Page 1 of 1
Brandsiek Jakkals ????
Posted: Mon Mar 12, 2012 7:22 pm
by Gerhard
Ek het die fotos van n vriend gekry.
Hy het die weer by n vriend gekry wat die jakkals onlangs in die Bronkhorstpruit omgewing geskiet het...
Is ek reg as ek s? die ding het brandsiek?
[img width=560 height=407]
http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 92844a.jpg[/img]
[img width=560 height=434]
http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 93140a.jpg[/img]
Ek het geen ander data op die staduim nie...
Re: Brandsiek Jakkals ????
Posted: Mon Mar 12, 2012 7:31 pm
by Jaktrap
Hy het seker nie uitgesien na die winter wat naderkom nie en toe maar besluit om selfmoord te pleeg.
Dit is jammer dat ons nie strawer winters het om hulle sommer mooi te laat vrek nie.
Jaktrap
Re: Brandsiek Jakkals ????
Posted: Mon Mar 12, 2012 7:56 pm
by visstok
Lelike ding daai! Sal jou dinges af skrik as jy moet loop om roeper te gaan uitsit of haal en jy hom in jou flits lig sien! Groete visstok
Re: Brandsiek Jakkals ????
Posted: Mon Mar 12, 2012 7:57 pm
by JK
Hier by ons gebeur dit gereeld dat hulle brandsiek kry. Hy lyk later soos n vlakvark maar vrek later.
Daai myte klim op n hond as die hom vang maar die behandeling is baie effektief.
Re: Brandsiek Jakkals ????
Posted: Mon Mar 12, 2012 7:59 pm
by Gerhard
Ek het in Dwaalboom se wereld n paar jaar gelede een geskiet wat brandsiek was maar nie naby die een se kondisie nie. Hom net daar gelos en die volgende oggend gebrand.
Re: Brandsiek Jakkals ????
Posted: Mon Mar 12, 2012 8:39 pm
by Dippies
Hel maar die man lyk sleg. Lyk of die lewe hom gedruk het.

Re: Brandsiek Jakkals ????
Posted: Mon Mar 12, 2012 8:50 pm
by Ian
Gerhard
Baie dankie dat jy die foto geplaas het. Ek sal my agter ... afskrik as ek die ding in die nag moet sien, baie leliker as 'n bruin hyena. Ek persoonlik het by die 2500 jakkalse al gesien wat dood is maar die is 'n nuwe een.
Groete
Ian
Re: Brandsiek Jakkals ????
Posted: Tue Mar 13, 2012 4:31 am
by Gerhard
Mange is omtrend die naaste wat ek kry op die web op die jakkals se simptome
http://en.wikipedia.org/wiki/Mange
Ek weet die cayotes kry gereeld mange en hulle getalle word so bietjie beheer deur dat hulle vrek in die koue winters in Amerika.
Die jakkals sou beslus nie gehou het met n koue hoeveld winter nie.
Re: Brandsiek Jakkals ????
Posted: Tue Mar 13, 2012 7:27 am
by C.J.
In die bosveld het ek ook so nou en dan 'n brandsiek jak raakgeloop. Een voordeel is hy hardloop nie te v?r voor hy skielik vassteek en begin krap nie, dan moet jy reg wees. Wrede siekte.
C.J.
Re: Brandsiek Jakkals ????
Posted: Tue Mar 13, 2012 7:41 am
by G-force
Julle is almal verkeerd,daai monster kom uit n spook storie uit.
Re: Brandsiek Jakkals ????
Posted: Tue Mar 13, 2012 8:16 am
by JK
Gehard, dis net hy daai.
Posted by: cybervet
Date posted: 25/5/2007
"Brandsiek" of "mange" word deur myte veroorsaak en hulle kan van een dier na 'n ander oorgedra word. Demodex is gewoonlike oorgedra tussen diere wat baie na aanmekaar is soon 'n teef en haar werpsel. Sarcops kan oorgedra word tussen diere in die selfde huis en ook na die mens. Behandeling in die aangetasde diere lei tot genesing in die mens ook. Met spesifieke behandeling kan hulle genees word.
Re: Brandsiek Jakkals ????
Posted: Tue Mar 13, 2012 8:40 am
by Marc
JK wrote:
Gehard, dis net hy daai.
Posted by: cybervet
Date posted: 25/5/2007
"Brandsiek" of "mange" word deur myte veroorsaak en hulle kan van een dier na 'n ander oorgedra word. Demodex is gewoonlike oorgedra tussen diere wat baie na aanmekaar is soon 'n teef en haar werpsel. Sarcops kan oorgedra word tussen diere in die selfde huis en ook na die mens. Behandeling in die aangetasde diere lei tot genesing in die mens ook. Met spesifieke behandeling kan hulle genees word.
Gerhard
Klink my julle moet die brandsiek jakke in die veld los, hulle is moontlik meer vriend as vyand as hulle die ander ook kan aansteek
Groetnis
Marc
Re: Brandsiek Jakkals ????
Posted: Tue Mar 13, 2012 9:43 am
by Gerhard
Mpumalanga Natuurbewaaring het ook bevestig dat dit brandsiekte is.
Gebeur wanneer n dier onder stress is.
So een een is dit nie n probleem nie maar sal dop hou as dit dalk erger word...
Maar nou weet ons almal hoe n brandsiek jakkals lyk...
Re: Brandsiek Jakkals ????
Posted: Tue Mar 13, 2012 1:04 pm
by BLOK
Gerhard wrote:
Gebeur wanneer n dier onder stress is.
Net nie dat die groenes dit sien en hoor nie, dan kry jagters weer skuld vir die sters. hahaha
Die ou lyk bitter sleg dink dit was n straf om so te gelewe het. Se my kyk ek verkeerd of lyk dit my die ou het ook net een voorbeen of is dit maar omdat hy so maer is dat dit so lyk
Re: Brandsiek Jakkals ????
Posted: Tue Mar 13, 2012 1:08 pm
by Gerhard
Kyk mooi op die voor pote dan sien jy beide pote...

Re: Brandsiek Jakkals ????
Posted: Tue Mar 13, 2012 1:48 pm
by Hugov
Lyk vir my soos n Chupacabra!!!

Re: Brandsiek Jakkals ????
Posted: Tue Mar 13, 2012 1:48 pm
by JK
Hier by ons het ek dit die eerste keer opgemerk na n uitsonderlike goeie reent seisoen. Die baie nat toestande stres hulle seker dan, of dit skep omstandighede dat die myt floreer.
Re: Brandsiek Jakkals ????
Posted: Tue Mar 13, 2012 1:52 pm
by G-force
Hugov wrote:
Lyk vir my soos n Chupacabra!!!
Ja ek het die selde gedink maar kon nie aan die naam kom nie.
Re: Brandsiek Jakkals ????
Posted: Tue Mar 13, 2012 4:01 pm
by Naas
Jes Manne.
Ek het nooit geweet hulle raal so blou pers laater nie.
As ek daai man self moes gekry het sou ek eder gedink het eimand het hom met
n blik sepona wond sproei beetgekry.
Naas
Re: Brandsiek Jakkals ????
Posted: Tue Mar 13, 2012 4:05 pm
by Jassie
Lyk my iets begin werk,
DIE JAKKIES BEGIN "CRACK"
Groete
JAS
Re: Brandsiek Jakkals ????
Posted: Tue Mar 13, 2012 4:13 pm
by Zack Benade
Manne, Manne, Manne
Hoe dom kan julle wees
Verkoop hierdie blou pers jakkelse aan die trofee jagters as 'n nuwe spesie. Hierdie manne hou mos van verskillende kleure op diere.
Cheers
Zack
Re: Brandsiek Jakkals ????
Posted: Tue Mar 13, 2012 4:21 pm
by Henk100
Hier by ons in Oranjemund en die Spergebied sien ons redelik van hulle. Tot in die dorp sien jy die jakkalse wat so lyk. Hier word alle diere beskerm en ek glo nie hulle het stres nie.
Soos julle opgemerk het is die jakkalse se vel swart as die hare uitval. Hulle raak erg maer en vrek uit eindelik
Groete
Henk
Re: Brandsiek Jakkals ????
Posted: Tue Mar 13, 2012 6:37 pm
by tafjak
Henk100
Hier by ons in Oranjemund en die Spergebied sien ons redelik van hulle. Tot in die dorp sien jy die jakkalse wat so lyk. Hier word alle diere beskerm en ek glo nie hulle het stres nie.
........reeds die tres-faktor wat hulle binne die dorp laat dwaal. Die manne met die witjasse noem dit "Kos-stres". Waar jakkalse te veel word is brandsiek maar 'n 'n kwessie, het eenslag 'n 4.5kg jakkals geskiet sonder 'n haar op sy lyf en hy kon maklik deur 'n 100x100 Bonox gaan. Hongerte is niemand se speelmaat nie!
Mooiloop
Re: Brandsiek Jakkals ????
Posted: Thu Mar 15, 2012 5:24 pm
by theedge
Sal my in n ander bloedgroep in skrik as ek hom laat alleen moet raakloop