Page 1 of 1

Dust covers

Posted: Wed Nov 25, 2026 8:58 am
by Capt. Yoda
More, wie maak of waar koop ons "dust covers" vir toerusting?

Ek soek een vir n Forster CO-AX press (ek weet jy kry n forster een maar ek kry nerens een nie), een vir n Quick Anneal en n cover vir n skaal setup?

Groete

Re: Dust covers

Posted: Wed Nov 25, 2026 2:57 pm
by Gerhardu
Probeer dalk 3% Tactical.

Re: Dust covers

Posted: Wed Nov 25, 2026 4:10 pm
by Ds J
Laat die predikant nou maar preek oor spaarsamigheid en goeie beleggings ...

Vra jou (skoon)ma vir n ou kussingsloop.

Vat dan die stofsak se geld, en koop blomme en tjoklits vir jou vrou.

;) ;)

Re: Dust covers

Posted: Thu Nov 26, 2026 7:12 am
by Toxxyc
Ek koop daardie growwe mieliemeel in die materiaalsakkies. Daardie materiaalsakkies werk soos 'n bom. Ek vee sommer my hande aan hom af en gooi hom in die was as hy vuil word.

Re: Dust covers

Posted: Thu Nov 26, 2026 8:43 am
by Capt. Yoda
Ds J wrote: Wed Nov 25, 2026 4:10 pm Laat die predikant nou maar preek oor spaarsamigheid en goeie beleggings ...

Vra jou (skoon)ma vir n ou kussingsloop.

Vat dan die stofsak se geld, en koop blomme en tjoklits vir jou vrou.

;) ;)
Ek het dit nou op, my pres lyk tans so

Image

Ek hou maar van goed wat gemaak is vir n doel ma dankie almal Geno het my dam n man se nr gestuur wat dit vir my uit iets anders as mieliemeel sakke kan maak

Re: Dust covers

Posted: Thu Nov 26, 2026 10:35 am
by toxicsox
Ek trek sommer hierdie oor my press.

Re: Dust covers

Posted: Thu Nov 26, 2026 10:57 am
by Ds J
Capt. Yoda wrote: Thu Nov 26, 2026 8:43 am
Ds J wrote: Wed Nov 25, 2026 4:10 pm Laat die predikant nou maar preek oor spaarsamigheid en goeie beleggings ...

Vra jou (skoon)ma vir n ou kussingsloop.

Vat dan die stofsak se geld, en koop blomme en tjoklits vir jou vrou.

;) ;)
Ek het dit nou op, my pres lyk tans so

Image

Ek hou maar van goed wat gemaak is vir n doel ma dankie almal Geno het my dam n man se nr gestuur wat dit vir my uit iets anders as mieliemeel sakke kan maak
Jou press gaan selfstandig raak en onwaarskynlike ladings regkry ;D ;D

Re: Dust covers

Posted: Thu Nov 26, 2026 5:15 pm
by Lategan1
Ek nou hierdie gedagtewisseling geniet. Die groot ironie.

Vandag se jonger geslag en kinders vra baie keer hoe het die oumense so baie kinders kon grootmaak. Hulle het “geshop” by die “department store” en nie duur handelsmerke gekoop nie. ‘n Stofsakkie vir ‘n rooi of groen pers het nie nog ‘n naam nodig nie. Min van die wyse oumense nog oor.

Ironie is, meelsakke het ook “brands” opgehad met ‘n lojale gevolg!

Kappie, kry vir jou daai spesiale stofkappie. :)

Beste.