Page 1 of 1

Goue reel vinnig geleer.

Posted: Wed Mar 14, 2012 7:39 pm
by FrancoisN
Ek gaan toets gou vanmiddag n paar nuwe ladings. 5 skote van die een en n 3 skoot groepering van die ander een. Maar dis al patrone wat ek vat. >:(

So besluit ek gou om na my laat mielies te gaan kyk want my buurman se die topruspe vreet die koppe op. Daar staan witrug vir my en kyk op 80m vir n minuut lank. Ek het amper die toeter gedruk sodat hy net uit die pad kom dat ek kan verby gaan. :P

Sal nie weer die fout maak om sonder patrone te ry nie.

Groete

Re: Goue reel vinnig geleer.

Posted: Wed Mar 14, 2012 7:55 pm
by visstok
Weet hoe jy voel en dis glad nie lekker nie, ek pepper hulle maar altyd met my beste fraanse woorde wat ek ken! Groete visstok

Re: Goue reel vinnig geleer.

Posted: Wed Mar 14, 2012 8:03 pm
by Marc
Aaai jaai jaai, ken ek ook nie daai een nie. Hy gaan by jou spook die klein wetter  ;D

Re: Goue reel vinnig geleer.

Posted: Thu Mar 15, 2012 4:46 am
by Gerhard
Gaan Kap hom...  ;D

Re: Goue reel vinnig geleer.

Posted: Thu Mar 15, 2012 5:37 am
by Reggie Gerber
Se daai jakkals vir jou Vatsokatvis ;D ;D ;D

Re: Goue reel vinnig geleer.

Posted: Thu Mar 15, 2012 6:52 am
by FrancoisN
Vanaand gaan ek vir hom s? VATSOKATVIS :o

Re: Goue reel vinnig geleer.

Posted: Thu Mar 15, 2012 7:35 am
by Geno
Katvis,
Daar waar jy hom gekry het terwyl dit nog lig was, is 95% kans dat dit sy kerngebied is.
Gaan trap hom maar vanaand vas met 'n sequence wat 'n jakkalskoor bevat, gevolg deur kossies vir 'n rukkie, en dan bietjie baklei4 en die tik-tik van baklei 1. ;)

Groete,
Eugene

Re: Goue reel vinnig geleer.

Posted: Thu Mar 15, 2012 2:55 pm
by FrancoisN
Geno

Ja ek gaan verseker probeer.

Dankie vir die raad jy weet ek het dit nog nodig.

Daai tik tik van baklei 1 moet ek dit aanmekaar speel of net vir een keer? 

Dankie
Katvis

Re: Goue reel vinnig geleer.

Posted: Thu Mar 15, 2012 3:12 pm
by Geno
Plesier man Francois,
Gooi hom so: Tik-Tik-Tik......Tik-Tik-Tik......Tik-Tik-Tik...... en dan mute jy die roeper.