raak almal so stil as ons se nee maar laat ons bietjie help.  Al wat nou gebeur is die ammo staan en oud word.

Ek dink dis dalk lekkerder om oor die probleme te kla as wat dit is om dit op te los ;)

Re: Bronkies bobbies

Posted: Sun May 06, 2012 3:02 am
by Jacquesb
Fanie, ek het ook al na daai klagtes geluister, sonder dat hulle werklik na 'n oplossing soek. Is die manne bang ons breek hulle plase? Heinings, of skiet die brahamane? Of sal ons dalk poach?
Groetnis
Jacques

Re: Bronkies bobbies

Posted: Sun May 06, 2012 8:13 am
by Fanie
Ja, daai dinge ook.  Een van die voordele van hierdie SA is dan juis dat kriminele se name beskerm word, ek se nee - name and shame die droogmakers.  Help ander sodat hulle nie ook skade deur dieselfde paar kry nie.

Ek het iewers gelees van ouens wat se hulle gaan jag bobbejane dan kry hulle ander wild in die veld later wat sommer net geskiet is.  Dit werk ook nie so nie, en gelukkig is meeste nie so nie, dis altyd die paar wat die lewe vir ander sal verydel.