Gunwarrior - Swak dien, swak produk
Posted: Mon Nov 09, 2026 9:17 pm
Naand.
My pa het n paar jaar terug vir hom ‘n Savage Axis 30-06 by Safari gekoop. Hy is al oud en het nog ‘n paar jagte in hom, dus wou hy nie ‘n fortuin spandeer op n wapen nie. Die wapen kom met een van daai plastiek kolwe en in Julie 2021 koop hy vir hom ‘n Warrior Chassis (dis natuurlik vanaf www.gunwarrior.co.za). Daai geweer het nooit weer reg geskiet nie hierna nie. Hy het alles probeer. Tonne ammunisie uitgeskiet.
Ek het toe eendag ammunisie gelaai en saam hom gaan skiet. Die geweer skiet soos ‘n haelgeweer. Groepering is seker so 6 duim as jy gelukkig is.
Die arme ou man het naderhand moed opgegee. Ek het vir hom gesê hy moet daai verdomde chassis terug stuur, maar ek dink hy was so gadvol dat hy moed opgegee het.
Sowat ‘n twee jaar terug het hy begin om alzheimer simptome te openbaar. Ek het hierdie jaar begin om al sy wapens oor te neem. Met die betrokke 30-06 in my naam het ek begin kyk. Die kolf is nie reg gemasjineer nie. As jy een van die aksie skroewe los maak dan wip die aksie somer los. Ek het engineering blue op die kolf gesit en weer aanmekaar gesit. Jy kan duidelik sien die aksie vang aan die kante. Om die waarheid te se die platkant, wat die aksie skroef neem, voor die recoil lug maak nie eens kontak met die kolf nie.
Ek het die fotos vir Gun Warrior gestuur en hulle het gevra ek moet die kolf vir rhulle stuur. Na dat hulle vir 4 weke met die kolf gesit het, kon ek net nie enige terugvoer uit hulle kry nie. Ek het gebel, eposse gestuur, maar hulle het net aangehou my ignoreer. Vanmiddag het ek gebel en aangedring op terugvoer. Volgens hulle kan hulle niks doen voor hulle nie n wapen in die hande kry nie. Ek weet die betrokke wapen is nie volop nie, so nou is ek geskroef. Hulle sal probeer om n wapen te kry maar daar is geen waarborg dat dit sal gebeur nie en ek sal dan maar geduldig moet wag.
Hierdie situasie is glad nie vir my aanvaarbaar nie. Hoe kan hulle n precision kolf maak wat nie presies is nie, en dan nog ‘n kliënt se geld vat, maar hulle het geen manier om dit te ondersteun nie. Nou het hulle nog boonop ʼn houding van ons sal probeer om jou te help, maar no guarantees en sorrie vir jou.
Ek voel hulle het my pa deur die ore gewerk en nou wil hulle hé ek moet maar net die situasie aanvaar. So gooi ek nou maar die kolf weg en die geld wat dit gekos het.
Dis nie reg nie, en ek sal nie weer met hulle besigheid doen nie. Ek het baie meer van hulle verwag.