Page 1 of 1
Herlaai data 7mm Remington Magnum
Posted: Fri Jan 29, 2010 2:24 pm
by Raven
EK soek graag herlaai data vir Tikka 7mm remington.
Dankie Raven
Re: Herlaai data vir 7MM Remington
Posted: Fri Jan 29, 2010 3:12 pm
by DSBW
Raven, ek gebruik die volgende:
175gr SMK, 158gr Berger : 62.5gr S385 (2940Fps)
180gr Berger: 61.5gr S385 (2900 Fps)
Ek skiet nie ander punte in myne ni, so dis al wat ek kan deel met jou.
Groete
Dawie
Re: Herlaai data vir 7MM Remington
Posted: Fri Mar 05, 2010 6:43 am
by tau
Ek skiet nosler ballistic tip 150 gr, 58.5gr S365 en ek skat so oor die 3000 fps altans die boeke se so 3190 ongelukkig het ek nie chrony nie en is meer op akkuraatheid as spoed gefokus. Hierdie ammo skiet plat lank en akkuraat enek skiet 30 rondtes vanaf my bench gamaklik. Interesant skiet ek op dieselfde plek as my 175gr hornady punte. Ek gebruik in albei gevalle cci magnum primers.
My geweer skiet baie akkuraat met hierie ammo.
Het nou al paar jakkalse 30 plus springbokke en so 5 gemsbokke geskiet met die punte.
Hulle skiet somer lekker dood as jy skiet waar dit saak maak en vleisskade is glad nie sleg vir so vinnige rondte nie.
Re: Herlaai data vir 7MM Remington
Posted: Mon Mar 08, 2010 6:53 pm
by tau
Raven
Net so by the by!!!!!!
Ek het Saterdag my aller ewigste beste teiken geskiet op 100m 8.7mm 3 skoot Groepering en nie met my .243 nie. Nee minister met my 7mm rem mag

.
Het die 150gr Noslers BT gebruik.
EK kon voor ek begin laai het en met 175grWinchester x gekoopte punte geskiet het nie eens 30mm gropering skiet nie.
Re: Herlaai data vir 7MM Remington
Posted: Sat Mar 13, 2010 4:43 pm
by tau
Klient het my 7mm gebruik me 175gr Hornady's op eland laasjaar. Bietjie te lank gewag en skiet presies toe di bok van plank dwars na middel shoulder draai skoot is net voor regter been in en tot in linker bout gepenetreer. Die Eland het hard geval opgestaan en so 30 meter geloop en gaan staan waar ek hom vinnig met .308 geskiet het agter oor. Die klient wou nooit full mount doen nie so ek kon maar gaaitjie in die vel maak. Ek haat dit as bokke lui en is nie te gretig om oom eland wat lelik pyn het en nog staan se keel af te sny met my knipmes nie.
Elkgeval hier is wat die 150gr Nosler Ballistic tip op so 75m van oom Jakkels se arme been gedink het. Hoop nie dis te grusaam nie dan moet die mods maar verwyder .

Re: Herlaai data 7mm Remington Magnum
Posted: Wed Oct 20, 2010 1:19 pm
by Wouter Roets
24 duim loop
Winchester doppe
CCI 200
S 385
65.5 gr
Barnes X 150 gr Gewone flat base 28427
TPL 83.8 mm (Met Barnes X is jou sprong na groewe verskriklik belangrik. Gewoonlik gee 1mm sprong beste resultate)
Druk 62177 psi Quickload
3030 ft/sek
Beskou hierdie lading as maksimum in hierdie doppe. Begin so 4 gr minder en werk op
Re: Herlaai data 7mm Remington Magnum
Posted: Wed Oct 20, 2010 3:18 pm
by Raven
Wouter,
Dankie.
Groete Raven
Re: Herlaai data 7mm Remington Magnum
Posted: Tue Jan 11, 2011 3:03 pm
by 168 Supremacy
Raven ek gebruik die volgende in die Generaal:
28" Pacnor Super Match grade SS
Nosler doppe
CCI 250 Primers
168gr VLD Bergers
S 365
62.0gr
3080fps
TPL: 91.0mm (tot teen aan die lands is dit 92.6mm)
Skiet net die punte in die 7.
Groete
Wynand
Re: Herlaai data 7mm Remington Magnum
Posted: Thu Jan 13, 2011 10:46 pm
by saimportsuplies
tau............my pa sou nou gese het. dus mos die mooiste jakkie op hierie plaas