Page 1 of 1

Trijicon scope

Posted: Wed Mar 21, 2012 1:51 pm
by grumpy
Ken iemand die scope en wat is julle opinie oor hom.

Dankie

Re: Trijicon scope

Posted: Wed Mar 21, 2012 1:52 pm
by Jakkalsgat
Ken dit nie

Re: Trijicon scope

Posted: Wed Mar 21, 2012 2:05 pm
by Mac
`PM vir Beyers, hy ken hulle

Re: Trijicon scope

Posted: Wed Mar 21, 2012 2:10 pm
by grumpy
Dit is n 4X32 luminous scope

Re: Trijicon scope

Posted: Wed Mar 21, 2012 3:25 pm
by kopskoot
Grumpy

Ek het n 1-4 met die 30mm tube op my 450 Rigby gesit. Sy eye relief is fantasties en die iluninated dot werk baie lekker. Ek het nog net so 40 skote met hom geskiet, maar tot nou lyk dit of hy die punch gaan vat.

Groete
Ronald

Re: Trijicon scope

Posted: Wed Mar 21, 2012 5:16 pm
by grumpy
Kopskoot, prys? Die ou wil my die scope ruil vir een van my sel fone. Waarde van foon is +- R 1 500-00 Moet ek of nie? Ek het n 3-9X42 Lynx op my 30-06 maar wil dit nie vervang nie. Ek soek iets vir die 375 wat gaan kom.

Re: Trijicon scope

Posted: Wed Mar 21, 2012 6:50 pm
by Penkop
Grumpy,

Vat (daardie) Trijicon, uitstekende scopes en duur ook.

Die Amerikaanse weermag gebruik Trijicon op hul gewere (ek dink amper hul gebruik Uitsluitlik Trijicon).

Die beeld word verhelder met optiese vesel en die kruishaar gloei weens die radioaktiewe stof waarvan dit gemaak is.

Groete

Re: Trijicon scope

Posted: Wed Mar 21, 2012 10:33 pm
by grumpy
Sal hom more kontak en dit vat. Hy se dit retail vir R 5500-00. So as ek dit nie gebruik dan smous ek dit. Nader aan my 375!!!!!!!!

Re: Trijicon scope

Posted: Thu Mar 22, 2012 12:13 pm
by grumpy
Die ou het ook n Tasco 6-24X50, met luminated rectical. Wat is julle opinie en waarde vir die scope.

Re: Trijicon scope

Posted: Thu Mar 22, 2012 1:19 pm
by LUAN
So ver ek hoor is daar nie veel goed te se oor die nuwe Tasco's nie. Hulle is nie meer dieselfde as die ou dae. Bly maar liewer weg

Re: Trijicon scope

Posted: Thu Mar 22, 2012 2:17 pm
by Lourens
Grompie,

As dit die nuwe Tasco's is bly asb ver weg, daai is net moeilikheid. Die Trijicon is 'n uitstekende scope, ekt een op my 375 en ek kan met lof van hom praat, dis regtig puik scopes.

Groete,
Lourens

Re: Trijicon scope

Posted: Thu Mar 22, 2012 5:57 pm
by grumpy
Luorens, jy praat my taal!!! Watse vergroting het jy? Ek het ook gedink om dit te kry vir die 375 in wording anders ruil ek dit en sit dit op my 30-06 en my Lynx 3-9X42 op die 375.

So nie verkoop ek hom en koop dan vir my n ander scope en die kleingeld gaan vir dies, poeier ens!!!! ;D ;D

Re: Trijicon scope

Posted: Fri Mar 23, 2012 8:32 am
by Lourens
Grompie,

Ek het die 3-9x40 met die duplex kruishaar en Amber-kleur dot in die middel. Werk baie lekker en mens tel daai gekleurde kolletjie baie maklik op 'n donker teiken. Hy sal ewe tuis wees op jou 30-06 as op jou 375, maar as ek jy is sit ek hom op die 375!!  ;D ;D

Groete,
Lourens