Page 1 of 1

Gonge Montering opsies

Posted: Fri Oct 16, 2026 7:52 pm
by J le Roux
Opinies asb Menere

My jagvriend het 'n VRN 500 sheet gekoop om ghonge te laat sny.

Die vraag is nou wat is die beste montering opsie. Webbing, kettings, pype... Nou is die regte tyd om te besluit.

Elke opsie het natuurlik voordele en nadele, deel asb jul ervaring, ontwerpe en voorstelle.

Baie dankie by voorbaat.

Re: Gonge Montering opsies

Posted: Fri Oct 16, 2026 8:07 pm
by Smith223
In Amerika hang hulle hoofsaaklik die gonge op y-standards.
Mens kan ‘n bracket maak wat verhoed dat die gong uitklim met impak.

Kompetisies waar die meeste gonge afgeskiet word is die wat aan conveyor belt gehang word. Ek sou dit vermy.

Re: Gonge Montering opsies

Posted: Fri Oct 16, 2026 9:20 pm
by Arnold
Die regte conveyer hou regtig lank. Ek praat nou van iets wat minstens 10mm dik is en n paar lae geweefde materiaal in het.

Mens kry n rubber met een laag materiaal wat vinnig in die son disintegreer en die lap vinnig afgeskiet word.

So ek hou van die regte conveyor belt, maar het nognie ondervinding met die staal hakke nie. Kettings word te maklik afgeskiet.

Gebruik minstens 16mm 8.8 boute. 10mm word afgeskiet.

Ek het begin werk aan n y-bar hak maar het besig geraak na die eerste prototype.

Sent from my SM-S931B using Tapatalk