Page 1 of 1

Versigtig! ;)

Posted: Thu Nov 19, 2026 8:29 am
by Ds J
Goeiemore Jaracal,

Lag maar saam en sien ook die erns raak.

Ek het n lidmaat gehelp met herlaai en die toerusting opgestel: gevormde 308 doppe met n GRT-berekening vir 40.7gr S335 en 165gr SST koeëls. Beplande spoed is 2609vps teen ongeveer 50 000psi om die geweer te spaar.

Vir jagpatrone weeg ek gewoonlik elke lading presies af - eers met die kruitgooier en dan tot op die nommer met die skaaltjie.

Iets het gepla want dit is n medium lading, maar die doppe bly aan die vol kant.

Die Genade is groot want daar was n 180gr SST koeël tussen die 165gr koeëls, dus was die besluit om elke koeël ook te weeg - dan weet ons mos. Toe die eerste koeël skaal toe gaan sien ek dat die skaaltjie staan op 47gr in plaas van 40.7gr :( :( .

Re: Versigtig! ;)

Posted: Thu Nov 19, 2026 11:24 am
by partner
Dankies vir die deel.

Re: Versigtig! ;)

Posted: Thu Nov 19, 2026 11:33 am
by Toxxyc
Amper verander jy die lidmaat se .308 in 'n .30-06.

Re: Versigtig! ;)

Posted: Thu Nov 19, 2026 11:51 am
by Ds J
Toxxyc wrote: Thu Nov 19, 2026 11:33 am Amper verander jy die lidmaat se .308 in 'n .30-06.
GRT het gesê dit was 2900vps teen byna 75 000psi - kaboemlading. Net dankbaar.

Re: Versigtig! ;)

Posted: Fri Nov 20, 2026 1:55 pm
by James Wilson
amper verander julle die lidmaat na afgestorwe.

.lekker naweek

Re: Versigtig! ;)

Posted: Mon Nov 23, 2026 7:48 am
by Toxxyc
James Wilson wrote: Fri Nov 20, 2026 1:55 pm amper verander julle die lidmaat na afgestorwe.

.lekker naweek
Sienende dat die Ds hom sal moet begrawe is dit seker 'n vorm van werkskepping?

Re: Versigtig! ;)

Posted: Mon Nov 23, 2026 8:48 am
by finch
Bietjie humor is nou net wat n maandag oggend nodig gehad het. Lekker lag ek nou!

Re: Versigtig! ;)

Posted: Mon Nov 23, 2026 11:00 am
by Ds J
;) ;)