Page 1 of 4
Wat is die beste of beeter scope vir R5 000
Posted: Tue Mar 20, 2012 12:27 pm
by suid wes
Wat is die beeter scope vir R5 000 om n springbok kop te skiet en dan natuurlik plek te hou as op n stamperigge, klipperigge plaas jag????
Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000
Posted: Tue Mar 20, 2012 12:29 pm
by suid wes
Het die belangrikste vir geet Afstand 200m +
Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000
Posted: Tue Mar 20, 2012 1:05 pm
by Lourens
Suid wes,
Ek kan vir Ludwig sekondeer op daai een. Ek het so Nikon Monarch 4-16x42 op my 300WSM en dis 'n puik teleskoop. Ek het baie gemaklik so 3 weke gelede 'n swartwildebees kopskoot op 200m meter geskiet en 'n blesbok bladskoot op 333m en die teleskoop het baie goed presteer. Ek kan hom met 'n geruste hart aanbeveel.
Groete,
Lourens
Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000
Posted: Tue Mar 20, 2012 1:22 pm
by suid wes
Dankie, Dink ek het, ma 250 tot 300m, 243,, my neef het n nikostirling op sy 25 06 (4x16x50 30 tube) en hy het kringe om my geskiet ,Die plaas het n groot groot pan..Kon mooi sien.
Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000
Posted: Tue Mar 20, 2012 1:32 pm
by Johan Reyneke
Jy kan ook op ZIMBI Books se website gaan kyk vir Nikon Scopes
http://www.zimbibooks.com/comersus/stor ... tegory=164
Dit lyk of hul bietjie stock probleme het, maar hul pryse is goed en hul lewer af ook.
Ek wag vir my 4-16X50SF M BDC. Ek het reeds die tracking nommer, so dit sal seker so teen Vrydag hier wees.
Ek gaan hierdie op 30 nul kwes sit.
Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000
Posted: Tue Mar 20, 2012 1:33 pm
by wlm
NWK Landmark Lichtenburg adverteer die Rudoph 4-16 x50 H1 @ R3000.
Die waarde vir geld sal jy moeilik klop.
Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000
Posted: Tue Mar 20, 2012 2:02 pm
by suid wes
Ja dis n mooi prys daai net een ding ek sit in namibia,,ek ry wel volgende maand weer bloemfontyn toe vir die saalperd skou en ook die friesperd skou,,dis die naaste in daai aaria..Ek het nou na die Ti 4x16x50 gekyk op die web ma geen prysse by nie...Ken jul dalk die HAWK scope's hie een gekry vir ns3000 (4x20x50)
Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000
Posted: Tue Mar 20, 2012 3:28 pm
by wlm
Praat met Rudolph, hy is 'n forumlid. Die posdiens werk nie sleg nie.
Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000
Posted: Tue Mar 20, 2012 3:38 pm
by cassie_calvinia
Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000
Posted: Tue Mar 20, 2012 3:52 pm
by Marc
suid wes wrote:
Ja dis n mooi prys daai net een ding ek sit in namibia,,ek ry wel volgende maand weer bloemfontyn toe vir die saalperd skou en ook die friesperd skou,,dis die naaste in daai aaria..Ek het nou na die Ti 4x16x50 gekyk op die web ma geen prysse by nie...Ken jul dalk die HAWK scope's hie een gekry vir ns3000 (4x20x50)
As jy Bloem toe gaan, maak 'n draai by Kloppers ook. Hulle het goeie scope's teen goeie pryse. My Lynx 6x44 doen al agt jaar diens en ek het nog nooit aan hom geraak nie. Stel net in as die lading of koe?l verander
Monarch en as jy bietjie bylas kan jy 'n goeie Vortex ook oorweeg

Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000
Posted: Tue Mar 20, 2012 8:06 pm
by Danie Lombard .243
LYNX
Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000
Posted: Tue Mar 20, 2012 8:28 pm
by KalahariKlong
Ek dink nie jy gaan sommer die Burris FFII 6.5-20X50 BLSTC MIL DOT klop nie.
Helder, positiewe verstelling, goeie kwaliteit.
Groete
KK
Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000
Posted: Wed Mar 21, 2012 7:46 am
by Armand Steenkamp
Kalaharie Klong,
+10000!!
Helderder as scopes wat 2 keer sy prys is!
Groetnis
Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000
Posted: Wed Mar 21, 2012 9:10 am
by Piet Breedt
Burris 4,5 - 14 x 42 skop scopes van amper dubbeld sy prys se gat en hulle het uitstekende kruishare wat langafstand skiet baie vergemaklik. Nikon ook uitstekende koop in daardie prysklas. Ek het beide en kan net met lof van hulle praat, en ook vir in die nag skiet.
Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000
Posted: Wed Mar 21, 2012 1:30 pm
by James Wilson
MTC Viper 4-16x50 iR 30mm tube met scope ringe R4100. het die scope nou so 5 maande het so net oor die 50 doodskote op hom. buitengewoon helder, met n taktiese kruis. 11 verstellings op helderheid op die kruis.
Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000
Posted: Wed Mar 21, 2012 4:29 pm
by suid wes
james is dit joune wat jy wil vir koop ,as is hoekom wil jy virkoop

? my vriend het een moerse lekker scope,,ek soek hom defnitie.Gaan mooi vir my werk want skiet nie in aand nie.
Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000
Posted: Wed Mar 21, 2012 4:34 pm
by Geno
Suid Wes,
James is baie tevrede met sy MTC. Ek ook met my MTC Taipan 6-24x56 AMD. Hy het net die nuwe prys genoem.
Groete,
Eugene
Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000
Posted: Wed Mar 21, 2012 4:40 pm
by suid wes
GENO,DANKIE,ma dis vlippin goeie pryse,waa kry ek dan nou ook een,wat het joune gekos,?
Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000
Posted: Wed Mar 21, 2012 4:56 pm
by Geno
Google "MTC Optics South Africa", dan praat jy met die manne daarso.
Ek dink myne is R6400, is nie seker nie. Het 'n Leupold vir hom geruil by James Wright hier op die forum.
Groete,
Eugene
Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000
Posted: Wed Mar 21, 2012 5:23 pm
by Jagtersdok
Vir R5000 is daar baie scopes wat jy kan koop.
My Voorstelle
Burris FullfieldII ( o ja ek het een op elke geweer wat ek besit en nog baie vir ander manne help op sit)
Nikon Monarch
Rudolph
Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000
Posted: Wed Mar 21, 2012 5:24 pm
by suid wes
Dankie ,sal nou kyk.
Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000
Posted: Wed Mar 21, 2012 5:35 pm
by suid wes
Jagterdok,dankie,Dit maak nie vir my saak watter naam op die scop staan nie,ek wil dam net duidelik kan sien die kruis is tissen die oe OP 200M,en hy moet sy plek kan hou.Ek weet die nikostirling is n swak scope maar as hy sy plek hou sal ek hom ook koop.Ek soek virkieslik n scope met n x16 vergrooting 50 kop en n din kruis haar omdat ek ook baie op die baan rond speel.Ek het ook na n nikon hier gekyk 4x20x50 vir ns5300,maar 2 ouens hier het al voute met hulle sin gekry,onder andere die ou op wiese plaas ons jag,ma soos ek se dit maak nie saak watse maak dit is nie,
As kan gee my prysse by en plek naame tel nr.
MOENIE OPHOU MET VOORSTELLE NIE,WENS NET HET DUBBEL DIE GELD GEHAAD.
Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000
Posted: Wed Mar 21, 2012 5:39 pm
by Jagtersdok
Al het jy dubbel die geld gehad het ek steeds Burris voorgestel
Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000
Posted: Wed Mar 21, 2012 6:29 pm
by JOHANNIC
Suid wes
Ek onthou nog toe Piet Breedt n Burris op sy geweer gehad het ek het dit glad nie geken op daardie staduim nie en moes n paar maande wag voordat ek op een van ons kompitiesies in Bloemfontein die geleendheid gekry het om deur sy Burris te kyk,ek het n 24x Lynx en kon BAIE makliker die teiken op 200m defineer(gate sien) deur die Burris van Piet!!!
Dit is eenvoudig verstomend hoe duidelik daardie Burris teleskope is.
As jy dubbeld die geld het koop 2 Burrise..........
Re: Wat is die beste of beeter scope vir R5 000
Posted: Wed Mar 21, 2012 6:41 pm
by Arnold
Ek moet ook s? dat ek 'n burris 4.5-14x42 en 'n lyns 6-42x44 gehad het en die lynx verkoop het. Die Burris is net baie duideliker en ek het hom selfs vergelyk met 'n Leupold 4.5-14 en die Burris was duideliker ....