Page 1 of 1

Gevind: Ruger MK I magasyn

Posted: Tue Sep 22, 2026 9:46 pm
by rustiek
Ek is opsoek na een of twee ekstra magasyne vir my 'nuwe' Ruger MK I .22 pistool.
Ek het rond gesoek op die internet en sovêr is ek onsuksesvol.
Van wat ek lees blyk dit n MK II magasyn, met n bietjie aanpassing, sal ook werk, maar dié is net so skaars.
As iemand dalk weet waar ek magasyne kan kry sal ek graag wil hoor.

Ek het by Guns&Bows reggekom met n MKII magasyn.
Image

Sent from my SM-A336E using Tapatalk

Re: Gesoek: Ruger MK I magasyn

Posted: Wed Sep 23, 2026 7:55 am
by Ds J
Kontak Guns & Bows in die Kaap, of bestel by Nicolas Yale deur jou plaaslike geweerwinkel.

Re: Gesoek: Ruger MK I magasyn

Posted: Fri Sep 25, 2026 11:33 am
by OosKaapJagter
Magasyne vir hierdie wapens is skaars soos hoendertande in Suid-Afrika.

Kyk op Classic Arms se webtuiste. Hulle het tans 'n aanlyn veiling. Daar is tans twee Ruger Mk1 pistole (items D01-191 en D01-192). Die hoogste bod op hierdie stadium is R1100-00. Vat 'n kans. Dalk kry jy 'n hele pistool met 'n magasyn vir 'n billike prys.

Re: Gesoek: Ruger MK I magasyn

Posted: Fri Sep 25, 2026 2:04 pm
by rustiek
Dankie. Ek kon toe vanmiddag na MKII magasyn by Guns&Bows kry vir R800. Om die follower te skuif na die regterkant, soos die MKI verlang was baie maklik. Hier is die MKI en II langs mekaar.
Nou moet ek hom net op die baan gaan uittoets.Image

Sent from my SM-A336E using Tapatalk


Re: Gevind: Ruger MK I magasyn

Posted: Sun Sep 27, 2026 6:08 pm
by Silwer
Ek het dieselfde pistool. Het die follower geskuif, maar myne wil nie betroubaar voer nie. Die rondtes steek vas teen die feedramp.

Sent from my SM-A366B using Tapatalk