Page 1 of 1

Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Posted: Thu Nov 12, 2026 11:31 am
by tau
Ek gaan nie 'n vreeslike storie skryf nie.

Al wat wel erg was is die opgewondenheid voor die jag!!!!

Ons jag is verfilm as deel van 'n advertensie veldtog vir 'n nuwe safari maatskappy. So nou kan ek nie eens die waarheid verdraai nie, julle sal op Youtube die waarheid sien.

Ons is vir 6 jag dae weer na die Save Vallei om bestuurs Buffels te jag. Hierdie keer is ek saam met my maat van baie jare. Ons jag baie saam, maar hierdie is sy eertse buffel jag. Ons het saam Natuurverwaring geswot en later vir SANparke gewerk.

Na 'n lang soektog hier het ek my Ruger .375 Ruger opgegradeer na 'n .416 Ruger en Coenraad het Geno se .416 Ruger gekoop. Ons het Kriek se 380gr Cupnose solids en Spoor se 400gr softs gelaai. Albei roere was verspot akkuraat en is albei toegerus met Aimpoint Micro rooikol vesiere.

Coena is baie vaardig met sy AR en 'n reddot en ek ook redelik, maar steeds het ons voor die jag na aan 100 skote staande geskiet met die gewere om hulle te toets en onself gewoond te kry aan Veiligheids klep af druk, skiet, herlaai ens.

Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Posted: Thu Nov 12, 2026 11:41 am
by tau
Die herlaai besigheid oordoen ek altyd. Laai so baie patrone en die hoop is om twee te gebruik. Een vir inskiet en een vir jou buffel.

Hoe bevoorreg is ons nie om twee plaaslik vervaardiger op die forum the kan hê wat vir ons Top klas koeëls maak.

Spoor 400gr Softs en Kriek 380gr Cupnose solids.


Image

Oefen op my baan
Image

Coena se eerste skote met sy eie gelaaide patrone.
Image

'n foto van rondom 2005 rond toe ons nog jakkalse gejag het en nie in die aand geslaap het nie.
Image

Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Posted: Thu Nov 12, 2026 11:46 am
by tau
Vir ons Kapenaars is die trip na Save 'n lang een.
02;30 weg by die huis.04;00 op die lughawe om wapens in te check en alles deur toe book na Bulawayo. Dan die 06:00 vlug na JHB en dan na Bulawayo. Daar spring ons in 'n voertuig en ry 6 ure oos na die Save.

Image
Vlieg is mos lekker as jy opgewonde is

Coenraad is helemal mal en het my verbaas met 'n verskriklike mooi mes. Wat 'n stuk gereedskap!!!
Image

Die is al my derde jaar op die trip so ek weet waar om te stop vir germaanse bruis drankies. Die lokale mense is altyd vrinnelik en bewys net wat 'n wonderlike plek Zim is.
Image

Die Save het ongekende reën in einde September en begin Oktober gekry die plek was groen!!!!
Image
Image

Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Posted: Thu Nov 12, 2026 1:07 pm
by partner
Jissie baie dankies vir Fotos en Storie. Ek geniet dit Baie.

Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Posted: Thu Nov 12, 2026 2:05 pm
by tau
Ons jag was vanaf 7-13 Oktober gewees. Nou die wat daardie wêreld ken dit is hulle "hell Month" soos hulle hom roep.
Ons het wel die 7de opgetsaan in die mooste klamste koelte!!!! Vreemde besigheid.
Image


Soos altyd eers die roere gaan inskiet en ek het Coena het elkeen 'n solid en 'n soft geskiet. Na die skiet was daar 4 gaaitjie in die bullseye op 50meter.
Image

Ons het begin rond ry en het sommer dadelik gaan vassit in 'n driffie net na die kamp waardeur ek al 100de male is. Gelukkig het die Cruiser 'n winch op en ons kon uitkom.

Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Posted: Fri Nov 13, 2026 5:06 am
by Frederik
Volg, dankie vir die deel sover!!

Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Posted: Fri Nov 13, 2026 7:31 am
by Kallie Fernhout
More ou vriend sien uit na die video gooi die link hier as hy die lug sien.

Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Posted: Fri Nov 13, 2026 8:12 am
by Ding
Ek hoop jy kon 330ml blikkies kry by die shebeen!

Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Posted: Fri Nov 13, 2026 9:18 am
by Capt. Yoda
Kom Johna, jou emails werk anyway nie tik jou storie

Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Posted: Fri Nov 13, 2026 12:21 pm
by tau
Ons jag oopsvisier en sonder verkykers etc. Omdat ons so naby moontlik met min geraas wil kom.....toe stap ons met 'n kamera man en PH se seun.

Image


Die vorige langdag se reis was nog in ons en Coena het vinnig so uiljie geknip op 'n uikykpunt. Hy ontken dit natuurlike!!!
Image

Wit koffie bosse was in volle blom die wêreld vol. Bitter mooi en net vir so 2-3 dae.
Image

Die wêreld was groen en orals was water.
Image

Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Posted: Fri Nov 13, 2026 12:33 pm
by partner
Jissie. Daai is Mooi Wereld. Weer dankies vir Fotos ens.

Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Posted: Fri Nov 13, 2026 4:04 pm
by tau
Ons het soos altyd geëet soos konings.

Image

Die perde salf werk vir Pepper ticks, tsetse vliee, Buffel vliee en nier stene
Image

Ons het vanjaar bitter baie klispringers in die konsessie gesien en ander klein wild. Al die jag in die area hou die poachers mooi weg.
Image

Ontbyt teen die Mkwasine river
Image

Die veld was bitter mooi en lekker ruig.
Image

Die area is vrot van die Bromvoels
Image

Re: Zimbabwe Buffel Jag- Groot opgewondenheid-

Posted: Fri Nov 13, 2026 4:09 pm
by tau
Omdat dit Coena se eerste Buffel jag was het hy eerste kans gekry. Sommer op die middag van dag een het hy op die stokke na 'n Dugga boy gemik na 'n kort spoorsny sessie. Hy was nie tevrede met sy skoot nie en het vir Sean gesê hy is nie gemaklik met die skoot nie. NA my vorige twee jaar se jagte waar ons op die tweede en laaste aande ons Buffels gekry het was ons nogals senuwee agtig om nie kanse te laat verbrou nie.