Page 1 of 1
6mm rem
Posted: Sat Mar 17, 2012 10:01 pm
by Chukudu
Hallo Almal,
Ek het hierdie week by 'n vriendin se pa 'n RSA aksie in 'n baie goeie toestand gekry. Dit was 'n bietjie skielik op my gestel en as 'n man klaar 'n 308 het is dit maar moeilik om iets anders te kies (alhoewel ek lus is om sommer nog een te bou!!!!!) enige voorstelle? gaan hoofsaaklik springbokke skiet. het enige iemand kennis van die 6mm rem ackley? 'n baie slim man het dit voorgestel, wat dink julle?
groete vir sproete
Re: 6mm rem
Posted: Sat Mar 17, 2012 10:16 pm
by Arnold
Ja daai is excellent maar wat van die 243W en 6XC as jy nou 6mm wou gaan? Wat dan ook van die wonderlike 6.5mm soos die 260 Rem, 6.5x55 Swede en die 6.5x284? Dan is daar ook die vinnige .224 kalibers en die .257 kalibers. As .270 of 7mm nie tegroot is nie maak dit keuse soveel meer!
Ek hoop jy is nou lekker deurmekaar en dalk kan ons jou beter help as jy vir ons bv. die afstande gee waarop jy gaan skiet. Gaan dit 'n algemene jag geweer wees of gaan jy hom gebruik vir oes? Gan jy hom dalk wil gebruik vir 'n skiet kompetiesie of twee?
Re: 6mm rem
Posted: Sat Mar 17, 2012 10:56 pm
by Armand Steenkamp
Eier jou wille hond van n buurman! Nie geweet jys ook hier nie. Het jy vir my ook n ou RSAtjie gekry?
Pm bietjie vir baboonstalker op die forum, hy het so n roer.
Ek sou weer se bou vir nou n 260rem ackley. Die groep in Arnold se avatar is met so n roer geskiet
Boesmanland groete
Re: 6mm rem
Posted: Sun Mar 18, 2012 7:47 am
by Chukudu
@Arnold, dankie man, maar ek is nou behoorlik deurmekaar! ek het al gedink aan 260 rem maar omdat ek klaar 'n 308 het was ek bang die verskil is te klein? daarom wou ek graag kyk na 6mm rem. die 243 met sy fieterjasies by die herlaaiery sit my af. ek het ook gehoor dat die 6mm rem se loop langer hou. ek wil ook nie regtig 7mm he nie, het in die algemeen 'n weersin vir die goed.(nou sal ek seker baie kookwater kry) waar 'n mens kamersnyers en kopspasie eike gaan kry is op hierdie stadium my gat se deksel! maar dankie vir die komentaar, sal nou 'n bietjie gaan oplees oor die ander kalibers. oja, ek soek 'n oes tipe geweer vir taamlike ver skote.
@Armand, ja knaters! hoop dit gaan goed? wat is jy so skaars? ek kom paasnaweek af dan moet jy iets kom skiet? sien weer en jy het mos 'n RSA!!!!!!!!!!
Re: 6mm rem
Posted: Sun Mar 18, 2012 8:21 am
by Arnold
Die 260 is baie na aan die 308 en in baie opsigte beter! Ek skiet nou my 260 baie meer as my 308. Die BC van die 6.5mm koeels is net soveel meer en vir my wat meestal papier skiet is dit van groot waarde.
In 6mm sou ek kyk na die 6xc en 6br. Afhangend van wat jy sien as v?r skote sal dit die een of ander wees.
Re: 6mm rem
Posted: Sun Mar 18, 2012 8:29 am
by Armand Steenkamp
As n man eers 1 RSA het soek jy altyd nog een!
Eier Langafstand oes geweer dink ek nogsteeds 260Ackley imp. Daai 6.5 koeele het hoe Bc!
Ek dik nie daar gan noemenswaardige verskil wees in looplewe wees tussen die 6mm en 243 nie.Hang ook mos maar af.
Jy kan ook na n 6mmXC kyk . Baie lekker kaliber. Ek dink net nie jy moet n kaliber kies waar jy gan sukkel om komponente te kry nie! Vat n 243 ackley man
Groetnis
Re: 6mm rem
Posted: Sun Mar 18, 2012 8:39 am
by Vlakvark
Chukudu
Ek sien jy hou nie van 7mm nie is dit oor die loop leeftyd van die magnums indien wel kan jy ook kyk na die 7mm08 .308 afgenek na 7mm toe.
Hoe BC waarde koeels min recoil.Dis werklik 'n baie lekker kaliber
Re: 6mm rem
Posted: Mon Mar 19, 2012 7:29 am
by Chukudu
@Arnold ek het nou bietjie gaan kyk na die 260 rem. ek like hom taamlik, ek like die 6mm br ook, maar omdat ek die geweer self wil bou moet ek realisties wees rondom waar ek reamers en kopspasie eike gaan kry. ek skiet maar swak, as iets verder as 300m staan ry ek nader of los dit (Armand, nou moet jy stilbly!)
@Armand! ek soek nie 'n 243 nie! as ek doughnuts soek koop ek dit by pic en pay. hou op so gretig word vir RSA aksies! die goed is skaars! ek wil nou miskien vir Uil 'n 308 bou op K98 as 'n verassing?
@Vlakvark, ek het klaar 'n 308 en daarom wou ek so ver moontlik wegkom van 'n 7,62 punt af want ek is bang as hy te naby is gaan ek in elkgeval maar weer net met die 308 skiet, maar volgens Arnold gaan dit nie die geval wees met 260 rem nie so ek kyk sterk daarna. dankie
Re: 6mm rem
Posted: Mon Mar 19, 2012 7:37 am
by Geno
Renoster,
Kyk op Andre Mojet se site:
http://www.mharms.co.za/
Hy is 'n geweersmid wat BAIE lief is vir die 6Rem AI, en sy lope is great.
Die kalibertjie sal jou 308 baie goed komplimenteer, en selfs die ou kleilat laat stof opgaar! Vra my maar, selfde storie het gebeur toe ek my .25-06 kry, die 308 staan amper permanent in die kluis!
Groete,
Eugene
n.s. Welkom oppie site, hoop nie jy's so desperaat vir vrou vat soos Armand nie!
Re: 6mm rem
Posted: Mon Mar 19, 2012 3:01 pm
by Chukudu
Geno, dankie vir die link!!! ek twyfel darm sterk of ek die 308 sal laat stof opgaar! dis darm maar 'n koning kaliber! en wat Armand aanbetref hoef jy nie te worry nie!, niemand is sooooooooooooooo desperaat nie

hy was al op skool so agter die rokke aan (sal maar nie uitpraat hoe sommiges gelyk het nie) maar ek is darm nog op die kerf waar ek meisies kan kies wie se pa's my RSA aksies gee!!!
Re: 6mm rem
Posted: Mon Mar 19, 2012 3:11 pm
by Geno
Renoster,
Ek dink die eintlike ding loop so:
Armand wil dalk die soseer vrou vat nie, maar eerder man!
Kyk dan net hoe mooi maak hy homself!

Re: 6mm rem
Posted: Mon Mar 19, 2012 6:23 pm
by Armand Steenkamp
HAHAHAHA kyk hoe praat Geno nou uit die slaapkamer

Re: 6mm rem
Posted: Mon Mar 19, 2012 7:21 pm
by BLOK
Op die fotos het Armand nogal baie krulle soos n wolskaap seker die hoe geens agtergekom het. hahaha.
Chukudu
Daai 260REM is n baie lekker geweer as jy na hom kyk kyk ook sommer na sy amperse eweknie (se maar so anders debat ons weer daaroor) die 6.5x47 net so lekker geweer.
Ook net so tussen jou en my. Daai meisie van jou sy het nie sussies nie.
Re: 6mm rem
Posted: Thu Mar 22, 2012 8:27 am
by Chukudu
ai. waar het ons verkeerd gegaan met hom? ek weet nou skielik wat hy en Willie in daai erdvarkgat gemaak het en hoekom hy net een bok geskiet het! dan vertel hy nog dis omdat dit koud was!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Re: 6mm rem
Posted: Thu Mar 22, 2012 8:30 am
by Chukudu
oja, baie dankie vir almal se raad!! ek dink en gaan vir die 260 Rem gaan. ek beplan om dit so 'n 4jaar projek te maak. mooiloop
Re: 6mm rem
Posted: Thu Mar 22, 2012 10:00 am
by Arnold
Jy gaan die 260 baie geniet en jou 308 gaan gou begin stof opgaar

Ek sou voorstel jy gaan vir die standaard 260 Rem en 'n 1:9" twist loop om die 123gr en ligter koeels te skiet. Of as jy dalk die effense langer/swaarder koeels wil skiet sal 'n 1:8" twist beter wees.
Iets wat ek nog in my 260 AI wil probeer is die 107gr SMK en die 108gr Scenar, daai koeeltjies behoort lekker te hardloop en het omtrent dieselfde BC as die 155gr 308 koeels.
Re: 6mm rem
Posted: Thu Mar 22, 2012 10:34 am
by Armand Steenkamp
Goeie besluit mater!! Dink nie jy maak n foud nie!
Arnold, hoekom se jy hy moet hom standaard hou?
Groetnis
Re: 6mm rem
Posted: Thu Mar 22, 2012 10:40 am
by Arnold
Dit is hoe ek voel op die stadium. Die ackley is meer werk en op die ligter koeels maak dit nie altyd soveel sin as jy slegs na performance kyk nie.
Re: 6mm rem
Posted: Thu Mar 22, 2012 11:00 am
by Armand Steenkamp
OOo ok ek sien , gedog jy like jou Ackley.
Goetnis
Re: 6mm rem
Posted: Thu Mar 22, 2012 11:36 am
by Arnold
Armand, ek is baie gelukkig met my Ackley. Ek dink net nie Ackleys is vir almal nie en mens moet mooi verstaan wat dit behels. In die spesifieke kaliber en vir die gebruik met ligter koeels sal ek nie 'n Ackley voorstel nie, alhoewel hy steeds goed sal werk.
Ek het juis 'n lang loop met vinnige twist gekies om die swaarder koeels te kan skiet met die Ackley. Ander ouens kry baie goeie resultate met die gewone 260 Rem en die 123gr koeels. Omdat Chukudu reeds 'n 308 het waarmee hy die effens swaarder koeels kan skiet en hy 'n ligter kaliber soek sou ek die 107gr Sierra Match King voorstel in 'n 1:9" twist loop. Met 'n 140gr koeel in die 260 gaan hy net sy 308 oorbodig maak ... dit is wat ek gedoen het.
Re: 6mm rem
Posted: Thu Mar 22, 2012 12:09 pm
by Armand Steenkamp
Ooo ok nee ek sien,
Maar ai ek likes dam maar daai skerp souertjies!
Eier laat weet hoe vorder jy maat!